salige
snuf in die neus
Parfuum ... dis gewyde wierook, misterieuse mirre, soet jasmyn, die muskusgeur van rose, die speserye van die woestyn, die welriekendheid van die veld... Dit is die geurige rook van Middeleeuse kloosters en van gedrapeerde harems, die reuk van kosbare olies wat die skouers van die hofdames gestreel het en in antieke grafkelders oor die dooies gesprinkel is. Dit is 'n gawe vir die sinne, 'n herwonne herinnering...
____________________________________________________________
DIE Afrikaanse digter D.J. Opperman het sy nooi in die nartjiegeur
gevind, maar ook antieke geskrifte is vol van verwysings na geure en parfuum.
Van die Bybel tot Shakespeare, in Latyn, Arabies en die hiδrogliewe van
Egipte... sedert vervloδ tye het mense geurige olies en velverfrissers in gods¡dienstige
rituele en vir skoonheid gebruik.
Trouens, lank voordat hulle parfuum
kon maak, is primitiewe mense deur geure geboei; hulle het geglo dat daar in
blomme se welrie¡kendheid die een of ander natuurgod skuil.
Van die heel eerste parfuums is in
Indiδ en Egipte gemaak -- as offerreukwerk of om lyke te balsem ten einde hulle
voor te berei vir hul "reis" na die hiernamaals. (Die woord parfuum
kom van die Latynse woorde per fumum, wat in der waarheid "deur
rook" beteken.)
Potte waardevolle olies wat
omstreeks 1350 vC in die jeugdige farao Toetankamen se grafkelder verseδl is,
was steeds geurig toe dit in 1922 oopgemaak is.
Die kuns van parfuumvervaardiging is
deur die kruisvaarders na Europa gebring en eers in Italiδ en toe in Frankryk
ontwikkel, wat vandag steeds die parfuumsentrum van die wΩ¡reld is. In daardie
dae van primitiewe higiδne en twyfelagtige sanitΩre gewoontes het ryk dames
reukwaters gebruik om onaangename liggaamsreuke te verbloem en die lug in
bedompige kamers vol vlooie te versoet.
Maar teen die sewentiende eeu het
parfuum 'n hulpmiddel by hofmakery en 'n mode-bykomstigheid geword. Sy moderne
geskiedenis begin omstreeks diΘ tyd, in die Franse dorp Grasse, waar landerye
vol laventel en jasmyn vandag nog gekweek word om in baie van die wΩreld se
beroemdste geure gebruik te word.
Baie gunsteling-parfuumhuise het in
daardie jare ontstaan: Houbigant, gestig in die laat agttiende eeu; Roure,
gevestig in Grasse in 1820; Guerlain, in 1820 (sy geur Jicky, wat vandag nog
beskikbaar is, is in 1889 geskep).
Die waardevolste parfuums bevat
steeds kosbare natuurlike bestanddele: damasrose van Indiδ, Persiδ, Frankryk,
Bulgarye en die Balkanstate; bergamot van Italiδ; iriswortels -- teen duisende
rande per 500 g -- van Marokko.
Vandag is parfuumvervaardiging 'n
reuse bedryf met verbete mededinging, veral sedert die ontstaan van die groot
Amerikaanse vervaardigers. Baie van die voorste modeontwer¡pers het hul eie
parfuums, wat oorspronklik as geskenke vir klante gemaak is: die geure van
Chanel, Dior, Yves St. Laurent, Benetton, Gucci and HermΘs is almal
topverkopers. Die juweliersfima Cartier het ook sy eie pafuum -- selfs die
sigaarmakers Davidhoff en Dunhill.
Vandag se vroue -- en mans -- dra
daagliks hul parfuums, nie net by spesiale geleenthede nie, en miljarde rande
word jaarliks oor die wΩreld heen daaraan bestee.
òáá WELRIEKENDE plante het piep¡klein sakkies met sogenaamde eteriese olies
daarin -- vlugtige be¡standdele met 'n aangename geur. DiΘ sakkies kan in die
hele plant voorkom, soos by laventel en malvas, in die blom, soos by jasmyn en
rose, in die saadhulsels van vanielje, in die skil van lemoene en suurlemoene,
in die bas van ka¡neel, of in botsels, hout of blare.
Slegs sowat 2000 van die 250 000
bekende soorte blomplante bevat eteriese olies. Dit is diΘ stowwe wat
parfumeurs -- mense wat reukwerk maak -- in hul produkte gebruik. Parfumeurs
moet 'n lang kursus volg in die kuns om te ruik.
Duur lyfparfuum bevat die olies van
skaars blomme, terwyl seep en reukweermiddels goedkoper geure bevat. Die meeste
soorte parfuum is mengsels van plantekstrakte, dierlike stowwe, alkohol, water
en sintetiese reukwerk.
Geurolie word meestal uit plante
onttrek deur middel van stoom-distillasie (waar stoom deur die plantemateriaal
gestuur word); die kook van blomblare in water; die behandeling van blomblare
met 'n stof wat die ander bestanddele oplos; en 'n metode waar vet gebruik word
om olie uit die blomblare te absor¡beer.
Dieremateriaal is lank in
parfuums gebruik om die verdamping van eteriese olies te vertraag en om seker
te maak die geur hou lank nadat die flessie oopgemaak is.
Onder die dierlike stowwe is muskus
van die muskushertram van Tibet en China; sivet van die sivetkat, wat ook in
Suid-Afrika aangetref word, maar meestal in gevangenskap in Ethiopiδ geteel
word; en ambergrys uit die ingewande van die potvis ('n walvis¡soort).
Dierlike bestanddele is reeds tot groot hoogte deur sintetiese stow¡we vervang weens heftige besware deur bewaringsbewustes. Trouens, die meeste bestanddele van vandag se reukwerk is sinteties.
Hoe jy ruik...
òáá
GEURMOLEKULES beweeg deur die neus via reseptore na die olfaktoriese
bol, van waar die inligting na die brein gestuur word.
____________________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik hier
____________________________________________________________
Ons Wonderlike WΩreld op CD,
2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan