__________________________________________________________________
Marie Curie
-- baanbreker van radioterapie*
* Genesing met radiumstrale
Marie Curie
________________________________________________________________
"PARTYMAAL
was ek die ganse dag besig om 'n kokende massa uraanoksied te roer met 'n staf
wat byna so groot soos ek self is. Saans was ek heeltemal ka¡pot..."
Marie
Curie en haar man, Pierre, se ywer om die element te ontdek wat hulle radium
genoem het, het werklik swaar eise aan hulle gestel. Die egpaar het nie net
min geld gehad nie, maar altwee was sieklik.
Tog
het hulle vier lange jare aangehou swoeg en gehelp om die tydvak in te lui wat
nou die atoomeeu genoem word.
Marie
Sklodovska (haar nooiensvan) is in 1867 in Warschau, Pole, gebore. Sy het
vroeg reeds gedroom om eendag 'n groot wetenskaplike te word. Maar daar was
verskeie struikelblokke in haar pad.
Die
universiteit in Warschau het nie vroue toegelaat nie, met die ge¡volg dat sy
haar tot die Sorbonne-universiteit in Parys moes wend. Haar pa, 'n
wetenskaponderwyser, kon dit egter nie bekostig om haar soontoe te stuur nie.
Marie
se ousus, Bronya, wat 'n dokter wou word, het dieselfde probleem gehad. Die
twee susters het toe besluit om mekaar te help. Bronya, wat reeds 'n tydjie
gewerk en 'n bietjie geld gespaar gehad het, is eerste universiteit toe,
terwyl Marie as 'n private onderwyseres gewerk het om haar suster te onderhou
en geld vir haar eie studies te spaar. In haar vrye tyd het sy wiskunde en
fisika bestu¡deer.
Toe
Bronya ses jaar later kwalifiseer, skryf die 24-jarige Marie haar by Sorbonne
in. Sy is vasbeslote
om te presteer en elke aand, nß die lesings, studeer sy in die klein,
trekkerige solderkamertjie wat sy gehuur het. Sy is so arm dat sy nie vir
verhitting kan betaal of behoorlik kan eet nie.
Op
'n dag, toe 'n vriend haar besoek, val sy flou. Die vriend tree met Bronya en
haar man in ver¡binding, wat Marie in hul huis inneem en haar verpleeg totdat
sy weer gesond is.
Marie
verwesenlik uiteindelik haar ideale en verwerf grade in die fisika en wiskunde
in die eerste klas.
ò
KORT nß die gradeplegtigheid maak sy kennis met 'n talentvolle en
toegewyde Franse wetenskaplike, Pierre Curie, en in 1895, ondanks Marie se
volharding dat daar geen plek vir liefde en 'n huwelik in haar lewe sou wees
nie, trou sy met hom. Saam vorm hulle die uitmuntendste man-vrou-span wat die
wΩreld van die wetenskap ooit geken het.
Marie
streef daarna om 'n doktor in die fisika te word. Daar¡voor moet sy sekere
oorspronklike navorsing
doen. Sy het gehoor van die ontdekking van 'n Franse wetenskaplike, Henri
Becquerel, dat die swaar, wit metaal uraan strale afgee wat deur soliede
voorwerpe kan dring -- 'n verskynsel wat Marie later radioaktiwiteit noem.
Sy
besluit om die verskynsel nader te ondersoek.
In
'n koue, somber skuur met 'n lekkende dak begin haar soektog na radioaktiewe
elemente. Pierre, wat sy vrou se proefnemings met groot belangstelling
dopgehou het, los sy eie werk om haar te help.
Uraan
kom van 'n erts wat pikblende of uraniet (uraanoksied) genoem word. Toe Marie
pikblende ondersoek, kom sy agter dat dit meer radioaktief as uraan self is.
Sy besef dat die pikblende 'n ander radioaktiewe element moet bevat -- een wat
die wetenskap nog nie geken het nie.
Hulle
begin die erts suiwer en ontdek in 1898 'n nuwe element wat hulle
"polonium" noem -- na Marie
se geliefde geboorteland. Oortuig daarvan dat pikblende ook nog 'n ander,
selfs meer radio¡aktiewe element bevat -- wat hulle "radium" noem
-- bestee hulle die volgende vier jaar aan pogings om dit te onttrek. (Die
naam radium is afgelei van die Latynse woord radius, wat
"straal" beteken.)
Hierdie
tydperk in hul lewe word een van die eposse van wetenskaplike navorsing. Hulle
het groot hoeveelhede erts nodig, maar is gelukkig genoeg om oorgenoeg daarvan
van die mynafvalhope in Boheme te verkry.
Om
liggaam en siel aanmekaar te hou gaan werk Pierre by die
Sorbonne-universiteit, maar het nou minder tyd vir proefnemings. Marie is in
staat om 'n werk aan 'n meisieskool naby Versailles te kry.
In
1902 word
hul onver¡moeide ywer be¡loon. Nadat hulle een aand hul dogtertjie, Irene,
in die bed gesit het, gaan hulle terug na die skuur toe waar hulle 'n glimming
in 'n glashouer op een van die rakke gewaar. Dit was die glorieryke glans van
radium!
Hulle
doen verskeie eksperimente met die stof en kom agter dat die kragtige strale
wonde kan genees. Nog proefnemings toon dat dit kankerselle in diere kan
vernietig.
Die
Curies kon hul bevindings gepatenteer en baie geld gemaak het. Pleks daarvan
maak hulle die resultate van hul navorsing aan die wΩreld bekend -- in belang
van die mensdom.
In
1903 word die Nobelprys vir fisika gesamentlik aan die Curies en Franse
wetenskaplike Henri Becquerel toegeken. Die jaar daarna word Pierre 'n
professo¡raat aan die Sorbonne-universiteit aangebied en aan die einde van
die jaar word hul tweede dogter¡tjie, Eve, gebore.
Die
jaar 1906 is 'n jaar van rou. Pierre word deur 'n perdekar omgery en sterf.
Marie
is verpletter, maar her¡win uiteindelik die krag om met die werk voort te
gaan wat hulle saam begin het. Sy neem Pierre se leerstoel by die universiteit
oor en word s≤ die eerste vrou wat 'n pos in die Franse hoδr onderwys
beklee.
In
1911 verower sy die No¡belprys vir chemie. In 1914 word die Instituut vir
Radium in Paris gestig met haar in beheer van die radioaktiewe afdeling. Sy
doen baanbrekerswerk met sommige van die vroegste medisinale gebruike van
radium en X-strale.
N≤g Pierre n≤g Marie het geglo dat radioaktiwiteit gevaarlik kan wees. Tog verwoes die deurdringende strale Marie se beenmurg, en in 1934 sterf sy weens leukemie. Radioaktiwiteit het die persoon se einde beteken wat dit "lewe gegee het".
Irene
Curie sit Marie se werk voort en laat die eer van die Curie¡naam voortleef
deur 'n jaar nß haar ma se dood die Nobelprys vir chemie te verower.
__________________________________________________
Terug
na inhoudsblad -- klik hier
__________________________________________________
Ons
Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan