____________________________________________________________
-- die
geskiedenis van vervoer
In ons tyd van blitsige motors en
treine, skeerbote, supersoniese vliegtuie en ruimtetuie is dit moeilik om jou
'n wΩreld sonder moderne vervoermiddels voor te stel. Maar die lewe in die
voorwΩreldlike tye was baie anders. Die mense het geen lasdiere, voertuie met
wiele, of paaie gehad nie. Hulle het te voet geloop en hul babas en besittings
gedra, vasgegord aan hul r√e of koppe. Hieronder kyk ons na vervoer soos dit
van die vroegste tye af tot die
begin van die moderne tyd ontwikkel het...
____________________________________________________________
VERVOER het stadig ont¡wikkel in die prehistoriese tyd, wat tot omstreeks
3000 vC geduur het. Met verloop van tyd het sleδ in gebruik gekom,
waarmee vragte op die grond langs gesleep is. Die sleδ is gemaak van
boomstompe, pale, ongebreide velle of enigiets wat 'n vrag kon vervoer en deur
een of meer mense getrek kon word.
In die laat prehistoriese tyd het
mense sleδ met lopers begin bou. Hierdie sleδ het makliker
oor die grond gegly, veral wanneer die lopers met 'n smeermiddel
"vetgesmeer" is. In die verre noordelike streke is ligte sleδ met
lopers gebou om op sneeu en ys gebruik te word.
Teen om en by 8 000 vC het handel
begin ontwikkel, wat 'n vraag na beter vervoer¡middels laat ontstaan het. Die
esel en die os, wat vir plaaswerk getem is, het hierdie leemte help vul. Tussen
om¡streeks 5000 en 3500 vC is begin om esels en osse as pakdiere te gebruik. Hierna
is tuie uitgevind sodat die diere sleδ kon trek.
Watervervoer
het ook in prehistoriese tye ontstaan. Mense het eers vlotte van
houtstompe of riete gebou. Later het hulle geleer hoe om boomskuite en kano's
te maak. Al hierdie vaartuie is met spane of pale voortgestu en op riviere en
mere gebruik.
Die eerste wielvoertuie en seilbote
het naby die einde van die prehistoriese tyd hul verskyning gemaak. Die wiel
is rondom 3000 vC uitgevind, waarskynlik in Mesopotamiδ. Seilbote is
omstreeks 3200 vC deur die Egiptenare uitge¡vind. In die eeue daarna het
wielvoertuie en seilvaartuie 'n omwenteling in vervoer teweeggebring.
òáá SEEREISE het regdeur die antieke tyd stadig
en moeilik gebly. Die matrose het geen navigasie-instrumente gehad nie en
gewoonlik naby die kus gevaar om die land gedu¡rig binne sig te kon hou. Dit
was ook moeilik om die vaartuie te stuur, want daar was geen roer nie. Een of
twee roeispane by die agterstewe moes die vaar¡tuig rig.
Die vroegste skepe
het 'n enkele seil gehad, wat goed gewerk het as die wind van agter was, maar
beroerd met die wind van voor en nutteloos wanneer daar geen wind was nie. Baie
skepe het spanne roeiers gehad, wat moes oorneem wanneer die wind gaan lΩ het.
òáá
DIE Mesopotamiδrs het, sover bekend, omstreeks 3500 vC die eerste
wielvoertuie gebou. Maar sulke voertuie is eers nß 3000 vC op groot skaal
gebruik. Die tegniek van wiele maak en wielvoertuie bou het stadig van Mesopotamiδ
af versprei en Indiδ omstreeks 2500 vC bereik, Europa omstreeks 1400 vC en
China teen om en by 1300 vC.
Die eerste wielvoertuie was
vierwielkarre. Hulle is deur osse getrek of, nß omstreeks 3000 vC, deur
eselagtige diere wat onagers of wilde-esels genoem word. Elke wiel aan 'n kar
was 'n houtskyf wat van drie reghoekige planke gemaak was.
Om 'n wiel te maak, het 'n wielmaker
die planke sy aan sy geplaas en met houtverbindings gelas om 'n vierkant te
vorm. Die vierkant se hoeke is daarna rond gemaak om die skyf te vorm. Weens
die driestuk-konstruksie kon die wiele nie volmaak rond wees nie. Die vroeδ
karre het met 'n slakkegang voortgestamp en moes waarskynlik kort-kort stilhou
vir herstelwerk.
Eers het die Mesopotamiδrs karre
veral as begrafnisvoertuie gebruik. Nß 3000 vC het wilde-esels Mesopotamiese
soldate in karre na die slag¡veld getrek. Mettertyd is ook passasiers af en toe
met karre vervoer, asook graan, sand en ander dinge.
Tussen 2000 en 1500 vC het die
eerste speekwiele hul verskyning gemaak. S≤ 'n wiel het bestaan uit 'n velling,
'n naaf en speke. Met hulle het dit nie so stamperig gegaan as met die soliede
wiele nie en hulle was ook ligter en vinniger.
Strydwaens met speekwiele was lig
genoeg om deur twee of meer perde getrek te word. Perdestrydwaens het die
vinnigste voertuie van die antieke tyd geword.
òáá
IN die jare 400 vC het Grieke¡land die hoofmoondheid in die gebied by
die Middellandse See geword. Die Grieke het die seehandel uitgebrei wat deur
die Feniciδrs begin is en was baanbrekers met die bou van tweemasvaartuie.
Hulle het ook die getal seile van een tot vier vermeerder.
Namate die Griekse beskawing
versprei het, het die skeepsverkeer toegeneem. Teen 400 vC was daar om¡trent
300 hawens aan die Middellandse See, terwyl etlike duisende handelskepe van
verskillende lande die see deurkruis het.
òáá
VAN die jare 100 vC tot die jare 400 nC was Rome die spil van die
magtigste ryk van die antieke tyd. Om die ryk bymekaar te help hou, het die Romeine
'n hoogs gevorderde stelsel van paaie gehad.
Paaie is wel lank voor die Romeinse
tyd gebou. Teen omstreeks 1000 vC het die Chinese paaie tussen hul vernaamste
stede begin maak. Die Perse het in die jare 500 vC 'n soortgelyke padnet¡werk
gebou. Maar baie van die vroeδ paaie tussen stede was weinig meer as
grondspore.
Die Romeine het vir die eerste
uitgebreide stelsel van geplaveide paaie gesorg. DiΘ het 'n fondament van
verskeie lae gebreekte klip en gruis gehad en is met klipblokke geplavei.
Die Romeinse paaie is vir die vervoer
van troepe en militΩre voorrade gebruik. Maar hulle was ook belangrike
kommunikasieskakels tussen Rome en sy provinsies.
á
Teen die jare 200 nC het meer as 80
000 km se geplaveide paaie Rome met byna elke deel van sy ryk verbind.
Die Romeine het ook die grootste
vloot vragskepe van die antieke tyd gehad.
òáá
IN die Middeleeue was daar groot verbeterings in land- en watervervoer.
Dit was grootliks die gevolg van drie merkwaar¡dige uitvindsels:
Die borsplaat het om en by in
die jaar 800 verskyn. Voorheen het perde 'n tuig gehad wat oor die nek gepas en
die dier gewurg het wan¡neer hy 'n swaar vrag gedra het. Die borsplaat het die
gewig na die perd se skouers verskuif, waardeur hy vier of vyf keer meer gewig
kon trek as vantevore.
Die hoefyster het rond¡om 900
sy verskyning in Europa gemaak. Perde wat nie beslaan was nie se hoewe is
dikwels beskadig. Hoefysters het hulle beskerm sodat die dier verder en
vinniger kon beweeg.
Die swingel het in die 1000's
sy verskyning gemaak en dit vir waens moontlik gemaak om deur spanne perde
getrek te word. 'n Swingel is 'n dwarshout vooraan 'n wa wat gebruik word om
die trekdiere se tuie aan vas te maak. Sonder so 'n toestel kan 'n wa se ewewig
versteur word en hy selfs omval.
Hierdie uitvindsels het die
perdevoertuie vinniger gemaak en die gebruik van waens vir die vervoer van
passasiers bevorder.
'n Rit met 'n wa was egter nog
vreeslik stamperig. Wamakers het dit probeer verhelp deur waens met
veerstelsels te bou wat die skokke in sekere mate geabsorbeer het. Maar net die
rykes kon dit bekostig. Die meeste Middeleeuse mense het te voet of te perd
gereis.
Skeepsontwerpe en skeepsbou het in
die Middel¡eeue baie verbeter. Die drie¡hoekige latynseil het in die
500's sy verskyning ge¡maak.
Anders as vierkantige seile, het die
driehoekseile goed gewerk wanneer skepe wind op geseil het. Die eerste skepe
met 'n roer pleks van stuurspane by die agterstewe het teen om en by 1300 in
Europa verskyn. In die jare 1400 het skepe vier keer groter as enige
wat voorheen gebou is hul opwagting gemaak, almal met 'n roer en die meeste met
drie maste en drie seile.
Verskeie belangrike instrumente is
ook in die Middeleeue ontwikkel. Danksy die seekompas kon seevaarders
hul skepe selfs op koers hou wanneer dit bewolk was. Teen die laat 1400's was
die skeepsbou en navigasiehulpmiddels al so gevorderd dat dit lang seereise
help moontlik maak het.
òáá
ONDANKS die groot verkenningstogte in die laat 1400's en 1500's en die
verbeterde skepe het seereise stadig gebly en die oorsese handel slegs in die
1600's werklik toegeneem.
Skeepsbouers het ßl groter vragskepe
gebou om die toenemende handel te hanteer. Die groter skepe het meer seile
gehad wat hulle vinniger help maak het. In die middel van die 1800's het die
vinnigste handelskepe tot 35 seile gehad.
Die ontwikkeling van
binnelandse vervoer
òáá
TEEN die 1600's het die meeste mense perdewaens gebruik om goedere
plaaslik te vervoer. Waens is egter selde vir lang trekke gebruik omdat die
paaie so beroerd was.
Tot die middel van die jare 1800 was
bote en vragskuite wat deur perde getrek is die belangrikste binnelandse
vervoermiddels. Die diere het op die rivier- en kanaaloewers voortgestrompel en
was met toue aan die vaartuie gekoppel.
Honderde kanale is sedert die laat
Middeleeue tot die vroeδ 1800's in Europa gegrawe.
In die jare 1700 het Frankryk en
Engeland die eerste goeie geplaveide paaie sedert die Romeinse tyd gebou.
Die basiese ontwerp van waens en
koetse het van die laat Middeleeue tot in die 1800's min verander.
Die eerste stadkoetsdiens het in die
1660's in Parys begin. Dit was die voorloper van vandag se
massavervoerstelsels. Die eerste lang, tussenstedelike koetsdiens het omstreeks
1670 tussen Enge¡land en Skotland begin ope¡reer.
Die koetse het plek-plek onderweg
stilgehou sodat perde geruil kon word en 'n vars span verder kon trek.
òáá
DIE ontwikkeling van die stoommasjien deur Britse uitvinders in
die 1700's was die begin van die grootste omwen¡teling in vervoer sedert die
uitvinding van die wiel en die seilboot.
In 1807 het die eerste kommersieel
geslaagde stoombootdiens in Amerika begin, en in 1825 is die eerste geslaagde
stoomtreindiens in Engeland ingestel.
Teen laat in die 1800's het
stoomskepe seilskepe reeds grotendeels op die wΩreldseδ vervang. Stoomtreine
het egter die toonaangewende rol in die vervoeromwenteling gespeel.
Laat in die jare 1800 het
stoomlokomotiewe al met snelhede beweeg wat nie¡mand gedroom het moontlik sou
wees nie -- nagenoeg 100 km/h en vinniger. Hulle kon vragte vervoer wat honderde kere
swaarder is as diΘ wat 'n span perde kan sleep. Teen 1900 was daar reeds
spoorlyne regoor Europa en Noord-Amerika en in baie dele van Afrika, Asiδ,
Australiδ en Suid-Amerika.
Namate die stoomskepe en stoomtreine
toegeneem het, het reisgeld en vervoerkoste afgeneem. Die goedkoper tariewe het
reise laat toeneem, die handel bevorder en stede laat groei.
Boonop het baie mense gewoond geraak
aan die haas¡tige pas en vinnige veranderings. Die versnelde lewensritme het 'n
vraag na steeds vinniger vervoer geskep.
òáá
DIE eerste elektriese treine en trems het in die 1800's
hul verskyning in Euro¡pa en Amerika gemaak. In die dekade van 1890 het die
Duitse ingenieur Rudolf Diesel die masjien ontwerp wat later na hom genoem is.
Mettertyd het diesel-masjiene die stoommasjiene in baie skepe
en die meeste treine vervang.
Maar van alle uitvindings in die
1800's was dit die petrol-masjien wat vir die verreikendste veranderings
in vervoer gesorg het.
Duitse uitvinders het die eerste
petrolmasjiene gebou en hulle gebruik om fietse aan te dryf. In die 1890's het
Franse ingenieurs met die eerste petrolaangedrewe motors vorendag gekom.
Die eerste petrolbusse en
-vragmotors is in die 1890's in Duitsland gebou. In 1903 het twee Amerikaanse
fietsbouers, Orville en Wilbur Wright, 'n petrolenjin gebruik om 'n vliegtuig
aan te dryf wat hulle gebou het. Die Wright-broers se vliegtuig was die
eerste wat 'n mens in die lug geplaas en met welslae gevlieg het.
Die eerste kommersiδle lugdienste
het in 1919 in Europa begin opereer, en in die jare twintig van die twintigste
eeu in baie dele van die wΩreld. Teen die laat jare dertig het die wΩreld se
lugdienste reeds 3,5 miljoen passasiers per jaar vervoer. Alle vliegtuie het
skroewe ("propellers") en petrolmasjiene gehad.
In die laat jare dertig het Duitse
ingenieurs die eerste vliegtuie met straalmotore ge¡bou. Al die vroeδ stralers
was oorlogsvliegtuie. Die eerste kommersiδle stralers was in die vyftigerjare
in bedryf.
Die rasse skrede waarmee die
vervoerwese in die twintigste eeu gegroei het, het enorme ver¡anderings in
mense se lewens gebring. Lang reise het roetine geword, terwyl goedere wat
eenmaal glad nie in sekere gebiede beskikbaar was nie, weens verbeterde skepe
en koelgeriewe vandag wΩreldwyd versprei kan word.
Die ontwikkeling van die motor het
tot uitgestrekte voorstede rondom groot stede gelei. Baie voorstedelikes is
afhanklik van hul motors om inkopies en ander persoonlike sake te doen.
Sonder hierdie gerieflike private
vervoermiddel sou dit trouens vir baie mense onprakties of onmoontlik gewees
het om ver van hul werk af in die voorstede te woon.
____________________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik hier
____________________________________________________________
Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004
- Uit Huisgenoot se Jongspan