______________________________________________________________                                                        

 

Flieks en fantasie --
die beginjare van die
rolprent


Aktrise van weleer Die rolprentwese was so 'n integrerende deel van die twintigste eeu dat 'n mens jou kwalik die eeu se verloop daarsonder kan voorstel. Was dit dan nie flieks wat ons eerste medium vir massiewe internasionale kommunikasie geword het nie? Spoedig sou dit boodskappe oordra soos geen ander middel dit ooit tevore kon doen nie en kon dit ontspanning bied aan massas vermoeide of drama-beluste mense. Dit sou ook gemoedere kon aanblaas selfs tot by 'n teuellose histerie en nuwe geestesrigtings uitdra wat miljoene mense bedwelm. En dit sou gode en godinne maak van gewone, sterflike akteurs.  In hierdie artikel kan jy lees van die eerste rolprentprojektors en die vroeδ jare van die filmbedryf
-- 'n bedryf wat eintlik al 'n rapsie voor die twintigste eeu begin het...
_____________________________________________________________

 

Louis LumiΦre DIT moet vir die Parysenaars 'n groot aardigheid gewees het om te aanskou. Die Franse broers Auguste (1862-1954) en Louis (1864-1948) LumiΦre het naamlik die eerste praktiese stelsel uitgevind waardeur films sowel opgeneem as vertoon kon word. In Desember 1895 het die broers rolprente in 'n kamer van 'n Paryse kafee vertoon met 'n toestel wat sowel 'n rolprentkamera as 'n projektor was.

 

Om die prente te vertoon het hulle 'n kragtige lamp agter die kamera geplaas en die film met 'n slinger deurgevoer.

 

Die broers LumiΦre se eerste vertoning daar in die Grand CafΘ aan die Boulevard des Capucines het reeds 'n voorsmaak gegee van die moontlikhede en verskeidenheid van die nuwe uitvinding.

 

Die Franse fliekkykers het vol verwondering gestaar na 'n toneeltjie in die LumiΦre-fabrieke, afgeneem tydens die middagete. Hulle het geskrik vir die aankoms van 'n trein in die stasie en met verbasing gekyk na die rustelose beweging van die see se branders. Aan die einde van die vertoning het hulle lekker gelag vir 'n tuiman wat besig was om sy plante water te gee net om deur iemand anders natgespuit te word.

 

Dit spreek vanself dat die eerste rolprente baie gebrekkig was. Boonop was die eerste projektors bra primitief in vergelyking met vandag s'n. 'n Skoorsteen sou byvoorbeeld die hitte van die lamp laat ontsnap. En houtknoppe het die beheermeganismes koud genoeg gehou om aan te raak.

 

'n Draaiende sluiter het 'n breukdeel van sekonde lank die projeksie afgesluit terwyl die film na die volgende raampie aangeskuif het. Die film kon egter aan die brand slaan as die persoon by projektor opgehou het om die slinger te draai wat die film laat beweeg het.

 

Die towerlantern was destyds 'n toestel waarmee vergrote beelde op 'n skerm gegooi is. Die eerste projektors was in der waarheid towerlanterns met 'n toestel wat die film deurgevoer het. Baie het kalklig as ligbron gebruik, maar met die toename in die gebruik van elektrisiteit, is dit deur vlamboogligte vervang. Die film is, met die draai van die slinger, deur 'n ''klitser''-meganisme op sy perforasies voortgetrek. Weens die slyting is vertonings dikwels onderbreek wanneer die film gebreek het.

 

Charles PathΘ (1863-1957) en sy broer Emile (1860-1937) het baie van die vroeδ projektors gebou en onder die naam PathΘ FrΦres (Broers PathΘ) verkoop. Die twee word egter veral onthou vir die nuusrolprente wat hul maatskappy van 1909 af gemaak het.

 

In Frankryk was die ontwerp van die broers LumiΦre se oorspronklike  kamera/projektor op diΘ van 'n naaimasjien gegrond. Die naaimasjien hou die materiaal stil terwyl hy stik en stoot dit dan vinnig aan tussen die steke; net so hou die projektor die film stil wanneer elke raampie op die doek geprojekteer word en stoot dit gou vorentoe nß elke raampie-projeksie.

 

Die uitvinding van onbrandbare film teen 1912 het projeksie baie veiliger gemaak, en projektors vir tuisgebruik het beskikbaar geword. Die PathΘscope-tuiskinematograaf, wat ook soos 'n naaimasjien gelyk het, is ontwerp om kleiner afdrukke van professionele films te vertoon en was 'n reuse sukses.

 

Ou projektorMet die ontwikkeling van die bioskoop het projektors groter en meer gevorderd geraak. Groter bioskope het groter beelde geverg en dit het weer beteken dat die projektorlamp helderder moes wees. Die Gaumont Kalee-projektor is ontwikkel met 'n yslike lamphouer om sy groot booglamp te huisves. Die Kalee-projektor was gewild in die jare vyftig se groot bioskope. Nuwer projektors het nog baie meer outomatiese funksies.

 

ò   IN die goue jare van rolprente was rolprentsterre soos konings en koninginne wat te huur was: vir die prys van 'n rolprentkaartjie kon elkeen die wΩreld van die Hollywoodse vorstedom betree. Fliekgangers het nie eens nodig gehad om te wag tot die projektor flikkerend begin lewe skep het voordat hulle daardie glanswΩreld ervaar het nie, want die fantasie het begin sodra hulle die bioskoop binnegeloop het.

 

'n Plekaanwyser in uniform het hulle deur 'n luuksueuse, met marmer uitgevoerde saal so groot soos 'n katedraal na hul sitplekke geneem. Onder kristal-kroonkandelare het hulle op trappe met dik matte soontoe beweeg. Voordat die rolprente vertoon is, het 'n orkes en balletdansers die rolprentgangers vermaak.

 

Bioskope van die 1920's en 1930's was so deftig dat mense hulle fliekpaleise (''picture palaces'') genoem het. Elke denkbare gerief was daar te kry, waaronder restaurante, crΦches vir kinders, gratis telefoonoproepe, kunsmuseums, dansgeriewe, tafeltennis- en biljartkamers. Een bioskoop het 'n hospitaal gehad, 'n ander 'n voetdokter. Hul doel was om mense aan te moedig om gereeld te kom fliek.

 

Die plan het gewerk: in 1930, toe Amerika se bevolking 122 miljoen was, het die Amerikaners elke week 95 miljoen keer bioskoop toe gegaan.

 

Toe die broers LumiΦre doer in 1895 'n kamer in Parys gehuur het om 'n keur van hul rolprente te vertoon, het slegs 35 mense die eerste dag opgedaag. Maar gou was die bioskoop 'n weghol-sukses en is 2500 kaartjies per dag verkoop. Bioskope het spoedig regoor die wΩreld verrys.

 

Die buitekante van die bioskope van die jare twintig en dertig was ewe swierig as die interieurs. Baie is in die argitektoniese styl van die Midde-Ooste en Verre Ooste gebou, met vergulde koepels en minarette. Ander het eenvoudige, blokkerige eksterieurs gehad, terwyl nog ander gestroomlyn was soos die boeg van 'n skip. Maar byna almal was opgesmuk: snags het honderde gloeilampe en neonbuise die geboue met flitsende reklametekens en skouspelagtige ligeffekte opgehelder.

 

Bioskope het ook vir hul gehore se gastronomiese aptyte gesorg deur kafees en restaurante in te rig. Die soort restaurant het grootliks afgehang van die soort klandisie van die bioskoop, met deftige maaltye op die spyskaart van die mees luuksueuse bioskoop-paleise in die middestad. Kleiner bioskope het skrapser maaltye aan minder welgestelde rolprent-entoesiaste gebied.

 

In die tyd van die stilprente het 'n klavierspeler vir die begeleidende musikale klanke van 'n film gesorg, maar namate die bioskope gegroei het, is klaviere deur orrels vervang. Teen 1929, toe klankfilms die orrels uitgedien gemaak het, was die bioskoop-orrels sommer al baie deftig.

 

Helder ligte het die speeltafel, die klawerbord en orrelis se stoel versier. Die orrel het uit die vloer verrys wanneer die musiek begin het. Bioskoop-orreliste soos Reginald Dixon het uit eie reg beroemdes geword. Die swierigste orrels kon selfs vir eenvoudige byklanke sorg.

 

Die eerste bioskope was doodeenvoudig omgeboude konsertsale, maar teen 1910 was argitekte besig om doelmatige bioskope te ontwerp. Die argitekte is aansienlike skeppingsvryheid gebied, en bioskoopgeboue uit die jare twintig en dertig wat vandag nog staan, bevat sekere manjifieke voorbeelde van die sogenaamde ''Art Deco'', die dekoratiewe styl wat die tydperk tussen die Eerste en Tweede WΩreldoorloδ (1918- 1939) oorheers het.

 

Die ryklik versierde interieur van die bioskoop-paleis het die gehoor na verre plekke meegevoer. Versteekte ligte het 'n sagte beligting verskaf wat geleidelik van kleur verander het. Spesiale projektors het effekte van sterlig en bewegende wolke op die plafon geskep. By party bioskope is parfuum selfs in die lugversorgingstelsels ingespuit.

 

Die bioskoop-paleis het verander waar dit ook al verrys het. Inryflieks het in 1933 in die motor-kultuur van New Jersey in Amerika begin, en in die Sowjet-Unie het die regering 'n bioskoop in 'n treinwa ingebou om rolprente na afgeleδ gebiede te bring. Die Agit-trein het die regering se boodskap versprei deur propaganda-films te vertoon.  

 

Eerste flieks en fliekteaters in Suid-Afrika

 

ò   Die eerste rolprentkamera-projektor is omstreeks 1896 na Suid-Afrika gebring -- nie lank nadat die broers LumiΦre die Franse met hul vertonings vergas het nie. Die baanbreker is ons land was die goδlaar Carl Hertz. Kort daarna het gereelde vertonings begin.

 

Nuusfilms (alles natuurlik nog klankloos) is kort voor die einde van die negentiende eeu in Pretoria en elders gemaak en beroepskameramanne het in die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) aan die front gewerk.

 

Bioskope het vroeg in die twintigste eeu in Kaapstad, Johannesburg en Durban ontstaan. Die Electric-teater in Durban was die eerste permanente teater wat in Suid-Afrika gevestig is (op 29 Julie 1909). In 1910 is The Great Kimberley Diamond Robbery uitgereik -- die eerste vollengte-dramafilm (ook steeds klankloos) wat in sy geheel in Suid-Afrika vervaardig is.  

 

I.W. Schlesinger, wat die African Films-groep gestig het, het in 1916 rolprente begin maak in  plaaslike ateljees by Killarney, Johannesburg. In 1918 is 'n reeks groot stilfilms gemaak waarvan die mees uitstaande The Voortrekkers was, 'n rolprent oor die Groot Trek, asook The Symbol of Sacrifice, oor die Zoeloe-oorlog.

 

Klankfilms het Suid-Afrika in 1929 bereik. Die Capitol-teater in Pretoria is in 1931 geopen, en by die gala-opening is Suid-Afrika se eerste klankprente -- Joseph Albrecht se Sarie Marais en Moedertjie -- vertoon.

 

Ons land het ook ander imposante rolprentteaters gehad. Benewens die Capitol in Pretoria was daar ander teaters met orrels in Kaapstad (die Alhambra), Durban (Metro en Prince of Wales), Johannesburg (20th Century, Bijou, Metropolitan en Plaza) en Port Elizabeth (Grand).

 

Sogenaamde kafee-bioskope of "vlooiflieks", waar bioskoopgangers vir die prys van 'n fliekkaartjie ook met koeldrank getrakteer is, het in die loop van die dag dieselfde rolprent oor en oor vertoon. 'n Mens kon sit en kyk solank jy wou. Jy kon byvoorbeeld selfs in die middel van een vertoning opdaag en in die middel van die volgende een uitstap sodra jy by 'n plek gekom het waar jy die verloop van die verhaal kon snap.

 

Daarbenewens het Suid-Afrika tot nagenoeg die jare vyftig ook rondreisende fliekfirmas gehad wat films veral na die platteland gebring en onder meer in stad- en skoolsale vertoon het. 'n Gevestigde reisende bioskoopmaatskappy was Parkers Talkie Tours. Nog een was Theo Travelling Cinema. Raath Films het op dieselfde manier die film Daar Doer in die Bosveld, die eerste rolprent van die gevierde rolprentmaker Jamie Uys, landwyd versprei.

 

Hoe rolprente beweging simuleer

 

ò   HOEWEL dit lyk of 'n rolprent bewegende beelde het, is daar in werklikheid 'n reeks stilstaande beelde wat kort nß mekaar geflits word. Enige beeld wat die brein ontvang, verdof eers nß 'n tiende van 'n sekonde. 'n Mens kan dus dadelik sien, maar nie dadelik ophou sien nie. Projektors projekteer beelde teen 24 raampies per sekonde, wat vir ons die illusie van aanhoudende, lewensgetroue beweging skep.

 

AnimasieRekenaars skep animasies op dieselfde manier. Langsaan is 'n kort animasie met 26 raampies in 'n "ewigdurende kringloop". Dit verskil egter van rolprente deurdat die tydsduur van elke individuele raampie na willekeur langer of korter gestel kan word deur die animeerder.

 

___________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

___________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan