______________________________________________________________________________

 

Diere-sintuie (6): Nie-menslike sintuie

 

'n Sesde sintuig...

 

Soos 'n gedugte kolonie kommandomiere steek 'n horde blouwildebeeste 'n rivier in Kenia oor -- op hul eie groot trek oor die Serengeti-vlakte na vars weiding in die weste. Om in vreemde omgewing te verdwaal te raak, is 'n menslike eienskap. Maar baie diere is totaal anders... kyk net hoe kranig hou hulle koers. Het hulle dan sekere bonatuurlike kragte -- of hoe word hul rare "sesde sintuig" verklaar?

____________________________________________________________

 

DIE honde hardloop rond. Die hoenders vlieg ver¡vaard in die bome in. Die perde sit op loop. Ma-katte gee haastig pad uit hul huise en dra hul kleintjies saam. Slange slinger uit hul neste, en hase en rotte vlug ylings tot in hul gate.

 

Geen mens sou kon aanvoel dat die aarde op die punt is om te skeur nie. Maar die diere is rasend. "Iets" vertel hulle: hier kom gevaar.

 

Aardbewing... In 1976 het 'n groep seismoloδ, geoloδ en bioloδ in Kaliforniδ, Amerika, koppe bymekaar gesteek om die vreemde gedrag van diere voor skuddings te bespreek. Waar¡om gebeur dit? Wat waarsku hulle teen die komende onheil? Die 35 kenners wat daar bymekaar was, het talle bewyse aangevoer dat diere -- voδls, visse en insekte inkluis -- sulke rare vermoδns het.

 

Daar was 'n tyd in die verlede toe die bestudeerders van dieregedrag diΘ soort voorkennis aan 'n bonatuurlike sintuig toegeskryf het. Hierdie onverklaarbare vermoδ is as 'n soort towerkrag beskou -- en van die diere is selfs as gevolg daar¡van aanbid.

 

Maar navorsing toon vandag dat, hoewel diere beslis bykomende sintuie het, hierdie sintuie volkome natuurlik is. Vanselfsprekend kan ons mense dit nie ten volle begryp nie.

 

Migrasie -- die tergende raaisel

 

òáá DIE dag volg die nag, die somer volg die winter,á die vloed volg die eb in die ewige kom en gaan van die see. S≤ is daar allerhande siklusse in ons wonderlike wΩreld -- tydkringe waarvolgens die natuurwesens hulself rig en reguleer.

 

Diere reδl hul lewens volgens die siklusse deur gebruik te maak van wat wetenskaplikes die biologiese horlosie noem -- 'n ingebore fisiologiese meganisme vir die meting van tyd of die hou van ritmes.

 

Ons vind dit oral, by die kleinste insekte en die grootste soogdiere. Skoenlappers vlieg geweldig ver. Wildebeeste trek oor groot afstan¡de. Die stiptheid van hul vertrek en aankoms is verstommend, des te meer hul vermoδ om hul weg te vind.

 

Hoewel ons meen dat trekdiere van magnetiese velde gebruik maak om hul pad te kry, het ons geen benul watter deel van hul liggaam as die sensor gebruik word en hoe dit gedoen word nie.

 

Migrasie is steeds een van die natuur se tergendste raaisels...

 

Trekvoδls se 'ingeboude' sin vir rigting

 

òáá VAN alle trekdiere het voδls 'n ongeδwenaarde vermoδ om in 'n kort tyd oor lang afstande te beweeg. Hulle vlieg, dikwels snags, ver oor die see en oor onbekende gebiede. Hoe doen hulle dit?

 

Baie kenners het al die geheim probeer ontrafel. Party het aangevoer dat voδls die son en sterre gebruik om hul weg te vind. Maar uit latere navorsing het geblyk dat voδls wat verblind was ewe suksesvol was.

 

Vandag is die mees aanvaarde teorie dat voδls 'n hoogs ontwikkelde magnetiese sintuig het, terwyl hul waarneming aangevul word deur inligting wat hulle van die son en sterre ontvang.

 

Die aarde is baie soos 'n reuse magneet, en die magnetiese lyne daaromheen word deur die trekvoδls soos 'n kompas gebruik, word gereken.

 

Wat weet 'n wildebees?

 

òáá DIE grootste "groot trek" van groot landdiere is diΘ van die blouwildebeeste van die Serengeti-vlakte in Oos-Afrika. Gedurende die reδnseisoen is die troppe wyd versprei oor die oostelike deel van die vlakte, waar hulle op die kort, soet gras wei.

 

In die begin van die droδ seisoen versamel die wildebeeste om die oorblywende groen kolle en vorm reuse troppe van 10 000 of meer, wat uiteindelik weswaarts begin trek op soek na nuwe weiveld.

 

Maar wat is die sneller wat s≤ 'n trek laat begin?

 

Lang vlug van die skoenlappers

 

òáá SEKERE insekte trek verbasend ver, maar daar is geen trek-insek wie se kordaatstuk 'n mens meer verbyster as die Noord-Amerikaanse koningvlinder nie.

 

In die herfs vlieg die brose koningvlinders sowat 4000 km van Kanada in die noorde tot by Florida of Mexiko in die suide, waar hulle die winter in 'n gedeeltelike winterslaap verwyl.

 

Presies hoe hulle hul weg vind, is nog onseker. Die waarskynlikste moontlikheid is dat hulle hulself rig volgens die posisie van die son, maar dit moet nog bewys word.

 

Dis egter onwaarskynlik dat hulle slegs die son aanwend om s≤ akkuraat te navigeer. Moontlik maak hulle ook van die aarde se magneetveld, windrigting en 'n ingebore "geheue" gebruik.

 

Drilvis se kragtoertjie

 

òáá PARTY soorte waterdiere wat jag, kan hul liggaamselektrisiteit op 'n aggressiewe manier gebruik. Hulle spoor nie net hul prooi daarmee op nie, maar kan die stroomspanning verhoog om diere te verlam wat binne 'n sekere afstand van hulle af is.

 

Die drilvis is s≤ 'n roofdier. Hy hou in troebel water en jag snags, met die gevolg dat sig vir hom van weinig nut is wanneer hy jag. Pleks daarvan het hy kragtige elektriese organe op sy kop wat so 'n sterk stroom kan opwek dat dit 'n mens kan wegslinger.

 

Hittesensors van die slange

 

òá KUILVIPERS soos ratelslange is die oorsprong van talle mites. Dis weens hul merkwaardige vermoδ om skielik van nΩrens af te verskyn met 'n dodelike pik -- selfs in stikdonkerte.

 

Hul sekuurheid is nie die gevolg van die een of ander geheimsinnige sintuig nie, maar vanweδ uiters doeltreffende hittesensors op die kop. Daar is twee kuiltjie-agtige openinge wat soos motorligte weerskante van die gesig tussen die oδ en die neusgate lΩ.

 

Hulle is uitgevoer met delikate membrane wat goed voorsien is van senu-ente. DiΘ is so sensitief vir hitte dat die slange temperatuurwisselings van so min as 0,003 grade C kan bespeur.

 

Die senu-ente reageer op die infrarooi straling uit die warm liggame van soogdiertjies en voδls.

 

Sy vermoδ om infrarooi straling te gewaar, stel die slang nie net in staat om te weet wanneer sy prooi naby is nie, maar ook om sy grootte en vorm te bepaal -- selfs watter soort dier dit is. 'n Ratelslang wat die sand na 'n voδl of muis oorsteek, word nie deur die kamoeflering van sandkleurige vere of pels geflous nie.

 

Elektries gelaai

 

òáá NOG 'n buitengewone sintuiglike vermoδ is diΘ van sekere waterdiere om hul omgewing te voel deur 'n elektriese veld rondom hulself op te wek. As daar 'n versteuring in die veld is, weet die dier dat 'n moontlike prooi in aantog is.

 

Waterdiere soos watersalmanders (in hul waterstadia) en verskillende soorte visse kan weer die elektrisiteit waarneem wat deur die gejagte dier se spiere opgewek word wanneer hy asemhaal. S≤ kan hulle prooi opspoor wat heeltemal versteek is.

 

Die eendbekdier is, sover bekend, die enigste soogdier wat op sy prooidiere se elektriese velde reageer. Die rare snawel is ryklik bedeel met sowel elektriese as tas-ontvangers en stel die dier in staat om kos in die mere en riviere van Australiδ te vind.

 

Bombardement van die weeluis

 

òáá RATELSLANGE en ander kuilvipers is nie die enigste diere wat hul prooi se hitte gebruik om hulle soontoe te lei nie.

 

Weeluise klim snags op na die slaapkamerplafon en voel met hul voelhorings na die warmte van 'n slapende slagoffer. Georiδnteer deur die hittestrale van die liggaam, val die luis dan met die presisie van 'n bom op 'n kaal gedeelte.

 

Sekere muskietwyfies kan, behalwe dat hulle mense en diere kan ruik, met hul voelhorings presies bepaal waar 'n slagoffer is volgens die hitte wat sy liggaam uitstraal.

 

____________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

____________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan