Die aarde se
oseane (6)
Ons
'seegrasse' en
die
rooigety
'n Fassinerende blik op doodgewone
seewier -- en 'n interessante inligtingstuk oor wat die berugte rooigety in der
waarheid is...
WonderwΩreld
van die
wiere
Hulle is groot mariene alge wat byna uitsluitend in die vlak water aan
die rand van die wΩreld se oseane groei... en
met meer studies oor die seelewe behoort daar groter waardering te kom vir die
belangrikheid van die wiere in die natuur en vir die mens...
IN Afrikaans praat baie mense sommer daarvan as "seegras"en die
Engelssprekendes noem dit "seeweeds". Maar om dit "gras" of
"onkruid" te noem, is nie net onjuis nie, maar omtrent 'n beledi¡ging
vir die wiere!
Ons het immers so baie dinge aan
seewiere te danke. Die ekstrakte daarvan word vandag in duisende alledaagse
produkte gevind: van troeteldierkos tot kunstandvorms, van tandepastas tot
slaaisouse, ook in melkdrankies, skoonheidsmiddels, selfs in sweisstawe -- noem
maar op.
Boonop is seewiere werklik
onontbeerlik in die natuur. Saam met fitoplankton (die mikroskopiese klein
drywende plantjies) vorm hulle die basis van die voedselketting in die see. Die
tallose klein diertjies wat op die seewiere teer, word op hul beurt deur groter
diere geδet en diΘ weer deur nog groteres tot by die visse en dalk selfs die
mens.
Seewiere is ook noodsaaklik as 'n
habitat vir allerhande soorte mariene organismes, en 'n kus sonder hierdie alge
sal rΩrig 'n woestyn wees.
Alge is hulle inderdaad -- groot
mariene alge wat byna uitsluitend in die vlak water aan die rand van die wΩreld
se oseane groei. En as plante gebruik hulle natuurlik die son se energie om
koolhidrate uit koolstofdioksied en water te maak (fotosintese).
Hulle is egter eenvoudiger as die
landplante, hoofsaaklik omdat hulle die voedingstowwe wat hulle nodig het uit
die water om hulle absorbeer en dus nie wortels of ingewikkelde vaatbundels
nodig het nie.
Party groot seewiere, byvoorbeeld
die kelpe, het wel wortelagtige dele, maar diΘ is net daar om die wiere aan
rotse te anker. Die meeste seewiere moet aan iets vaskleef om te oorleef en
slegs 'n paar sal groei terwyl hulle los in die see ronddryf.
Daar is drie groepe seewiere,
uitgeken aan hul pigmente wat hulle kenmerkend groen, bruin of rooi maak. Omdat
hulle lig nodig het om te bly lewe, word seewiere slegs in die betreklike vlak
dele van die oseane aangetref, met ander woorde langs die kus.
Van die vyf- tot sesduisend
seewierspesies op aarde word 720 langs die Suid-Afrikaanse kus aangetref.
Sommige soorte groei slegs in die warm waters van KwaZulu-Natal, ander weer net
in die koeler waters van die Wes-Kaap. Baie soorte kom slegs hier en nΩrens
elders ter wΩreld voor nie en dit maak ons seewierflora dus uniek.
Benewens die reeds genoemde produkte
wat die mens van seewier kry, is daar ook nog die belangrike agar. Dit is 'n
jellie wat 'n mens in
sommige rooi seewiere kry -- 'n
onvervangbare medium vir die kweek van swamme en bakterieδ vir mediese
navorsing.
Boonop is daar in die Ooste reuse
plase waar seewiere vir kos gekweek word. Met die sogenaamde "nori"
('n rooi seewier) word jaarliks etlike honderde miljoene Amerikaanse dollars
verdien.
Dis jammer dat ons Westerlinge se
aptyt vir seewiere so beroerd is, want dis baie gesond en veral ryk aan sekere
vitamiene en spoorelemente.
òáá
IN ons land word sekere rooi seewiere langs die Oos-Kaapse kus (verskeie
Gelidium-spesies) en in Saldanhabaai (Gracilaria) geoes om vir
die maak van agar uitgevoer te word.
Groot beddings kelp
("seebamboes") groei langs die Wes-Kaapse kus, waar baie tydens
storms van die rotse losgeruk word en later op die strande uitspoel. Baie hiervan word versamel en ≤f vir die maak van
algenate uitgevoer ≤f plaaslik in kunsmis gebruik.
Kleiner hoeveelhede vars kelp word
afgesny vir die produksie van 'n seewierkonsentraat wat 'n goeie wΩreldmark in
die landbou het.
Die jaarlikse verdienste van ons
seewierbedryf is etlike miljoene rande -- en dit het die potensiaal om nog baie
uit te brei.
Die bewaring en benutting van
Suid-Afrika se mariene hulpbronne word van owerheidsweδ beheer. Ook ons
seewiere word beskerm, en met meer studies oor die seelewe behoort daar groter
waardering te kom vir die belangrikheid van die wiere in die natuur en vir die
mens.
ò ò ò ò
Die mariene wetenskap in Suid-Afrika dek talle interessante terreine, maar een van die fassinerendste is die studie van die rooigetye aan ons kus. Maar presies wat is hierdie geheimsinnige ge¡kleurde kolle in die see, wat seediere kan afmaai en selfs mense kan doodmaak?
JY STAAN op die strand en kyk na die uitgestrekte blou van die see.
Skielik, hier duskant, sien jy die geheimsinnige rooi blerts, asof die oseaan
op hierdie kol in bloed verander het. En iets kriewel op die sand. Dis 'n hele
duisternis krewe.
Hulle vlug uit die see uit, op soek
na suurstof, omdat die onheilspel¡lende rooi water besig is om hulle te
versmoor.
Rooigety. Elke nou en dan lees of
hoor ons daarvan. Dan word mense deur die media gewaarsku om nie skulpvis te
eet wat van diΘ plekke af kom nie. Tog verstaan min mense wat diΘ rooigetye
werklik is -- hoe dit ontwikkel en hoe dit mense kan affekteer.
Die term rooigety is mis¡leidend,
want dit kleur die water nie altyd net rooi nie. Benewens rooi, kan dit ook
bruin, oranje, pers of geel word.
Die verkleuring word veroorsaak deur
digte konsentrasies van klein plantjies (alge) -- die fitoplankton -- in die
see. Die kleure wissel na gelang van die spesifieke fltoplankton-spesie, die
kleurpigmente wat dit bevat, die grootte en konsentrasie daarvan, die tyd van
die dag en die hoek waarteen die sonstrale op die water val.
Die meeste rooigetye langs die
Suid-Afrikaanse kus word veroor¡saak deur 'n groep fitoplankton wat as die
dinoflagellate bekend staan. Hierdie eensellige organismes kan kort entjies swem
met die hulp van twee sweepagtige aanhangsels wat flagella genoem word.
Hoe ontstaan 'n rooigety?
òáá
DIT kom gewoonlik in die nasomer of herfs langs die Kaapse Wes- of
Suidkus voor. Die suidewinde wat dan waai, voer koue, voedingsoutryke water uit
die dieper see na die oppervlak -- 'n proses wat as opwelling bekend staan.
In hierdie opgewelde water is die
dinoflagellaat-siste, die onaktiewe vorm van die organismes wat meestal in die
afsaksels op die seebodem lΩ. Die hoδ konsentrasie voedingsoute in die
opgewelde water, tesame met die temperatuur, geskikte soutgehalte en genoeg
lig, laat die siste ontkiem. Die vinnige groei en verdeling van die dinoflagellate, soms
tot miljoene selle per liter water, hul saambondeling deur die wind en
seestrome, asook hul vermoδ om na die oppervlak te swem, laat 'n rooigety
ontstaan.
Word die toestande in die op¡pervlakwater
ongunstig, vorm hulle weer dormante siste wat na die seebodem afsak.
Wat is die gevolge van 'n
rooigety?
òáá DIE meeste rooigetye lewer nuttige bydraes tot die planktonproduksie, maar nou en dan het dit ook skadelike gevolge.
-áá Fisieke skade: Digte
konsen¡trasies van die organismes kan visse versmoor deur hul kieue te laat
verstop of s≤ te irriteer dat hulle nie genoeg suurstof uit die water kan
opneem nie. 'n Tyd gelede is ook ontdek dat sekere dinoflagellaat-spesies op
visweefsel teer en dus 'n vis binne 'n paar uur kan laat vrek.
- áSuurstofuitputting: Rooigetye
kan ook seediere indirek dood¡maak deur 'n tekort aan die opge¡loste suurstof
in die water te veroorsaak. As massas van die rooigety-organismes vrek omdat
die voedingsoute in die water opgebruik is, neem die bakterieδ vir verrotting
so toe dat hulle die seediere van hul lewensnoodsaaklike suurstof beroof. Dit
is waarom krewe ook op die strand kan uitloop.
- áDirekte vergiftiging: Toksiene (gifstowwe) wat deur sekere dinoflagellate geproduseer word, is van die gevaarlikste gifstowwe wat die mens ken. Die bekendste is die neurotoksiene wat normale senuweewerking ontwrig.
-áá Indirekte vergiftiging:
Toksiese fitoplankton wat in die spysverteringskanaal van diere soos mos¡sels,
oesters en gapermossels opbou, kan die dood veroorsaak van voδls, mariene soogdiere
en ook mense wat die diere eet. Dis belangrik om daarop te let dat die gif ook
nie deur hitte vernietig kan word, byvoorbeeld deur die diere te kook nie.
òáá
DAAR is vier soorte indirekte ver¡giftiging wat skadelik vir die mens
is:
- ááParalitiese
skulpvisvergiftiging (PSV) -- in baie opsigte die ern¡stigste:
Die dinoflagellaat Gonyaulax
catenella sorg gereeld vir PSV langs die Weskus en het reeds verskeie mense
laat sterf. Nß 'n tintel-, prikkel-, steek- of brandsensasie van die lippe,
tone en vingerpunte weens die eet van vergiftigde mos¡sels, volg verlamming van
die arms, bene en nek. Ander simptome ontwikkel en die persoon kan binne 2 tot
24 uur aan respiratoriese versaking sterf.
-áá Diarretiese
skulpvisvergiftiging (DSV):
Die organisrne wat dit veroor¡saak,
is die dinoflagellaat Dinophysis acuminata, wat die gifstof okada∩ese
suur produseer. Die simptome -- waarskynlik dikwels nie opgemerk nie omdat dit
nie te ernstig is nie -- is diarree, naarheid, braking, maagpyn en kouekoors.
-á Neurotoksiese
skulpvisvergifti¡ging (NSV):
Gymnodinium nagasakiese is die dinoflagellaat wat gewoonlik aan die Suid-Afrikaanse kus vir
hierdie soort vergiftiging sorg. Uitbrake was al in Valsbaai in die Kaap, waar
die organisme die water in die herfs olyfgroen kleur. Simptome is sensoriese
abnormaliteite en sluit duiseligheid, tinte¡lende sensasies, vergrote pupille
en warm en koue gloede in. Die simptome verdwyn gewoonlik binne drie dae en
niemand is nog daar¡aan dood nie. Hierdie rooigety-organismes kan ook mense se
oδ, neus en keel irriteer as dit voorkom in die seesproei wat teen hulle
aanwaai.
- áAmnesiese skulpvergiftiging
(ASV):
ASV is vir die eerste keer in 1987
langs die kus van Kanada waargeneem toe drie mense dood en meer as honderd akuut
vergiftig is nadat hulle gekweekte mossels geδet het. Dit word deur die orga¡nisme
Nitzschia pungens veroor¡saak, en simptome sluit maagkrampe, braking en
neorologiese reaksies soos disoriδntasie en geheueverlies in. Geen gevalle van
ASV is, sover bekend, nog in Suid-Afrika aange¡meld nie, maar daar word vermoed
dat die organisme wel in ons kuswater voorkom.
____________________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik hier
____________________________________________________________
Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004
- Uit Huisgenoot se Jongspan