___________________________________________________________

 

Die Namibwoestyn

-- reuse strand van verlatenheid

 

Aan die weskus van Suider-Afrika, in 'n streek noord en suid van die Steenbokskeer-
kring, kom 'n koue seestroom in aanraking met warm lug -- om een van die dorste plekke langs die kus te vorm wat 'n mens op aarde sal aantref: die Namibwoestyn. Lees hieronder hoe die kragte van die natuur saamgespan het om hierdie verlatenheid te skep...


___________________________________________________________

 

VAN matrose wat aan land geklouter het by die Seekus van die Dood,  bestaan daar talle verhale in die annale van skeepsrampe. Eers was hierdie skipbreukelinge verlig dat hulle die verraderlike waters van die Atlantiese Oseaan oorleef het. Die wrange ironie is dat hulle net daarna dood is -- in die ongenadige son van die Namibwoestyn.

 

Baie sulke matrose van weleer het moontlik gewonder waarom daar dan 'n woestyn noord van die Steenbokskeerkring is. Sou 'n mens nie eerder 'n stomende, vogtige woudland in hierdie wΩrelddeel verwag nie?

 

Die Namibwoestyn is egter nie uniek nie, want daar lΩ 'n gordel van woestyne by die Steenboks- sowel as die Kreefskeerkring regom die wΩreld. Die rede waarom dit so is, word elders verduidelik. Lees ook in die bygaande brokkies wat dit is wat die Namib so 'n besonderse plek maak.

 

Benguela-seestroom

 

ò   DIE Namibwoestyn lΩ meer as 2000 km ver uitgestrek langs die weskus van Suider-Afrika, van die benedeloop van die Olifantsrivier in Suid-Afrika af regdeur Namibiδ tot in Suid-Angola.

 

Hierdie smal, dorre strook land is maar net 100 km breed. Dit bestaan hoofsaaklik uit grinterige vlaktes en groot gebiede van verskuiwende sandduine. Omdat die reδnval so laag en daar so min riviere is, is water skaars.

 

Tog slaag 'n klompie geharde plantsoorte en verskeie insekte, spinnekoppe, akkedisse, slange en soogdiere daarin om hier te oorleef. Hulle benut die weinige lewensmiddele wat die woestyn hulle bied.

 

Die lewensdraad vir die meeste plante en diere is 'n digte mis wat omtrent een maal elke drie dae hier van die see af inrol. Kewers laat die vog op hul lywe kondenseer sodat die watertjies in hul monde kan inloop. Adders lek die gekondenseerde waterdamp van hul velle af op. En die stoetse welwitschia-plant het duisende klein porieδ aan sy blare, wat die gekondenseerde newel absorbeer voordat dit in die son se hitte verdamp.

 

Mis is iets ongewoons in woestyne. Waarom kom dit dan so dikwels hier voor? Wes van die Namibwoestyn lΩ die Atlantiese Oseaan. Die koue Benguela-seestroom beweeg noordwaarts in hierdie oseaan -- van die waters om Antarktika af en verby die weskus van Suider-Afrika in die rigting van die ewenaar.

 

Die koue seestroom verkoel die lug bokant dit en veroorsaak dat die lug baie van sy vog verloor. Teen die tyd dat die wind oor die land waai, is dit so droog dat daar omtrent geen reδn kan uitsak nie. Die bietjie vog wat nog oorbly, vorm slegs 'n mis.

 

Hoδlugdruk-gebiede

 

ò   OMDAT die aarde rond is, ontvang hy nie oral dieselfde hoeveelheid hitte van die son af nie. Naby die ewenaar, waar die son die warmste bak, styg die warm lug op. Dit veroorsaak 'n streek van lae lugdruk.

 

Namate die opstygende lug afkoel, gaan baie van die vog daarin verlore in die vorm van reδn. Die lug sprei van die ewenaar af uit, en by sowat 30 grade noorder- en suiderbreedte (rondom die Kreefs- en Steenbokskeerkring) begin dit na die aarde toe neerdaal.

 

Soos die lug afsak, begin dit weer warm word, maar dit is baie droog omdat dit die meeste van sy water verloor het. Die dalende lug veroorsaak hoδlugdruk-gebiede, wat keer dat vogbelaaide lug inkom, en dit skep streke met baie stabiele klimate.

 

Dit is in hierdie hoδlugdruk-gebiede waar die meeste van die wΩreld se woestyne lΩ. Die strook woestyne regom die wΩreld by hierdie breedtegrade is egter nie oral dieselfde nie. Dit is omdat windpatrone om vastelande plek-plek die hoδlugdruk-gordels opbreek.

 

Die Namib, Kalahari en Sahara in Afrika, die Arabiese woestyn in die Midde-Ooste, die Atacama in Suid-Amerika en die Sonoran in Kaliforniδ is voorbeelde van woestyne wat binne hierdie hoδlugdruk-sones lΩ.

 

Begraafplaas van skepe

 

ò   DIE noordelike deel van die Namibiese kuslyn word die Seekus van die Dood genoem -- om 'n goeie rede. Digte mis, sterk winde, verraderlike seestrome en verborge rotse en riwwe het talle skeepsrampe in diΘ gebied veroorsaak.

 

Om vandag teen die Seekus van die Dood langs te ry, is soos 'n reis deur 'n begraafplaas van skepe, met die een verbrokkelende wrak en hopie verbleikte bene nß die ander.

 

Strandlopers

 

ò   DIE oorspronklike inwoners van die kusstreek van Namibiδ was die Strandlopers, verwante van die San van die Kalahari. Hierdie geharde mense het met die kus langs op- en afbeweeg en het oorleef deur vis te vang en in hutjies van walvisbeendere te skuil. Die oorblyfsels van hul skuilplekke kan vandag nog gesien word.

 

Die Himba

 

ò   DIE Himba is 'n nomadiese (rondtrekkende) volk wat in die droogtegeteisterde noordweste van die Namib woon. Daar is sowat 7000 van hulle in Namibiδ en 3000 in Angola, en hulle oorleef in die dorre toestande deur met hul bok- en beestroppe rond te beweeg op soek na water en vars weiding. Hulle plant in die reδl nie gewasse nie, maar ruil in die naburige dorpe hul diere vir mielies, groente, suiker, tabak, alkohol en versiersels.

 

Waar hulle ook al gaan, bou die Himba hutte, wat bestaan uit raamwerke van takke wat met 'n mengsel van modder en dieremis bepleister is. Die hutte word so stewig gebou dat hulle jare lank onbeskadig bly staan.

 

Minerale

 

ò   BAIE van die wΩreld se woestyne is ryk aan minerale en edelstene, en die Namib is geen uitsondering nie. Diamante lΩ op plekke gestrooi en die sogenaamde Sperrgebiet -- 'n 200 km lange strook noord van die Oranjerivier -- is vir die meeste mense verbode. Die De Beersmaatskapy Namdeb het die beheer daaroor verkry.

 

Hoekom is daar diamante in die duine? See toe gespoel deur die Oranjervier, word die diamante deur seestrome noordwaarts gedra en teen die kus langs uitgespoel.

 

Die eerste diamant in die Namibwoestyn is in 1908 ontdek. 'n Diamantstormloop het gevolg en werkers is in diens geneem om op hul mae te kruip en die sand te sif. Hul monde is toegebind om te keer hulle in die versoeking sou kom om die diamante in te sluk.

 

Prospekteerdersdorpe met teaters, danssale en speelkamers het in die omgewing van Lⁿderitz ontstaan: Kolmanskop, Elizabethbaai, en, na die suide, Pomona. Hoewel baie diamante gevind is, het talle prospekteerders in die woestyn verdwaal en weens die hitte en dors gesterf. Ander is geldelik geru∩neer.

 

Die diamantvelde is in die Depressiejare van die 1920's en 1930's verlaat en die nedersettings het spookdorpe geword namate die duine hul gebied teruggeδis het. Oorblyfsels soos grawe, wat in die Depressiejare agtergelaat is, kan nog in die gebied gesien word.

 

Vandag is die diamantbedrywighede meestal gekonsentreer om Oranjemund, die mond van die Oranjerivier, en na die noorde.

 

Daar is ook neerslae van koper en uraan in die Namib.

 

____________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

____________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan