____________________________________________________________

 

Bekke, tande en snawels

-- die bytende waarheid!

 

Daar is diere (en mense) met tande wat kan kners, knyp, hap, gryp, skeur, skud of vermorsel... en ander met gapende bekke sonder 'n enkele ou tandjie in sig. In ons wonderlike wΩreld het elke saagbek en ook elke haasbek sy plek...

____________________________________________________________

 

ELKE dier byt soos hy gebek is, en baie se tande staan eenvoudig vir niks verkeerd nie. Hiervan is, sΩ, die brulpadda 'n taamlike goeie voorheeld.

 

Æn Mens kan maar net oplet hoe kranig s≤ 'n kwaker werk met die skerp, gepunte tandjies aan sy kake en verhemelte. Daarmee keer by dat die prooi wat hy gevang het, uit sy bek spring.

 

Die krokodil se dolk-agtige tande is net so ideaal om sy prooi te gryp voordat hy dit in hompe insluk, al sou Krokkie verniet probeer om sy vleis daarmee fyn te kou soos die kattegeslag en baie ander roofdiere maak.

 

Seeleeus het weer gekromde tande om glibberige visse behoorlik te kan vasvat. Daarteenoor het sekere haaie sulke formidabele tande dat hulle selfs met een hap deur 'n krokodilvel kan rits.

 

Tot roofkewers het hul eie spesiale soort tande. Dit is weliswaar baie anders saamgestel as diΘ van die gewerwelde diere, maar hul knippende, knypende chitien-bekkies is gevaarlik genoeg. S≤ is talle ander wesens in die groot natuur ook nog tot die tande toe gewapen.

 

Ook die mens sit heel voldaan met sy mondvol tande. Hy word nou wel nie daarmee gebore nie, maar begin betreklik vroeg in sy lewe al tandjies sny, so op vyf tot agt maande. (Partykeer gebeur dit tog voor die geboorte en in die beste families boonop, soos met koning Lodewyk XIV van Frankryk, wat glo op 3 September 1638 met twee tande in die wΩreld gekom het.)

 

Natuurlik kan die mens se tande horn ook lelik opkeil. En die moderne tandheelkunde is dan ook 'n triomf oor duisende jare se onkunde en lyding. Dis maar eers in die afgelope twee eeue dat regte, rasionele geneeswyses vir tandpyn gevind is, al was die vroegste tandchirurgie waarskynlik so eenvoudig soos om 'n seer land met 'n klip uit te moker.

 

Die mens en baie soogdiere van die veld kry twee stelle tande in hul lewe. Party soogdiere, soos die eendbekdier, moet egter maar vir lief neem met slegs 'n enkele stel.

 

Dan is daar die tande van die visse, amfibieδ en reptiele: Elke keer wanneer hulle uitval, word hulle meestal deur nuwes vervang, en dit gebeur regdeur die dier se lewe. Anders as die gebitte van die meeste soogdiere waarvan die tande verskillend lyk en verskillende funksies het, is die visse en reptiele se onderskeie tande in die reδl eenders gevorm.

 

Die giftande van slange, die ivoortande van olifante, die groot uitsteeksels van walrusse en die "skopgrafie" van die duinemol -- s≤ kom tande ook nog in heelparty ander vorms by diere voor.

 

En sekere gewerweldes, soos alle voδls, het glad geen tande in die bek nie. Maar voδlsnawels is mos gewoonlik ook so skerp dat enige tande daarby heeltemal oorbodig sou wees. Voδltjies aanskou wel die eerste lewenslig met 'n "eiertandjie" waarmee hulle deur hul eiers pik, maar dit val af kort nadat hulle uitgebroei het.

 

Die knaagtande van knaagdiere groei weer gedurig -- soos vingernaels -- en soos naels is tande eienaardig genoeg ook 'n soort verharding van die vel. By soogdiere bestaan dit uit 'n baie harde buitelagie van emalje, met 'n lagie sagter dentien daaronder, en dan bloedvate en vesels in die binnekant. Emalje is die hardste stof in die liggaam, selfs harder as die hardste been. Dentien, iets wat baie nes been is, is sagter.

 

By die meeste gewerweldes, soogdiere uitgesluit, is daar nie emalje op die tande nie, maar wel vitrodentien, 'n stof wat byna net so hard is.

 

Van tandhigiδne (en die waarde van fluoried in drinkwater) word ons van kleins af geleer, want wie wil nou rΩrig met 'n mondvol kunstande loop as jy dit kan verhelp? Die maak van sulke kunsgebitte is weliswaar al vandag tot 'n blink kuns verfyn, dit weet ons oupas en oumas dankbaar. Maar die kuns van kunstandvervaardiging kom 'n baie lang en seer pynlike pad.

 

Die Etruriers van ou Italiδ, en later die Romeine, was waarskynlik die eerstes wat die kuns beoefen het, hoewel baie van die prosteses waarskynlik nie veel meer as 'n beenderige gedoente was nie. Daarin het die lang "tande" soos ingerygte orrelpypies gesit.

 

Vandag se vals tande is gewoonlik 'n mengsel van porselein en akrielhars -- die porselein om sy mooiheid vir die voortande; die akriel vir die agtertande, om beter te kan kou.

 

Maar op hul beste bly kunstande nog 'n bytende probleem, en wie met 'n kunsgebit probeer regkom, sΩ diΘ wat weet, moet dikwels hare op die tande hΩ. Dus: bewaar maar gerus die natuurlike byters waarmee jy geseδn is eerder as om eendag harde bene met Æn stuk akriel te moet sit en kou!

 

Terug by regte, egte tande: Ons het in hierdie vertelling gesien hoe verskillende diere se tande verskil, en hoe ons baie te wete kan kom van 'n dier se gewoontes deur eenvoudig sy tande te bestudeer.

 

'n Mens sou immers nie verwag dat 'n leeu dieselfde soort tande as 'n koei moet hΩ nie. Die leeu het die tande van 'n vleisvreter, en dis hoofsaaklik instrumente om mee te steek, te sny en te skeur.

 

Die tande van 'n grasvreter, soos 'n bees, is hoofsaaklik maalklippe waarop veselagtige plantmateriaal fyngemaak word. Mense eet sowel vleis as groente, en hulle het dus tande wat al diΘ soorte werksaamhede verrig.

 

Die bestudering van tande is van groot waarde as ons wil begryp hoe lewende wesens in klasse ingedeel word. Alle mense het dieselfde getal tande, om mee te begin, en die tande is van presies dieselfde soort met presies dieselfde getal van elke soort.

 

Ons kry eers een melktandstel van twintig, wat hier rondom ses jaar begin uitval, en met verdrag 'n nuwe stel totdat daar 32 permanente tande in ons mond is. (Ook nie altyd nie: die sogenaamde verstandtande in die agterkieste wat eers by jong mense uitkom, is partymaal glad nie eens sterk genoeg om deur die tandvleis te beur nie.)

 

Maar daar is mos 'n spreekwoord wat lui dis nie manierlik om tande te tel nie -- en met lang tande neem ons dus afskeid van 'n boeiende onderwerp!ááááááááááá

____________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

____________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan