___________________________________________________________
Buffels, leeus, renosters, olifante en kameelperde in
een wΩrelddeel... grondeekhorings en prΩriehonde in 'n ander, nog eksotiese
diere in 'n derde... ons planeet se wye, weidse grasvelde bly unieke skouspele
van lewe...
___________________________________________________________
LIGTE briese karnuffel die gras. Bo sketter 'n swerm vinke verby. 'n Trop springbokke, duidelik sigbaar op die oop veld, vorm 'n bedrieglike prentjie van salige, somertydse vrede.
Bedrieglik... want die bokke bly op hul hoede vir
enige roofdier wat uit die bloute kan toeslaan.
Skielik verskyn 'n luiperd dan ook asof uit die niet.
Hy storm na een van die springbokke in die trop. Die groot kat blits
verstommend vinnig oor die veld.
Maar die springbok, net soos die luiperd. is
wonderlik daarvoor toegerus om op die savanne te oorleef. Hy spring in die lug
op en skiet op sy lang bene vorentoe. Die luiperd verloor vaart... en die
springbok ontsnap.
Op die uitgestrekte savanne, gewoonlik slegs bedek
deur gras met kol-kol 'n boom of twee, is daar min plekke om weg te kruip.
Oorgelewer aan afwisselende nat en droδ seisoene, vrek baie van die diere ook,
maar die wye, weidse grasveld bly 'n unieke skouspel van lewe.
Trouens, nΩrens anders as in Afrika word plantvreters
in sulke hoeveelhede en in s≤ 'n verskeidenheid aangetref as hier nie. In
Oos-Afrika is daar byvoorbeeld sewentig soorte antelope.
Hoewel die pampas van Suid-Amerika 'n gebrek aan
groot plantvreters het, sentreer groot dele van die savanne daar om
rivierkomme, en 'n betowerende verskeidenheid van waterdiere word daar gevind.
òáá EEN van
die faktore wat dit moontlik maak vir soveel plantvreters om die grasveld se
rykdom te benut, is dat verskillende spesies verskillende dele van die plant
vreet. Sebras knabbel byvoorbeeld aan die hoδ grasdele; wildebeeste vreet die
gras verder af; die klein Thomson-gasel benut die onderste groeisel; en vlakvarke
krap die ondergrondse worteldele uit. Niks word gemors nie.
Selfs al word dieselfde plant deur drie of vier
spesies gevreet, vreet hulle dit op verskillende groeitye of op verskillende
vlakke.
Selfs die mededinging vir water is beperk. Spesies soos
die impala oorleef op vogtigheid in hul kos en hoef nie tydens droogtes na
natter gebiede te trek nie -- en verminder s≤ die kompetisle met ander spesies
wat meer water nodig het.
Tande word natuurlik stomp weens die vretery van
harde plante soos gras, veral as dit met sand en grond gemeng is. Die wangtande
van grasveld-plantvreters groei egter gedurig sodat hulle nooit verder afstomp
as wat vir 'n dier nodig is om te kou nie.
Plante se selwande bestaan uit sellulose, 'n
saamgestelde stof wat mense nie kan verteer nie. Plantvreters soos antelope,
beeste, perde en bisons het egter 'n dubbele spysverteringstelsel wat sellulose
afbreek.
Kos gaan eers na 'n maagkamer genaamd die rumen of
grootpens, waar ensieme daarop inwerk wat deur die maag se mikro-organismes
gemaak word. Die kos word dan herkou en gaan na die drie ander maagkamers, waar
dit verder afgebreek word.
òáá DIE diere
van die Afrika-savanne word behoorlik gebrei deur die natuur. Hulle moet
verskrompelende droogtes deurmaak wanneer water skaars en die gras droog, hard
en rustend is.
In die begin van die droδ seisoen in die Oos-Serengeti
verlaat honderdduisende sebras, wildebeeste en gaselle die gebied en trek na
die natter weste. Aan die einde van die seisoen trek hulle terug om op die nuwe,
vars veld te wei.
Omdat die oop grasveld so min skuilplek bied, is
prooidiere op vaart aangewese om van roofdiere af weg te kom. Die lengte van 'n
dier se treδ en sy snelheid is deurslaggewend. By diere soos die perd is die
voetbene langer en die tone min, want een dik been is sterker as 'n paar
dunnes.
Die funksionele tone van hoefdiere vorm 'n soliede
hoef wat eintlik 'n sterk nael is. Dit pantser as't ware hul bene teen skokke
wanneer hulle beweeg.
Die volstruls het slegs twee tone aan elke poot. Met
sy lang sterk bene kan diΘ voδl yslike treδ gee, terwyl die tone hom goed laat
vastrap.
Die volstruis se twee oorsese neefs, die nandoe van
die Suid-Amerikaanse pampas en die emoe van Australiδ, het eweneens lang
gespierde bene waarmee hulle aan gevaar kan ontsnap -- en wat hulle hoog oor
die grasse laat sien.
Kleiner grasveld-plantvreters soos hase, meerkatte,
grondeekhorings en prΩriehonde skuil in kolonies teen roofdiere en
temperatuuruiterstes, en hulle grawe gate in die grond.
Anders as woud-plantvreters, neig
savanne-plantvreters om in troppe te wei eerder as alleen. Die voordeel is
groter waaksaamheid deurdat elke dier in die groep dan wakker loop vir gevaar.
Van die grootste troppe op die Afrika-savanne word
gevorm deur wildebeeste en sebras -- daar kan tot 100 000 diere in 'n trop
wees. Selfs indrukwekkender is die Thomson-gaselle, wat in troppe van 500 000
tot 800 000 op die Serengeti-vlakte vergader.
Verskillende diersoorte meng dikwels. Sebras wei saam
met wildebeeste, elande en volstruise. Selfs diere soos olifante en leeus
verkies om in troppe te leef sodat die voortplanting van die spesie verseker
kan word.
Goeie sig is belangrik. Roofdiere moet hul prooi van ver af kan sien, en andersom. Grasvreters se oδ sit gewoonlik hoog bokant die snoet sodat hulle bo-oor die gras kan sien wanneer hulle wei, en is ook wyd uitmekaar, sodat hulle rondom hulle kan sien.
Korter diere soos meerkatte en hase oorkom diΘ
probleem deur op hul agterpote te staan of op en af te hop. Weens die gebrek
aan skuilplek het baie diere gekleurde patrone op hul lywe om hulle met die
omgewing te laat saamsmelt.
Die koedoe het byvoorbeeld vertikale strepe sodat hy
in die savanne-bosvelde amper onsigbaar is. Die klipspringer het 'n
kolletjiesjas sodat hy teen sy rotsagtige agtergrond kan "verdwyn".
Seker die merkwaardigste van grasveldlewe is die
verweefde verhouding tussen plante en diere. Plantvreters hou die plantegroei terug deur te wei en daardeur te
loop, en die gesnoeide plante trek byvoorbeeld weer voordeel uit die sonlig.
Hoefdiere ploeg die grond wanneer hulle loop. Graafdiere en erdwurms gee lug
aan die grond en meng dit.
Vleisvreters hou die hoeveelheid plantvreters binne
perke en keer oorbeweiding in een gebied. Vleisvretende voδls en diere sluk diΘ
oorblyfsels weg. Niks word vermors nie...
DiΘ stelsel van natuurlike balanse, wat soms wreed
lyk, is 'n wonderbaarlike deel van die natuur. S≤ kan meer diere vreedsaam op
die grasveld saamleef as wat andersins moontlik sou gewees het.
____________________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik hier
____________________________________________________________
Ons Wonderlike WΩreld op CD,
2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan