____________________________________________________________

 

Olms -- witterige, blinde salamandersDie olm
-- 'ewige kind' van die donker dieptes

 

Wat is 'n olm? Die meeste mense sal seker sΩ dis 'n boom. 'n Sierlike buitelandse boom met harde hout. Maar olm is ook die naam van 'n rare amfibiese dier wat in die stikdonker onderaardse grotte in Suidoos-Europa voorkom. Daar word ook na hom verwys as die grotsalamander -- 'n vreemde kalant wat nooit rΩrig grootword nie, maar sy lewe lank 'n larwe bly...

____________________________________________________________

 

IN die Skotse skrywer sir James Barrie se werk Peter Pan (1904) is daar 'n seun met dieselfde naam. DiΘ Peter Pan hardloop weg na Nimmer-land sodat hy nie moet grootword nie. Is dit nou nie 'n fabelagtige gedagte nie? Om altyd 'n kind te bly en nooit enige van die verantwoordelikhede van 'n grootmens te hΩ nie!

 

Maar Barrie se tema is nie heeltemal so oorspronklik nie. In die natuur is daar 'n verskynsel wat ''neotenie'' genoem word -- die onvermoδ om verder as die jeugdige vorm te ontwikkel.

 

Die meeste amfibieδ -- soos paddas en salamanders -- lΩ hul eiers in water of klam grond. Uit die eiers kom larwes, wat geleidelik tot volwasse diertjies ontwikkel wat heeltemal anders as die larwes lyk -- 'n veranderingsproses wat metamorfose genoem word. Die volwasse amfibieδ hou ≤f op land ≤f in die water.

 

Maar 'n klompie salamanders is anders. Die larwes wat uit hul eiers broei, kan mettertyd teelkragtig raak sonder dat hulle ooit 'n metamorfose ondergaan. En die larwes bly hul hele lewe deur in die water.

 

Die oudste bekende salamander met hierdie ongewone eienskap is die olm of grotsalamander -- 'n witterige, blinde, aal-agtige diertjie met pienk, veeragtige kieue. Hy woon in oorstroomde onderaardse grotte in Suidoos-Europa.

 

Die eerste ''optekening'' van hierdie bisarre amfibie is 'n silhoeδt aan die rand van 'n put deur 'n onbekende tiende-eeuse klipbeitelaar. (Dis nou in 'n museum in Wenen.) Die oudste behoue geskrif waarin die olm vermeld word, dateer uit 1689, toe 'n posman 'n dooie een in die waterbron naby sy dorpie gevind het. Hy het dit as 'n ''onontwikkelde draak'' beskryf.

 

In 'n boek deur die sewentiende-eeuse baron Valvasor word vertel van 'n Joego-Slawiese legende oor 'n draak wat binne-in 'n berg gewoon het. Elke keer dat sy houplek deur oorstromings bedreig is, sou die draak die sluise oopmaak en sy babas laat uitspoel het. (Die babas was in werklikheid olms.)

 

Nog verslae oor die diertjie het in die daaropvolgende eeue verskyn en verskeie beroemde natuurkenners -- onder wie Chevalier de Lamark (Frans), baron Georges Cuvier (Frans) en Carolus Linnaeus (Sweeds) -- kon 'n paar in die hande kry om te bestudeer.

 

Maar die olm het die kenners totaal verwar. Is hy 'n vis? Dalk 'n reptiel? Of 'n amfibie? Linnaeus, wat die Systema Naturae vir die klassifikasie van diere ingevoer het, kon die geheim nie oplos nie en het die olm uitgelaat.

 

Intussen is 'n ewe rare kreatuur, die sogenaamde aksolottel, in 'n paar oop varswatermere om die stad Mexiko in Sentraal-Amerika ontdek. Natuurkenners was net so dronkgeslaan oor waar die aksolottel in die klassifikasie van diere inpas.

 

Toe, in 1865 in 'n laboratorium in Parys, het 'n klompie aksolottels wat in gevangenskap geteel is, skielik van vorm verander. Hul sterte en kieue het verdwyn en hulle het verkleur. Hulle het in der waarheid in salamanders ontwikkel. Dit was die sleutel tot die raaisel.

 

Die aksolottel is 'n amfibie wat nie verder as die larwe-stadium ontwikkel nie. Hy ondergaan met ander woorde geen metamorfose nie, maar kan tog wel in sy larwe-staat aanteel. Dierkundiges het besef die olm is 'n soortgelyke amfibie.

 

Die olm behoort tot die familie Proteidae, met sy twee bekende genera: Proteus in Europa (met slegs een spesie -- Anguinus); en Nectarus in Noord-Amerika (met tot agt spesies en subspesies). (Die aksolottel behoort tot die familie Ambystomidae.)

 

Die olm hou in haas ontoeganklike grotte in Sloveniδ en 'n kalksteen-streek vol spelonke oos van die Adriatiese See -- 'n bisarre diertjie van die stikdonker waters. Die lang lyf kan tot 30 cm lank wees. Die kop is lank en smal, die snoet stomp en die stert is soos 'n lem gevorm. Daar is vier delikate ledemate.

 

Hy swem meestal deur die water, aangedryf deur sy sterk stert, maar kan ook oor rotse klouter. Hy haal asem met veeragtige kieue en deur sy vel. Af en toe kom hy na die wateroppervlak om na lug te snak.

 

In sy middernagtelike wΩreld het hy geen oδ nodig nie. Pas nadat hy uitgebroei het, is daar klein swart kolletjies waar sy nefies oδ het. DiΘ kwyn geleidelik weg en word deur vel bedek. Die afwesigheid van lig beteken ook dat geen pigmentasie nodig is nie. Omdat hy so bleek is, het hy die bynaam ''menslike vis'' gekry. Wanneer die olm egter baie aktief is, vloei bloed vinnig deur sy vel en word hy pienkerig.

 

Die olm plant voort deur eiers te lΩ, maar af en toe bly die eiers in die ouer se liggaam en kom die kleintjies ten volle ontwikkel in die wΩreld. Hy is baie sensitief vir die trillings van klein waterdiertjies soos skaaldiere en visse, wat sy prooi is.

 

Die olm kan verstommend lank sonder kos bly. Een wat in 'n laboratorium aangehou is, het meer as 15 jaar lank geen krieseltjie kos gekry nie -- maar hy was toe steeds op en wakker en dit het ook nie gelyk of hy besig was om swakker te word nie. Praat van 'n marathon-dieet.

 

____________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

____________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan