________________________________________________________________

 

Die aarde se oseane (5)

 

Monsters van

die donker diepsee

 

In die ysige, swart wΩreld diep onder die see is dit net die geharde "drake" van die oseane wat kan oorleef. Dit is die tuiste van die visse wat hul eie lig maak, die groteske palings, die spigtige spinnekoppe. En hulle maak die onheilspellendste geluide: miaau soos katte, skreeu soos uile, kwaak en brul...

________________________________________________________________

 

TOT die negentiende eeu het wetenskaplikes gedink dat daar geen lewe dieper as 600 m onder die see kan wees nie. Hulle het nie besef watter ongelooflike rare wΩreld hulle gemis het nie.

 

Maar toe die ondersese te¡legraafkabel tussen Sardiniδ en Tunisiδ in 1860 opgehys is van waar dit op 'n diepte van meer as 1 800 m gelΩ het, is 'n verstommende ontdekking gedoen. Die kabel was aangepak met 'n konglomeraat van vreemde seesterre en -wurms en talle ander seediere wat die geleerdes in hul dag des lewens nog nooit gesien het nie.

 

'n Aantal ekspedisies is hierna aangepak om die diepsee te verken. Maar dit was eers nß die ontwikkeling van gespesialiseerde toerus¡ting in die twintigste eeu dat die verstommende wΩreld van die abissale dieptes werklik vir die mens blootgelΩ is.

 

Hierdie sone strek van sowat 200 m onder die water¡vlak tot 'n ongehoorde diepte van so agt, nege kilometer. Die diepseebodem is 'n ontsaglike vlakte wat met diep tr⌠e (insinkings) afgewissel word.

 

Dis 'n plek van algehele duisternis. En dis baie koud. Plante wat lig nodig het vir fotosintese, kan glad nie hier groei nie, en daarom is kos vir die diere skaars. Die diere moet ook die geweldige drukking van die water bokant hulle weerstaan.

 

Geen wonder dat dit 'n hoogs gespesialiseerde soort dier is wat hier 'n bestaanstryd moet voer nie. Baie van hulle leef van dooie plante- en dieremateriaal, plankton en larwes wat van bo af neersif. Hierdie diere het trouens nie eens nodig om veel te beweeg nie, omdat die strome maar gedurig kos na hulle toe aanstu.

 

Maar daar is ook die roofdiere wat nie van die manna van bo af lewe nie. Om prooi in die stikdonker te soek sou egter 'n onbegonne taak gewees het as hierdie vleisvreters nie met besondere vermoδns toegerus was nie.

 

Party van hulle het vreeslike kake met tande wat agtertoe staan. Baie het bekke en mae wat groot genoeg is om 'n prooidier drie keer groter as hulleself in te sluk. Kos is immers moeilik verkrygbaar in die diepsee. Geen greintjie daarvan mag verlore gaan nie.

 

Van die diere het ook liggewende organe op hul liggame. Dit kan ≤f wees om ander diere af te skrik (waar dit die dier se vorm anders laat lyk en roofdiere verwar) ≤f om prooi aan te lok. Sulke "verloklike liggies" is by sekere diere aan lang "stingels" wat uit die mond of kop loop, of in netjiese rytjies langs die lyf.

 

Party abissale skaaldiere kamoefleer hulself selfs in 'n glimmende wolk. Die glimmende lig dien vermoedelik ook 'n doel in die paarseisoen deurdat lede van dieselfde spesie mekaar daaraan kan uitken.

 

Wat sou hierdie lig dan wees? In sekere gevalle word dit blykbaar deur bakterieδ op dele van die vis se lyf opgewek. Ander visse het hul eie ligopwekkers net onder die vel, maar presies hoe dit werk, is nog 'n raaisel.

 

Baie visse kan selfs hul ligte na willekeur aan- en afskakel. Vreemd genoeg werk hierdie ligte net in die donker diepsee en nie meer as sulke visse na die oppervlak gebring word nie.

 

Die donker waters van die oseane is allesbehalwe stille waters. Navorsers wat bandopnemers daarin laat afsak het, het vasgestel dat party diepseevisse soos katte miaau. Ander skreeu soos uile en nog ander kwaak en brul. Dit klink soos 'n spook¡huis met al die vreeslike ge¡luide so deurmekaar!

 

Maar dan is die roofvisse darem nie heeltemal so grotesk as wat hulle dikwels op hul paaiboelie-foto's lyk nie -- baie van hulle is in werklikheid baie klein en broos, met klein vinnetjies en deurskynende, jellieagtige liggaampies.

 

Die meeste diepseediere (behalwe die garnale en 'n paar soorte seekatte, pylink-visse en plankton, wat rooi is) is donker gekleur -- bruin, swart, donkerpers -- of deurskynend. Maar onder in die see, waar die strale van die son nie kan kom nie, is selfs die helderkleuriges gekamoefleer omdat rooi soos swart lyk.

 

Die vis wat hengel

 

òáá HENGELAARS weet lankal dat seediere deur lig aangelok word -- nie ge¡wone daglig nie, maar ligte wat in die water flikker. Daar¡om gebruik hulle ook glimmende aas.

 

Maar die mens was nie die ontwerper van hierdie doeltreffende hengeltegniek nie. Sekere vissoorte is naamlik met hul eie glimmende ligte bedeel. En een van diΘ, die hengelaarsvis of seeduiwel, het selfs 'n stok, lyn en aas op die koop toe.

 

Daar is sowat 350 verskillende spesies van hierdie vis in die see. Party leef in die vlak water en het 'n rooi, wurmagtige aas vooraan hul "visstokke".

 

Ander is diepseediere wat omtrent heeltyd stilweg op die seebodem sit en wag dat die vis moet byt! As die prooi nader kom om ondersoek in te stel, bring die hengelaarsvis geleidelik die aas nader aan sy bek.

 

Natuurlik wil ta nie hΩ die prooi moet sy aas opvreet nie. Hy pluk dit dus op die nippertjie weg en maak terselfdertyd sy groot kake oop. Die water stroom in sy bek in en die prooi word saam inge¡sleur.

 

Waps! Klaar met waterkees.

 

Hengelaarsvisse leef feitlik net op ander visse soos lanternvis en ongewerwelde die¡re. Hulle is erg lelik en het yslike kake en elastiese mae sodat hulle visse kan insluk wat net so groot of groter as hulleself is. Omdat hul tande agtertoe wys, kan hul prooi nie ontsnap as dit eers ge¡vang is nie.

 

Hulle is verbasende lomp diere met klein vinne en kan nie hul prooi agternasit nie, al probeer hulle ook.

 

Die "visstok" is in der waarheid een van die penne van die rugvin wat bo-oor die kop buig, met die aas voor¡aan. Hierdie pen se lengte verskil van soort tot soort. Die lokmiddel is 'n lelletjie vel en diΘ wissel ook van 'n eenvoudige, opgehewe bolletjie tot 'n ingewikkelde, veselagtige samestelling.

 

By party soorte is dit net die wyfie wat 'n lokmiddel het. Die mannetjie is piepklein (in party gevalle, ongelooflik, tot 20 000 keer ligter as die wyfie) en hy klou aan haar vel vas waar hy soos 'n parasiet, of sΩ maar 'n luis, leef!

 

Sy kake versmelt geleidelik in haar vel en bloedvate en die twee visse word letterlik een. In ruil vir die voeding wat die wyfie verskaf, is die mannetjie altyd byderhand om haar eiers te bevrug.

 

Party hengelaarsvisse se "visstok" is altyd gereed, terwyl ander dit in 'n gleuf in die kop wegbΩre wanneer hulle nie werklik hengel nie.

 

Die mens het waarskynlik nog maar net 'n breukdeeltjie van die kreature ontdek wat die donker dieptes van die see bewoon. Miskien sal ons eendag baie meer van die diepsee leer met sy sonderlinge en wonderlike diere, soos die hengelaarsvis, en van hul verstommende ge¡woontes.

 

____________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

____________________________________________________________

 

Huisgenoot se Wonderlike WΩreld op CD, 2004