_____________________________________________________
Verhaal van die stigter van moderne verpleging (2)
-- die 'Dame met die Lamp'
Sy het geveg vir die soldaat se reg om as 'n mens beskou te word -- en gewen.
Sy het onvermoeid en onverpoos vir die verpleegster gestry -- en haar beroep
gerespekteerd en gewaardeerd gemaak. Vir haarself het Florence Nightingale
onsterflike roem verwerf. Maar dit is allermins wat hierdie besondere 'Dame met
die Lamp' ooit wou gehad het...
_____________________________________________________
DIE geselskap aan boord van die Vectis is nog ietwat van
stryk oor die slepende seesiekte wat hulle moes verduur. Maar vanoggend, 4
November 1854, staar hulle verwonderd na die glimmende koepels en toringspitse
van Konstantinopel.
Wat 'n oorweldigende gesig. Des te meer omdat die meeste nog nooit
voorheen 'n voet uit Engeland gesit het nie.
Dit reδn ligweg. Na die weste toe wieg grommende kamele heen en weer op
die kuspaaie. Na die ooste toe, 'n entjie van die stad, doem 'n groot,
vierkantige gebou op, grys en baie somber. Dis die Barakhospitaal van Scutari.
Met 'n dosyn of wat gondel-agtige bootjies wat by die Vectis versamel,
word die passasiers land toe gebring.
"O, juffrou Nightingale," sΩ een skielik terwyl die kus nader
kom, "ons moet die arme soldate help sodra ons daar aankom."
Juffrou Nightingale lyk moeg. "Die sterkstes onder julle sal by die
waskuipe benodig word," is al wat sy antwoord.
òáá DIE seereis van Engeland na
Konstantinopel (vandag Istanbul in Turkye) was nie maklik nie. Die skip was
smerig en deurtrek van kakkerlakke, en dit het so gewieg dat Florence omtrent
die hele tyd seesiek was. Die verpleegsters en nonne het ook onder mekaar begin
stry.
Met hul aankoms by Scutari het niks verbeter nie. Met 'n modderige
voetpad langs word hulle verby 'n paar honende soldate na 'n offisier gebring
wat hulle meedeel dat hulle nie welkom is nie.
Florence bly kalm en dring op slaapplek vir die verpleegsters aan. Hulle
word in vier klein, klam en smerige kamertjies ingedruk wat met rotte besmet
is, met 'n spens en kombuis langsaan. In eená
van die kamertjies lΩ 'n lyk. Daar is geen kerse, beddens of beddegoed
nie. Die aandete is 'n koppie tee sonder melk.
Die volgende dag gaan dit eens so erg. Die dokters laat dit duidelik
blyk dat die verpleegsters nie in die sale nodig is nie, en hulle moet feitlik
die hele dag in hul kamers bly.
Met 'n vlugtige kykie in die sale word die verskriklikste toestande
ontbloot. Gewonde soldate, saamgepak soos sardiens, slaap in klere en onder
komberse wat styf van die bloed is en van die luise krioel.
Byna almal het diarree, en al die riole is verstop. Daar is geen
medisyne wat verligting kan bring nie. Beseerde ledemate word sonder verdowing
afgesit, water word gerantsoeneer en die kos is ongesond en onvoldoende.
Die offisiere verwerp botweg Florence se aanbiedings om hulle van
voorrade te voorsien of die verpleegsters se dienste te aanvaar. Nee, hulle het
niks van vroumense nodig nie, dankie. Dis 'n beginselsaak.
Florence is streng
en sy verbied haar personeel om die kermende,
bloeiende soldate te help. Vreemd soos dit dalk klink, is dit omdat hierdie
wyse vrou besef dat sy net die owerheid se vertroue kan wen deur binne die reδls
op te tree.
Gou kom sy agter dat die ware knoop
nie by die dokters lΩ nie -- hulle doen werklik hul bes in die omstandighede --
maar by die offisiere. Verswelg deur amptelike rompslomp en formaliteite, lei
hul onvermoδ om die inisiatief te neem en hul gesonde verstand te gebruik tot
die dood van tallose manskappe.
'n Paar dae nß Florence se aankoms
kom gewonde soldate van die Slag by Balaklawa by die hospitaal aan.
Teen diΘ tyd het sy al party van die
dokters se guns gewen, en een van hulle vra haar om warm pylwortel, 'n voedsame
styselkos, op te dis. Sy doen dit en nog versoeke volg spoedig. Die leδr se
mediese afdeling het geen beswaar teen die idee dat vroue kos berei nie.
Nog 'n paar dae verloop en sy vra
toestemming om die vloere te skrop. Nogmaals neem niemand aanstoot dat vroue op
hul knieδ werk nie, en die versoek word toegestaan.
Toe Florence vra dat haar vroue die
skoonmaak van die manne se klere moet oorneem -- in die plaaslike washuis word
die klere selfs nog meer met goggas besmet -- gaan een van die dokters selfs 'n
stap verder en reδl dat warmwatertenks op die perseel ge∩nstalleer word.
Hoewel hulle steeds weier dat
Florence mediese dienste verskaf, is sy geleidelik besig om dinge skoner en
ordeliker te kry.
Toe, op 14 November, tref 'n
rampspoedige orkaan die Krim. Tente en voorrade word weggewaai, en swaar sneeu
val daardie nag. Teen die einde van daardie maand is daar sowat 8000 soldate by
Scutari, wat aan vriesbrand, blootstelling, cholera, disenterie en verhongering
ly.
'n Paniekbevange dokter beveel almal
-- Florence se verpleegsters inkluis -- om die manne te help voed en klee en
hul wonde te verbind. Die mediese base het eenvoudig geen tyd om bedreig te voel
deur Florence nie. Hulle besef gou dat as hulle enigiets nodig het, sy altyd
kan help.
Een van die eerste dinge wat
Florence doen, is om skropborsels, seep, skerms vir privaat¡heid gedurende
operasies, operasietafels, bedpanne, breekgoed, klere en baie ander dinge te
laat kom.
Sy oorreed die plaaslike inwoners om
verstopte riole en toilette skoon te maak. En sy kry die hulp van die soldate
se vroue om klere en beddegoed te was en te herstel.
Sy vermoed dat die water besmet is
-- iets waaraan geeneen van die dokters gedink het nie -- en kry 'n paar
werkers om die waterpype te ondersoek. In een van hulle lΩ 'n dooie perd. Dit
word verwyder en die grootste bron van besmetting is weg.
Florence werk dag en nag. Sy skryf
verslae aan die departe¡ment van oorlog en briewe aan die gesinne van die
gewonde manskappe, maak lyste van benodigdhede en doen voorstelle aan die leδr
se mediese afdeling. En tussenin is sy verpleegster.
òáá
SY is sowel 'n sagsinnige as 'n bedrewe verpleegster. Sy be¡handel
wonde. Sy is teenwoordig by soveel operasies as moontlik. Sy versorg die
siekste pasiδnte self. Sy hou die soldate se hande vas, ook wanneer hulle
sterf.
Altyd is sy opgewek, lag sy en maak
sy grappies met die manne, wat haar geweldig respekteer en nooit in haar
teenwoordigheid vloek of drink nie. Snags loop sy deur die sale, gekleed in 'n
swart rok met 'n tjalie en wit kappie, haar klein Turkse lampie brandend om
elke man te besoek. Die soldate gee haar die bynaam "the Lady with the
Lamp".
Toe 'n deel van die kaserne afbrand,
en die Britse ambassa¡deur in Konstantinopel hom doof hou vir haar pleidooi om
geld, gebruik sy haar eie geld om dit te herbou. Dit krap die amptenare om.
'n Brief van koningin Victoria
waarin Florence uitermate vir haar "goedheid en toewyding" geloof
word, word met groot jaloesie bejeδn.
In minder as twee maande is die sale
min of meer georgani¡seer soos sy dit wil hΩ. Kortom, Florence oefen meer mag
uit as wat enige Engelse vrou behalwe 'n koningin nog ooit gedoen het.
òáá
FLORENCE se sukses by Scu¡tari beteken allermins die einde van haar
werk. Toe dinge glad verloop in die hospitaal, wend sy haar tot die
herstellendes en sorg vir 'n leeskamer, 'n koffiehuis, 'n teatergroep,
sportgeriewe en skole met onderwysers.
Sy reδl ook dat die soldate hul
verdienstes huis toe stuur pleks van dit op bier vermors.
Twee nuwe militΩre hospitale is in
die Krim self gevestig, en in April 1855 gaan Florence hulle inspekteer. Hulle is
net so sleg as wat Scutari was. Maar die hoof- mediese beampte, dr. John Hall,
gelas haar om sy hospitale te verlaat en weier om deur 'n vrou "gehiet en
gebied te word".
Kort hierna word Florence siek van
koors. Sy word na 'n hospitaal buite Balaklawa gebring waar sy drie weke lank
op die randjie van die graf huiwer. Dis net danksy die toewyding van ene Mrs
Roberts, een van die beste verpleegsters, dat sy bly lewe.
Sy keer terug na Scutari, maar die
dokters is opnuut teen haar. Haar verpleegsters twis en kla so baie dat dinge
eindelik vir haar te veel word.
Terug op die skiereiland, vind sy
dat allerhande leuens en lelike stories omtrent haar ver¡sprei word. Desondanks
maak sy die hospitale skoon, verlig die lyding van pasiδnte geweldig en red
baie lewens.
Op 30 Maart 1856 word die oorlog met
die Verdrag van Parys beδindig. Geleidelik sluit die hospitale, en die herstel¡lende
soldate en die verpleeg¡sters gaan een vir een huis toe.
òáá
DIT gons in Brittanje. Die oorlog is verby en die Dame met die Lamp moet
huis toe kom.
Pamflette waarin haar werk beskryf
word, word oral versprei. Musici skryf liedere en digters skryf gedigte.
Porselein-ornamente word van haar gemaak, en Madame Tussaud maak 'n wasbeeld.
Die Britse regering bied 'n
oorlogskip aan om haar huis toe te bring. Orkeste wedywer met mekaar om die
fanfare by haar aankoms te speel. Blommeboδ word gemaak om die kaai te versier.
Koningin Victoria stuur vir haar 'n
borsspeld wat deur prins Albert ontwerp is met die woorde "geseδnd is die
barmhartiges" daarop. Florence se ma, Fanny, en suster, Parthe, baai in
hul nuutgevonde glorie. "Ons is eende wat 'n swaan uitgebroei het,"
erken hulle teenoor 'n joernalis.
Maar vir die nou maer en tenger
Florence is daar niks om oor vrolik te wees nie. Emosioneel gewond deur alles
wat sy moes deurmaak, ontvang sy die nuus oor die helde-ontvangs met afgryse.
"O, my arme manskappe,"
skryf sy. "Ek is 'n slegte moeder om huis toe te kom en julle in jul
grafte in die Krim agter te laat."
Sy was slegs bewus van dit wat sy
NIE bereik het nie.
Haar tante Mai Smith is in diΘ tyd
saam met haar by Scutari, en die twee bestyg heimlik 'n skippie, die Danube, en
vaar weg onder die skuilname "Mrs and Miss Smith".
In Engeland klim sy op 'n trein na
Derbyshire. Sonder dat enigiemand haar herken, loop sy in die pad af na Lea
Hurst en stap by die voordeur in.
òáá
VERSOEKE om haar handte¡kening, uitnodigings na etes, huweliksaansoeke
-- dit alles en baie meer stroom na die Nightingale-huishouding. Maar die
nederige Florence wil op¡sluit niks daarmee te doen hΩ nie.
Die enigste uitnodiging wat sy wel
aanvaar, is om die koningin by Balmoral te besoek. Haar doel is nie om oor haar
eie prestasies te praat nie, maar om die toekoms van verpleging te bespreek.
Tydens haar besoek ontvang Florence
'n dankoffer wat deur soldate van die Krimoorlog byeengebring is. Nadat sy die
Here gevra het om haar te wys hoe sy die geld die beste kan benut, stig sy 'n
opleidingsentrum vir verpleegsters by die St. Thomas's Hospital in Londen.
Soos te verwagte, is daar eers
teenkanting. Maar die verpleegsters lyk alte mooi en netjies in hul voorskote
en wit kappies, en is sowel intelligent as doeltreffend.
Kort voor lank is die
"Nightingale-verpleegsters" oral in aanvraag in Engeland. En binne 'n paar jaar word haar verpleegsters
regoor die wΩ¡reld heen gestuur om ander verpleegsters op te lei.
Sy begin ook met die konsep van die
distriksverpleegster, wat na die huise gaan van mense wat nie siek genoeg is om
in die hospitaal te wees nie. Hiervoor gebruik sy geld wat die koningin haar
gegee het om die Jubilee Institute for Nurses te stig.
In haar later jare woon Flor¡ence
alleen met net haar katte as geselskap. Steeds werk sy dag en nag, lees sy hospitaalverslae,
gee sy raad oor die bou en bestuur van hospitale, en skryf sy boeke en briewe,
na mense regoor die wΩreld. Die merkwaardige ou dame hervat selfs haar studie
van Grieks.
Haar gesondheid gaan geleidelik
agteruit en teen 1901 is sy blind.
In 1907 vereer Eduard VII haar met die Order of Merit, die eerste vrou wat s≤ vereer word. In 1910
ontvang sy die vryheid van die stad Londen.
Florence Nightingale sterf op 13
Augustus 1910, op die rype ouderdom van negentig.
Geseδnd, voorwaar, is die barmhartiges.
__________________________________________________
Terug na
inhoudsblad -- klik hier
__________________________________________________
Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan