____________________________________________________________

 

Natuurrampe (4): Oorstromings en droogtes

 

Watersnood en

waternood...

 

Vloed en sy teenpool, droogte, tel altwee onder die mees verwoestende natuurrampe wat daar is...

____________________________________________________________

 

NEEM twee atome water¡stof, die volopste gas in die heelal. Meng dit met een atoom suurstof, die gas wat jy moet inasem om te lewe, en steek diΘ mikro-mengseltjie aan die brand.

 

Kadoef! Daar het jy 'n molekule water, moontlik die wonderlikste grondbestanddeel van die skepping. Mens, mier of mielie het wa¡ter nodig om te lewe -- maar ook nie te veel daarvan nie of dit kan hul dood kos.

 

Teen vloede en droogtes stry die mens al sedert onheuglike tye ...

 

Vloed

 

òáá 'N VLOED is 'n buitengewoon hewige oorstroming van water uit riviere, seδ of mere op land wat normaalweg droog is.

 

Dis eintlik 'n wesenlike deel van die hidrologiese kringloop wat die lewe op ons planeet help or¡den. Maar sedert die vroeδr dae se mense hul swerwersbestaan ver¡saak en in dorpe en stede begin woon het, het vloede 'n geweldige probleem geword.

 

Die mens is geneig om sy nedersettings naby groot rivierstelsels te bou, om nie net die vars water te benut nie, maar ook om daarop te vaar en verbindingsweδ te ves¡tig.

 

In 'n gevestigde samelewing is die oorstromings baiemaal voor¡delig. Die antieke Egiptenare het hul hele beskawing te danke gehad aan die bestendige vloei en vloede van die Nyl, wat water en vrugbare slik na die woestyn-oewers gebring en landbou moontlik gemaak het. In dele van China en Kambodja word vloede as welko¡me draers van die lewe beskou.

 

Maar dikwels is vloede erg na¡delig. Baie nedersettings het tot in die vloedvlaktes van riviere uitgesprei waar hulle groot gevaar loop om oorstroom te word.

 

Suid-Afrika het al beleef hoe feitlik 'n hele dorp tot niet gaan in 'n vloed. Op 23 Januarie 1981 is Laingsburg in die Karoo deur s≤ 'n watermassa verswelg toe die Buffelsrivier oor sy walle gebars het. Binne 'n paar uur was die dorp onder water en inwoners besig om vir hul lewens te veg. Altesaam 104 mense het hul lewens verloor en slegs 21 huise het bly staan.

 

Mense wat met openbare veiligheid te doen het, sΩ die Laingsburg-ramp beklemtoon die noodsaaklikheid van paraatheid. Die vloed het die Laingsburgers nie net totaal onverhoeds betrap nie, maar hulle was ook heeltemal onvoorbereid omdat hulle in hul droδ wΩreld glad nie sulke ernstige oorstromings geken het nie. Dit het tot die groot lewensverlies bygedra.

 

Daarteenoor was lewensverliese in ander vloedgebiede, soos Ladysmith in die vloede van 1994, waar die laagliggende dele dikwels oorstroom word, in vergelyking minimaal. Dit toon duidelik dat onvoorbereide gemeenskappe meer in sulke rampe sal ly as gemeenskappe wat reg staan om potensiδle gevare die hoof te bied.

 

Ergste vloed ooit

 

òáá N┴ die sondvloed is die erg¡ste opgetekende vloed, ten minste in terme van lewensverlies, beslis die oorstroming van 1887 in Noord-China toe die Hoeang He-rivier oor sy walle gebars het. Tus¡sen een en ses miljoen mense is na raming dood, twee miljoen was dakloos en driehonderd dorpies is verwoes.

 

Eeue lank reeds oorstroom hierdie rivier sy walle en dit het al on¡telbare miljoene mense doodgemaak. Geen wonder dit word Chi¡na se Verdriet genoem nie.

 

Soorte vloede

 

òáá OORSTROMINGS kan verskillende oorsake hΩ.á Partykeer kan massas water na die land toe aanstu uit seδ of mere wat onstui¡mig raak weens stormwinde of seismiese woelinge.

 

Sommige van die wΩreld se hewigste vloede is veroorsaak deur vulkane wat onder gletsers uitgebars het in gebiede soos Ysland en Antarktika.

 

Of soms breek menslike strukture soos damme.

 

Maar verreweg die volopste is binnelandse varswater-vloede, wat veroorsaak word deur die oorversadiging van riviere weens te veel reδn of smeltende sneeu en ys, of deur die blokkasie van sulke groot waterlope deur grondstortings of "proppe" van ys.

 

Vloedbeheer

 

òáá WAT kan 'n mens doen om vloedskade te probeer voor¡kom?

 

Seevloede is moeilik om te be¡heer. Hoδ, sterk mure is nodig om die vloedwaters te keer, en diΘ is duur en partykeer steeds ondoel¡treffend.

 

Nogtans is dit op party plekke heel doelmatig. Dink maar aan die dyke in Nederland wat die see van die polders af weghou.

 

En dan is daar natuurlik ook die sogenaamde dolosse, wat wel nie seevloede sal stuit nie, maar darem kan help om woeste seδ te temper. Dolosse is daardie kolossale sementstrukture wat in hawens gebruik word om hawemure teen golwe te beskerm. Dit is nogal deur 'n Suid-Afrikaner, Eric Merrifield, ontwerp en vir die eerste keer by die hawe in Oos-Londen aangebring. Dit word vandag wΩreldwyd gebruik.

 

Vir die beheer van binnelandse vloede word onder meer reservoirs gebou om water te hou en kanale om dit in die see vry te laat. Vloedmure van sandsakke en walle van grond kan ook keer dat riviere hul walle oorstroom.

 

Partykeer word smal stroke grond langs riviere oopgelaat of slegs vir boerdery of as parke gebruik.

 

Dis nie net belangrik om oorstromings te beheer nie, maar regerings doen baie om lewensverlies te beperk, soos deur mense teen moontlike vloede te waarsku, inwoners uit die gebiede te help verwyder en noodhulp aan slagof¡fers te verleen.

 

Met moderne tegnieke word geboue vandag opgerig wat selfs vloedskade kan weerstaan. Watervaste boumateriale word gebruik of die geboue word as't ware op stelte bokant die grond gebou.

 

Droogte

 

òáá SUID-AFRIKA beleef wel soms vloede, maar droogtes is jammerlik deel van ons lewe. Selde nog was daar 'n jaar waarin daar nie op een of ander plek in die land 'n droogte was nie.

 

Anders as met 'n oorstroming, kan 'n mens nie 'n droogte hoor of sien aankom nie. Maar dit is ewe moeilik om te beheer en beslis ewe vernietigend.

 

Vloede, siklone en tornado's slaan toe en verdwyn, maar droog¡tes hou skynbaar nimmereindigend aan. Meer vog gaan uit die grond en riviere en damme verlore as wat teruggeplaas kan word, sodat dier en plant verskrompel. Die boere ly of gaan ten gronde. Die gemeenskap ly saam met hulle.

 

Deur plant- en dierfossiele, boomringe en die vlakke van an¡tieke mere te ondersoek, kan 'n mens sien hoe droogtes deur die gang van die tyd op aarde gekom en gegaan het.

 

Vandag is droogtes so te sΩ sinoniem met Afrika. Die groot ellen¡de 'n aantal jare gelede in die Sahel (die savanne-streek wat die Saha¡ra van die tropiese Wes-Afrika skei) en Ethiopiδ het mense oral aangegryp. Meer onlangs is Zimbabwe en ander lande suid van die Sahara baie erg deur droogtes getref.

 

Wat droogte veroorsaak

 

òáá 'N DROOGTE is 'n bepaalde verandering in die klimaat of gemiddelde lug- en weersgesteldheid van 'n gebied. Warm en sonnige dae, uitdrogende winde en reδn wat lank wegbly, veroorsaak dat die water in die grond verdamp en diΘ in damme, mere, riviere en vleie opdroog.

 

Winde wat normaalweg reδn bring en dan van patroon verander, kan ook droogte veroorsaak.

 

En dan natuurlik veranderings in die temperatuur van oseane.

 

Een interessante teorie is diΘ oor El Ni±o, 'n toestand in die oostelike Stille Oseaan waarvolgens warm en koue seestrome die kli¡maat daar verander. 'n Moontlike verband met die reδnval in Suider-Afrika is dat dit hier vermoedelik meer reδn as die seetemperatuur daar daal.

 

El Ni±o (Spaans vir Die Kind) gaan gepaard met temperatuurveranderings veroorsaak deur heersende windpatrone, en hierna volg 'n hele opeenhoping van reaksies wat daartoe sou lei dat sekere dele van die wΩreld oormatig reδn kry en ander droogte ly.

 

Die verandering in die tempera¡tuur van seestrome langs die Suid-Afrikaanse kus speel ook 'n rol in ons land se weerpatrone. Navor¡sers ondersoek die omvang daar¡van.

 

Droogtes word voorts aan sonvlekke gewyt. DiΘ is vermoedelik koe¡ler gebiede op die son, wat net donker lyk teenoor die omringen¡de oppervlak, wat etlike duisende grade warmer kan wees (net soos die plaat op 'n stoof donkerder is waar die pan staan, maar rooiwarm elders).

 

Die ongelyke verwarming wat hulle op die aarde veroorsaak, word gereken, be∩nvloed die weer.

 

Benewens natuurlike oorsake kan die mens se misbruik van grond en woude tot droogtes lei. Oorbeweiding en onoordeelkundige ontbos¡sing laat water wegspoel wat andersins in die grond sou ingesink het. Die oop grond word verder blootgestel aan die wind en weer, sodat gebiede wat eens groen was, in barre dorslande verander.

 

'n Baie groot deel van Noordwes-Indiδ, eenmaal die tuiste van een van die vroegste florerende beskawings, het byvoorbeeld meer as drieduisend jaar gelede 'n mensgemaakte woestyn geword weens oorbeweiding.

 

Droogtebeheer

 

òáá OOR natuurlike droogtes het die mens vanselfsprekend geen beheer nie. Nogtans is daar baie wat hy kan doen om water te bewaar en dit van oorde van oor¡vloed na plekke van skaarste te versprei.

 

Damme kan gebou word om wa¡ter op te gaar, en pype kan gelΩ en kanale gegrawe word om droδ streke te besproei. Met behoorlike landboumetodes soos kontoerploeδry, die rotasie van gewasse en wisselweiding kan die grond beskut en teen uitdroging beskerm word.

 

____________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

____________________________________________________________

 

Huisgenoot se Wonderlike WΩreld op CD, 2004