____________________________________________________________
Die tropiese woude is die tuiste van meer as die
helfte van die wΩreld se diere. Jy kan vrywel sΩ hierdie soort wΩreld is 'n
dier se droom!
____________________________________________________________
KRA-A-A-A-K! Krits-krits-krits! Ie-e-e-e-k! Hoog in die takke slinger 'n
neusaap met die neus in die lug. Heel bo in die blaredak krys 'n kolonie
papegaaie. Op die woudvloer vroetel 'n armadil gulsig in die grond. Hy soek na
sy stapelkos: wurms en termiete.
Die groot gesnater, geskater en gesketter is
nimmereindigend.
Ook nie verbasend nie -- die tropiese woude is die
tuiste van meer as die helfte van die wΩreld se diere. Jy kan vrywel sΩ hierdie
soort wΩreld is 'n dier se droom!
Vir eers is daar baie skuilplekke omdat die woud van
bo na onder uit verskillende lae bestaan, soos in die vorige aflewering beskryf
is; daarby beteken die afwesigheid van seisoene dat daar altyd 'n paar bome of struike is wat vrugte, blomme of blare as kos aan te
bied het; en die egalige klimaat verg min aanpassings van die vergenoegde
diere.
Benewens in die bome se lae bied tropiese woude ook
nog ander habitatte vir diere, soos diΘ by riviere.
Daar is werklik 'n magdom eksotiese toevlugte. Die
gekrulde blare van epifitiese plante vang byvoorbeeld water op, wat klein
dammetjies vorm waarin amfibiese diertjies en waterinsekte kan lewe. Die
vermolmde hout van omgevalle bome is weer die tuiste van talle ongewerweldes.
Kenners reken dat tot 85 persent van die wΩreld se
inseksoorte in die trope woon. En omdat die klimaat so gunstig is, is
ongewerwelde diere hier veel groter as hul neefs in ander natuurstreke.
Baie skoenlappers, naaldekokers, spinnekoppe,
duisendpote, slakke en erdwurms is enorm.
Die meeste van die wΩreld se reuse soorte paddas,
platannas, akkedisse en slange, insluitende die grootste slang, die anakonda,
is ook tropebewoners.
òáá SELFS
hier, in soveel oorvloed, is sekere spesiale toerustings tog ook nodig vir
oorlewing.
Hoewel kos volop is, groei dit baiemaal so hoog in
die bome dat nie-vlieδnde diere dit nie kan bykom nie. Daarby het elke
plantsoort sy eie produksieritme en word hy dikwels omring deur onverwante spesies
wat nie noodwending dieselfde tyd vrugte dra nie. Plantkos is dus wydversprei.
Plantvreters se liggaamsgrootte en -vorm moet daarom
s≤ wees dat hulle vry deur die bome kan beweeg, en hulle doen dit op
verskillende maniere. Party spring van tak tot tak en klou aan die takke en
stamme vas. Hulle kan selfs grypsterte en suigkussings hΩ om hulle te help
vashou.
Duime en groottone buig in ander rigtings as die
ander vingers en tone sodat diΘ diere hul hande en voete om takke kan vou.
Sommige diere kan selfs "vlieg". Darem nie
rΩrig soos voδls nie, maar hulle het sweef-membrane sodat hulle van boom tot
boom kan duik om kos te soek of roofvyande te ontduik.
"Vlieδnde" soogdiere sluit die swewende
Australiese buidelrot, die vlieδnde akkedisse en kolugo's van Suidoos-Asiδ en
die vlieδnde eekhorings van Afrika in. Die enigste soogdier wat werklik kan
vlieg, is die vlermuis -- en hulle is volop in tropiese woude.
Grootte is van groot belang in die oerwoud. Hoewel
ongewerweldes en akkedisse groter as dieselfde diere in ander sones is, is
groter landdiere soos seekoeie, antelope en buffels weer kleiner.
Dis gewoonlik te wyte aan die gebrek aan gras, maar
om kleiner te wees, is belangrik aangesien 'n groter liggaam beweging deur die
woud sal bemoeilik, veral as die dier groot horings het.
Die meeste hoefdiere van die reδnwoude het 'n spits
gesig wat hulle help om deur die ruigte te beweeg. En die slange in die bome is
dunner as diΘ wat op die grond voorkom.
Die kleurryke vrugtevretende toekan het weer 'n
enorme snawel om in die digte gebladerte te steek en vrugte te pik van dun
takke wat onder sy gewig sal breek.
Kolibri's, sekere motte, suikerbekkies en
langneus-vlermuise kan in die lug voor blomme bly hang deur hul vlerke
blitsvinnig vorentoe en agtertoe te beweeg.
Diere wat in bome woon, moet goeie sig hΩ. Hoδr
aapsoorte se oδ sit voor aan hul gesigte sodat hulle binokulΩre sig het en
presies die afstand tussen bome en takke kan meet.
Selfs boomslange en -reptiele het smal snoete wat
beteken dat hul gesigsvelde oormekaarskuif en hulle dus ook binokulΩre sig het.
á
Op die woudvloer is sig minder belangrik, aangesien
boomstompe en plante dit belemmer. Gehoor is hier nuttiger en die gronddiere
het dikwels groot ore.
Verskillende diere het verskillende sosiale
gedragspatrone om hulle te help om kos te vind. Sommige is nomadies en beweeg
vrylik van een vrugtedraende boom na 'n ander. Ander lewe weer in gesete
gemeenskappe wat so klein is dat die kosvoorraad nooit bedreig word nie.
òáá DIE
tropiese oerwoude is van wesenlike belang vir die natuurlike ewewig op ons
planeet. Maar, selfs terwyl jy hierdie artikel lees, word
groot dele van die oerwoude platgestoot en vir kommersiδle gebruik skoongemaak.
Diere word geskiet, verbrand, uitgehonger.
In elke natuurstreek van die wΩreld het die mens se gierigheid of swak bestuur op die een of ander manier gesorg dat sekere diere en plante vir ewig verdwyn het. Kenners meen dat een derde van alle lewende wesens op ons planeet teen die jaar 2050 nie meer sal bestaan nie.
Dis 'n tragiese verwyt teen die manier waarop die
mens oor die aarde heers. Miskien moet ons weer 'n keer ag slaan op die woorde
van die beroemde Duitse sendeling-dokter Albert Schweitzer (1875-1965):
"Totdat die mens die kring van sy deernis
verbreed om alle lewende dinge in te sluit, sal hy self geen vrede vind
nie."
____________________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik hier
____________________________________________________________
Huisgenoot se Wonderlike
WΩreld op CD, 2004