___________________________________________________________
Padda-potpourri
(2)
Oudak is een naam vir die padda. Ook
kikvors of sommer net kikker. Maar diΘ springende amfibie met vier pote het op
meer maniere sy stempel op ons taal afgedruk. Dink maar aan woorde soos
paddaslyk (die slymerige, groen drade van varswater-alge), paddastoel
(sampioen), paddabrood ('n giftige paddastoel) en selfs paddaman ('n menslike
duiker wat nagemaakte paddapote dra). S≤ is ons van kleins af vertroud gemaak
met die vermaaklike paddas van die wΩreld en allerhande dinge wat met hulle
verband hou... maar ken ons hulle heeltemal? Moontlik nie. Kuier hieronder
verder in hul verrassende wΩreld...
___________________________________________________________
OM vere van 'n padda te
probeer pluk is om die onmoontlike te wil regkry. Maar dit is nie net ons
idomeskat wat fleurig deur die padda verryk is nie. Wat van die talle sprokies
waarin die kikvors 'n prominente rol speel?
Soos die een van die muis en die
padda wat hul pote aanmekaar vasgebind het as
teken dat hulle mekaar tog so
vreeslik vertrou. Teen etenstyd spring die padda toe in die water, en die muis verdrink. Waarop die muis se karkassie boontoe dryf waar dit deur 'n honger valk raakgesien word --
wat afduik en met 'n dubbele porsie kos beloon word.
Dan is daar natuurlik die baie
bekende sprokie van die prins wat in 'n padda verander het -- en weer 'n prins
geword het nadat 'n pragtige prinses hom gesoen het.
Maar oor die ware paddas wat om ons
wemel, is daar selfs boeiender vertellings as enige sprokie...
Wat is die verskil tussen 'n
padda en 'n skurwepadda?
òáá
PADDAS (Eng. "frogs") en skurwepaddas (Eng. "toads")
behoort tot die klas Amphibia en die orde Anura, een van drie groepe amfibieδ. Amfibieδ
is diere wat sowel op land as in die water woon.
Hoewel paddas en skurwepaddas
eenders lyk, verskil hulle in verskeie opsigte. Die belangrikste verskil lΩ in
hul geraamtes, maar dit kan jy natuurlik nie sien as jy die lewende diere met
mekaar vergelyk nie.
Skurwepaddas het in die reδl vetter,
platter liggame as paddas. Hul velle is donkerder en droδr, en is dikwels met
klein vratjies bedek. Skurwepaddas se agterpote is gewoonlik korter en nie so
sterk soos paddas s'n nie. Hulle is geneig om te kruip terwyl paddas spring.
òáá
VOLWASSE paddas en skurwepaddas vreet omtrent enige klein diertjie wat
beweeg: insekte, spinnekoppe, naakslakke, wurms. DiΘ word nader gepluk met hul
lang, klewerige tonge, wat blitsvinnig uitgeskiet word. Hulle kan in die lug
opspring om vlieδnde insekte te vang, selfs vanuit die water.
Groter diere soos rotte, muise,
slange en voδls word met die kake gevang en vasgehou deur middel van klein
tandjies of skerp riffels aan die rand van die kake en aan die verhemelte. Die
prooi word gewoonlik heel afgedwing, en hulle gebruik dikwels hul pote om
besonder groot slagoffers in te forseer.
Vreemd genoeg speel die oδ ook 'n
rol in die slukkery. Spiere trek die oogballe af tot in die mondholte en help
om die prooi in die keel af te druk.
Sekere paddas is kannibale wat hul
eie soort vreet -- darem gewoonlik net die kleintjies.
òáá
Die Amerikaanse brulpadda is gevaarlik! Met sy verskriklike aptyt sal hy
nie huiwer om waterskilpaaie en gifslange te verorber en selfs alligators by te
kom nie. Sy plaaslike neef -- die Afrika-brulpadda -- het self 'n vreeslike
vreetlus. Een het op 'n keer in die Pretoriase dieretuin met sestien jong
kobratjies klaargespeel.
òáá
DIE padda wat vir die tradisionele gereg van paddaboutjies sorg, is die
eetbare Rana esculenta, oorspronklik van Europa en Asiδ, maar ook elders
heen uitgevoer. Ander paddas wat ook wel soms geδet word, is die gewone padda
van Europa en Asiδ en die Amerikaanse brulpadda.
òáá
Die wΩreld se kleinste paddatjie is die Kubaanse padda Sminthillus
limbatus -- niks langer as 1,2 cm nie.
òáá
Die grootste padda is die Goliat-padda Conrana goliath van Wes-Afrika
-- sy liggaam kan tot meer as 75 cm uitstrek.
òáá
Die wΩreld se kleinste skurwepadda is die subspesie Bufo taitanus
beiranus van Mosambiek, wat omtrent 2,4 cm lank is. Nie ver agter hom nie is Rose se skurwepadda van Suid-Afrika met 2,5 cm.
òáá
Die grootste skurwepadda is die wyfie van die Bufo marinus,
oorspronklik van tropiese Suid-Amerika, maar ook uitgevoer na Queensland,
Australiδ. Die wyfie is omtrent 24 cm lank.
òáá
DAAR is 'n tradisionele gereg wat ons ouvrou-onder-die-kombers noem: 'n
stukkie vleis met deegomhulsel gaargemaak. In Engels heet dit egter
"toad-in-the-hole" -- genoem na die gewone skurwepadda Bufo bufo
van Europa en Asiδ, wat buite die paartyd in 'n gat woon wat in die grond
gemaak is.
Die skurwepadda woon gewoonlik sy
hele lewe lank in dieselfde gat. Daar is aangeteken hoe een van hulle 36 jaar
lank onder iemand se drumpel gewoon het totdat 'n voδl hom gevang het.
Omdat hierdie skugter en sagmoedige
diertjie so lelik is, is hy deur die eeue heen van die mees absurde booshede
verdink. Die mense van die Middeleeue het geglo hy kan jou toor, en daar is
vermoed dat hy wyn in asyn kon verander en koeie kon uitsuip. Sy blote
teenwoordigheid, is gemeen, kon die grond besoedel.
Maar daar was darem ook diegene wat
gedink het daar is 'n kosbare juweel in sy skedel. Wanneer die skurwepadda op
'n helderrooi lap neergesit is, sou hy kwansuis die juweel uitskei. Hierdie
juweel kon glo van kleur verander om te verklik indien 'n teenstander jou kos
en drank vergiftig het. Dit sou ook 'n kuur teen slangbyt en perdebysteke
gewees het.
Kan jy rΩrig vratjies kry as
jy aan 'n skurwepadda vat?
òáá
NEE, dis 'n wolhaarstorie, hoewel die meeste skurwepaddas wel 'n
vratterige vel het. Die meeste padda-agtiges, veral skurwepaddas, is 'n dowwe
groen, bruin, grys of bont om hulle te kamoefleer. Maar party het tog helder
kleure wat weer vyande afskrik deur hulle te waarsku dat die diertjie giftig
is.
òáá
VERSKILLENDE soorte paddas het verskillende soorte pote om by hul
lewenstyle aan te pas. Boombewoners soos die rooi-oog-boompadda van
Sentraal-Amerika het suigskuiwe aan die punte van die vingers waarmee hulle aan
twygies en takke vasklou. Ander het gewebte pote om te kan swem
Kan skurwepaddas binne-in rotse
woon?
òáá
BAIE stories is al vertel van mynwerkers wat rotse of stukke steenkool
oopgebreek en 'n skurwepadda binne-in gekry het. Dit het ook al meermale gebeur
met houtkappers wat boomstamme oopgekap het. Daar is proefondervindelik
vasgestel dat skurwepaddas inderdaad geruime tyd in sekere rotse en boomstamme
kan woon.
Maar dit is darem onmoontlik dat die
skurwepaddas al daar kon gewees het vandat die rotse of bome gevorm het.
Miskien het hulle daar ingekruip het deur krake wat later verseδl geraak het.
Paddas en skurwepaddas word regoor
die wΩreld aangetref behalwe in Antarktika, hoewel hulle meestal in die
tropiese streke gekonsenteer is. Hulle kan ondergronds leef, asook in of naby
vars water, in bome, in kranse en in bergstrome.
Die skurwepaddas (fam. Bufonidae) is
landpaddas, wat eintlik net gedurende die eierlΩtyd die water opsoek. Daar is
sowat tien Suid-Afrikaaanse soorte van die geslag Bufo.
Hoekom het paddas uitpeuloδ?
òáá
PADDAS se oδ peul uit sodat hulle in byna alle rigtings kan kyk sonder
om die kop te draai. Die meeste paddas het, behalwe 'n boonste en onderste ooglid, ook 'n derde ooglid wat aan die onderste lid vas is: 'n
dun, byna deurskynende knipvlies wat boontoe kan beweeg terwyl die twee
buitenste ooglede oop bly. Die knipvlies beskerm die oog sonder dat die padda se sig afgesluit word. Hierdie membraan stel paddas in staat
om onder die water te kyk.
Giftig!
òáá
Suid-Amerikaanse Indiane het eeue lank die gifpyl-padda se gif vooraan hul pyle en blaaspyp-pyle ge¡bruik.
òáá
Die dodelikste padda op aarde is die Phyllobates terribilis van
Colombia, 'n Volwasse padda het genoeg gif om sowat 1500 mense dood te maak.
òáá
Maar 'n tyd gelede is vasgestel dat die dodelike gifstowwe van die
helderkleurige paddatjies van die Suid-Amerikaanse oerwoude 'n pynstiller bevat
wat glo tweehonderd keer sterker as morfien is. Dalk, wie weet, word dit nog in
hospitale gebruik.
òáá
Die verste afstand wat 'n padda, sover bekend, nog met 'n driesprong
afgelΩ het, is 10,3 meter. Die rekordhouer was 'n Suid-Afrikaanse
spitsbekgraspadda, Ptychadena oxyrhynchus, met die naam Santjie. Die
kompetisie is in 1977 in Natal gehou.
òáá
Daar is sekere paddas wat hul velkleure soos verkleurmannetjies kan
verander om hulle te kamoefleer.
____________________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik hier
____________________________________________________________
Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004
- Uit Huisgenoot se Jongspan