_________________________________________________________

 

Die natuurstreke van die aarde: (3a) Naaldwoude

 

Die koninkryk van

die keδldraers

 

As jy uit die ruimte neerkyk, word vertel, sien jy die groen gordel om die aarde. In die naaldbos van die noorde groei die bome so dig dat hulle in der waarheid 'n groen strook aan die rand van die toendra vorm ...

_________________________________________________________

 

HULLE gee ons die hout vir ons plafonne, vir ons dakke se timmerasies, vir deure, vensters, rakke en kaste -- hoeveel is ons nie verskuldig aan die ingevoerde naaldbome van die Noordelike Halfrond nie? Van hulle kry ons ook papier. Asook kunssy, terpentyn, harpuis en ander waardevolle dinge. Selfs Kersbome.

 

As jy weer 'n denneboom sien, bejeδn tog diΘ kwasterige immigrant met respek!

 

Maar waar kom hierdie uitheemse naaldbome eintlik vandaan?

 

Sowat 3 000 km van die Noordpool maak die laagliggende mosse en korsmosse van die toendra plek vir kolle dwergagtige denne, berkebome en wilgers.

 

Die opslagplekke van hierdie gewasse is die buiteposte van een van die wΩreld se omvangrykste boomsones: die enorme gordel van die naaldbos of die keδldraende woude. Dit strek ßl langs die noordelike dele van die vastelande van Noord-Amerika en Eurasiδ, buiten waar dit deur die Noord-Atlantiese Oseaan en die Stille Noordsee onderbreek word --á oor 'n stuk of 4 800 km, met 'n noord-suidelike breedte van sowat 1 000 km.

 

Soos in die toendra-sone verder noord, is die klimaat in die naaldbos besonder straf.

 

Uiterste temperature kom hier voor, met lang, droδ winters en kort, gematigde somers. Die groeityd strek dus net oor drie of vier maande -- op sommige plekke slegs een -- en ses maande van die jaar kan daar feitlik geen sonskyn wees nie.

 

Die winters is snerpend koud. Trouens, die laagste bekende temperature op aarde word in Noordoos-Siberiδ aangeteken.

 

Neerslag, in die vorm van reδn en sneeu, is gering en eweredig oor die hele streek versprei.

 

Water word vir die grootste deel van die jaar as ys in die grond vasgevang, en die landskap IΩ onder 'n dik sneeukombers.

 

Om diΘ strawwe toestande te kan verduur -- die wind, die koue, die droogte, die kort groeiseisoen -- moet die bome van die naaldbos gehard wees. Slegs naaldbome (konifere) en 'n handvol hardehoute soos berkebome en wilgers kan oorleef.

 

òáá NAALDBOME -- wat sparre en dennebome insluit -- is keδlvormig, met breδ basisse en spits punte om die mins moontlike weerstand teen sterk winde en sneeu te bied.

 

Die geharde, naaldvormige blare is bedek met 'n wasagtige nerf en deurdrenk met harpuis wat, tesame met die klein oppervlakte, uitwaseming verminder en die blare teen die koue beskerm. Wanneer wintertemperature besonder laag daal, sluit die stomata (openings op die oppervlak van die blare) sodat skade deur koue en waterverlies tot die minimum beperk word.

 

Die meeste naaldbome is immergroen. Met diΘ dat hulle hul blare deur die winter behou, verloor hulle nie voedselstowwe nie en kan onmiddellik hul groei hervat wanneer die lente aanbreek.

 

Een uitsondering is die bladwisselende lorkeboom wat in die verre noorde van die naaldbos-gordel in Siberiδ groei. Hier is die water feitlik die hele jaar deur bevrore en immergroen naaldbome sou nie die water wat hulle deur verdamping verloor, kon vervang nie.

 

Hoewel lorkebome ook naaldbome is, oorleef hulle deur hul blare af te gooi as die temperatuur daal, en dan rustend te bly deur die lang, bitter koue winter.

 

Spardenne kan besondere koue oorleef vanweδ 'n gekonsentreerde sap wat hulle teen uitdroging beskerm.

 

Die keδls wat die naaldbome dra, is geharder voortplantingsorgane as die tere bloeisels en die delikate vrugte van bladwisselende bome.

 

'n Belangrike eienskap van naaldbos is die massa onontbinde blare, takkies en keδls wat oor die woudvloer gesaai IΩ. Dit is omdat daar min erdwurms is en die bakteriese aksie stadig is in die koue, nat toestande. Die harpuis in die plante voorkom ook ontbinding.

 

Die dooie plantemateriaal ontbind eintlik uiters stadig en dit vorm swak sure wat stadig affiltreer en lewensbelangrike minerale wegloog, sodat 'n steriele bogrond genaamd podzol (van die Russiese woord vir as) gevorm word.

 

Hierdie grond is hard en vol water en keer dat boomwortels diep afskiet vir hul voedselstowwe.

 

Om te vergoed het naaldbome 'n simbiotiese verhouding met 'n fungus-groep genaamd skimmelwortel, wat die boom van voedselstowwe voorsien in ruil vir koolhidrate.

 

Weens die swak bogrond en gebrek aan lig by grondvlak (veroorsaak deur die bedekking van plantreste) is daar min of geen struikgewasse tussen die naaldbome in diΘ woude nie.

 

òáá DIE miljoene immergroen bome wat in die naaldbos saamgepak is, vorm werklik 'n groen gordel om die noordelike deel van die aardbol. Tog is daar ook variasies binne hierdie natuurstreek, soos in elke ander vername landpatroon.

 

Die noordelikste sone word dikwels die boreale woud genoem (van Boreas, 'n mitologiese god van die noordewind). Hier is volop dennesoorte en spardenne.

 

Ontelbare mere en damme, geskep deur die yslaag wat die streek eens bedek het, lΩ oor die gebied versprei. Die streek staan bekend as die taiga, 'n Russiese woord wat moeraswoud beteken. Mos en ander plante groei om diΘ mere en skep vleigrond.

 

Hier groei gewoonlik ook van die raarste plante op aarde -- die bekerplant en die sonnedou, wat insekte vang om die gebrek aan nitrate in die grond te vergoed.

 

Verder suidwaarts smelt die boreale woud met lorke, denne, seders en sparbome saam, asook met bladwisselende hardehoutbome soos else, wilgers en berke, wat dikwels so dig groei dat die son byna nie daardeur kan dring nie.

 

Hoe verder suid bome in diΘ sone groei, hoe hoδr is hulle gewoonlik. DiΘ op die grens van die toendra is verpot, dun en kwasterig en met mos en korsmos behang. Aan die suidelike grense van die streek kan die bome egter geweldig groot wees.

 

Die skeiding tussen die naaldbos en die toendra in die noorde is taamlik skerp omlyn, maar in die suide is daar 'n vermenging van die naaldboomsoorte met bladwisselende breδblaarbome van die volgende natuurstreek. Dit vorm 'n oorgangsone van gemengde woudland.

 

____________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

____________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan