_________________________________________________________

 

WΩreld van die windmeul-stormer

-- Don Quichot en sy beroemde skrywer

 

Iets meer as vier en halwe eeu gelede is 'n baba naby Madrid in Spanje gebore wat nie net die grootste Spaanse skrywer sou word nie, maar ook 'n baanbreker in die letterkunde van die wΩreld. Sy werk Don Quichot -- oor 'n edelman wat letterlik 'n klap van die windmeul weggehad het -- word vandag steeds as een van die grootste romans van alle tye beskou. Maar die lewensverhaal van Miguel de Cervantes Saavedra lees byna self soos 'n roman. Hy is selfs deur seerowers gevang en het as slaaf gewerk -- alles belewenisse wat sy skryftalent kon slyp vir 'n meesterwerk soos Don Quichot...

______________________________________________________________

 

òáá Die vroeδ m⌠reson het pas sy eerste amberkleurige strale oor die heuwels in die verte gegooi toe Don Quichot die toom by Sancho Panza gryp. ''Kyk daar,'' brul hy opgewonde. ''Jy kan dalk nog op hierdie einste dag jou eiland hΩ.'' Sancho Panza kyk na waarheen sy meester wys. Op die heuwel is 'n windmeul. Die meulenaar het die seil oornag aan die wieke gelos in die hoop dat daar 'n windjie sou waai. ''Meester,'' sug die vermoeide Sancho Panza. ''Alles wat glim, is nie reuse nie.'' ''Lafaard,'' sis Don Quichot terwyl hy sy spore in sy ou knol-perd se sye druk en die windmeul bestorm. Metdat hy die windmeul nader, begin 'n oggendwindjie waai, wat die wieke laat draai en Quichot 'n hou teen die kant van die kop gee wat hom op die grond laat neerslaan.

 

DIE ROMAN Don Quichot -- waarin 'n maer, middeljarige landheer van die platteland hom verbeel dat hy 'n ridder is en met sy skildknaap, Sancho Panza, talle vermaaklike avonture beleef -- is reeds in 1605 uitgegee, maar nß al die jare is dit steeds een van die wΩreld se beste romanwerke.

 

Dit is oorspronklik bedoel om die spot te dryf met die ligsinnige ridderromans wat destyds so gewild was, maar namate die verhaal ontvou het, het die skrywer ook vir 'n meesterlike uitbeelding van menslike gebreke soos selfverheerliking en waanvoorstellings gesorg.

 

Die skrywer van Don Quichot, Miguel de Cervantes Saavedras, is omstreeks 29 September 1547 in Alcala de Henares naby Madrid gebore. Sy gesin was arm, hoewel hy darem 'n bietjie skoolonderrig ontvang het.

 

Ondanks hierdie gebrekkige skoolopvoeding het hy egter baie gelees. En die lewe was eintlik sy leerskool. Hy was in sy vroeδ twintigs toe hy hom by die Italiaanse leδr aansluit en aan die bekende vlootslag van Lepanto teen die Turke deelneem. Tienduisende soldate sneuwel en die een skip nß die ander sink. Cervantes word beseer en verloor die gebruik van sy linkerarm.

 

In 1575 vaar hy huiswaarts, met in sy sak 'n aanbevelingsbrief gerig aan sy koning wat hom 'n goeie pos in die staatsdiens waarborg. Maar die skip word deur Moorse seerowers aangeval en Cervantes en sy kamerade word as slawe na Algiers weggevoer. Toe die slawebaas die brief in sy sak ontdek, kom hy tot die gevolgtrekking dat Cervantes 'n vermoδnde man moet wees en eis hy 'n losprys.

 

Cervantes se arm gesin werk byna vyf jaar lank om genoeg geld in te samel om hom vry te koop. In diΘ tyd sien Cervantes die verskriklikste dinge om hom gebeur, van geselings tot openbare moorde. Van diΘ voorvalle sou hy ook in Don Quichot weergee. Cervantes word uiteindelik vrygelaat -- met 'n brief van sy gevangenemers waarin hulle sy dapperheid en sterk karakter loof.

 

In die daaropvolgende jare probeer Cervantes vrugteloos om dramas te skryf en word hy 'n belastinggaarder. Twee keer beland hy in die tronk sonder dat hy dit eintlik kan verhelp. Hy leer hoe dronkaards, diewe en moordenaars optree -- wat alles sy skryfwerk sou verryk. Toe hy die tweede keer vrygelaat word, is hy gereed om weer te begin skryf.

 

Met die verskyning van Don Quichot in die vroeδ 1600's raak Cervantes oornag beroemd. Die publiek vra nog en Cervantes word versoek om 'n opvolg te skryf. Maar terwyl hy nog daaraan werk, hoor hy dat daar reeds 'n opvolg op die rakke is... 'n swendelaar het hom voorgespring.

 

Tien jaar sou verloop voordat die tweede deel van Don Quichot uitgegee is. Dit was net so geslaag as die eerste deel. Vandag word die twee dele saam uitgegee.

 

Cervantes het daarna verskeie eenbedryf-komedies en satires geskryf wat ook geslaag het. Ondanks sy nuutgevonde roem is Cervantes in April 1616 as 'n arme en eensame man oorlede. Niemand weet selfs eens meer waar hy begrawe is nie. Tog het hy 'n letterkundige werk nagelaat wat die roman as letterkundige vorm nog eeue later sou be∩nvloed.

 

En vandag sΩ ons nog iemand veg teen windmeulens wanneer hy denkbeeldige gevare bestry.

 

__________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

__________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan