-- die
unieke diere van Australiδ
Dis verstommende, unieke diere wat "doer
onder" op die eiland-kontinent Australiδ hul eie stryd voer om te
oorleef... in die ongenaakbare woestyn of teen vyandelike indringers in hul
brose hougebiede...
____________________________________________________________
ALLES wat blink is nie goud nie, lui die
spreekwoord, en, nou ja, in Australiδ is alles wat spring ook nie kangaroes
nie! In hierdie uitsonderlike wΩrelddeel is daar in der waarheid vier
hoofsoorte kangaroe-agtige diere, te wete die rooi kangaroe, grys kangaroe,
wallaby en wallaroe.
Die wallaroe, wat ook die euro genoem word, is wat sy grootte betref so halfpad tussen 'n kangaroe en 'n wallaby en is 'n soort uit eie reg.
Dis interessant om te verneem waar die benaming kangaroe
volgens oorlewering vandaan kom. Toe die eerste Europese ontdekkingsreisigers
diΘ eienaardige diere gesien het, s≤ lui die storie, sou hulle aan die
Australiese inboorlinge gevra wat se rare springers dit dan nou is. En die
inboorlinge sou geantwoord het: ''Kangaroe'', wat eintlik beteken: ''Ek
verstaan jou nie.'' Die ontdekkingsreisigers sou gedink het dis hoe die diere
genoem word en die naam het bly steek!
Nog wΩreldbekende rariteite van Australiδ is die
eendbekdier en die mierystervark of echidna, wat soogdiere is wat eiers lΩ. En
dan is daar boonop die teddiebeer-agtige koala, 'n buideldier wat van
bloekomblare leef.
Maar hierdie diere laat 'n mens baiemaal vergeet dat
daar nog talle ander eienaardighede in die dierewΩreld op die eiland-kontinent
is. S≤ is daar 'n propperse doring van 'n Australiese miervreter, wat hulle die
doringduiwel of molog noem (Eng.: thorny devil; moloch). Maar ou Moloch
horridus is dit darem nie rΩrig werd om 'n duiwel genoem te word nie. Die
waarheid is dat hy 'n stadig bewegende, onskadelike reptiel is wat net van
miere lewe -- en baie van hulle.
Daar word geraam dat hy van seshonderd tot 3000 miere in 'n enkele maaltyd kan wegbΩre. Doringduiwels word wyd verspreid in Australiδ se binnelandse woestyn aangetref.
En dan is daar die emoe, Dromaius novaehollandiae,
die nasionale voδl van Australiδ. Hy is die wΩreld se naasgrootste lewende voδl
(net ons eie volstruis is groter). Hy is 'n vinnige hardloper en 'n kragtige
swemmer, maar hy kan nie vlieg nie. Die wyfie lΩ van sewe tot twaalf eiers in
'n holte in die grond.
Die mannetjie jaag dan die wyfie van die nes af weg
en gaan sit op die eiers totdat hulle nß sowat agt weke uitbroei. Die mannetjie
sien nog sowat ses tot nege maande lank na die kuikens om totdat hulle vir
hulself kan sorg.
Nog 'n Australiese dier wat straks vermelding
verdien, is die spinifex-springmuis, Notomys alexis (Eng.: spinifex
hopping mouse). áDiΘ word in die droδ,
sanderige Midde-Australiδ aangetref tussen die sogenaamde ''spinifex'', 'n
soort Australiese stekelgras. Hierdie muise is naglopers wat bedags in kolonies
van tot tien in gate van tot 'n meter diep skuil. Hoewel hulle as troeteldiere
aangehou kan word, is hulle baie delikaat en moet hulle nie met die hande
gehanteer word nie.
Klein maar vol venyn is die pluimstert-buidelmuis, Dasycercus
cristicauda (Eng.: crested- tailed marsupial mouse), ook die mulgara
genoem, nog een van die baie rot- of muisagtige diertjies wat in Australiδ
voorkom. Baie van hulle verval in 'n soort verstywingsfase wanneer hul kos
skaars raak.
Die mulgara, wat in droδ streke hou, drink ook nie water
drink nie, maar kry al sy nodige water van die liggaampies van sy prooi --
sprinkane, byvoorbeeldá Die mulgara is
boonop 'n mensevriend, deurdat hy dikwels huismuise vang.
Die kowari, Dasyuroides byrnei, is nog 'n
jagtende buidelmuis, en daar word vertel dat hy sy prooi soos 'n kat bekruip.
Wanneer die kowari 'n groterige dier bespring, speel hy met hom klaar deur hom
dadelik aan die nek te byt.
Die langstert-dunnart, Sminthopsis longicaudata
(Eng.: long-tailed dunnart), van die woestynwΩrelde van Midde- en Wes-Australiδ
is een van sowat tien dunnart-spesies wat sowel in reδnwoude as in die woestyn
voorkom. Dunnarts kan ontsettend vinnig aanteel -- een wyfie kan drie tot vier
keer per jaar tot tien kleintjies kry.
Voorts is daar die bilby. Met sy yslike ore herinner
diΘ Macrotis lagotis 'n mens aan 'n konyn, maar dit is juis onder meer
aan ingevoerde konyne te wyte dat hy uit sy gate in die grond verdryf is en
daar vandag so min van sy soort oor is. Omdat daar vermoedelik nog slegs 'n
klompie honderd in die vrye natuur bestaan, teenoor moontlik derduisende 'n eeu
of wat gelede, word verwag dat die bilbies gaan uitsterf.
Die bilby is die grootste van die Australiese
buideldasse en word tot 55 cm lank met 'n stert van tot byna 30 cm. Die lang
ore dien as geluidversterkers om roofvyande gou te hoor en waarskynlik ook as
verkoelers in die versengende woestynhitte.
En in die amfibiese wΩreld? Daar sal jy 'n padda vind
wat sowaar 'n manΦl dra! In die binnelandse Australiese woestyn reδn dit so
selde dat die inheemse diere hul liggaamsvog op allerhande vernuftige maniere
moet behou. Een van hulle is die waterhoudende padda Cyclorana
platycephalus, wat hom niks dieper as 30 cm onder die sonverdorde
grondoppervlak ingrawe nie, maar minstens twee jaar lank daar in 'n
slaaptoestand kan oorlewe.
Daar verander sy vel in 'n membraan wat van die onderliggende vel losraak, en kort voor lank is die padda heeltemal bedek deur 'n los omhulsel, buiten by die baie klein buisies aan sy neusgate. Sodra deurdringende reδn uitsak, word die ondergrondse paddas deur verhoogde grondvog gewek en beweeg hulle vinnig na die oppervlak vir 'n kortstondige sessie van feesvier en aanteel.
In die waterpoeletjies wat net vir 'n kort tydjie daar sal wees, haas die paddavissies hulle om volwassse te word op 'n dieet van mikroskopiese organismes, terwyl die volwasse paddas veral aan insekte smul.
Van insekte gepraat: in Australiδ kan 'n mens na die
miere gaan -- en soet word! Hulle noem hom die heuningpot-mier (Melophorus
bagoti), 'n wonderlike mier wat saam met sy maats goed sorg vir die maer
tye wat kan voorlΩ deur hope suikersoet voedsel op te gaar. En die houers is
gerieflik naby -- in die lewende liggaampies van 'n spesiaal geteelde groep
passiewe werkers.
Nadat dit gereδn het, versamel die regte werkers
nektar en die heuningdou wat plantluise afskei en dwing dit in die ''kele'' van
die houer-miere af sodat hulle spoedig tot so groot soos ertjies uitswel. Die
oorvrete heuningpotte kan nie loop nie en word aan hul voorpote aan die plafonne
van die gange in die nes opgehang.
Sodra die kos skaars begin word, melk die honger
werkers die hulpelose heuningpotte deur geesdriftig oor hul agterlywe te stryk
en die voedsame kos druppel vir druppel te benut.
Miere het orals baie vyande, maar die kruipende
insekte van die Australiδ het min te vrees van een wonderbaarlike klein reptiel
-- nie omdat hy nie insekte vreet nie, maar omdat daar so jammerlik min van hom
oorgebly het. Volgens een berekening bestaan slegs drie persent van Australiδ
se eens wye, wuiwende grasvelde immers nog, en diΘ is die pigmee-bloutongakkedis
(Tiliqua adelaidensis) se hougebied.
Hierdie bloutongetjie het eenmaal verspreid in sekere
dele en tot in die stad Adelaide in die suide voorgekom, maar in die vroeδ jare
sestig is gereken dat hy uitgesterf het. Toe, in 1992, word een binne-in 'n
bruin slang gevind wat op 'n pad naby die dorp Burra doodgemaak is. Sedertdien
is heelparty van hulle darem in 'n opname opgespoor en kort voor die
eeuwisseling is hul getal op sowat 5500 geraam.
Verstommend genoeg woon pigmee-bloutongakkedisse in
die gate van valdeur- of wolfspinnekoppe. Hulle is bedags bedrywig -- al is
hulle meestal leeglΩers wat bloot by hul gate in die son lΩ en bak om insekte
voor te lΩ wat verbyloop.
____________________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik hier
____________________________________________________________
Ons Wonderlike WΩreld op CD,
2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan