____________________________________________________________

 

Die seisoen-storie

 

Hoekom is daar iets soos lente, somer, herfs en winter op ons planeet? Dit het alles te doen met hoe die aarde in ver¡houding tot die son beweeg...

____________________________________________________________

 

WANNEER jy nou regtig koud begin kry hier in ons suidland, is dit 'n week van feeste. Nie in ons eie wΩrelddeel nie, maar elders op verskillende plekke. Van hierdie feeste word trouens reeds sedert die Steentyd gevier -- met danse, musiekmakery en allerhande soorte optogte.

 

Want op 21 Junie is die son die heel verste noord, wat die begin van die somer in die Noordelike Halfrond inlui -- en die begin van die winter in die Suidelike Halfrond.

 

Ons beleef dan 'n sogenaamde sonstilstand. S≤ 'n stilstand vind plaas wanneer die son 'n oδnskynlike ommekeer maak by sy mees noordelike of mees suidelike punt.

 

Die winter-sonstilstand in die Suidelike Halfrond is elke jaar op 20 of 21 Junie. Daardie dag is dan die kortste dag van die jaar. Dis winter.

 

Die somer-sonstilstand in die Suidelike Halfrond vind jaarliks op 21 of 22 Desember plaas. Dis weer die langste dag. Dis somer.

 

In die Noordelike Halfrond is die seisoene andersom.

 

In lande waarin die kli¡maat in die verskillende sei¡soene drasties verskil, word die begin of einde van die jaargetye met verskeie gebruike en feeste gevier. Die seisoene verskil nie so ge¡weldig in Suid-Afrika as op plekke wat nader aan die pole geleδ is nie, dog ons weet gewoonlik maar alte goed watter tyd van die jaar dit is.

 

Maar hoekom is daar iets soos lente, somer, herfs en winter op ons planeet? Dit het alles te doen met hoe die aarde in ver¡houding tot die son beweeg.

 

Bewegings van die aarde in die ruimte

 

òáá DIE aarde is soos 'n reusagtige bal wat deur die ruimte trek. Hy beweeg egter nie wild rond nie, maar wentel baie ordelik om die son. Dit kos hom 'n jaar (365 dae en nog sowat 'n kwart dag) om een maal om die son te beweeg.

 

Daarbenewens draai die aarde ook om sy eie "as". Hierdie as is 'n denkbeeldige lyn wat van die Noordpool af deur die middel van die aarde tot by die Suidpool strek.

 

Daar is egter 'n komplikasie. Die aarde kantel na die een kant toe oor. Hy tol teen 'n hoek van 23 en 'n halwe graad op die vlak van sy baan om die son en die as wys deurentyd in dieselfde rigting in die ruimte -- noordwaarts in die rigting van die Poolster, tans Polaris, ook bekend as Alpha Ursae Minoris, in die konstellasie Ursa Minor (Klein Beer).

 

Die Poolster is tog nie altyd dieselfde ster nie. Met verloop van eeue vind daar verskuiwings in die as plaas wat elke paar duisend jaar 'n nuwe ster die Poolster laat word.

 

Maar die blywende gevolg van die kanteling van ons planeet se as is dat nie alle dele van die aarde in verskillende tye van die jaar dieselfde hoeveelheid sonlig kry nie.

 

Om die middel van die aarde, halfpad tussen die pole, is 'n denkbeeldige lyn wat die ewenaar genoem word. Dit verdeel die aarde in die Noordelike en die Suidelike Halfrond. Suid-Afrika lΩ, soos ons weet, in die Suidelike Halfrond.

 

Dit kos die aarde 24 uur (een dag) om een maal om sy as te draai. Terwyl hy draai, beweeg sy oppervlak deur die son se strale (daglig) en dan weer deur die donkerte van die ruimte (nag). Die aarde draai van wes na oos om sy as.

 

Sonop is wanneer jou deel van die aarde na die son toe draai. Met sononder lyk dit of die son agter die horison wegsink namate jou deel van die aarde van die sonstrale af wegdraai.

 

Seisoene en die aarde se pad om die son

á

òáá DIE seisoene verander namate die aarde se posisie in verhou¡ding tot die son verander.

 

Omdat die aarde na die kant toe oorkantel, is die Suidelike Halfrond in Desember na die son toe gedraai en die Noordelike Halfrond in Junie. In die halfrond wat na die son toe gedraai is, is dit somer -- weg van die son af is dit winter.

 

Denkbeeldige lyne, die sogenaamde Steenbokskeerkring en Kreefskeerkring, onderskeidelik suid en noord van die ewenaar, is waar die son se strale in Desember en Junie die meeste loodreg val.

 

In die lente en herfs (September en Maart) val die son se strale die meeste loodreg by die ewenaar.

 

Sonstilstande en dag-en-nageweninge in die Suidelike Halfrond

 

Lentenagewening (begin van lente)

- 22 of 23 September.

Somer-sonstilstand (begin van somer)

- 21 of 22 Desember.

Herfsnagewening (begin van herfs)

- 20 of 21 Maart.

Winter-sonstilstand (begin van winter)

- 20 of 21 Junie.

 

Lang en kort dae

 

òáá DIE lengte van die dag en nag verskil afhangende van die seisoen en waar op aarde jy jou bevind. Net plekke op die ewenaar se dae en nagte is die hele jaar deur ewe lank -- die dae altyd 12 uur lank en die nagte altyd 12 uur.

 

In alle ander wΩrelddele is die dae in die somer langer as in die winter. Die lengte van die dag en nag verskil die meeste by die pole, waar die dag in die somer 24 uur lank en die nag in die winter 24 uur lank is.

 

Daar is denkbeeldige lyne 'n ent van die pole wat onderskeidelik die Noordpoolsirkel en die Suidpoolsirkel genoem word. Plekke noord van die Noordpoolsirkel het in Desember nagte van 24 uur en in Junie dae van 24 uur.

 

Plekke suid die Suidpoolsirkel het weer in Desem¡ber dae van 24 uur en in Junie nagte van 24 uur.

 

Het jy geweet?

 

òáá Stonehenge, 'n voorhistoriese kring van regopstaande klippe by Wiltshire, Engeland, wat na skatting sowat 4000 jaar oud is, is moontlik gebruik vir sonaanbidding en om die kalender te kontroleer. Dit kon dalk gebruik gewees het vir plegtighede wat met sonstilstande verband gehou het.

 

òáá Sterrekundiges sΩ in die jaar 7500 sal die helderste ster in die konstellasie Cepheus, te wete Alpha Cephei, die Poolster wees, en in die jaar 15000 die ster Vega, in die konstellasie Lyra. Nß nog sowat 9000 jaar, sΩ hulle, sal Polaris weer die Poolster word.

 

____________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

____________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan