____________________________________________________________
Planeet van
sak en as
Ons planeet word binnegeval! Nie deur groen mannetjies van Mars nie, maar
deur 'n ander horde: leδrskares van plastiekvoorwerpe en bottels,
aluminiumhouers en papiere, die rommel van ou motors, buitebande, yskaste en
stowe. En dan is daar ook nog daardie an¡der stille, onsigbare gevaar wat
kernafval genoem word...
____________________________________________________________
DIE gesin Willemse was in die wolke. Hul droomhuis in Lekkerkerk,
Nederland, was uiteindelik klaar gebou en hulle kon intrek. Dit was weliswaar
nie 'n wafferse groot huis nie, maar dit was darem baie gerieflik. En alles was
blinknuut -- dat was zo leuk, ja!
Die eerste ruk het dit dan ook voor
die wind gegaan. Maar nß sowat ses maande het vreemde dinge begin gebeur. Eers
het die kinders siek geraak. Hulle het gehoes en van hoofpyn gekla.
Toe kom 'n liederlike stank uit die
grond, en daarna verwelk en vrek die blomme in die tuin.
Een oggend het die gesin 'n vreemde,
groen vloeistof uit die grond sien opborrel. Dit het darem alte veel herin¡ner
aan al daardie ruimteverhale oor die groen mannetjies van Mars...
Wat werklik die geval was, was dat
die Willemse se huis gebou was op 'n ou vullisplek waar 'n klomp gifstowwe
dekades tevore gestort is. Die huis en 'n stuk of driehonderd ander moes
noodgedwonge ont¡ruim word -- alles net oor die gevaarlike giwwe wat oplaas hul
tol kom eis het.
Grondbesoedeling is vandag een van
die grootste gevare vir die omgewing. 'n Mens kan omtrent sΩ die mens is stadig
besig om homself te versmoor onder die berge afvalstowwe wat hy skep -- of dit
nou hoogs skadelike kernaf¡val of gewone huisvullis is.
òáá
TOE die atoom in die jare vyftig van die twintigste eeu grotendeels
getem is, is dit as een van die moderne mens se grootste prestasies geloof.
Kernkrag kon nou gebruik word om elektrisiteit op te wek. Met die piepklein
atoompies sou magtige duikbote en skepe ook aangedryf kon word, terwyl
kernbestraling in die geneeskunde, wetenskap en nywerhede ingespan is.
Op die koop toe pomp die uraan wat
in reaktors gebruik word, mos nie besoedelende stowwe in die atmosfeer in soos
wat met fossielbrandstowwe gebeur nie.
Maar kerninstallasies is potensieel
gevaarlik. Klein hoeveelhede radioaktiewe gasse word in die normale gang van
sake in die lug vrygelaat. Daar is maar altyd 'n moontlikheid, hoe gering ook
al, dat die installasie per ongeluk sal begin lek. En die veilige wegdoening van
uraanerts en kernafval is 'n pro¡bleem wat nog nie bevredigend opgelos is nie.
Die meeste kernreaktors ge¡bruik
uraan as brandstof. Die uitskot wat oorbly nadat uraan uit sy erts onttrek is,
is ryk aan radium. By die uiteenval van radium word 'n hoogs gevaarlike
radioaktiewe gas genaamd radon gevorm.
Uitskot van vroeδre uraanmyne is
dikwels sommerso op die grond laat lΩ of selfs gebruik om die grond onder huise
op te vul. Dit het later ontsettende probleme veroorsaak en baie huise en ander
geboue moes ontruim word.
Gelukkig is die meeste kernafval nie
so heel gevaarlik nie. Besmette voorwerpe soos handskoene en oorpakke kan in
staaltromme verseδl en begrawe word in vore wat met beton gevul is of in onder¡grondse
grotte. Ou soutmyne deug ook goed, want hulle is diep en droog, en die sout kan
die bestra¡ling in sekere mate absorbeer.
Maar met "warm" kernafval
word veel moeiliker weggedoen. Dit word in vloeibare vorm in spesiale houers
gebΩre, wat koel gehou moet word om te keer dat die inhoud wegkook.
Nog 'n bΩre-metode is om die afval
se volume te verminder deur middel van 'n spesiale proses van verglasing,
waarna dit diep onder die grond begrawe word. Geen bΩre-metode is egter nog
doodveilig nie. Klein hoeveelhede radioaktiewe afval kan steeds deur water uit hierdie
glasagtige blokke gewas word en die grond besoedel.
òáá
MET die ontwikkeling van die moderne "weggooi"-gemeenskap het
vullis 'n enorme probleem geword. Ons paaie word byvoorbeeld met gemors omsoom,
om van die blikkies, bottels en berge plastiek in ons riviere en damme nie eens
te praat nie.
Die meeste vullis beland wel nog op
storthope, maar ook die plek hiervoor raak skraps. Vuilgoedplekke bevat alle
soorte huishoudelike afvalstowwe, asook tonne teer, oplosmiddels en
plaagdoders.
Storthope is nie net onooglik nie,
maar kan ook giftig wees. Wanneer vullis verbrand word, beland rook en giftige
gasse in die lug. Word dit so gelaat om te ontbind, kan metaan gevorm word, 'n
hoogs plofbare gas wat huise kan binnesypel en rampspoedige gevolge kan hΩ.
Storthope is ook broeiplekke vir
pesdiere soos kakkerlakke en rotte.
Nog 'n gevaar is dat reδnwater deur
die gemors kan syfer en die omringende land, spruite, riviere,
damme en mere kan besoedel.
Die probleme raak by die dag erger.
Soos waar sekere dinge wat maklik in die natuur kan afbreek, vervang word deur
stowwe wat nie so gou ontbind nie. Pleks van blikke wat kan roes en vergaan,
kry ons byvoorbeeld houers van aluminium. In plaas van papier en karton, word
ons met massas plastiek oorlaai. Suid-Afrika se nuwe veldtog teen die
verspreiding van papiersakke is daarom des te lofwaardiger.
òáá
DAAR is baie wat ons kan doen om probleme met huishoudelike afval te
verminder en die omgewing te verbeter.
òáá
Rommelstrooiery is heeltemal onnodig. Beywer jou vir strenger wette en
regulasies om rommelstrooiers vas te vat.
òáá Een van die doeltreffendste maniere om afval te verminder is deur herwinning. Nie net is daar dan minder besoedeling nie, maar daar word ook minder staatgemaak op natuurlike hulpbronne, met die groot besparings wat dit meebring.
Stowwe wat dikwels herwin word, is
papier, glas, plastiek en aluminium. Hou dit apart van die ander dinge wat jy
weggooi en neem dit na insamelingspunte en herwinningsdepots.
____________________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik hier
____________________________________________________________
Huisgenoot se Wonderlike WΩreld op CD, 2004