ááááááááááá ____________________________________________________________

 

Besoedeling (1): Lugbesoedeling

 

Ons versmorende

wΩreld

 

Elke jaar word honderde miljoene tonne lugvullis in die atmos¡feer ingepomp. In stede regoor die aarde verstik die mense -- sterf selfs
-- in die vuil, wasige uitskot van hul ontelbare masjiene en fabrieke...

_________________________________________________________________

 

PANDORA was volgens die Griekse mitologie die wΩreld se eerste vrou. En, s≤ lui die mite verder, sy is geskape as 'n straf vir die manne. Juis om diΘ rede is Pandora met vele pragtige gawes bedeel om haar onweerstaanbaar te maak.

 

Maar sy sou ook uit nuuskierigheid Zeus se huweliksgeskenk, 'n boks, oopgemaak het, waaruit allerlei rampe vir die mensdom ontsnap het. Vandag nog, wanneer daar van die "boks van Pandora" gepraat

word, word daar na 'n bron van eindelose ellende verwys, of na iets wat baie onvoorsiene moeilikhede veroorsaak.

 

Met die koms van Industriδle Revolusie in die 1700's en vroeδ 1800's, het dit gelyk of die mensdom se manier van lewe ten goede sou verander. Maar met ver¡loop van tyd was daar hoδ skoorsteenpype wat wolke van gifgasse in die atmos¡feer opgerisp het; fabrieke het toksiese afval in riviere en spruite gestort; later het motors ook nog bygekom en die lug met hul dampe besoedel.

 

Die ontwikkeling van nywerhede en die tegnologie het, soos die boks van Pandora, ook baie onvoorsiene moeilikhede geskep, waarvan besoedeling beslis nie die minste is nie.

 

Bronne van lugbesoedeling

 

òáá DIE besoedeling van die lug word meestal deur die verbranding van fossielbrandstowwe soos steenkool, petrol en olie veroorsaak.

 

Fabrieke, wat verskillende soorte stowwe vrylaat, is kennelik een van die grootste bronne van besoedeling. Olie-raffinaderye laat byvoorbeeld ammo¡niak, koolwaterstowwe, organiese sure en swaweldioksied vry.

 

Vervoermiddels soos motors, vliegtuie, treine en skepe is ander belangrike besoedelaars. In die dampe van motors se uitlaatpype is skadelike gasse soos koolstofmonoksied, koolwaterstowwe en stikstofoksiede.

 

Deur die werking van die sonlig op stikstofoksiede word osoon weer gevorm. DiΘ gas kom ook natuurlikerwys in die atmosfeer voor en is 'n belangrike sonfilter in die luglae doer bo, maar hier vlak by die aarde is dit 'n besoedelende stof. Saam met koolwaterstowwe vorm osoon die bekende rookmis.

 

Ook die tetra-etiel-lood wat by petrol gevoeg word, word deur uitlaatpype vrygelaat en hoop in die atmosfeer op. Ongeloodte petrol word ongelukkig steeds nie deur genoeg motoriste verkies nie.

 

Die verhitting van huise, kantore en fabrieke verhoog eweneens die besoedelingsvlak in stede, of dit nou deur middel van die verbranding van steen¡kool, olie of hout of met elektrisiteit geskied.

 

Wanneer fossielbrandstowwe ver¡brand word, word die swawel wat natuurlikerwys daarin voorkom, in swa¡weldioksied omskep. Hierdie gas be¡land in die atmosfeer. Vlamme met hoδ temperature verander die stikstof in die lug in stikstofoksiede.

 

Hierdie verskillende oksiede reageer soms met die water en ander stowwe in die atmosfeer om sure te vorm. Suurvormende gasse en deeltjies kan op die aarde neersif wanneer daar geen reδn is nie, of saam met reδn, sneeu of mis -- 'n verskynsel wat suurreδn genoem word.

 

Winde dra dikwels die suurbesmettings honderde kilometers ver, sodat die skade ver van die bron van besoedeling aangerig word.

 

Ook wanneer groot gemeenskappe se vullis verbrand word of massas bosse weggebrand word om vir landerye plek te maak, word die lug bevuil. Nog 'n gevaar is die sproeigif wat in die lug beland wanneer vrugte of gesaaides bespuit word.

 

Gevolge van lugbesoedeling

 

òáá DIE mees klaarblyklike gevolg van lugbesoedeling is dat skoon, vars lug in stink en bedorwe, wasige lug verander word. Sekere weersgesteldhede vererger die toestand.

 

'n Termiese inversie -- wanneer 'n laag warm lug oor 'n laag koeler lug lΩ en verhinder dat die koeler lug styg -- keer dat besoedelende stowwe opstyg en versprei. Wan¡neer 'n termiese inversie oor 'n stad voorkom, kan dit 'n ernstige besoedelingsgevaar skep.

 

Lugbesoedeling kan ook die weer be∩nvloed deur die tempera¡tuur te verander. Deeltjies in die lug versprei die sonstrale en verminder die hoeveelheid sonlig wat die aardoppervlak bereik, met 'n gevolglike verlaging in die temperatuur. Daarteenoor keer gasse soos koolstofdioksied weer die son se hitte in die atmosfeer vas -- die sogenaamde kweekhuis-effek.

 

Nog 'n ernstige gevolg van lugbesoedeling is die skadelike uitwerking wat dit op mens en dier se gesondheid het. Onder die kwale wat dit kan meebring, is irritasie van die oδ en longsiektes soos asma, longontsteking en brongitis, en selfs kanker en emfiseem.

 

Lood in die lug word ingeasem en beland uiteindelik in die bloed, waar dit maagpyn, hoofpyn, irrita¡sie en selfs die dood kan veroorsaak. Selfs uiters lae loodvlakke kan die breine van kinders beskadig.

 

Besoedelde lug is ook skadelik vir plante. Suurreδn rig groot skade aan in Europese en Noord-Ameri¡kaanse woude en by gesaaides, weens die vernietiging van die bas en blare (of naaide) van die plante.

 

Nie net word die groei belemmmer nie, maar die plante kan ook nie slegte weer en die aanslae van insekte en siektes so goed verduur nie.

 

Suurreδn is egter nie net skade¡lik vir al wat leef nie. Selfs harde stowwe soos beton en staal loop deur. In party stede is geboue en monumente wat duisende jare lank die tand van die tyd weerstaan het, besig om onder die byt van lugbesoedeling te verkrummel.

 

Hoe lugbesoedeling beheer kan word

 

òáá HOEWEL die probleem van lugbe¡soedeling steeds ernstiger word, is daar deesdae doeltreffende maniere om dit te verminder.

 

Daar is byvoorbeeld metodes om die swawel uit steenkool en olie te verwyder voordat dit ver¡brand word, waardeur minder rook afgeskei word. Fabrieke, verbrandingsoonde en kragsentrales kan met spesiale toerusting die lugbe¡soedeling verminder.

 

Besoedeling deur motorvoertuie kan beheer word deur die gebruik van skoner brandstowwe, aanpassings in die maniere waarop die masjiene werk en bepaalde flltreerders in die uitlaatstelsels.

 

Dis egter 'n duur saak om bestaande tegnieke deur nuwes te vervang. Party industrieδ het een¡voudig nie die geld daarvoor nie of is traag om geld daarvoor te bewillig -- en die publiek moet dikwels eers kla of betoog voordat beter beheermaatreδls ingestel word.

 

'n Belangrike bydrae wat ons almal kan lewer, is om altyd bewus te wees van enigiets wat die lug vuiler kan maak. Elkeen kan sy deel doen om te help veg vir 'n gesonder atmosfeer.

 

Meer oor fabrieke se bydrae tot lugbesoedeling

 

òáá SWAWELDIOKSIED (SO2) en oksiede van stikstof (NO of NO2) word deur fabrieke in die atmosfeer vrygelaat. Dit beland ≤f net so op die grond, op plante en in panne en damme ≤f, indien hierdie gasse lank genoeg in die atmosfeer bly, oksideer en gaan in oplossing as sure.

 

Die sure los gewoonlik in die druppeltjies van wolke op en kan groot afstande aflΩ voordat hulle uiteindelik as suurreδn op die aarde val.

 

Koolwaterstowwe wat byvoorbeeld deur die uitlate van motors vrygelaat word, sal in sonlig met stikstofoksiede reageer om osoon naby die aardoppervlak te vorm. Dit kan asemhalingsprobleme veroorsaak en ook die vorming van suurreδn bespoedig.

 

Wanneer suurreδn op die grond val, word die swaar metale en aluminium daarin opgelos. Wanneer dit in damme inspoel, kan die aluminium visse irriteer, hul kieue deur slym laat verstop en hulle uiteindelik doodmaak.

 

Namate ßl meer suurreδn in 'n dam val of daarin vloei, daal die pH van die water. Water wat glad nie suur of alkalies is nie, het 'n pH van 7, en met elke punt wat die pH daal, het die suurinhoud tienvoudig vermeerder.

 

Naderhand vrek die waterdiere, soos visse en krappe. Al wat oorbly, is 'n watermassa met 'n welige tapyt van groen alge.

 

____________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

____________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan