___________________________________________________________

 

Die storie van

glas

 

Glas is een van die mens se nuttigste besittings. Soos baie uitvindsels word dit egter van die eenvoudigste ding gemaak -- in diΘ geval sand!

___________________________________________________________

 

DAAR was eenmaal 'n groep Siriese handelaars wat 'n nag op die sanderige oewers van die Belusrivier deurgebring het. Hulle het vuur gemaak bo-op 'n paar koeke soda-as wat hulle met hulle saamgedra het. En toe hulle die vol¡gende oggend wakker word, vind hulle tot hul verbasing dat die soda-as en sand saamgesmelt het om glas te vorm.

 

Hierdie interessante verhaaltjie is in die eerste eeu nC deur die Romeinse skrywer Plinius die Ouere geskryf. Maar dit kan natuurlik nie waar wees nie. 'n Veel hoδr temperatuur as diΘ van 'n kampvuur is nodig om glas te maak. Die verhaaltjie is waarskynlik versin om te verduidelik hoe Si¡riese glasmakers begin het om glas uit sand te vervaardig.

 

Die oudste glas waarvan ons weet, is die handewerk van Moe¡der Aarde, wat baie, baie jare voor die mens reeds 'n swart, glinsterende lawaglas genaamd obsidiaan gemaak het.

 

Dit ontstaan deur vulkaniese werking -- wanneer die lawa vin¡nig afkoel. Wanneer obsidiaan breek, vorm daar baie skerp snykante en die vroeδre mense het dit as gereedskap, pylpunte en ornamente gebruik -- selfs as 'n primitiewe spieδl.

 

Nog 'n soort natuurlike glas word soms gevorm wanneer weerlig sand tref. Die hitte versmelt die sand tot glaspype genaamd fulguriete.

 

Geen mens weet vir seker watter volk die eerste glas gemaak het of hoe dit gedoen is nie, maar die vroegste mensgemaakte glas waarvan ons weet, kom van Egipte en Mesopotamiδ. Dit was in die vorm van 'n glasuur op klippe en erdewerk rondom 3000 vC. Glasvase en -kruike dateer uit omstreeks 1500 vC.

 

In die geskiedenis van die glasmaakkuns was daar twee belangrike tydperke: Romeinse heerskappy, toe glasmakers die tegniek bemeester het om glas te beskilder en te verguld en met ontwerpe te versier wat in reliδf uitgesny is; Θn die 1200's en 1300's, toe Venesiaanse glasblasers Cristallo vervolmaak het. Cristallo is 'n helder glas waaruit hulle vase, bakke en ander houers met baie gedetailleerde kantwerkpatrone geskep het.

 

Die gebruik van glas en ontwikkelings in die glasmaakkuns het in die twintigste eeu met rasse skrede toegeneem.

 

Bestanddele

 

òáá GLAS het drie basiese bestand¡dele: silika, soda-as en kalksteen. Silika, die vernaamste bestanddeel, is 'n baie suiwer soort sand; soda-as is 'n gewone natriumsout wat die sand teen 'n laer tempe¡ratuur laat smelt; kalksteen maak die glas hard en waterdig.

 

Ander bestanddele kan bygevoeg word om spesiale soorte glas te kry.

 

In die maak van glas word die verskillende stowwe gemeng en in 'n smeltoond tot 'n dik vloeistof gesmelt. Weggooiglas en herwonne glas word ook by die mengsel gevoeg.

 

Daar is verskeie maniere om gesmelte glas te vorm -- soos deur die gesmelte glas te blaas, in gietvorms in die gewenste vorms te druk of deur rollers te stuur.

 

Glasblasery

 

òáá IN DIE verlede is alle glasvoorwerpe deur blasery gevorm. Vandag word glasbottels en -kruike nog so gemaak, behalwe dat masjiene dit nou doen met saamgeperste lug. Tog is daar steeds party vakmanne wat pragtige en ongewone glasprodukte op die outydse manier skep.

 

Om glas te blaas druk 'n glas¡maker 'n hol metaalbuis, of blaas¡pyp, in gesmelte glas. Party daarvan kleef aan die end van die pyp vas. Hy vorm die ge¡smelte klodder deur dit teen 'n harde oppervlak te rol en blaas dan by die ander end van die buis in, bra soos 'n mens 'n ballon sal opblaas.

 

Die klodder swel uit tot 'n hol bol, wat die glasmaker steeds bly vorm deur dit te rol, druk, draai, sny, herverhit en nogmaals te blaas.

 

Wanneer die glas die ver¡langde vorm het, breek hy die glasvoorwerp van die pyp af los en laat dit om af te koel en hard te word.

 

Ander metodes van glasvorming

 

òáá DIE koms van die masjien in die negentiende eeu en belangrike chemiese ontdekkings het tot groot vooruitgang in die glasmaakbedryf gelei. Vandag word talle glasvoorwerpe, soos bakke, potte, drinkglase en borde, op groot skaal deur masjiene vervaardig.

 

Gesmelte glas word in 'n giet¡vorm gedrup en dan in die gewenste vorm gedruk.

 

Glasplate word gemaak deur gesmelte glas vanuit 'n smeltoond in 'n tenk van gesmelte tin in te voer. Die glas dryf op die oppervlak, koel geleidelik af en verhard, en word hierna ter versterking herverhit en stadig afgekoel. Die groot, plat glasplate word dan gewas en tot die verlangde groottes gesny.

 

Voorts het moderne ontwikkelings in die glasbedryf dit vir die hedendaagse bouer moontlik ge¡maak om met glas te bou soos ons voorouers met klip en steen. Groot glasblokke word in spesiale gietvorms gegiet en dan met sement aanmekaargeheg om be¡sonder aantreklike mure van glas te vorm.

 

Glasvesels -- verkry deur ge¡smelte glas deur gaatjies te voer -- is 'n uiters nuttige materiaal. Net soos plant- en diervesels kan dit gespin word. Glasveselmateriaal word vandag op groot skaal vir isolasie in geboue gebruik, asook vir talle ander produkte, van die bakwerk van motors tot visstokke.

 

Bottels word in vorms gemaak deur gesmelte glas met ingeblaasde lug te fatsoeneer.

 

òá òá òá òá

 

Die vorms van

glas

 

'Helder soos kristal,' skryf Johannes in die Bybelboek Openbaring. Met die woord 'kristal' is in die ou tyd kwarts bedoel, maar vandag word die benaming gebruik vir fyn geslypte glas. Hoewel baie glas¡ware deesdae in massa geproduseer word, het dit niks van die glans verloor wat dit soveel eeue gelede reeds ge¡had het nie...

 

GLAS is oral om ons. Dis in ons vensterruite, spieδls, bottels, flesse, drinkglase, kookgereedskap, vase, motorruite... ook in die lense van ons kameras, teleskope, mikroskope en brille. En die rekenaarskerm waarteen jy nou vaskyk, is natuurlik ook van glas!

 

Kunswerke word baiemaal daarvan gemaak. As veselglas vind jy dit in die rompe van bote of as isolasiemateriaal in ons huise.

 

Waar sou ons vandag sonder glas gewees het? Daar is min ander fabriekstowwe wat 'n ewe enorme bydrae tot ons moderne lewenswyse lewer.

 

Wat meer sΩ, glas kan baie verskillende vorms aanneem. Dit kan dik genoeg wees om 'n koeδl te keer of fyner wees as 'n spinnekop se web. Dit kan sterker as staal wees of broser as 'n sneesdoekie. Dis gewoonlik deurskynend, maar 'n mens kan dit allerhande kleure gee.

 

Hierbo het ons gesien hoe glas geplooi en gevorm word. Afhangende van waarvoor dit gebruik word, kan glas ook ekstra bestanddele tydens die ver¡vaardiging daarvan kry, of dit kan verander word nadat dit reeds gevorm is.

 

Sierglas

 

òáá GLASWARE kan met kleure en patrone versier word. Brandskildersglas, soos diΘ in vensters en sekere sierware, het in die tyd van die antieke Egiptenare ontstaan en in die Middeleeue uiters gewild in Europa geword.

 

Die kleure word verkry deur stowwe soos yster- en koperoksied by die glasmengsel te voeg voordat dit verhit word. Klein ruitjies van verskillende soorte ge¡kleurde glas word dan in loodrame gemonteer om 'n prent te vorm. Ekstra besonderhede kan later met verf aangebring word.

 

Patrone word op verskillende maniere geskep. Die eenvou¡digste is om 'n patroon in die glas te stempel terwyl dit nog warm en plooibaar is.

 

Vir 'n mooier en glansryker effek, kan glasware geslyp word deur dit teen 'n draaiende slypwiel te hou. Kristal, glas wat loodoksied bevat, is gewild omdat dit maklik geslyp word.

 

Daarteenoor kan 'n patroon ook met 'n skerp voorwerp met die hand op die glas gekrap word.

 

Glas kan ook met 'n draaiende koperwiel gegraveer word. Dit is 'n lang, moeisame proses waarin wiele van verskillende groottes gebruik word, maar die kunste¡naar kan daarmee 'n ingewikkelde patroon skep. Van die mooiste kristalmeesterstukke ter wΩreld is deur middel van gravering gemaak.

 

Nog 'n manier om glas te ver¡sier, is om dit te ets. Vloeispaatsuur vreet glas. Deur glas daarmee te behandel, kan verskillende effekte verkry word, wat van 'n ruwe mat¡glas tot 'n deurskynende glas wis¡sel.

 

Versterkte glas

 

òáá WANNEER gewone glas breek, versplinter dit in talle skerp, potensieel gevaarlike stukkies. Gewone glas wat in 'n warm oond geplaas word, bars ook. Glas wat vir die voorruite van motors en vliegtuie, vir groot geboue, straatligte, kookgereedskap en die bewaring van chemikalieδ gebruik word, moet egter sterker gemaak word.

 

Getemperde glas is glas wat tydens die vervaardiging 'n spesiale soort hittebehandeling gekry het. Dis omtrent vyf keer sterker as gewone glas en wanneer dit wel breek, verbrokkel dit in 'n massa klein fragmentjies met stomp kante. Dit word vir die kant- en agterruite van motors en die glasdeure van winkels gebruik.

 

Die voorruite van motors is gewoonlik van gelamineerde glas, 'n "glastoebroodjie" met 'n laag plastiek in die middel. Een of albei glaslae kan breek, maar die plastieklaag hou die brokstukke bymekaar.

 

Party vensterruite word met 'n binnelaag van sifdraad versterk. Koeδlvaste glas bestaan uit verskeie lae van dik, gelamineerde glas.

 

Hittewerende glas word ge¡maak deur booroksied by die be¡standdele te voeg. Aangesien dit nie bars wanneer dit verwarm word nie, is dit geskik vir bakskottels en chemiese en industriδle ware soos proefbuise, drinkbekers en flesse.

 

Sonbrille wat in sonlig verdonker, word gemaak van fotochromiese glas, wat 'n silwerverbinding bevat.

 

Daar is vandag 'n menigte an¡der spesiale soorte glas.

 

____________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

____________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan