_________________________________________________________
Woudland...
sprokiesland
Die dag is soos goud en jy loop iewers in die veld...
kom by die oewer van 'n rivier. Voor jou verskyn 'n plaat varings. Klam mos.
Blare-rommel kwistig gestrooi. 'n Helder blosende groepie
vlieδswam-paddastoele. Kyk mooi, skuil daar nie dalk ook 'n kolonie dwergies
iewers nie? Darem nie rΩrig nie, maar jy bevind jou ongetwyfeld Ωrens in die
gematigde streke. En diΘ is onteenseglik die welbehaaglikste streek op aarde...
_________________________________________________________
WARM, soel dae wanneer die ryk plantegroei
hul bruin vir groen verruil. Snikhete, besige dae wanneer die hoogste bome 'n
dak van beskutting skep. Koel, stil dae met ryp wat die blare knou. Koue,
triestige dae wanneer die bome in aaklige geraamtes verander.
Die gematigde woude... in die herfs is hulle 'n
prentjiemooi skouspel; in die winter is hulle dikwels feitlik "dood".
DiΘ verstommende gedaantewisseling is net een van die natuurlewe se maniere om
in die gematigde streke te oorleef. Daar is nog baie ander...
Die wΩreld se gematigde streke lΩ in die groot
gebiede tussen die poolstreke en die keerkringe in elke halfrond. Binne diΘ
natuurstreek kry ons 'n aantal substreke met konstrasterende klimate en
plantegroei, met temperature wat van subtropiese hitte tot amper poolse koue
wissel. Maar die bome hier is tog baie eenders in hul struktuur, en hoewel die
boomspesies van land tot land wissel, word dieselfde genera dikwels oor die
hele wΩreld gevind.
Gemagtigde woude word in die klam, "sagte"
klimaatstreke van die aarde aangetref. Omdat dit vir die mens so voordelig is
om hier te woon, is groot dele van die ryk bosland wat diΘ streke eenmaal bedek
het, uitgedun vir timmerhout of heeltemal platgevee om plase en nedersettings
te skep. in die Noordelike Halfrond het bladwisselende woude op 'n tyd wyd en
syd oor Wes- en Oos-Europa, Noord-Amerika en Asiδ gestrek.
In die Suidelike Halfrond se streke met dieselfde
klimaat as diΘ van die noordelike bladwisselende woude, was gematigde immergroen
woude weer dominant. Oor die rede vir diΘ verskil is daar nog onsekerheid. Hier
het gematigde woude dele van Suid-Afrika, Suid-Amerika en Australasiδ bedek.
Hoewel min van die oorspronklike plantegroel nog
bestaan, is die oorblywende gemagtigde woude steeds 'n lus vir die oog. Die
bladwisselende woude van die oostelike deel van Noord-Amerika bied van die
wΩreld se lieflikste bostonele wanneer hulle in hul herfskleure van
skarlakenrooi, amber en geel gehul is.
òáá DIE koel
gematigde woudsone van die Noordelike Halfrond word gekenmerk deur 'n koel,
klam klimaat met reδn die hele jaar deur en 'n lang groeiseisoen. Die bome se
blare is breed om die grootste moontlike hoeveelheid sonenergie vas te vang.
Hoewel die winters korter is as in die naaldbos, is hulle steeds so koud dat
groei en fotosintese in diΘ tyd beperk is en die bome 'n dormante tyd binnegaan
deur hul ryp-gevoelige blare af te skud.
Daarby help die verlies van blare in die winter om
wlndweerstand te verminder en die oppervlak waardeur vogverlies plaasvind, word
tot die minimum beperk. Die volgende jaar se blare en blomme word in goed
beskermde botsels bewaar.
Laag groeiende plante wat die woudvloere in die somer
bedek, gaan ≤f dood en los hul sade onder 'n bedekking van afgevalle blare ≤f
onttrek hulle onder die grond as bolle of dik, vlesige wortels.
Die bladwisselende bome van 'n tlpiese breδblaar-woud
groei in 'n reeks vertikale strata. Die boonste daklaag word gevorm deur groot
bome soos eike en beuke, waarvan die blare feitlik 'n volle skaduwee oor die
ander bome en plante gooi.
Onder die boonste blaredak is kleiner bome soos
ahorns en berke. Hieronder is weer 'n digte laag jong boompies en struike,
insluitende jenewerbessies en meidorings.
Die laaste laag is die kruidagtiges. Hulle bestaan
uit delikate veldblomme, varings, mosse en kleurryke paddastoele, en hulle
floreer vroeg in die lente wanneer die oorhangende bome nog min blare het en
die son tot op die woudvloer kan skyn.
In die verre noordelike streke bevat die woude plek-plek
immergroen bome soos denne, taksusbome en steekpalms. Hoewel hulle die meeste
van hul blare behou, berg die immergroenes ook die volgende jaar se voorraad
blare en blomme in veilige botsels aan die onderpunte van hul blaarstingels.
òáá NABY die
trope, waar somers warmer is en die winters minder koud, word warm gematigde of
subtropiese woude gevind. In groot dele van die ooskuste van Noord-Amerika,
China, Japan, Australiδ en Suid-Afrika word die klimaat dikwels die China-tlpe
genoem.
Klimaatstoestande wissel in diΘ streke: Die meeste
kry somerreδn en het beslis droδr winters. Elders reδn dit die hele jaar deur.
Die somers is dikwels besonder warm en die lug vogtig en bedompig.
Warm gematigde woude wissel van die lowergroen "stapel"-woude in gebiede waar daar deur die jaar genoeg reδn is, tot droδr woude en selfs bossies in droogteland.
Die welige suptropiese plantegroei van die Natalse
kus, met sy digte bosse, rankplante, mangroves en palmbome, is goed bekend aan
vakansiegangers uit die binneland.
òáá IMMERGROEN
breδblaar-woude asook struike kom voor in gebiede met 'n Middellandse
See-klimaat van warm, droδ somers en koel, nat winters -- soos die Wes-Kaap,
dele van Kaliforniδ, Chili en Australiδ, asook bale van die lande om die
Middellandse See.
Die natuurlike plantegroei word verteenwoordig deur
die sogenaamde maqui en garigue van die Mediterreδnse gebiede, die chaparral
van Kaliforniδ en Mexiko, die mallee-struik van Australiδ en die fynbos van die
Kaap.
____________________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik hier
____________________________________________________________
Ons Wonderlike WΩreld op CD,
2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan