__________________________________________________________

 

Ons verwerende wΩreld

 

Lewegewende grond

uit die dood van 'n rots

 

Tot in die uithoeke van haar enorme ryk maak Moeder Natuur haar vertoonstukke. Pagodes, torings, naalde en br√e van rots word deur verwering gevorm -- ook ander interessante rotsformasies soos diΘ in ons eie wΩrelddeel in die Vallei van Verlatenheid by Graaff-Reinet. S≤ word selfs imposante berge van die aarde onophoudelik omgevorm en weggevreet. Alles deur die proses van verwering wat uiteindelik barre rotse in lewegewende grond verander...

__________________________________________________________

 

IN 'n mikrosekonde van die ewigheid word 'n berg gebore en sterf hy. Hoδ kranse wat jy vandag sien, is dalk net die grynsende oorblyfsels van dit wat eens 'n imposante landmassa was.

 

S≤ word die berge van die wΩreld aanhoudend weggevreet, selfs terwyl hulle gevorm word. Die skuldige? Verwering.

 

Verwering is die ontbinding en verbrokkeling van rots. Dit word veroorsaak deur die wisselwerking van die klimaat en biologiese faktore op die struktuur en chemiese samestelling van die rots. Verwering kan as die teenoorgestelde beskou word van die prosesse waardeur berge gevorm word.

 

Vergeleke met die werking van riviere, gletsers, winde en branders, dra die klimatiese, chemiese en biologiese aftakeling nie veel by tot die formasie van asemrowende landvorms nie. Maar moenie die belangrike proses van verwering onderskat nie. Dis verantwoordelik vir die afbreek van rots en berei dit voor om weggevoer te word en neerslae elders te vorm. Die eindresultaat is die vorming van grond.

 

So magtig is diΘ proses dat dit, soos ons gesien het, mettertyd hoδ berge kan laat verbrokkel. En wanneer dit met eroderende elemente soos lopende water of wind kombineer, kan verwering vorm gee aan die vreemdste natuurlike boδ en toringspitse op aarde.

 

In droδ wΩrelddele veroorsaak die verskille in dag- en nagtemperature dat die onderskeie minerale in rotse in verskillende tempo's uitsit en krimp. Boonop bak die buitenste lae van die rots in die fel hitte van die son, terwyl die binneste lae koel bly. Dit lei tot spanninge binne-in die rots, wat meebring dat die ontblote dele afkrummel of afsplits.

á

Soms word groot landgebiede wat voorheen onder geweldige druk was weens massas rots wat bo-op gelΩ het, deur erosie blootgelΩ. Bevry van hierdie "las", sit die rots na bo uit en bars -- en massiewe blokke materiaal breek van die moederrots af weg.

 

Kom die reδn, loop water in rotsskeure in. En as die temperatuur dan tot die vriespuntá daal, soos dikwels snags gebeur, vries die water in die skeure en vorm yskristalle wat, namate hulle groei, geweldige druk teen die rotswande uitoefen.

 

Die herhaalde bevriesing en ontvriesing van die water werk soos 'n koevoet om klein stukkies rots af te breek in 'n proses wat verbryseling genoem word. Sulke verbryselde rotsstukkies is gewoonlik skerp en hoekig.

 

Ewe vernietigend vir rots is soutverwering in droδ klimate. Tydens droogtes word grondwater na die oppervlak van die rots getrek, waar dit verdamp om klein soutkristalletjies agter te laat. DiΘ kristalle groei en oefen druk uit op die omliggende sandsteen, wat verkorrel. Die sandkorreltjies word later deur die wind weggewaai en die reδn weggespoel.

 

Soutverwering is verantwoordelik vir die interessante nisse, vlak grotte, rotsboδ en putte wat in sandsteenformasies gevind word. In die suidwestelike VSA was baie van diΘ diep nisse die tuistes van Indiane, wat nie net daar skuiling teen die elemente gevind het nie, maar ook beskutting teen aanvalle.

 

Maar nie alle verwering word deur lewelose kragte veroorsaak nie. In woude dring plante en boomwortels in sandgevulde hoeke in rotse in en splits mettertyd die rots bloot deur te groei. Plantwortels wat ondergrondse water deur barste in die rotsbodem soek, het 'n soortgelyke skeurkrag. Sommige plantwortels, veral diΘ van korsmos, kan die rotse selfs oplos.

 

Verskeie grawers in die diereryk, soos erdwurms, molle, hase, miere en meerkatte, dra tot die proses van verwering by deur in die grond te dolwe, dit op te breek en die rotse aan die atmosfeer bloot te stel.

 

Sommige rotse verweer omdat hul bestanddele so vatbaar vir chemiese verwering is. In diΘ proses word nuwe stowwe gevorm. DiΘ is oplosbaarder en fyner van tekstuur. Dis hulle wat die meeste van ons grondsoorte vorm.

 

Wanneer gasse in die atmosfeer met rots in aanraking kom, verbind sommige met die minerale en veroorsaak 'n chemiese verandering in die rots.

 

Suurstof verbind dikwels met minerale en wanneer daar yster in die rots is, word dit roesrooi gekleur. Wonderlike voorbeelde hiervan kan gesien word in die toringspitse en dongaveld in Bryce Canyon, Utah, in die VSA.

 

Onoplosbare minerale soos kalksteen word opgelos deur reδnwater wat met koolsuurgas (koolstofdioksied) in die lug verbind het om 'n swak suur te vorm. Die kalksteen word stadig weggevreet, weggevoer en slaan weer elders neer om miskien asemrowende ondergrondse spelonke soos die Kangogrotte by Oudtshoorn te vorm.

 

Die belangrikste produk van chemiese verwering is grondvorming. Planeet Aarde se grond is vir die mens van lewensbelang. Daarin groei en floreer die plante waarvan ons so afhanklik is.

 

En in groot mate het grond die verloop van ons beskawing bepaal -- sonder die vroeδ ontwikkeling van die groot landboubeskawings sou ons geskiedenis stellig heeltemal anders gelyk het...

 

____________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

____________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan