__________________________________________________________
Die
aarde se oseane (3)
van die
see
Dis 'n skouspel van vorms en kleure
soos ons landgebonde mense ons nie kan indink nie... in die stil, troebel
skemerland onderkant die deining. Maar namate 'n mens dieper gaan en die lig
verminder, betree jy nog nuwe wΩrelde... totdat jy uiteindelik by die rare
organismes kom wat in volslae duisternis woon...
__________________________________________________________
VAN die raarste kreature in die kelders van die see -- s≤ is die diere
wat op die bodems van die oseane woon. Party lyk presies soos plante. Hulle lei
hul niksvermoedende prooidiere letterlik om die "bos" en reg in hul
wagtende kloue in. Ander skarrel weer soekend op die seebedding rond na
brokkies kos wat soos "manna" van bo af neergesif het.
En nog ander, soos die merkwaardige
platvis, kamoefleer hulself teen die agtergrond van die seevloer. Gedul¡dig wag
hulle dat hul ete moet verbykom -- skoon skewebek van al die platlΩ -- met
beweeglike oδ wat sywaarts die jagveld bespied in die stil, troebel skemerland
onderkant die deining.
Die seebodem strek van die
laagwatermerk met die vastelandsplat af tot 'n diepte van sowat 200 m, en van
daar langs die vastelandshelling verder afwaarts na die diepseebodem, met sy
deursnee-diepte van sowat 4 500 m.
Die plante en diere van die seebodem
word deur wetenskaplikes bodembewoners of bentoniese gemeenskappe genoem. Hulle
wissel van die groot seegrasse en korale van die vlak water tot die eienaardige
diere wat op en onder die sagte sand en modder van die seebodem leef.
Die eerste streek van die seebodem,
die vastelandsplat, ontvang baie sonlig, en daarom kan fotosintese op hierdie
vlak plaasvind. Dit is trouens die enigste sone waar plante kan groei. Danksy
die plantevoeding kry ons hier ook 'n oor¡vloed van diere van verskillen¡de
soorte.
Omdat dit na aan die kus is, is die
water ryk aan voedingstowwe. Die fel uitwerking van die gety word skaars hier
ge¡voel.
Die meer stabiele en voor¡spelbare
toestande (teenoor diΘ in die tussentyse sone) sorg ook vir 'n groter
verskeidenheid van dierelewe in diΘ streek. Baie van die diere wat in die
beskutte poele in die tussentyse sone aangetref word -- see-anemone,
seekastaiings en seesterre,á asook skaal-
en weekdiere -- word hier verteenwoordig. Ander, meer kwesbare soorte, soos
sagte korale en sponse, sluit hulle by hulle aan.
Namate die seebodem ßl met die
vastelandsplat afdaal, ont¡vang dit al hoe minder lig. Dit strem die groei van
plante, en dus ook die voorkoms van die¡re, wat ßl minder word na ge¡lang die
water dieper word.
Seesterre en slangsterre kom
algemeen voor waar die vastelandsplat in die vastelandshelling oorgaan.
Die diepseebodem, wat wetenskaplikes
die abissale bentoniese sone noem, is 'n wΩreld van volslae duisternis. Op som¡mige
plekke lΩ dit 8 km onder die oppervlak van die water, en dit is baie koud.
Organismes wat diΘ sone be¡woon,
word aan geweldige druk blootgestel, maar die blo¡te feit dat hulle bestaan,
toon dat daar blykbaar geen deel van die see is waar daar nie lewe is nie.
Seediere van ver¡skillende soorte kan in die felste omstandighede oorleef.
Sekere spesies seespinnekoppe, wat
lang speekbene het om die liggaam bo die modder te hou, is algemeen in die abis¡sale
bentoniese sone.
Daar is drie hoofsoorte diere wat op
die seebodem woon. Een tipe heg hulle aan die see¡bodem vas. Dit sluit
see-anemone, sakpype, sponse, oes¡ters en mossels in. Baie van diΘ diere lyk
soos plante en lei 'n plantagtige lewe op een plek.
Dit is nie vir hulle nodig om rond
te swem en kos te soek nie; hulle het spesiale siwwe waarin hulle kos vang of
dit fil¡treer. Hulle lewe van oorblyfsels wat van die boonste vlak van die see
afgesak het. Die larwes van baie diere is ook 'n bron van kos vir baie organis¡mes.
Die tweede groep diere kruip oor die
seebodem of grawe hulle daarin in. Dit sluit krewe, garnale, seesterre,
slangsterre, seelelies en verskillende spe¡sies seeslakke en -wurms in. Om
onder die afsaksels in te grawe, is 'n uitmuntende ma¡nier om van roofdiere weg
te kom.
Die derde klas diere bestaan uit
visse wat hul kos op die seebodem kry, soos pylstertvisse, barbers, knorhane,
rifvisse en sekere haaie en rog¡ge. Baie van diΘ visse se smaakorgane is aan
die buitekant. Hulle swem ver oor die seebodem op soek na kos, en lΩ dikwels
heeltemal bewegingloos op die bodem sodat hul prooi hulle nie raaksien nie.
Diere wat soos
blomme lyk
òáá
MIN seediere kan die kleurryke skoonheid en veel¡heid van vorms ewenaar
van die "Nudibranchia" of naakslakke, soos hulle algemeen, maar ten
onregte, genoem word. Veeragtige kieue wat by die rug van diΘ diere uitspruit,
het hulle die naam besorg, wat "naakte kieue" beteken.
Anders as baie ander see¡diere wat met beskermende skilde beklee is of met hul omgewing saamsmelt, kom die naakslakke in elke vorm en kleur denkbaar voor.
Die wetenskap kon nog nie die rede
vir hul opvallende merke vasstel nie, maar dit lyk asof dit roofdiere wil
waarsku dat hulle oneetbaar of baie gif¡tig is.
Die meeste naakslakke word weerloos
gebore en verkry hul gif van hul prooi. Sommige spesies vreet sponse, selfs die
mees giftiges. Die gif van die sponse word deur hul eie weefsels geabsorbeer om
ook die naakslakke giftig te maak.
Ander spesies maak op jellievisse,
bloublasies en anemone jag, en onttrek die stekende selle om dit in hul eie
liggame te berg en as wapen teen roof¡diere te gebruik.
Sowat tweehonderd spesies word langs
die Suid-Afrikaanse kus aangetref. Hulle heg hulself aan die seebodem vas, waar
hulle ook al 'n geskikte vastrapplek kan vind.
Hierdie slakke van die see wat vir
'n mini-skouspel sorg, bied 'n boeiende kykie op 'n wΩreld wat selde deur
oppervlakbewoners gesien word.
____________________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik hier
____________________________________________________________
Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004
- Uit Huisgenoot se Jongspan