____________________________________________________________
om te
oorwin...
Dis om van te huil. Waar die mens is, is daar gemors,
en diΘ gemors is meer as net Æn aanslag op die sintuie. Wanneer vullis verbrand
word, gee dit gasse af wat die omgewing en atmosfeer besoedel en vergiftig.
Vullis is Æn ßl groter wordende probleem, maar daar is hoop -- as ek en jy net
sal uitspring en betrokke raak by herwinning...
____________________________________________________________
DIE kreef is darem 'n netjiese kΩrel! Kyk net hoe herbenut hy sy dop elke
keer wan¡neer hy "vervel".
Namate die jong larwe groei, werp hy
van tyd tot tyd die harde skelet aan sy buitekant af. Sodra hy s≤ afgedop het,
ontwikkel hy 'n lus vir kalsiumkarbonaat -- wat hy inkry deur sy eie versmade
dop te verslind, asook die skulpe van an¡der diere soos molluske of
seekastaiings.
In die natuur word niks vermors nie.
Die produkte van enige natuurproses word in ander natuurprosesse opgeneem. Die
blare wat in die herfs van die bome val, verander in voedingstowwe vir die
plante. Spinnekoppe vreet dikwels hul eie webbe op en herwin s≤ die prote∩en
daarin en maak hul omgewing skoon.
Dis net die mens wat met sy
bedrywighede oortollige stowwe skep wat nie slegs nutteloos is nie, maar
baiemaal ook skadelik. Dit word afval genoem.
Van die vroegste tye af is die mens
'n rommelmaker. Die beskawing het feitlik sinoniem geraak met die vullishoop.
Maar dit is net in die afgelope aantal dekades, en veral sedert die
ontwikkeling van die "weggooi"-gemeenskap, dat afval werklik 'n reuse
probleem geword het.
Baie mense dink jy kan maar papier
weggooi omdat dit gou in die natuur vergaan, en dat plastiek sleg is omdat dit
nooit ontbind nie. Navorsing wat in Amerika gedoen is, het egter 'n aantal
verbasende feite opgelewer oor wat werklik gebeur met die dinge wat ons
weggooi.
Ondersoeke by ou vullishope het
getoon dat telefoongidse partykeer so te sΩ onvernietigbaar is. Selfs koerante
kan nog gelees word nadat hulle twintig jaar op 'n hoop gelΩ het.
Papier, wat organies is, skep boonop
metaangas wanneer dit verrot. DiΘ is hoogs vlambaar en kan 'n vullishoop selfs
laat ontplof. Weggooi-plastiek, daarenteen, hoe onooglik dit ook al is, vorm
darem nie gifstowwe wanneer reδn daarop val nie. Maar dan weer: die vergaanbare
soort plastiek breek wel af tot 'n poeierige stof wat na die watertafel deursypel en dit
besoedel.
Boonop is water en sonskyn vir die
plastiek nodig om te kan ver¡gaan -- wat dit nie maklik kan bereik wanneer die
plastiekvoorwerpe diep begrawe lΩ op stortingsterreine nie.
Vullis is werklik 'n toenemende
probleem. Wat gaan ons dan doen om die lelike vullishope kleiner te maak sonder om
die omgewing te bena¡deel? Een van die beste oplossings lΩ in herwinning: Om
nuttelose afval tot bruikbare produkte te omskep.
S≤ word vandag se koerante m⌠re se
ontbytgraanbokse. Vandag se koeldrankbottel word die stopsel in m⌠re se
slaapsak.
Herwinning help nie net om
besoedeling te bestry nie, maar dra ook by tot die bewaring van
natuurlike hulpbronne. Dit kan op die koop toe tot groot besparings vir die
verbruiker lei.
òáá DIE tegnologie van herwinning bestaan al 'n stuk of 3000 jaar.
Glasmakers het glasbottels gesmelt en vervorm sedert hul ambag ontstaan het.
Papier was eenmaal skaars Θn duur, en word reeds honderde jare herbenut.
Afvalmetaal word sedert die laat 1800's hergebruik.
In die jare sestig van die twin¡tigste
eeu was daar 'n hernieude belangstelling in herwinning. Die mens het terdeδ
begin besef dat hy besig is om sy natuurlike hulpbronne uit te put en dat van
sy fabrieke die omgewing besoedel.
Beter georganiseerde metodes vir die
sortering en verwerking van herwinbare stowwe het hul beslag gekry. Glasmakers
het byvoorbeeld versamelpunte begin vestig waar mense leδ bottels en ander
glasprodukte kon inlewer.
Later het die probleem van weggooi¡plastiek
die bewaringsbewustes aan die dink gesit. Soorte plastiek is toe ontwikkel wat
chemies in sonlig kan afbreek of deur die wer¡king van bakterieδ.
En, heel onlangs in Suid-Afrika, het
die regering streng maatreδls aangekondig om die gewraakte plastieksakke te
verminder wat wyd en syd aan heinings langs die paaie gewapper het.
Maar kom ons bekyk die jongste
herwinningstegnologie van naderby...
òáá DIE herbenutting van metale bespaar baie geld. Die metaal is immers
byderhand en die erts hoef nie nog ten duurste gemyn en verwerk te word nie.
Onder die metale wat s≤ hergebruik kan word, is aluminium, staal, koper, goud
en platinum.
Die volopste bronne van herwin¡bare
aluminium is drankblikkies, tinfoelie-borde, tuinmeubels, geute en deur- en vensterrame.
Die aluminium word eers platgedruk
om makliker vervoer te word en dan na 'n versmeltingsentrum gebring waar dit
versnipper word.
Die gedrukte etikette of verf aan
die buitekant en die vernis aan die binnekant word met hitte verwyder, en die
aluminium in 'n smeltoond gesmelt. Hierna is dit gereed om
weer gebruik te word.
Metale is baie nuttig deurdat dit
oor en oor gebruik kan word.
òáá DAAR is 'n aantal jare gelede al bereken dat Suid-Afrikaners jaarliks 50
kg pa¡pier per kop gebruik. Hoeveel bome nodig is om in die land se geweldige
verbruik te voorsien, is 'n goeie vraag. Tog word slegs 'n kleinerige
persentasie van ons koerante en tydskrifte herbenut terwyl die res op
vullishope regoor die land beland -- 'n groot skade om die minste te sΩ.
Wanneer papier vir hergebruik bewerk
word, word dit in 'n groot vat water geplaas en tot 'n pulp geklop.
Reinigingsmiddels word bygevoeg om
die drukkersink op te los. Die ink word daarop met water weggespoel, terwyl
vreemde voorwerpe soos skuifspelde en vullis deur 'n filtreerskerm verwyder
word.
Die pulp word dan net soos die
oorspronklike houtpap gebruik -- nie net om papier te maak nie, maar ook
liggewig-karton vir, sΩ, ontbytgraanbokse, toiletpapier en snesies,
papierhanddoeke, bruinpapiersakke, eierhouers en boustowwe soos
isolasiemateriaal, pleisterborde en dakbedekking.
òááá
VANá afvalglasá wordá
'ná hele reeks goed gemaak -- glashouers,
padboumateriaal, noem maar op.
Gebruikte glashouers word eers
volgens kleur met die hand gesorteer. Staalvoorwerpe soos deksels word met 'n
staalmagneet verwyder. Die glas word dan in 'n breekmasjien vergruis.
Papieretikette kom gewoonlik los in die proses en word deur suiging verwyder.
Die vergruisde glas word daarop in
'n smeltoond met sand, kalk¡steen en soda-as versmelt. Die gesmelte glas kan
nou in vorms gegiet word vir nuwe houers.
Glas is baie geskik vir herbenutting
omdat dit nie weens gebruik of ouderdom bederf nie.
òáá NIE alle glas hoef gebreek te word om herbenut te word nie. Koeldrank-
en wynbottels en sekere bottels vir bier en spiritualieδ kan vir geld aan
supermarkte en drankwinkels terugbesorg word.
òáá DAAR is 'n aantal probleme verbonde aan die hergebruik van plastiek.
Eerstens kan nie alle soorte plastiek herbenut word nie. Die harde stof in
elektriese muurproppe, om een voorbeeld te noem, kan nie weer gesmelt word nie.
Tweedens spesialiseer baie
herwinners net in sekere soorte plastiek. Dit beteken dat plastiek voor
hergebruik gesorteer moet word -- 'n arbeidsintensiewe praktyk.
En dan moet plastiek ook nog skoon
wees om vir hergebruik verwerk te word. Besmetting met ou kos kan 'n
gesondheidsgevaar inhou, en klippertjies en sand beskadig die lemme wat in die
herwinningsproses gebruik word. Plastiek van munisipale stortingsterreine is
dikwels so erg besoedel dat dit nie gebruik kan word nie.
Probleme soos diΘ maak her¡winning
duur. Nogtans kom plastiekherwinners vorendag met merkwaardige produkte wat van
blompotte tot videokassethouers en stortbadgordyne wissel.
Hoe kan jy omgewingsbesoedeling
help bestry en toesien dat afval herbenut word?
ò ááProbeer om, waar moontlik, nie "rommel" te koop nie. Gebruik
jou eie houers as jy kan en koop dinge soos koeldrank in bottels wat weer
ingelewer kan word.
ò ááDeel jou afval op. Hou die glas, papier, plastiek en metale apart van
mekaar en neem dit na versamelpunte of herwinningsdepots.
ò ááHoor by jou winkelbestuurder vir watter bottels hy jou sal betaal en
neem dit soontoe.
ò ááMoedig jou skool aan om aan herwinningsbedrywighede deel te neem.
ò ááKoop produkte wat van herbe¡nutte stowwe gemaak is.
____________________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik hier
____________________________________________________________
Ons Wonderlike WΩreld op CD,
2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan