__________________________________________________________________

 

Christopher Columbus (2)

 

Ontmoeting van

twee wΩrelde

 

Die groot ontdekker ... of die groot vernietiger? Vir sy mede-Westerlinge het Christopher Columbus meer as vyfhonderd jaar gelede met sy aankoms in Amerika die grense van die Weste lofwaardig verskuif. Vir die oorspronklike bewoners van die Nuwe WΩreld was hy egter die eerste van die verdelgers -- die man wat die ondergang van hul eiesoortige beskawings aangestig het...

__________________________________________________________________

 

CHRISTOPHER COLUMBUS se twee seuns,á Diego en Fernando, staan op die skeepswerf by Cadiz. Hulle het hul pa kom afsien. Dit is 'n Septemberdag in 1493, en die be¡faamde ontdekker is gereed vir nog 'n epiese vaart oor die Atlantiese Oseaan.

 

Die ekspedisievloot lig die an¡kers. Fernando bΩre die toneel goed in sy geheue. Later sal hy die belewenis neerskryf... sodat ons baie geslagte later nog sulke klein besonderheidjies omtrent Columbus kan weet.

 

Die dagboek wat Columbus van sy tweede ontdekkingsreis gehou het, het nie behoue gebly nie.

 

Danksy Fernando se versiendheid -- hy het 'n biografie geskryf wat in 1541 die lig gesien het -- is 'n taamlik getroue beeld van hierdie belangrike onderneming vir ons nagelaat. (Weliswaar het hy sy relaas blykbaar plek-plek 'n bietjie "ingekleur". Dit was stellig om minder aangename feite te verbloem.)

 

Tweede reis

 

òáá DI╔ keer het Columbus sewentien skepe onder sy bevel ge¡had met duisend koloniste, almal mans, vir die Nuwe WΩreld aan boord. Op 3 November is 'n eiland bereik wat Columbus Mariagalante genoem het, en in die volgende paar weke het hulle verskeie Sentraal-Amerikaanse eilande verbygesteek voordat hulle Cap-Haitan bereik het. Die manne wat Columbus vroeδr daar gelos het om na goud te soek, is deur die Indiane vermoor, blykbaar omdat hulle die Indiane so sleg behandel het.

 

Ontstel deur die nuus, het Columbus ooswaarts gedraai en die nedersetting Isabella op Hispaniola gevestig -- die eerste Europese kolonie in die Nuwe WΩreld.

 

In die somer van 1496 het hy die suidkus van Kuba verken en met sy terugreis Jamaika ontdek. Die inboorlinge het hul spiese vir die verbygaande skepe gewaai en diΘ het met 'n stortreδn van pyle geantwoord.

 

Hy is terug na Isabella en toe vort na Spanje nadat hy sy broer Bartolomeo as ondergoewerneur aangestel het. Hy was in Junie 1496 terug in Spanje.

 

Derde reis

 

òáá TWEE jaar het verloop voordat Columbus weer kon seil, diΘ keer met 'n vloot voorrraadskepe om die suide- en westekant van Hispaniola te verken.

 

Hy het op 30 Mei 1498 van Sanlucar, Spanje, vertrek aan boord van sy vlagskip, Santa Maria de Guia, wat deur nog vyf vaartuie vergesel is. Die vloot het verder suid gevaar as wat hy op sy vorige reise gedoen het en in die stilte¡gordel beland. Die vloot is agt dae lank deur windstilte oorval en dit was bloedig warm.

 

Die passaatwinde het hulle meegevoer na 'n eiland wat Columbus Trinidad genoem het. Na die noorde was die gebied wat die inboorlinge Paria genoem het. Columbus het dit nie geweet nie, maar dit is 'n skiereiland wat deel van die Suid-Amerikaanse vasteland vorm.

 

Onderweg tussen Trinidad en Paria, het die bemanning 'n aan¡houdende gedreun gehoor wat hulle gevrees het kon dui op rotse wat vlak onder hulle lΩ. Daardie nag is die skepe byna oorweldig deur 'n reuse golf wat waarskynlik deur vulkaniese woelinge veroorsaak is.

 

Die volgende dag is skuite uitgestuur om dieptepeilings te doen. Die matrose het agtergekom dat die water soet is en afgelei dat hul¡le by die monding van 'n rivier is.

 

Dit was inderdaad so. Die Orinoco. Die ont¡dekker se gevolgtrekking was dat die rivier van " 'n groot land in die suide kom, waaroor ons tot dusver nog geen verslae ontvang het nie". Hy het dit 'n "Ander WΩreld" ge¡noem. Dit was Augustus 1498.

 

Onderweg na Hispaniola het die admiraal 'n groot eiland gesien wat hy Margarita genoem het.

 

Columbus het die Spaanse setlaars van Hispaniola in 'n staat van rebellie aangetref. Baie was sieklik weens sifilis en beswaard omdat hulle Indiaanse kosse soos mielies en kassawe moes eet.

 

In 'n poging om die koloniste te paai, het Columbus hulle toegelaat om die Indiane as slawe in te span om vir hulle te werk.

 

In Spanje was koningin Isabella met afgryse vervul toe sy hoor dat haar nuwe onderdane verslaaf word. Columbus is oral verkleineer en party oud-koloniste het daarop aangedring dat hy tereggestel word.

 

In 1500 is die admiraal en sy twee broers geboei en per skip na Spanje teruggebring om verhoor te word.

 

Vierde reis

 

òáá WEENS die openbare veront¡waardiging het Isabella Co¡lumbus in haar guns herstel, en vroeg in 1502 het die koningin en koning 'n vierde verkenningsreis gemagtig, op voorwaarde dat die

ontdekker van Hispaniola af wegbly.

 

Die doel van die reis was om 'n roete na die Indiese Oseaan tus¡sen Kuba en die "Ander WΩreld" te vind. Hierdie keer het Columbus die gesag oor vier karvele gevoer.

 

Die reis het hom na Martinique gebring en toe, strydig met die bevele, na Hispaniola. Hier het hy twee mans met twee boodskappe na die nuwe goewerneur, Ovando, gestuur. In die een boodskap het hy 'n skip aangevra om die onseewaardige Santiago te vervang en in die ander boodskap gewaarsku teen 'n naderende orkaan en die goewerneur aangeraai om nie sy vloot van 28 skepe na Spanje te laat vertrek nie.

 

Die goewerneur het albei bood¡skappe ge∩gnoreer. Columbus se vloot, wat iewers by die eiland in 'n hoekie skuiling gesoek het, is beskadig, maar die skepe het bly dryf.

 

Ovando het 24 skepe, 500 mense en 'n vrag goud verloor. Drie skepe moes omdraai en slegs een het Spanje bereik.

 

In 1502 het Columbus die kus van Honduras bereik waar hy met sekere Maja-lndiane kennis gemaak het wat hom vertel het van 'n ryk land verder na die weste.

 

Hy het hierdie mededeling ge∩g¡noreer en die kus van Sentraal-Amerika bly bevaar op soek na 'n deurgang wat nie bestaan het nie. Hy het volgehou dat die landengte van Panama deel is van Malakka op die seeweg na Indiδ.

 

Sy dood

 

òáá COLUMBUS is dood kort na¡dat hy in November 1504 weer in Spanje aangekom het. Op 53 het sy artritis dit vir hom moeilik gemaak om te beweeg. In sy laaste paar maande het hy nog sy goewerneurskap en sy aandeel in die Amerikaanse handel probeer her¡win.

 

Hy is op 20 Mei 1506 oorlede. In 'n laaste kodisil tot sy testament, die dag voor sy dood, dring hy daarop aan dat die hoof van sy huis nooit moet ophou om die titel "Admiraal van die Oseaan" te gebruik nie.

 

__________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

__________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan