____________________________________________________________
Klaar met skool -- sprei s≤ jou vlerke!
Hierdie artikel is vir alle jong lesers wat vanjaar
vir die laaste keer Huisgenoot se Wonderlike WΩreld-ensiklopedie nodig sal hΩ
vir hul skoolwerk -- die skoolverlaters wat nou ernstig oor hul toekoms moet
besin! Dat hulle vroeg die regte besluite moet neem, is van die uiterste
belang, des te meer in 'n tyd van groot werkskaarste soos tans. Kenners oor
beroepskeuses gee hier baie nuttige raad...
____________________________________________________________
DIE keuse van 'n beroep is 'n proses wat
gaandeweg ontwikkel. Dit begin reeds op 'n baie vroeδ leeftyd waar kinders
daaroor droom om vlieδniers of balletdanseresse te word.
Om 'n doeltreffende keuse rondom jou studierigting of
beroep te doen, is dit nodig dat jy jouself moet ken en weet wat in die
arbeidsmark beskikbaar is. Negentig persent van die leerlinge en studente wat
beroepskeuses moet doen, het nie genoeg beroepskennis nie en weet nie regtig
wat die arbeidsmark aan te bied het nie.
Hul kennis rondom beroepe is in die meeste gevalle
beperk tot die kennis wat hulle van van hul eie ouers se beroepe het. Kinders
se belangstellings word ook soms subtiel be∩nvloed deur ouers se voor- en
afkeure. S≤ 'n subtiele manipulasie van kinders is baie verkeerd. 'n Kind moet
toegelaat word om sy of haar eie voor- en afkeure en persoonlikheid te
ontwikkel. Om 'n sinvolle beroepskeuse te doen, is die volgende belangrik:
òáá KYK na jouself en maak 'n lys van jou sterk en swak
punte. Die vier basiese dinge omtrent jouself wat belangrik is by die keuse van
'n beroep, is die volgende:
╖
Persoonlikheidseienskappe: Hier word verwys na die eienskappe wat
uniek is aan jou as persoon. Byvoorbeeld die manier waarop jy met jou vriende,
familie en vreemde mense omgaan. Is jy 'n baie geduldige mens, hou jy daarvan
om ander te help om hul probleme op te los, kan jy spanning goed hanteer? ens.
╖
Belangstellings: Dit is die dinge waarvan jy graag meer
wil weet. Waaroor lees jy graag? Na watter TV-programme kyk jy graag? Hoe lyk
jou stokperdjies?
╖
Vaardighede
of aanlegte:
Dit is die dinge wat jy goed kan doen, byvoorbeeld sport, musiek, teken,
spesifieke taalvaardighede, organisatoriese vaardighede, gemaklikheid met
mense, die ontwerp van dinge, ens.
╖
Waardes: Dis die dinge wat vir jou baie, baie belangrik
is en waarsonder jy normaalweg nie graag sou wou wees nie. Byvoorbeeld
godsdiens, huisgesin, finansiδle sekuriteit, sosiale status, ens. Die ideale
beroeps- en studierigting is die rigting waar daar 'n balans tussen bogenoemde
dinge is. Jy kan byvoorbeeld baie daarvan hou om met jou hande te werk en baie
belang stel in die werking van meganiese dinge, maar jy verstaan nie hoe dit
werk nie. Dan kan jy nie 'n beroep in so 'n rigting volg nie, want jy het 'n
belangstelling daarin, maar nie 'n aanleg nie. Die balans tussen
belangstellings, aanlegte, persoonlikheid en waardes is dus belangrik.
òáá DIE
arbeidsmark het oor die afgelope aantal jare baie verander. Vroeδr was dit
gebruiklik om af te tree in die beroep waarmee jy begin het. Die gevolg was dat
mense nie hul potensiaal benut en werksbevrediging ervaar het nie.
In Suid-Afrika vind ons tans 'n soortgelyke neiging
as in sommige Europese lande en Amerika. Mense kan gemiddeld drie tot vyf keer
in 'n leeftyd van loopbaan verander! Dit is dus belangrik om aanvanklik s≤ te
kies dat jou keuse wel ruimte vir verandering laat.
Die werkomgewing is net so belangrik as dit wat jy
doen! Die sogenaamde oop-plan-kantore is byvoorbeeld tans baie gewild in
maatskappye. As jy 'n private soort mens is, kan dit wees dat jy nie gemaklik
in s≤ 'n omgewing sal voel nie. Dit gaan noodwendig jou werk begin be∩nvloed.
Jy kan in boeke en tydskrifte inligting oor beroepe
kry. Daar is gereeld radiopraatjies of TV-insetsels hieroor. Die belangrikste
is egter eerstehandse blootstelling aan 'n beroep. Gesels met mense en vra
hulle uit oor hul beroep. As jy 'n geleentheid kry om vakansiewerk te doen in
'n rigting waarin jy belang stel, moet jy dit gebruik.
Wanneer jy inligting begin bymekaar maak, kan jy die
volgende vrae vra: Vertel vir my wat doen u, asseblief? Hoekom het u hierdie
beroep gekies? Wat geniet u van hierdie beroep? Wat geniet u nie van u beroep
nie? Watter ure werk u? Is daar uitdagings in u beroep? Is daar spertye wat gehaal
moet word? Is daar baie roetine-take in u werk? Werk u onafhanklik of
rapporteer u aan iemand? Watter status en inkomstepotensiaal bied u beroep? Is
daar enige risiko's verbonde aan u beroep? Hoe lyk die fisiese werkomgewing?
Werk u onafhanklik of as deel van 'n span? Kan 'n mens met genoeg ervaring jou
eie besigheid in hierdie rigting begin? Is hierdie beroepsrigting toeganklik
vir vroue? Is daar bevorderingsmoontlikhede in hierdie werk?
òáá DIE
opleidingswΩreld het ook verander. In die verlede was formele opleiding aan 'n
erkende tersiΩre instelling die enigste moontlikheid om jou verder te bekwaam.
Dit was belangrik om 'n graad te kry! Tans val die klem op vaardighede -- as jy
aanklop vir werk, word gevra wat jy kan doen. Watter vaardighede jy het, is
belangrik.
Dit is dus belangrik om 'n opleidingsinstansie te
kies wat jou die beste gaan toerus vir die bepaalde beroepsrigting wat jy kies.
Alles dui daarop dat jy jou vaardighede in die toekoms sal moet gebruik om geld
te maak.
As jy dus hierdie vaardighede van jongs af kan
ontwikkel, gaan dit beslis tot jou voordeel strek. Dit is belangrik dat ouers
entrepreneursvaardighede by kinders moet aanmoedig en ontwikkel -- het jy nie
moontlik 'n interessante stokperdjie wat kan geld maak nie?
Werk doelgerig aan hierdie proses om by jou ideale
loopbaan uit te kom. Stel vir jouself bereikbare doelwitte en maak seker jy
gaan stap vir stap te werk om hierdie oogmerke te bereik.
____________________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik hier
____________________________________________________________
Ons Wonderlike WΩreld op CD,
2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan