____________________________________________________________

 

Annelides (gesegmenteerde wurms)

 

Wurmwonders

 

Verwaande mens, jy't gedog jy is baie slim toe jy die ploeg uitgevind het. Gaan na die erdwurm en kyk hoe h² die aarde kan omkeer!

____________________________________________________________

 

SOWAT 8000 jaar gelede -- met die uitvinding van die ploeg -- is die aarde omgekeer. Dit was 'n omdolwing van die grond, maar ook 'n omwenteling in die wΩreldgeskiedenis. Die mens se bestaan sou nooit weer dieselfde wees nie.

 

Al was die eerste ploeδ nog heel primitief, het hierdie prakseersels wondere met die boere se gesaaides verrig. Die grond is losgemaak en belug, sodat suurstof en water kon binnekom om deur die plante benut te word.

 

Tog roem die mens verniet dat hy die ploeg uitgevind het.

 

In die negentiende eeu het die Britse natuurkundige Charles Darwin, wat 'n lewenslange studie van die erdwurm gemaak het, aangetoon dat hierdie eenvoudige diertjies 'n soortgelyke funksie as die ploeg verrig.

 

Met hul onophoudelike gedolwe maak hulle die grond los en belug dit. Meer nog: hulle voeg plantmateriaal by die grond, ≤f deur blare ondergronds te sleep wanneer hul¡le vreet ≤f met uitwerpsels in hul gate of op die grondoppervlak. S≤ word noodsaaklike chemikalieδ weer in omloop geplaas.

 

Die natuur het nogmaals die mens voorgespring.

 

Erdwurms behoort tot die phylum Annelida, of gesegmenteerde wurms. Die phylum kan in drie hoofklasse ingedeel word: die borselwurms, wat hoofsaaklik in die see woon; die bloedsuiers, wat in die see, vars water en op land voorkom; en die erdwurms, wat meestal landbewoners is.

 

Daar is meer as 2500 erdwurm-spesies ter wΩreld. Hulle lewe ondergronds en verkies klam, humusryke grond.

 

Die digtheid van erdwurms in die grond kan verstommend wees. Na raming kan daar tot drie miljoen wurms -- of drie ton -- in minder as 'n halwe hektaar woudgrond wees.

 

Erdwurms kan piepklein wurmpies van minder as 'n halwe milli¡meter lank wees, tot Goliatte van tot drie meter.

 

In 1937 is 'n reus van Microchaetes met 'n lengte van 6,7 m en deursnee van 2 cm in die destydse Transvaal ge¡vind -- en toe hierdie artikel geskryf is, het hy steeds in die Guinness Book of Records gepryk as die wΩreld se langste erdwurm.

 

 

Bou van die erdwurm

 

ò   EEN van die eerste dinge wat jy by die erdwurm sal opmerk as jy een van naby bestudeer, is dat sy liggaam in 'n aantal gelyke dele, of segmente, verdeel is. Die getal segmente verskil van spesie tot spesie.

 

Jy sal ook opmerk dat die een kant van die liggaam -- die voor¡kant -- by die einde gepunt is. Die einde van die ander helfte -- die agterkant -- is gerond.

 

Die punt aan die voorkant word gevorm deur 'n klein lob wat die prostomium genoem word, wat die brein bevat en die mond bedek.

 

Volwasse erdwurms word maklik uitgeken aan die swelling net voor die middel van die liggaam. Dit word 'n saaltjie of klitellum genoem en speel 'n belangrike rol in die voortplanting van die wurm.

 

Die hele liggaam word beskerm deur 'n dun kutikel, waaruit talle uiters klein haartjies of borsels (chatae) uitsteek. DiΘ stel die wurm in staat om te seil en help ook tydens paring.

 

Die senustring loop langs die on¡derkant van die liggaam. Bloed word gesirkuleer deur vyf sogenaamde harte in die voorkant.

 

Die erdwurm het geen oδ of voe¡lers nie, maar sekere selle in die vel is gevoelig vir die ultravioletstrale van die son. Blootstelling aan sonlig verlam die wurm en maak hom uiteindelik dood.

 

Daar is ook klein reseptore wat gevoelig is vir chemikalieδ, aanra¡king en trillings. Darwin, wat tot sy dood toe die erdwurm bestudeer het, het die wurms se sensitiwiteit vir vibrasies getoets.

 

Hy het 'n ry blompotte met erd¡wurms daarin op sy klavier neergesit. Wanneer hy sekere lae note ge¡speel het, het die wurms in hul gate verdwyn. Ander note het geen uitwerking op hulle gehad nie.

 

Fynproewers van grond

 

ò   ERDWURMS neem voedsel op twee verskillende maniere in: hulle vreet ≤f blare wat hulle gedeeltelik in hul gate insleep ≤f, wanneer kos skaars is soos gedurende droδ weer, hulle grawe gaatjies deur die grond te vreet en groot hoeveelhede daarvan in te sluk. Namate die grond deur hul liggame beweeg, onttrek hulle sekere voedingstowwe daaruit.

 

Party soorte wurms kom na die oppervlak om daar ontslae te raak van die grond wat hulle gevreet het. Die bekende wurmgietsels word op hierdie manier gevorm. Ander raak ondergronds van die afvalstowwe ontslae.

 

Hoe erdwurms beweeg

 

ò   'N ERDWURM beweeg met golwe van spiersametrekking en -ontspanning -- ßl met die lengte van sy liggaam langs -- sodat 'n bepaalde gebied ≤f gerek en dun ≤f verkort en verdik is.

 

Op die liggaam is talle uiters klein haartjies, of chatae, wat die wurm in staat stel om hom goed aan die grond of wande van sy gat te anker.

 

Die wurm lΩ uitgestrek; die kopkant word deur die haartjies geanker en die stertkant word ingetrek. Wanneer die wurm homself strek, beweeg hy in sy geheel vo¡rentoe. Om agtertoe te beweeg voer hy dieselfde bewegings uit met die haartjies vorentoe gestrek.

 

Die grond word deur erdwurms binnegedring deurdat hulle hul voorste punte in enige openinkies tussen gronddele indwing en dit groter maak. As die grond baie kompak is, vreet die wurms hul pad daardeur.

 

Die ondergrondse stryd

 

ò   ANDERS as by insekte is die kutikel van die erdwurm dun en deurdringbaar. Dit laat suurstof deur vir asemhaling en laat koolsuurgas vry, maar doen weinig om waterverlies te keer of die diertjie teen die son te beskerm. Om diΘ rede moet erdwurms bedags in klam grond bly. Party prop die openinge na hul gate met gras, stokkies en klippies toe.

 

Daar word slegs snags na kos gesoek, wanneer die vogtigheidsgraad hoδr is. Hulle kom selde heeltemal uit hul gate.

Gedurende droogtes onttrek baie soorte hulle tot in die klam ondergrond. Ander soorte oorleef deur in 'n klein met slym uitgevoerde kompartementjie onder die aarde op te krul.

 

Soos met talle ander bewoners van die natuur, hetsy op land, in vars water of die see, is die ondergrondse bestaan van die erdwurm 'n voortdurende drama van lewe en dood.

 

Voδls trek hulle uit hul gate uit met hul lang, dun snawels. Hengelaars grawe hulle uit om as aas te gebruik. Selfs die boer met sy ploeg -- einste hy wat die erdwurm met sy grondomdolwery kom naboots het -- is 'n geswore vyand.

 

Die arme, stomme, lae wurm...

 

____________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

____________________________________________________________

 

Huisgenoot se Wonderlike WΩreld op CD, 2004