__________________________________________________________________
Fleming
-- pa van penisillien
Alexander
Fleming
__________________________________________________________________
"SY
PENISILLIEN sal meer lewens red as wat oorlog kan eis," het die lokskrif
op die buiteblad van die gesaghebbende tydskrif Time gelui. Dit was 1942, die
donkerste dae van die Tweede WΩreldoorlog.
Maar
skielik was daar hoop vir derduisende gewonde manskappe. Want die wonderkuur
penisillien kon pas op groot skaal vervaardig word. Sy ontdekker: Alexander
Fleming.
ò
FLEMING word in 1881 op Lochfleld, 'n plaas naby die Skotse dorpie
Darvel,
gebore. Hoewel sy gesin arm is,
is hy 'n gesonde knaap wat kaalvoet
oor die heuwels en dale dool
en hom daar in die plante en diere
verlustig.
Hy
bekwaam hom aan die Regent St. Polytechnic in Londen as boekhouer. Sy eerste
werk is in die kantoor van 'n skeepsmaatskappy.
Toe
die Anglo-Boereoorlog in 1899 in Suid-Afrika uitbreek, besluit Fleming om hom
vir militΩre diens beskikbaar te stel. Hy is 'n uitstekende skut, maar die
oorlog is verby voordat hy opgeroep kan word.
In
1901 erf hy 'n bedrag geld van 'n oom. Hy los sy kantoorwerk om 'n dokter te
kan word. Ofskoon hy nie die nodige kwalifikasies het nie, kos dit die
skrander jong man net 'n paar maande se Latynse studie om met vlieδnde
vaandels in die toelatingseksamen te slaag.
Hy
besluit om hom aan die St. Mary's Hospital in Paddington, een van Londen se
armer gebiede, in die geneeskunde te bekwaam. Dit gaan voor die wind met sy
studies en hy wen verskeie pryse. In 1906 kwalifiseer hy as dokter, en aanvaar
dan 'n pos as navorsingsassistent by St. Mary's. Hy sal nagenoeg vyftig jaar
lank hier bly.
ò
FLEMING is stil, maar hardwerkend, en oplettend. Hy onderskei hom as
kranige vervaardiger van laboratoriumtoerusting. Hy raak egter ook bekend vir
sy slordige werkbank en die deurmekaarspul van kweekbakke in sy labora¡torium
waarin sy bakterieδ moet groei.
Fleming
kwalifiseer as 'n chirurg, maar hy besluit om eerder 'n loopbaan in die
bakteriologie te volg. Toe die Eerste WΩreldoorlog uitbreek, vergesel hy 'n
span bakterioloδ na Boulogne, Frankryk, waar hulle met 'n navorsingseenheid
in 'n militΩre hospitaal begin.
In
hierdie stadium is daar nog geen genees¡middel vir bakteriese infeksies nie
en, hoewel die span onvermoeid werk, moet hulle hulpeloos toekyk terwyl
honderde soldate weens hul besmette wonde sterf.
In
1915 trou Fleming met 'n opgeleide Ierse verpleegster, Sally McElroy. In 1924
skenk sy die lewe aan Robert Fleming.
ò
FLEMING se eerste groot ontdekking is totaal onbeplan. Hy het 'n slegte
verkoue en plaas impulsief
die slym van sy loopneus in 'n bak kweekjellie waarin mikrobes besig is om aan
te teel.
Die
volgende dag merk hy op dat die mikrobes naby die kol slym verdwyn het. Daar
was duidelik iets in die neusslym wat die kieme doodgemaak het. Hierna doen hy
proewe met ander menslike vloeistowwe soos trane, speeksel, bloed en selfs
etter. Almal lewer dieselfde resultaat.
Wat
Fleming ontdek het, is die liggaam se natuurlike ontsmettingstof wat hom teen
kieme beskerm. Hy noem hierdie geheimsinnige middel "lisosiem", na
die Griekse woord lysis wat "op¡los" beteken. Wat hierdie
ontdekking so beteke¡nisvol maak, is dat die lisosiem bakterieδ doodmaak
sonder om menslike selle te beskadig.
Fleming
bied daarop 'n lesing oor sy ontdek¡king aan, maar sy gehoor is nie waffers
ge∩mponeer nie. Hy laat hom egter nie ontmoedig nie en gaan voort met sy
navorsing. Maar ses jaar sal verbygaan voordat iets nuuts ontwikkel.
ò
DAAR is al gesΩ dat Fleming se ontdekking van lisosiem 'n
"inoefening" was vir sy grootste ontdekking, penisillien. Per slot
van rekening het altwee per "toeval" gebeur.
Op
'n dag in September 1928 kom 'n voormalige kollega in sy laboratorium kyk hoe
sy werk vorder. Fleming, omring deur sy gewone oormaat kweekbakke, tel 'n paar
op om hulle aan sy besoeker te wys.
Toe
merk hy iets vreemds op. 'n Groen skimmel groei op een van die bakke -- en die
bakterieδ wat vroeδr daar gewees het, het verdwyn. Dit was feitlik 'n
herhaling van die lisosiem-ontdekking.
Wat
gebeur het, was dat sekere van die skimmelspore uit 'n laboratorium onderkant
Fle¡ming s'n op die een of ander manier in die kamer ingewaai en op die
jellie in die bak gaan lΩ het.
Die
skimmel word ondersoek en blyk Pencillium notatum te wees. Fleming noem
sy ontdekking "penisillien". Nog proefnemings toon dat daar geen
nadelige newe-effekte is by pasiδnte wie se bakterieδ deur die skimmel
doodgemaak is nie.
Penisillien
was die eerste heeltemal veilige antibiotikum vir die behandeling en
voorkoming van
bakteriese siektes. Maar dit het tog 'n klompie nadele gehad. In sy ruwe vorm
het dit vinnig sy krag
en doeltreffendheid verloor. En destyds het daar nog geen manier bestaan om
dit op groot skaal
te vervaardig nie.
Hoewel
Fleming dus hard werk om die middel te suiwer en te konsentreer sodat dit sy
krag kan behou,
is hy geen skeikundige nie en kom hy nΩrens. Eers nege jaar later kom sy groot deurbraak.
Tweede
WΩreldoorlog
ò
MET Hitler se opkoms in Duitsland in die laat jare dertig, vlug 'n
aantal Duitse intellektuele die land uit. Een van hulle is dr. Ernst Chain,
wat in 1937 'n pos in chemiese navorsing aan die Universiteit van Oxford
aanvaar. Hy werk saam met 'n Australies-gebore professor in siekteleer,
Howard
Florey.
In
1941, nß vier jaar van intensiewe navorsing oor die chemie van penisillien,
kan die twee wetenskaplikes die middel in 'n suiwer, gekonsentreerde vorm
lewer. Proewe toon dat penisillien diere teen dodelike infeksies kan beskerm.
In
Augustus 1942 verskyn 'n artikel in die beroemde Londense koerant The Times
waar¡in die helende eienskappe van die middel geloof word wat by Oxford
getoets word. Geen melding word van Fleming gemaak nie.
Maar
sir Almroth Wright, professor in siekte¡leer by St. Mary's, stel in 'n brief
aan die koerant die saak reg en sΩ duidelik wie die krediet moet kry. Hierna
word die stil Skot 'n openbare held.
Farmaseutiese
firmas in Amerika en later Brittanje begin die middel op groot skaal
vervaardig. Spoedig is dit op die slagveld beskikbaar en word die lewe van
duisende gewonde soldate, matrose,
lugmagmanne en burgerlikes gered. 'n Nuwe tydvak in die geneeskunde het begin.
'n
Maand nß die sogenaamde D-dag, in Julie 1944, word Fleming en Florey deur
koning George VI tot
ridder geslaan, en die jaar daarna word Fleming, Florey en Chain gesamentlik
met die Nobelprys vir Medisyne vereer.
Fleming
ontvang ook die ereburgerskap van Paddington, van Chelsea (waar hy woon) en
van Darvel. Hy word 'n fellow van die Royal College of Physicians. Van pres.
Charles de Gaulle van Frankryk ontvang hy die medalje van 'n Kommandeur van
die Erelegioen. Die pous gee hom 'n spesiale medalje.
Tydens
'n besoek aan Amerika ken die Harvard-universiteit 'n eregraad aan hom toe en
hy word ook 'n "honorary chief" van die Kiowa-Indiane. Die
Universiteit van Edinburg verkies hom tot hul rektor. Oral juig die skares hom
toe.
Ondanks
al die loftuitinge was Fleming 'n swygsame en beskeie mens, wat altyd seker
gemaak het dat sy kollegas die erkenning met hom deel. Hy sou dikwels gesΩ
het: "Oral waar ek gaan, bedank mense my omdat ek hul lewe gered het. Ek
het niks gedoen nie. Die natuur maak penisillien -- ek het dit net
gevind."
Fleming
se geliefde vrou, Sareen, is in 1949 nß 'n ernstige siekte oorlede. Hy was
verwese, maar het later 'n mooi Griekse dokter, Amalia Voureka, ontmoet met
wie hy in 1953 getrou het. Fleming was toe byna 72.
Die
gevierde wetenskaplike is in 1955 skielik aan sy hart dood.
______________________________________________________
Terug
na inhoudsblad -- klik hier
______________________________________________________
Ons
Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan