__________________________________________________________
Woelers in
die
woudland
Die gematigde sone
is die habitat van die genoeglikste diere. Lees verder vir 'n woud-fantasie...
__________________________________________________________
EENDAG, lank, lank gelede was daar 'n woud
met... sewe dwergies... Hansie en Grietjie... Rooikappie se wolf... ja, ook
Robin Hood en nog 'n duisternis ander.
Lank, lank gelede? Nee, ook nie so bitter lank nie.
Slegs 'n paar eeue terug het die gematigde bosland nog 'n enorme deel van die
aarde se oppervlak bedek. En 'n mens hoef maar net na hul oorgelewerde sprokies
en sages te kyk om te besef watter rol hierdie woude in die lewe van ons
Europese voorsate gespeel het.
Een van die weinige woude waarop ons vandag nog self
kan roem, is die Suid-Kaap se Knysna-bos. Dis die wΩreld van Fiela-hulle. Maar
die groot, groot gematigde woude het in 'n groot mate van die aardbol
verdwyn...
Die gematigde sone, wat wel 'n aantal substreke met
afwisselende klimate het, is meestal werklik 'n baie gesogte streek om in te
woon. (Dink maar aan ons welige Natalse kus of aan die Wes-Kaap.) Die weer is
lekker, baiemaal, en in die reδl is daar oorgenoeg water. Daar is ryk grond met
baie plante en dus volop kos.
En dieselfde dinge wat dit reeds eeue lank so 'n
begeerlike toevlug vir die mens maak, maak dit natuurlik 'n ewe aanloklike
houplek vir die diere.
Die gematigde bladwisselende bos van die Noordelike
Halfrond bestaan, soos ons in die vorige aflewering gesien het, uit verskillende vertikale lae. Verskillende diere
lewe ook in die onderskeie lae wat die plantegroei van bo tot onder vorm.
Die bo-vlak van die blaredak of oorhang is geen goeie
houplek vir diere nie, weens die direkte en dikwels verblindende sonlig, sterk
winde en harde reδn -- 'n wΩreld van uiterstes.
In 'n storm word die boonste takke van die oorhang so
wild rondgepluk dat die boomtoppe aan 'n stormsee herinner. Maar net daaronder
kan die takke dalk heel matig rondswaai.
Net onderkant die bovlak is die toestande dus baie
beter vir dierelewe. Hierdie deel van die oorhang bevat trouens ook die meeste
van die bos se voedsel. Die digte gebladerte huisves duisende soorte
blaarvretertjies soos ruspes en sapsuiers soos plantluise, en diΘ voorsien op
hul beurt 'n oorvloed van kos vir insektevretende voδls, spinnekoppe,
soogdiertjies en roofinsekte.
Die plafon van die oorhang bied ook volop kos vir
plantvreters. Duisende knaagdiertjies soos eekhorings floreer op die sade en
neute, en ander klimmende, klouende soogdiere vreet die blare en sagte takkies.
òáá DIE diere
van die oorhang is goed toegerus vir hul lewe in die bome en het grypsterte en kloupote om kranig deur die boomtoppe te kan beweeg. Die oorhang
is op die koop toe 'n goeie skuilplek teen roofdiere, en veral voδls bou hul
neste hoog boontoe op in die takke.
Baie voδls en diere skop egter ook nes in die
"onderverdieping" van die breδblaarbos. DiΘ laag word deur die
oorhang teen stormweer beskut. Dit lΩ ook op 'n paslike hoogte sodat die neste
en holtes nie net beskerm is teen roofdiere van die oorhang (soos arende en
uile) nie, maar ook teen aardsgebonde jagters op die vloer van die woud.
Verder ondertoe is die laag van die struike -- met sy
beskermende bedekking vir baie van die bedrywige diertjies soos muise,
spitsmuise en eekhorings. Kos is volop: bessies en sade en baie insekte.
Baie voδls bou ook hul neste in die ruigtes.
Laaste maar nie die minste nie: die laag van die
varings en paddastoele, wat trouens baie van die interessantste dierelewe van
die woud huisves. Hier woon klein diertjies soos muise, insekte, slange,
konyne, voδls en paddas. Dit is ook diΘ laag waar takbokkies hul pasgebore
kleintjies tussen die varings versteek, en waar vosse agter stompe en rotse
hurk om hul prooi voor te lΩ.
Die blare-afval op die woudvloer bevat miljoene klein
diertjies soos erdwurms, miere, myte, spinnekoppe en mikroskopiese klein
kreatuurtjies.
á
DiΘ massa lewe teer op die verrottende afval en laat
sodoende die basiese stowwe in die afval vry. DiΘ stowwe word stadig afgebreek.
Erdwurms, graafdiere, insekte-larwes en ander diere
grawe tonnels deur die afval, meng dit geleidelik met die onderliggende grond
en plaas s≤ die noodsaaklike chemikalieδ terug in sirkulasie.
Party diere lewe feitlik slegs ondergronds. Molle en
spitsmuise hou byvoorbeeld nie net in ondergrondse holtes om teen die hitte of
koue te skuil nie, maar ook om die baie erdwurms en ander organismetjies wat
die humus bied, te benut.
òáá HOEWEL
toestande in bladwisselende woude gelykmatig is as dit met diΘ van elders
vergelyk word, is van die diere tog ook spesiaal toegerus vir hul streek.
Talle soogdiere het byvoorbeeld goed ontwikkelde
gehoor- en smaaksintuie en kommunikeer veel meer hiermee as met hul sig. Dis
immers onmoontlik om hier baie ver te sien vanweδ die digte blare en takke wat
in feitlik elke rigting groei.
Baie nagdiere het 'n spesiale laag agter die netvlies
van die oog wat hulle help om in die donker te kan sien.
Die enigste werklike probleem in breδblaarwoude is
dat daar sulke groot verskille tussen die seisoene is. Die bome verloor hul
blare in die winter en kos en skuiling is in diΘ tyd beperk. Diere moet aanpas om te kan oorleef.
Die meeste diere wat veelal deur bome beskerm word,
bly deur die winter aktief deur vanuit hul woonplekke te opereer. As die weer
guur is, bly hulle in hul skuilings. Word dit warm, kom hulle uit en skarrel
rond vir kos.
Eekhorings verlaat hul blaarryke tuistes op die takke
en klim af en toe ondertoe om neute uit hul weggesteekte spense te gaan haal.
'n Paar diere -- soos aardmarmotte, krimpvarkies en
relmuise -- vind egter selfs die gematigde streek se winters te straf en gaan
dus oor in 'n winterslaap. in diΘ tyd verstadig hul metabolisme, hul
liggaamstemperatuur daal en hulle bly bewegingloos en koud. Slegs deur 'n
stadige opname van die vet wat in die somer en herfs opgegaar is, bly hulle aan
die lewe.
Die metabolisme van koudbloedige boslanddiere soos
paddas, slakke en insekte daal tot 'n vlak waar normale bedrywighede onmoontlik
is en party maak ook 'n winterslaap deur. Die meeste gaan egter dood, en laat
hul eiers agter wat met die koms van die lente sal uitbroei.
òáá BAIE van
die oorspronklike plantegroei van subtropiese en Mediterreδnse streke bestaan
nie meer nie, en talle van die diere word nog net kol-kol aangetref.
Groot vleisvretende diere soos luiperds en bere kom
slegs in afgeleδ bergstreke voor. Plantvretende diere soos bokke en skape is getem of
deur teeldiere vervang. Daarteenoor floreer pesdiere soos rotte en muise in diΘ
mensgemaakte omgewing.
'n Klassieke voorbeeld van verdronge dierelewe in ons
eie wΩrelddeel is die olifante van die Knysna-bos. Sowat 'n eeu gelede het 'n
stuk of vyfhonderd van hierdie manjifieke reuse die gebied tussen die huidige
Mosselbaai en Plettenbergbaai bewei. Namate die pioniers inbeweeg en die
plantegroei vir hul nedersettings weggekap het, het die olifantbevolking
geleidelik afgeneem en so te sΩ daar uitgesterf.
____________________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik hier
____________________________________________________________
Huisgenoot se Wonderlike
WΩreld op CD, 2004