_________________________________________________________________

 

Baikal en ander beroemde mere

 

Die Baikal

-- diepste meer op aarde

 

Die Baikalmeer in Suidoos-Siberiδ is in verskillende opsigte uniek. Hy is nie net die diepste meer ter wΩreld nie, maar wetenskaplikes sΩ ook die oudste. Hy bevat ook die meeste water van alle varswatermere. En dan is die Baikal boonop 'n pragtige plek...

_________________________________________________________________

 

''EK worstel steeds met die Baikal,'' het Raspoetin geskryf, die Siberiese landbewoner wat die invloedryke vriend van die tsaar en tsarina van Rusland geword het. ''Ek voel onbekwaam, nie in staat om te beskryf wat voor my lΩ nie. Niemand het genoeg sintuie om hierdie wonderwerk waar te neem nie.''

 

Die wonderwerk waaroor Raspoetin so liries geraak het, is die Baikalmeer in Suidoos-Siberiδ. En ander mense wat die meer al gesien het, sal beaam dat hy nie oordryf het nie.

 

Die Baikalmeer is geleδ tussen hoδ berge en vir die grootste deel omring deur steil hange dig begroei met denne- en berkebome, wat soms in die sonskyn en dan weer in die newels gebaai is. En van Januarie af totdat die laaste ys in Mei weggesmelt het, is hy bevrore. 'n Asembenemende gesig.

 

Maar dit is die statistieke wat toon hoe uniek die Baikal werklik is. Hy is vir eers die diepste meer op aarde -- 1620 m diep op sy laagste plek. Dan bevat hy ook die meeste vars water van alle varswatermere -- 23 000 kub. km, wat sowat 'n vyfde van al die vars water op aarde is. Daar is al bereken dat dit al die riviere ter wΩreld 'n jaar sal kos om Baikal te vul!

 

Maar waar kom sy water vandaan? Die meer word deur altesaam 336 riviere gevoed. Tog vloei slegs een, die Angara, daaruit. Die Baikal se oppervlak beslaan 'n verstommende 31 500 vk. km -- groter as die landoppervlak van Lesotho -- hoewel verskeie ander mere groter oppervlakke het.

 

Hy is nie besonder breed nie -- 79 km op sy breedste en 25 km op sy smalste -- maar sy sekelvormige vanggebied is 'n verbasende 636 km lank, byna so ver soos die afstand tussen Kaapstad en Port Elizabeth.

 

Wetenskaplikes sΩ die Baikal is ook die oudste meer op aarde en raam sy ouderdom op 25 miljoen jaar. Dit is merkwaardig dat 'n varswatermassa so lank kan oorleef -- gewoonlik word mere met slik opgevul en verander hulle is moerasse voordat hulle heeltemal verdroog.

 

Maar die Baikal se dramatiese geologiese verlede toon dat hy geleidelik groter word pleks van verdwyn. Hy is deur bewegings in die aardkors gevorm wat vandag steeds voortduur en die oewers in 'n tempo van 2 cm per jaar uitmekaar dwing. Geoloδ beweer selfs die Baikal gaan uiteindelik die vasteland van Asiδ middeldeur kloof en dan 'n soutwatersee word.

 

Dit is geen verrassing dat so 'n aktiewe meergebied ook baie diere en plante huisves nie. Trouens, bioloδ het reeds meer as 2 600 dier- en plantspesies hier opgeteken -- waarvan 1 360 spesies nΩrens elders op aarde voorkom nie.

 

Daar is baie soorte visse in die meer, waaronder varswatersnoek, baars, steur, vlagsalm en die ekonomies belangrike salm-agtige omul (wat as 'n lekkerny beskou word). Nog 'n vis, die golomjanka, woon in die stikdonkerte 1 400 m onder die meeroppervlak en is heeltemal deursigtig. Baie verskillende ongewerweldes, veral talryke garnaal-agtige kreatuurtjies en sponse, verskaf kos vir die visse.

 

Maar die beroemdste inwoner is die nerpa-rob, wat inheems aan die Baikal is. Die stuk of 70 000 nerpas bak in die son op die meer se 27 eilande en vreet die visse in die water. Baie Siberiδrs maak 'n lewe deur die nerpas te jag. Die jag word streng beheer en, tot in die onlangse dekades, het die nerpa-bevolking konstant gebly.

 

Die Baikalmeer en sy oewers was vroeδr 'n ongerepte wildernis. Maar namate die voormalige Sowjet-Unie sy ekonomie begin uitbrei het, het hy die meer met sy enorme watervoorrraad en baie timmerhout as 'n voor die hand liggende plek vir nywerheidsontwikkeling beskou. Meer as sestig fabrieke, onder meer vir die vervaardiging van papier, pulp en sellulose, staan tans aan sy oewers en stort jaarliks honderdduisende tonne chemiese afvalstowwe in die eens onbesoedelde water.

 

Die afval word wel gefiltreer om organiese stowwe daaruit te verwyder, maar besoedelende stowwe soos sink, kwik en wolfram bly oor. Boonop word die riool van verskeie nywerheidsdorpe in die meer ingepomp. En enorme naaldwoude in die streek om die Baikalmeer is deur suurreδn verwoes.

 

Industrialisasie het 'n vernietigende uitwerking op die meer se natuurlewe gehad. Die getalle van baie soorte visse en garnale het gekrimp, wat weer 'n uitwerking het op die robbe en visse wat hulle vreet, asook op die plaaslike inwoners wat van die jag op robbe en visvangste lewe. Die prys van vooruitgang is duur!

 

Ander beroemde mere

 

òáá Die Bowemeer (''Lake Superior'') aan die grens tussen die Verenigde State van Amerika en Kanada is, wat sy oppervlak aanbetref, die grootste varswatermassa op aarde. Hy lΩ uitgesprei oor 82 103 vk. km. As een van die vyf Groot Mere van Noord-Amerika, het hy 'n verruklike skoonheid. Die kuslyn is rotsagtig en bebos, en daar is genoeglike oorde waar mense in die somer gaan uitspan. Sowat 200 riviere vloei in die Bowemeer.

 

òáá Die Kaspiese See is in werklikheid geen see nie, maar 'n soutwatermeer. En met sy gemiddelde lengte van 1 210 km en oppervlak van 372 000 vk. km, is hy die langste en grootste binnelandse watermassa ter wΩreld. Hy lΩ tussen Oos-Europa en Asiδ, aan drie kante begrens deur die voormalige Sowjet-Unie en aan die vierde kant deur Iran. Verskeie riviere vloei in die meer in, maar daar is geen rivier wat uitvloei nie en al die water ontsnap deur verdamping. Die water van die Kaspiese See is minder sout as seewater.

 

òáá Die Dooie See in die Midde-Ooste is, net soos die Kaspiese See, eintlik 'n soutwatermeer. Die oewer, sowat 395 m onderkant seevlak, is die heel laagste plek op die oppervlak van die aarde. Mineraalryke water vloei in die meer in -- meestal vanuit die Jordaanrivier, maar ook vanuit verskeie seisoenale strome. Geen rivier vloei egter uit die Dooie See na die see toe nie en water kan gevolglik net deur verdamping ontsnap. Die Dooie See is nege keer souter as die see -- so sout dat 'n swemmer nie daarin kan sink nie, maar altyd bo bly dryf.

 

òáá In 'n natuurlike holte in die Andesgebergte, 3 812 m bokant seevlak, lΩ die Titicacameer, die hoogste bevaarbare meer op aarde. Hy lΩ aan die grens tussen Peru en Bolivia. Die oewer en eilande van die Titicaca is eenmaal deur die Inka bewoon, van wie die bouvalle steeds staan. Vandag se bewoners is Indiaanse stamme, wat groter longe en harte en meer rooi bloedliggaampies as die meeste ander mense het, sodat hulle in die dun lug kan oorleef.

 

òáá Afrika se Tanganjikameer is die naasdiepste en naasoudste meer op aarde. (Siberiδ se Baikalmeer is die diepste en oudste.) Die Tanganjika word deur vier lande begrens -- die Kongo en Zambiδ in die weste en Burundi en Tanzaniδin die ooste. Hy is op sy diepste
1 435 m en geleerdes reken die meer is twee miljoen jaar oud. Die Tanganjikameer is darem ook self 'n rekordhouer: geleδ in die westelike arm van Afrika se Groot Skeurvallei, is hy met sy lengte van 680 km van noord tot suid die langste varswatermeer ter wΩreld.

 

òáá Op die hakke van Noord-Amerika se Bowemeer is Afrika se Victoriameer -- met 'n oppervlak van 69 484 vk. km die naasgrootste varswatermeer ter wΩreld en die grootste meer in Afrika. Aan die grens tussen Uganda en Tanzaniδ, met 'n klein deeltjie wat in Kenia instrek, is die Victoriameer die grootste bron van die Nyl.

 

òáá Die Assalmeer in Djiboeti, 'n klein landjie in Oos-Afrika, is om twee redes beroemd: hy lΩ 155 m onderkant seevlak, die heel laagste plek op die vasteland van Afrika; en wanneer hy inderdaad water bevat, is hy die soutste watermassa op aarde -- tien keer souter as seewater. Verskeie seisoenstrome vloei in die Assalmeer, maar niks vloei uit nie. Wanneer die water in die warm klimaat verdamp, word die sout agtergelaat. Vir die grootste gedeelte van die jaar is die Assalmeer nie 'n meer met water nie, maar 'n bedding van sout.

 

____________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

____________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan