____________________________________________________________

 

Reklame-agentskap:

die vernuftige mense agter daardie pakkende advertensies

 

Reklame is deel van ons almal se lewens. Dit is oral. 'n Advertensie ontstaan baiemaal ook nie sonder inspanning nie. Dis dikwels die produk van verskillende mense se harde werk -- en dit gaan oor baie meer as bloot pragtige prentjies en slim woorde. Dit is daarom ook nie verbasend dat s≤ 'n bedryf 'n breδ reeks van fassinerende beroepsgeleenthede bied nie...

____________________________________________________________

 

DIS een van die min reekse loopbane waarin die wetenskap en die kuns 'n ewe groot rol speel. As die kommunikasie van idees vir jou belangrik is, is dit miskien tyd om die reklamewese as jou roeping te oorweeg.

 

Miljoene rande word jaarliks wΩreldwyd in hierdie bedryf bestee. Hier werk die beplanner, die onderhandelaar, die skrywer, die kunstenaar en die bestuurder as 'n span saam om hul kliδnt se sakeprobleme te help oplos.

 

Dis 'n opwindende kombinasie van briljante idees en 'n intensiewe kennis van die mark -- en dus 'n aantreklike tuiste vir 'n groot verskeidenheid mense. Hoewel gegradueerdes uit talle verskillende terreine hier beland, is daar nou ook instansies wat gespesialiseerde opleiding in die reklamewese se verskeie spesialiteitsrigtings bied.

 

Maar hoe lyk die poste en take van die verskillende hoofde en werkers in 'n tipiese reklame-agentskap?

 

òáá REKENINGBESTUURDER: 'n Rekeningbestuurder (account manager) is verantwoordelik vir die skakeling met die kliδnt en die bestuur van die algehele proses. Hy of sy is dus die tussenganger tussen die agentskap en die adverteerder.

 

S≤ iemand moet die kliδnt se behoeftes vinnig kan bepaal, inligting blitsig kan verwerk, diplomaties kan optree en bowenal geesdriftig wees. 'n Bekende persoon in die reklamebedryf vergelyk die rekeningbestuurder met die dirigent van 'n groot simfonie-orkes, wat moet sorg dat die klanke van die uiteenlopende instrumente 'n geheel vorm om musiek te maak.

 

òáá REKENINGBEPLANNER: By party agentskappe verrig die rekeningbestuurder dieselfde taak as die beplanner, maar by ander het hulle verskillende funksies. Sy werk is hoofsaaklik om dit wat die kliδnt wil hΩ, te versoen met dit wat die verbruiker wil hΩ.

 

Navorsing is die rekeningbeplanner se vernaamste gereedskap. Wat wil die mark hΩ? Hoe beskou hulle 'n sekere produk of diens? In samewerking met die kliδnt, en dikwels ook onafhanklike navorsingsinstansies, ontleed hy die persepsies, motiverings en begeertes van die mark.

 

Met die resultate van die navorsing moet die rekeningbeplanner met 'n sinvolle strategie na vore kom om die nodige boodskap by die verbruikers tuis te bring. Dit moet ook sin maak vir die mediamense en die kreatiewe span. Ten einde hierdie mense, sowel as die kliδnt, te kan oortuig, moet hy die vermoδ hΩ om 'n oortuigende voorlegging te kan doen en slim te kan argumenteer.

 

òáá MEDIABEPLANNER EN -AANKOPER: Die afdeling van die mediabeplanner en -aankoper in 'n agentskap ontleed, selekteer en kontrakteer plek of tyd in die media (bv. tydskrifte, die radio en televisie) wat die reklameboodskap die beste sal oordra.

 

Ons beleef vandag 'n media-ontploffing. Die verskeidenheid neem daagliks toe. Kenners op hierdie terrein is dus vir die agentskap 'n absolute noodsaaklikheid. Hier is twee rigtings waarin gespesialiseer kan word, hoewel dit in kleiner agentskappe deur dieselfde mens behartig word: mediabeplanning en media-aankope.

 

As mediabeplanner moet jy die beste kanale identifiseer om die boodskap aan die regte mense oor te dra. Die geheim is om soveel as moontlik van jou mark te bereik en terselfdertyd vermorsing te voorkom. Vandag word meer boodskappe deur meer media aan minder mense gestuur as ooit tevore. Die media-aankoper se taak is om die beste geleenthede te vind om jou kliδnt se boodskap oor te dra. 'n Goeie kennis van die verskeie media en pryse is noodsaaklik. Jy moet ook kan onderhandel vir die beste pryse en goeie betrekkinge met die mediaverkopers handhaaf.

 

òáá KOPIESKRYWER EN KUNSDIREKTEUR: Die kopie is die woorde in 'n advertensie. 'n Kopieskrywer se werk behels egter heelwat meer as net die skryf van woorde. Hy of sy dink die advertensie uit, in noue samewerking met die kunsdirekteur.

 

Hierdie span werk allereers met idees. Hulle moet die beste en oorspronklikste oplossings vind vir die opdragte wat deur die bemarkers gegee word, deur gebruik te maak van woorde, prente, musiek, klankeffekte en dies meer. S≤ iemand moet homself in die teikenmark se skoene kan plaas. 'n Passie vir reklame en vir idees is van kardinale belang.

 

As dit nodig is, werk hierdie mense lang ure, en daar is dikwels frustrasies met die kliδnte sowel as kollegas, maar die opwinding van die werk kan met min ander vergelyk word.

 

òáá GRAFIESE ONTWERPER: Dit is vanselfsprekend dat 'n ontwerper 'n aanleg vir die visuele kunste moet hΩ. Die werk behels die ontwerp van verpakking, logo's, briefhoofde, brosjures, verkooppunte en vele ander. Opleiding in die moderne tegnologie van die rekenaar word vereis.

 

S≤ iemand kan ook kies om te spesialiseer op rekenaarverwante terreine, die sogenaamde multimedia, met die ontwerp van webtuistes, inligting-CD's, skermbeskermers (screen savers) en ander verwante promosie-artikels.

 

S≤ sien ons dat die advertensiebedryf interessante loopbaangeleenthede bied aan 'n breδ verskeidenheid van mense met verskillende talente en belangstellings.

 

____________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

____________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan