__________________________________________________________

 

Planeet aarde (2): Atmosfeer -- die wonderlike see van gasse wat die

wΩreld omvloei

 

Ons lewende

lugruim

 

Die atmosfeer is die aarde se hemelhoδ gaskombers... maar so totaal onsigbaar dat ons dikwels nie eens daaraan dink dat dit bestaan nie. In hierdie artikel reis ons van onder af opwaarts deur al luglae -- tot aan die yl uiteindes waar die atmosfeer geleidelik met die sonwind vermeng. Dalk dink jy daarna 'n bietjie anders oor ons wΩreld...

___________________________________________________________

 

DIT omgewe en omsluit jou gedurende jou hele aard¡se lewe. Jy kan dit inasem, uitasem, daarop sweef of daardeur klief -- en spreekwoordelik kan jy dit skep ook. Of jy kan dit gee aan jou gemoed.

 

Maar dis nie so maklik om 'n studie te maak van lug -- die aarde se damp¡kring -- nie. Jy kan dit met die beste wil ter wΩreld nie om jou sien nie, om van proe nie eens te praat nie.

 

Mense kan verbasend lank sonder kos en partykeer selfs sonder water lewe, dog sonder lug sal jou doppie binne oomblikke klap. Vir eers sal jy geen asem kry nie. Maar die lugdruk is ook lewensnoodsaaklik om jou liggaam in posisie te hou.

 

As jy lug wil waarneem, moet jy liewer net kyk na die uitwer¡king wat dit op ander dinge het. Bewegende lug draai windpompe, voer die wolke mee oor die bloute daar bo, stu seilskepe voort oor die see en laat sweeftuie tussen hemel en aarde gly. Lug beweeg ook verby die vlerke van voδls en insekte en stel hulle in staat om te vlieg.

 

Lug is 'n mengsel van vrybewegende gasse wat van die aarde se oppervlak af na die ruimte toe uit¡strek. Swaartekrag verseker dat dit nie van ons planeet af ontsnap nie, ten minste baie daarvan nie.

 

Droδ lug bestaan hoofsaaklik uit die twee gasse stikstof (78,09 per¡sent) en suurstof (20,95 persent). Ander gasse is onder meer argon, koolstofdioksied, helium, water¡stof, metaan, neon, osoon, xenon en kripton. Die luglae naaste aan die aarde bevat ook waterdamp.

 

Ons weet almal dat ons suurstof inneem en koolstofdioksied (koolsuurgas) vrystel wanneer ons asemhaal. By groen plante is dit net andersom.

 

Lug is ook belangrik deurdat dit 'n "kombers" om die aarde vorm wat dit teen die son se gevaarlike strale beskut. Daarby vang dit die son se hitte vas om die aarde te verwarm en bewoonbaar te maak.

 

Dit beskerm voorts die planeet deur meteoorstene en ander voorwerpe te verbrand wanneer hulle ons atmosfeer met groot snelhede binnedring.

 

Klankgolwe het ook 'n medium soos lug nodig om in te beweeg. Op die luglose maan is daar geen klank nie en moes die maanlopers van 'n aantal dekades gelede desnoods per radio met mekaar gesels.

 

Die atmosfeer

 

òáá ONS het gesΩ die lug reg om ons is kleurloos, maar ver bokant ons koppe ervaar ons dit tog as helderblou. Waarom? Die rede is dat die sonlig wat op die molekules van die lug val na alle kante verstrooi word, maar die blou word baie meer verstrooi as die ander kleure. Elke lugmolekule is as't ware 'n klein blou sterretjie.

 

Die aarde se dampkring of at¡mosfeer bestaan uit vier lae. Die een naaste aan die aardoppervlak, die sogenaamde troposfeer, strek sowat 12 km boontoe, ofskoon dit hoδr bokant die ewenaar en laer bokant die pole is.

 

Meer as driekwart van die aarde se lug is in hierdie laag saamgepers. Dis ook die laag waarin weersveranderinge plaasvind. In die troposfeer daal die tempe¡ratuur sowat 6,5 grade C vir elke kilometer wat 'n mens opgaan en stabiliseer dan op 'n vlak wat die tropopouse genoem word.

 

Die volgende laag, die strato¡sfeer, strek tot nagenoeg 48 km bokant die aardoppervlak. Stralers vlieg hier omdat hier nie weersversteurings is nie.

 

Die temperatuur in die onderste deel van die stratosfeer bly min of meer konstant, maar die boonste deel is hoe hoδr hoe kouer totdat die stratopouse bereik word. Die boonste laag bevat die meeste van ons planeet se osoon, wat die ul¡traviolet strale van die son absor¡beer.

 

(Daar was 'n tyd gelede groot kommer oor 'n gat in die osoonlaag bokant Antarktika. Die ontstellende verlies van osoon bo in die atmosfeer is aan sogenaamde chlorofluorokarbone (onder meer in spuitkannetjies) gewyt. Stappe is naarstiglik aangekondig om die produksie van chlorofluorokarbone in te kort. Hierdie mensgemaakte chemikalieδ sou die "sambreel" opvreet wat ons teen skadelike sonstrale beskerm.)

 

Die mesosfeer eindig sowat 80 km bokant die aardopppervlak. Die temperatuur daal hier namate 'n mens hoδr opgaan. Om die waarheid te sΩ die laagste temperature op enige plek in die aarde se atmosfeer word bo in hierdie laag aangetref.

 

Die heel boonste laag van die at¡mosfeer staan bekend as die termosfeer. Die lug is hier uiters dun en word deur die sonstrale tot ver¡basend hoδ temperature verhit.

 

Sekere van die atome en molekules van die lug in die termosfeer word onder meer deur sonstraling elektries gelaai of ge∩oniseer. Die meeste ione is in die onderste deel van die laag, wat daarom die ionosfeer genoem word. Tydens radioverbindings weerkaats die ionosfeer radiogolwe terug na die aarde.

 

Die buitedeel van die termosfeer word die eksosfeer genoem. Dit begin by sowat 480 km bokant die aarde en vermeng geleidelik met die sonwind. Baie van die atome en molekules wat hier voorkom, ontsnap aan die aarde se swaartekrag en gaan in die ruimte verlore.

 

Lugverskynsels

 

òáá AS die aarde geen atmosfeer gehad het nie (maar ons nogtans, hoe onmoontlik ook al, in staat sou gewees het om hier te lewe) sou ons wΩreld totaal anders gelyk het. Selfs die sterre sou nie vir ons geknipoog het nie, maar met 'n egalige glans geskyn het. Hulle vonkel net vir ons omdat ons hulle deur die luglae sien.

 

Baie van ons pragtige atmosferiese "ligvertonings" kan egter nie aan spesifieke eienskappe van die lug toegeskryf word nie, maar eer¡der aan baie klein stofdeeltjies en vog in die atmosfeer.

 

Sonsondergange is byvoorbeeld baie meer dramaties wanneer daar wolke is of in besoedelde gebiede, wanneer die sonlig wat na ons toe deurkom in 'n groot mate van al die kleure behalwe rooi be¡roof is.

 

Ook reδnboδ word veroorsaak wanneer die sonstrale klein waterdruppeltjies in die lug teen 'n bepaalde hoek tref.

 

Dieá skouspelagtige suider- en noorderligte (auroras) van die poolgebiede is flitse van dansende lig wat in die termosfeer ontstaan. Hulle is die produkte van elektries gelaaide deeltjies wat deur die son gegenereer en deur die aarde se mag¡neetveld gedeflekteer word. Die meeste word na die pole toe gestuur waar hulle die gasse daar bombardeer om die auroras te verwek.

 

Lugbesoedeling

 

òáá GIFGASSE wat deur motors, vliegtuie, skepe, treine en fabrieke afgegee word,á rook weens die verbran¡ding van gras, hout en fossielbrandstowwe -- dis hoe die lug in baie wΩrelddele sorgwekkend besoedel word.

 

Lugbesoedeling neem toe namate industrialisasie toeneem en gaan dikwels met welvaart gepaard. Maar daar is ook baie lugbesoedeling waar mense in groot getalle in armoedige toestande saamwoon en waar byvoorbeeld baie steenkool verbrand word (soos in plakkerskampe).

 

Die besoedeling van lug bedreig ons gesondheid. Baie kwale soos kanker, longontsteking en emfiseem kan daardeur veroorsaak word, terwyl dit ook skadelik vir plante, diere, insekte en voδls is. Vretende sure in die lug kan selfs geboue beskadig.

 

Die konsentrasie van sekere besoedelingstowwe in die lug beska¡dig ook, soos genoem, die osoonlaag om die aar¡de wat ons teen skadelike strale van die son beskerm.

 

En sulke gevare is bewys -- nie sommer uit die lug gegryp nie! Dit is ons elkeen se plig om die lug te help skoon hou.

 

____________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

____________________________________________________________

 

Huisgenoot se Wonderlike WΩreld op CD, 2004