__________________________________________________________________
Die stryd
teen diabetes
--
Frederick Banting, ontdekker van insulien
Sowat tagtigá
jaar gelede is 'n menslike diabeet (lyer aan suikersiekte) vir die heel
eerste keer met 'n ekstrak van insulien ingespuit. Die pasiδnt -- 'n seun van
veertien -- het dramaties herstel. Die baanbreker van hierdie revolusionΩre
soort behandeling was 'n jong, beskeie Kanadese geneesheer, Frederick
Banting...
__________________________________________________________________
OP 11 Januarie 1922 word 'n veertienjarige
pasiδnt, Leonard Thompson, in die algemene hospitaal van Toronto, Kanada,
ingestoot. Hy ly reeds twee lang jare aan diabetes. Dokters het vir hom die
enigste ''behandeling'' voorgeskryf wat tot nou toe bekend is -- 'n streng
dieet met min koolhidrate.
Maar die tiener het al so uitgeteer dat hy net 30 kg weeg en skaars die krag het om sy kop op te lig. Hy is op sterwe. Die dokters gee die seun 'n inspuiting en wag gretig om te kyk wat gaan gebeur. Die inspuiting help niks nie, trouens, dit laat 'n sweer ontwikkel.
'n Ietwat ander ekstrak word voorberei en op 23
Januarie word die seun daarmee ingespuit. Hierdie keer lyk dit of daar 'n
opflikkering is. Nog 'n aantal inspuitings volg deur die loop van die dag en
spoedig sit Leonard regop in die bed. Hy eet ook normaal. In die volgende paar
dae kry hy sy krag terug en sit gewig aan. Uiteindelik kan hy huis toe gaan.
Hierdie behandeling, sowat tagtig jaar gelede, is as
'n triomf vir die mediese wetenskap aangekondig. Binne 'n paar maande het nog
diabete dieselfde inspuitings ontvang en het hul eweneens so gesond geword dat
hulle met hul lewe kon voortgaan.
Die behandeling -- inspuitings met insulien -- was
die geesteskind van 'n skaam Kanadese dokter genaamd Frederick Banting. Hier is
sy besondere verhaal.
òáá BANTING
word op 14 November 1891 op 'n plaas naby Alliston, Ontario, gebore. Toe hy
vyftien is, kry 'n meisietjie in sy klas diabetes en sterf. Banting is ontsteld
omdat die dokters so magteloos is om haar te help.
Nadat hy die skool verlaat het, begin hy op sy pa se
aandrang vir predikant studeer, maar omdat hy so 'n slegte spreker is, wend hy
hom liewer tot die geneeskunde. In die Eerste WΩreldoorlog is hy 'n dokter in
die Kanadese leδr. Hy beseer sy hand so erg dat sy kollegas dit wil afsit.
Banting weier. Hy hou self toesig oor sy behandeling totdat sy hand heeltemal
genees, terwyl hy die hele tyd ook nog die gewonde soldate versorg. Hy kry
later 'n militΩre toekenning vir dapperheid.
Nß die oorlog word Banting 'n mediese praktisyn op 'n
dorp met die naam London, in Ontario. Hy het egter so min pasiδnte dat hy nie
genoeg verdien om daarvan te lewe nie. Sy verloofde reken daar is nie veel van
'n toekoms vir haar saam met hom nie en verlaat hom. Banting aanvaar dan 'n pos
as dosent in fisiologie aan die Universiteit van Wes-Ontario.
òáá IN 1920,
terwyl hy 'n les oor die pankreas vir sy studente voorberei, val Banting se oog
op 'n artikel oor die skakel tussen diabetes en 'n hormoon wat blykbaar deur
die pankreas afgeskei word en wat die liggaam nodig het om suiker te verwerk.
Dokters het eers gedink die pankreas skei slegs spysverteringsappe af.
In 1869 het 'n mediese student, Paul Langerhans, die
bestaan ontdek van groepe selle (die sogenaamde eilandjies van Langerhans) wat
regdeur die pankreas versprei is. Hy het nie geweet waarvoor hulle daar is nie.
Wetenskaplikes het begin wonder of die selle dalk die stof afskei wat die
verwerking van glukose reguleer. Hulle het dit begin isoleer, maar sodra die
pankreas gesny is om dit te ontleed, het sy spysverteringsappe die onbekende
stof vernietig. Die navorsers het naderhand ophou probeer.
In 1889 het twee Duitse wetenskaplikes, Oskar
Minkowski en Joseph von Mering, ontdek dat proefhonde diabetes kry nadat die
pankreas verwyder is. Kon dit wees weens 'n gebrek aan die geheime stof wat die
suiker reguleer? Daar was hernieude belangstelling in die eilandjies van
Langerhans, maar steeds kon niemand hul afskeiding isoleer nie.
Banting het gewonder of dit moontlik is om die
X-goed, soos hy dit genoem het, te onttrek deur die buise naby die eilandjies
van Langerhans in 'n lewende dier af te bind voordat die pankreas verwyder
word. Aangesien daar geen geriewe by die Universiteit van Wes-Ontario was nie,
doen hy toe aansoek om sy proefnemings by die Universiteit van Toronto te doen.
Sy studieleier, prof. John Macleod, het min vertroue
in Banting se projek, maar stem tog teensinnig in om hom agt weke lank in sy
laboratorium te akkommodeer. Banting kry 'n jong gegradueerde, Charles Best, om
hom te help.
In hul eerste proefneming bind Banting en Best die
pankreasbuise van 'n aantal honde af en wag sewe weke lank. Toe hulle weer die
honde oopsny, vind hulle dat die garing wat hulle gebruik het, gebreek het en
dat die buise normaalweg werk. Die mans is verpletter, want die tyd loop uit.
Omdat Macleod met vakansie weg is, besluit hulle om
die proefneming met 'n tweede groep honde te herhaal en diΘ slag sterker garing
te gebruik. Nß slegs een maand sny hulle weer die honde oop. Hulle
verwyder die kliere en slaag daarin om 'n bietjie van die X-goed af te trek.
Hulle spuit die ekstrak in 'n hond met diabetes (een waarvan die pankreas
uitgehaal is) -- en hou asem op.
Tot hul groot vreugde kom die hond by uit sy
beswyming en hy herstel vinnig. Hierna werk die mans ylings voort en gebruik
uiteindelik die pankreasse van geslagte kalwers om groter hoeveelhede insulien
te verkry -- soos die X-goed later genoem is.
'n Derde navorser, James Collip, sluit hom in
Desember 1921 by die span aan. Teen Januarie 1922 is hulle gereed om hul eerste
menslike diabeet in te spuit. Die wonder gebeur -- insulien werk ook in mense.
Hul prestasie word kort daarna bekend gemaak. (Interessant genoeg is dit Collip
wat die tweede -- en geslaagde -- ekstrak voorberei het wat Leonard Thompson se
lewe gered het.)
òáá IN 1923
word Banting en Macleod gesamentlik met die Nobel-prys vereer vir ''hul
ontdekking van insulien''. Banting is kwaad omdat Macleod, en nie Best nie,
gekies is om die toekenning saam met hom te kry en hy erken Best se bydrae deur
die prysgeld met hom te deel. Macleod gee op sy beurt die helfte van sy deel
vir Collip.
In dieselfde jaar stig die Universiteit van Toronto
die Banting en Best-departement vir mediese navorsing, met Banting as die hoof.
Hy word later vir sy werk tot ridder geslaan. In die Tweede WΩreldoorlog sluit
Banting hom as 'n majoor by die Kanadese leδr aan. Op 21 Februarie 1941, onderweg
na 'n geneeskundige sending in Engeland, sterf hy toe die tweemotorige
bomwerper waarin hy reis tydens 'n sneeustorm in Newfoundland neerstort.
Die mediese wetenskap verloor 'n ware groot navorser.
Maar hy sal nooit vergeet word nie, want sy ontdekking het die verskil tussen
die lewe en die dood beteken vir miljoene diabete oor die wΩreld heen.
òáá DIABETES
MELLITUS is 'n siekte wat verhinder dat die liggaam glukose behoorlik verbruik en
opberg. (Glukose, 'n eenvoudige suiker, is die finale afbreekproduk van die
meeste koolhidrate nß vertering.)
Daar is twee vorms van diabetes mellitus. In die tipe
I-diabetes (ook genoem insulien-afhanklike diabetes) het pasiδnte 'n gebrek aan
die hormoon insulien, wat verantwoordelik is vir die beheer van die hoeveelheid
glukose in die bloed. Insulien word deur spesiale selle in die eilandjies van
Langerhans vervaardig -- groepe selle wat verspreid regoor die pankreas
voorkom. Die pankreas is 'n klein, gelerige klier naby die maag. 'n Gemis aan
insulien veroorsaak dat glukose in die bloed ophoop. Vet word as 'n
alternatiewe energiebron afgebreek, wat tot bewusteloosheid en uiteindelik die
dood kan lei.
In tipe II-diabetes (ook genoem nie-insulien-afhanklike diabetes) vervaardig die liggaam inderdaad insulien, maar nie genoeg nie en/of die vervaardigde insulien is nie in staat om behoorlik te werk nie. Tipe II-diabetes ontwikkel dikwels by middeljariges of bejaardes. Simptome van diabetes is onder meer 'n onlesbare dors, swakheid, gewigsverlies en oormatige urinering. As dit nie behandel word nie, ontwikkel ander komplikasies.
(Diabetes is ook die naam van 'n tweede siekte wat
meer presies as diabetes insipidus bekend staan. Die niere van die lyer kan nie
water behou wat vanuit die bloed soontoe kom nie.)
òáá DIABETES
kan steeds nie genees word nie. Maar die huidige behandeling is so doeltreffend
dat lyers lang, aktiewe lewens kan geniet. Tipe I-diabete ontvang daaglikse
dosisse inslulien -- in die vorm van onderhuidse hipodermale inspuitings of
draagbare pompe.
Navorsing is al gedoen oor pompe wat onder die vel
ingeplant word. DiΘ sou geprogrammeer word om insulien op vasgestelde tye vry te
laat. Lyers moet 'n gebalanseerde dieet volg.
Tipe II-diabetes word soms 'n matiger vorm van die
siekte genoem, maar dit moet nie as sodanig behandel word nie, want die
komplikasies kan net so ernstig as diΘ van tipe I-diabetes wees. Dit kan in die
eerste plaas deur die dieet beheer word, maar as dit nie doeltreffend is nie,
kan die pasiδnt tablette of insulien-inspuitings nodig hΩ. Die navorsing duur
voort om die behandeling te verbeter en 'n geneesmiddel te vind.
Voorts is dit nou moontlik om insulien kunsmatig te
berei pleks van staat te maak op die pankreasse van geslagte diere om dit te
verkry.
____________________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik hier
____________________________________________________________
Ons Wonderlike WΩreld op CD,
2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan