___________________________________________________________
Die aarde se oseane (1)
kelders
van die see...
_________________________________________________¡¡____________
DIE storm was so ontsaglik dat dit Æn reuse
sandduin middeldeur gekerf het. lets om oor bly te wees? Wel, die
wetenskaplikes wat na die verwoesting kom kyk het, was verheug!
Daar, op een van die Orkney-eilande noord van
Skotland, het argeoloδ in die jaar 1850 Æn ontdekking gedoen waaroor vandag nog
gepraat word: die oorblyfsels van Æn nedersetting uit die Steentydperk.
Een van die merkwaardigste vondste was Æn antieke
ashoop met die reste van kos wat duisende jare gelede geδet is. Benewens die
bene van beeste en skape, was daar ook nog Æn menigte mossels en ander skulpe.
In latere argeologiese opgrawings oor die wΩreld heen
is nog afvalhope met oorvloedige oorblyfsels van skulpkos gevind. Die strand
was ongetwyfeld Æn noodsaaklike voedingsbron vir die prehistoriese mens.
Vandag is dit nog so, tot Æn groot hoogte. Trouens,
deur alle eeue het mense op die see bly teer. Die oseane is nie net snelweδ vir
skepe om mense en goedere oor die wΩreld heen te vervoer nie -- dit dien ook
steeds as jagveld vir vissers en vir walvisjagters. Boonop is die see Æn
potensiδle bron van waardevolle minerale.
Dit is maar betreklik onlangs dat die mens die enorme
dieptes van die oseane begin verken het. Op plekke strek bergreekse, met spitse
hoδr as Everest en klowe dieper as die Grand Canyon, honderde kilometers ver
onder die water.
En in elke deel van die see is daar Æn verbasende
verskeidenheid van lewensvorms. Variasies in lig, waterdruk, temperatuur, die
getye, strome, golwe en soutgehalte vorm saam unieke omgewings, elk met
eiesoortige seeplante en -diere.
Die see kan in twee breδ sones ingedeel word: die
bentoniese gedeelte (seebedding) en die pelagiese gedeelte (al die water bokant
die seebedding). Die bentoniese gedeelte word weer onderverdeel in die litorale
sone (tussen die twee getye) en diepsee-sone; die pelagiese gedeelte bestaan
uit die neritiese sone (kus) en oseaniese sone (al die water anderkant die
kus).
Die hoeveelheid lig wat deur die water dring, is
deurslaggewend in soverre dit die soorte, verskeidenheid en veelheid van
lewensvorms in Æn bepaalde sone aangaan.
Waar daar lig is, kan fotosintese plaasvind -- die
proses waardeur plante sonlig gebruik om kos uit koolstofdioksied en water te
vervaardig. Alle dierelewe is uiteindelik afhanklik van plante, en hoe dieper
Æn mens in die see afdaal, hoe skaarser word die diere.
Daar is egter minstens een uitsondering op die reδl
dat voedselkettings op fotosintese gegrond moet wees. Wetenskaplikes het Æn tyd
gelede Æn samelewing van organismes ontdek wat om die kraterpype woon wat die
Midde-Atlantiese Rif vorm. Pleks van die energie van die son te benut, floreer
Æn groep bakterieδ hier in die swawelagtige chemikalieδ van die vulkane. Æn
Hele gemeenskap van diere gebruik hierdie bakterieδ as voedingsbron.
Die beskikbaarheid van mineraalsoute, veral nitrate
en fosfate, speel ook Æn belangrike rol in die groei van seeplante. Opwellende
strome dra minerale van die seebedding na die oppervlak. Daar is byvoorbeeld Æn
groot verskeidenheid plante en diere in die koue Benguela-stroom.
Namate die see dieper word, styg die waterdruk.
Verskeie seediere lewe streng in hul onderskeie dieptes en kan nie baie ver
daaruit beweeg nie.
As Æn vis uit die vlak water na die donker dieptes
geneem sou word, sou sy liggaam weens die geweldige drukking inmekaargepers
word, Æn Dier van daardie abissale sone sal weer nie naby die oppervlak kan
oorleef nie. Visse wat skielik deur vissers uit die water gepluk word, vrek
dikwels weens die uitsetting van die gas in hul swemblase.
Die soorte lewensvorms wat in bepaalde gebiede
voorkom, hang ook grootliks van die heersende temperatuur af. In die Suidelike
Yssee is daar byvoorbeeld uiterste temperatuurverskille, wat grense vorm met
uiteenlopende plant- en diersoorte aan weerskante daarvan.
Die beweging van die water speel Æn baie belangrike
rol in die verspreiding van die seelewe. Verskeie faktore laat die water
beweeg: seestrome, getye, winde op die oppervlak van die see, die draaiing van
die aarde om sy as en die vorm van die landmassas en die seebedding. Maar dan
het die mens ook nog baie om te leer van die groot ekologiese sisteme van die
breδ waters.
S≤ is die hele fantastiese see ons buurwΩreld waarvan
ons eintlik glad nie soveel weet as wat ons moet nie. Die mens is van die see
afhanklik, maar hy is ook besig om dit stelselmatig met sy besoedeling te
versmoor.
Deesdae word fabrieksafval wat te gevaarlik is om in
riviere of vlak water af te laai in die oseane gestort. Dit kan selfs
radioaktiewe afval en dodelike chemikalieδ insluit. Æn Groter bewustheid van
die oseane is nodig as ons hierdie planeet met minder letsels vir die nageslag
wil bewaar.
____________________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik hier
____________________________________________________________
Ons Wonderlike WΩreld op CD,
2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan