__________________________________________________________
die aarde
Die ploeg verbrysel sooi en klont
en skep 'n land of gaarde.
S≤ is die lewe uit die grond
gegrond op dooie aarde...
___________________________________________________________
á
DIE
"droδ grond" het sigbaar geword toe die waters onder die hemel bymekaargekom
het. S≤ was dit toenmaals in die skeppingstyd, soos ons in die eerste hoofstuk
van Ge¡nesis lees.
Dit was uit hierdie aarde dat groen plante sou
uitspruit, "wat elkeen na sy aard saad gee, en bome wat vrugte dra met die
saad daarin, elkeen na sy aard".
En uiteindelik is die mens toe ook uit die "stof
van die aarde" gevorm.
Alle lewe op ons planeet is ver¡weef met die grond
onder ons voete -- die boonste, los, fynkorrelrige skilletjie van ons
reusagtige "ui".
Net soos met water kan ons hoegenaamd nie sonder grond be¡staan nie. Oor die edelstene van die
aarde raak die mens soms hebsugtig en liries, maar dit is in die heel boonste
aantal sentimeter waar feitlik al sy stoflike lewensmiddele hul beslag kry.
'n Grondige kennis van grond is daarom so
noodsaaklik...
Wat is grond?
òáá GROND is
aanvanklik ver¡weerde rots maar uiteindelik 'n mengsel van vier dinge: minerale,
organiese stowwe, water en lug.
Die minerale en organiese deeltjies word saam gronddeeltjies
genoem, en afhangende van hul tekstuur, kry ons sand, sanderige leem, leem,
slikleem, slik, kleileem of klei. Van alle soorte grond bevat sand
die grootste deeltjies.
òáá Minerale:
DiΘ in grond is uiters belangrik omdat die plante daardeur gevoed word. Die
minerale word mettertyd ook oorgedra aan die diere wat die plante vreet.
Die
deeltjies wat sand en slik vorm, sluit bekende minerale soos kwarts en
veldspaat in. Klei bevat onder meer mika, kaolien en vermikuliet. Kalsium,
fosfor en kalium maak die grond vrugbaar.
òáá Organiese
stowwe: Dit sluit sowel lewende organismes as verrot¡tende plante- en
dieremateriaal in.
In die water en lug tussen die gronddeeltjies word 'n
horde diertjies en plantjies gevind -- mikroskopies klein organismes soos
protosoδ, alge, swamme en bakterieδ.
Daarnewens
lewe baie insekte, wurms en klein skaaldiertjies in grond en breek dit op. En
natuurlik is daar die wortels van plante. Die stikstofkringloop, waaraan plante
sowel as grondbakterieδ meedoen, is 'n studie op sigself.
òáá Water:
Ofskoon die meeste wa¡ter wegdreineer wat in die grond indring, bly daar tog
daarvan agter in die openinkies tussen die gronddeeltjies. Dit word deur plante
opgeneem, wat ook opgeloste minerale en ander voedingstowwe op diΘ manier
benut.
òáá Lug:
Sodra die water wegloop, word die ruimtes met lug gevul, wat noodsaaklik is vir
die organis¡mes wat in die grond lewe.
òáá GROND wat
reeds geruime tyd bestaan, lΩ in afsonderlike lae wat horisonne genoem word. DiΘ
is op wisselende dieptes en die grense tussenin is nie altyd duidelik belyn nie.
Die boonste laag, wat die A-horison of bogrond
genoem word, bevat baie verrottende plante- en dieremateriaal en is donkerder
as die onderliggende lae. Plante kan slegs in diΘ laag lewe. As dit ver¡nietig
word, verloor die grond sy vrugbaarheid en kan nie meer lewe onderhou nie.
Die meeste
groot beskawings het in gebiede met bewerkbare grond ontwikkel. Egipte se
Nyldelta, Indiδ se Gangesrivier, die Indus-stroomgebied, China se Jangtsevallei
en die Tigris-Eufraatvallei het duisende jare lank beskawings onderhou vanweδ
die mineraalryke grond wat jaar nß jaar uit die berge aangespoel gekom het.
Die volgende laag, die B-horison of ondergrond,
is arm aan humus, maar bevat stowwe wat soontoe deurgedring het in reδnwater --
'n proses wat loging genoem word. Hierdie laag is wat kosproduksie aanbetref
van weinig nut vir die mens.
Die C-horison bestaan uit los, verwerende
rotse, en daaronder is soliede rots wat nog nie aan ver¡wering deur die
elemente blootgestel is nie.
òáá GROND word
gevorm met die verwering van lawarots, waar¡op aanvanklik net wortellose mosse
en alge kan bestaan. Mettertyd word die rots egter so deur wind en weer
vergruis dat wortelplante 'n vastrapplek kry -- wat die rots nog verder laat
verkrummel.
Die grond wat deur omgewingskragte soos die wind,
water, ys, temperatuurveranderings en chemiese
werkinge gevorm is, kan die moederstof genoem word.
Oor 'n lang tyd word organiese stowwe by die
moederstof gevoeg, en die grond word her- en der¡waarts verskuif en met ander
grond gemeng. Geleidelik word die grond so verander dat dit baie an¡ders is as
wat dit oorspronklik was.
Met verloop van eeue word 'n vrugbare laag bogrond op
diΘ ma¡nier gevorm. Die bes bewerkbare soorte grond is diΘ wat ryk aan mi¡nerale
en humus is.
In gebiede waar dit swaar reδn, soos in die trope, kan
die minerale en organiese stowwe weggewas word sodat die grond te arm raak om
te bewerk. In streke met droδ seisoene syfer grondwater uit on¡dergrondse
bronne boontoe en los die minerale op, wat dan 'n kors op die oppervlak vorm
wanneer die water verdamp.
Erdwurms is onteenseglik die grondbaronne van die
diereryk. Hulle speel 'n uiters belangrike rol in die opbreking en belugting
van grond en die herbenutting van organiese materiaal.
òáá VOORDAT die
mens met sy grootá landboubedrywighede oorgeneem het, het die natuur veelal 'n volmaakte ewewig tussen die vorming van en verlies aan grond
bewaar.
Te dikwels sedertdien het onoordeelkundige
plaasbestuur egter die skreiende vernieling van die bogrond beteken -- waarvan die
baie slote en dongas op die Suid-Afrikaanse velde so somber getuig.
Kenners het reeds 'n aantal jare gelede bereken dat
sestig persent van ons land se natuurlike weiveld in 'n swak toestand was. Die
toestand van dertig persent was redelik en slegs tien persent was goed. Dit sal
interessant wees om te verneem wat die huidige toedrag van sake is.
Dog dit is nie slegs ondeurdagte boerdery nie, maar
ook verkeerde myn- en fabriekspraktyke wat gronderosie in die hand kan werk.
Daar is al bereken dat Suid-Afrika jaarliks 300 miljoen ton van sy grond
verloor.
Hoe kan 'n mens jou so 'n groot hoop grond voorstel?
Gestel jy laai dit in vragmotors met 'n
laaikapasiteit van sewe ton, dan sal al die vragmotors buffer teen buffer sewe
en 'n half keer om die aarde strek!
Maar wat kan gedoen word om gronderosie te keer? Dit
lΩ voor die hand dat brande, oorbeweiding en die slegte beplanning van landerye
voorkom moet word.
Die aanplant van windskerms kan egter byvoorbeeld ook 'n groot rol speel om winderosie by groot geploegde landerye, soos in die Mieliedriehoek, te voorkom. (Winderosie op die Hoδveld en in die Noordwes-provinsie is soms so ern¡stig dat motoriste in die stofstorms verplig is om hul motors se ligte aan te skakel.)
Terrasse help voorkom weer gronderosie teen
heuwelhange. Reδnwater word s≤ opgevang, pleks van dat dit grond wegspoel en
dongas skep.
Grondbewaringstegnieke sluit ook in die afwisseling
van graangewasse met plante wat naby mekaar groei, asook kontoerploeδery waar
in die dwarste oor 'n helling geploeg word pleks van op en af.
Selfs as jy in die stad woon, kan jy jou deel vir
grondbewaring doen deur byvoorbeeld in jou omgewing op die uitkyk te wees vir
dongas. Miskien kan jy die baas van die stuk grond help deur bome daar te plant
of klippe te pak om verdere verspoeling te voorkom.
Sorg voorts dat jy nie brande stig as jy Ωrens gaan
piekniek maak nie -- en dat jy nie rommel strooi of roekeloos plante vernietig
nie. Ook dφt kan gronderosie meebring.
Om op te som: die aarde word beskerm deur 'n
"kleed". Oorbeweiding, onbeheerde veldbrande, onoordeelkundige
verbouing en ander wanpraktyke veroorsaak 'n onvervangbare verlies.
Skeer 'n ysbeer kaal en die dier sal vrek. Verwyder die aarde se kleed en hy sal ook vergaan. Die oorsaak van die dood sal verskil -- die beer sal verkluim, terwyl die grond deur reδndruppels flenters geslaan en deur strome en riviere na die see toe weggevoer sal word. Maar dit wat verlore is, is vir ewig weg.
____________________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik hier
____________________________________________________________
Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004
- Uit Huisgenoot se Jongspan