__________________________________________________________________

 

Die wette van skelette -- wonderlike wΩreld van geraamtes

 

Tot op die

been...

 

Geweet die liggaam van 'n pasgebore baba het baie meer beendere as diΘ van 'n volwassene? Of dat die beendere in jou vingers net soos diΘ in 'n vlermuis se vlerke lyk? Hier klim ons onder die vel in om 'n paar van die geheime van geraamtes tot op die been oop te vlek...

___________________________________________________________

 

DIE volwasse menslike liggaam bevat 206 beendere. Verrassend genoeg het 'n pasgebore baba baie meer -- omtrent 350! Namate 'n baba groter word, groei sekere van sy beendere saam.

 

Die menslike skedel is bo groot en rond. Dit bevat en beskerm die brein. Hoewel die grootste deel van die skedel soos een groot been lyk, bestaan dit in der waarheid uit 22 beendere wat dig saamgevoeg is. Spesiale skarniere verbind die onderkaak met die res van die skedel sodat die kaak maklik kan beweeg.

 

Die ribbe krom van die ruggraat af oor na die borsbeen toe. Ribbe is sterk genoeg om die delikate longe daaron¡der te beskerm, maar lig genoeg om in- en uitwaarts te beweeg wanneer ons asemhaal.

 

Die menslike ruggraat bestaan uit talle klein beentjies genaamd werwels -- net soos die ruggrate van diere. Maar die menslike ruggraat is 'n vertikale stut, waar dit by krui¡pende diere 'n horisontale stut is. Aan die einde van die ruggraat is die stuitbeen (kokkiks) of stuitjie.

 

Die heupbene of pelvis verbind die bene met die torso. Diere wat meestal op vier pote loop, het lang pelvisse. Die mens het 'n meer komvormige pelvis, geskik vir die regop beweging op twee bene, met die bene direk onderkant die torso. Die dybeen of femur is die grootste been in die menslike liggaam.

 

Die 27 beendere in die mensehand sorg vir groot buigbaarheid. Die vingers en duirn kan saamkom, sodat ons selfs die kleinste voorwerpie ferm kan beetkry.

 

Die mensevoet is 'n plat platform wat vir loop ontwerp is -- nie om boomtakke mee vas te vat nie. Mense se tone is baie korter as diΘ van gorillas, en ons kan nie ons groottoon soos 'n duim aan die ander tone laat raak nie. Ons het 26 beendere in elke voet.

 

Die bene in die menslike liggaam kan op verskillende maniere beskadig raak, soos deur frakture, maar byvoorbeeld ook deur osteoporose. Laasgenoemde, wat veral by ouer vroue voorkom, is 'n broswording van die beendere. Kalsium kan ter voorkoming ingeneem word deur mense wat die risiko loop om dit te kry.

 

Maar wat is 'n geraamte (of skelet) eintlik?

 

òáá DIE term word gebruik om te verwys na die onbuigsame of stram strukture wat die sagte weefsels van Æn menslike of dierlike liggaam ondersteun en hefvermoδ vir die spierwerkinge verskaf. In gewerweldes is die geraamte Æn endoskelet (binne-in die liggaam). Sekere ongewerwelde diere, soos insekte en skaaldiere, het eksoskelette (hul skelette sit aan die buitekant).

 

Æn Klompie skelette van gewelwelde diere word hieronder bekyk. Dit is interessant om te sien hoe hul geraamtes van diΘ van die mens verskil -- of dalk in sekere opsigte daarmee ooreenkom.

 

Vrugtevlermuis: lig van gewig vir die vlug

 

òáá OFSKOON die vrugtevlermuis se liggaam slegs sowat 40 cm lank is, is sy vlerkspan tot een en 'n halwe meter -- omtrent so lank soos die uitgestrekte arms van 'n volwasse mens. Die vlerke is van dun vel, gesteun deur die lang beendere van hul arms en "hande". Die beendere is lig om die vlermuise in staat te stel om te vlieg.

 

Alle vlermuise het 'n klou aan die eerste vinger. Vrugtevlermuise het ook 'n klou aan elke tweede vinger. Hulle gebruik die kloue om boom te klim en hul kos vas te hou. Die vingerbene van die vlermuis se "hande" is besonder lank.

 

Vrugtevlermuise kan uitstekend sien. Daar is groot oogkaste wat die groot oδ van hierdie nagdiere huisves.

 

Die skouerblaaie is groot en sterk. Hulle stut die groot spiere wat nodig is om die vlerke aan te dryf.

 

Die vlermuis se voete is ontwerp om takke en rotslyste vas te gryp.

 

Olifant: 'n reuse dier wat ou bene maak

 

òáá DIE ivoor van die olifant is in werklikheid baie lang voortande. 'n Olifantbul se tande kan tot twee meter lank wees -- langer as 'n volwasse mens. Elke tand weeg sowat 60 kg -- soveel as twee kinders. Die skedel is groot om die swaar tande en slurp te kan dra.

 

Die dik ruggraat is ongewoon reguit en onbuigbaar. Daar is omtrent 20 groot ribbe. 'n Olifant kan nie buk nie. Hy moet kniel of sy slurp ondertoe uitstrek.

 

Die olifant se pootbene moet dik en swaar wees om die massiewe liggaam te kan dra. Sy voet is dik en breed. Daar is vyf tone aan elke voet, met naels soos klein hoewe vooraan. Agteraan die voet is 'n dik, veerkragtige velkussing. Dit help om die dier se gewig te versprei.

 

Kaapse pikkewyn: 'n gebore swemmer

 

òáá DIE Kaapse pikkewyn hou in die koel waters naby die kuste van Suider-Afrika. Die meeste voδls se beendere is lig om maklik te kan vlieg, maar die pikkewyn s'n is swaarder. Dit help hom om onder die seewater in te duik.

 

Die pikkewyn se vlerke is vir swem gevorm pleks van vir vlieg. Hulle is kleiner as die vlerke van ander voδls van dieselfde grootte, en hulle kan nie teen die liggaam teruggevou word nie. Die beendere het 'n spaan-agtige vorm.

 

Die stertbene van die pikkewyn hou die stert styf sodat dit die voδl kan regop hou wanneer hy op die land staan.

 

Die pikkewyn gebruik sy pote om te stuur. Daar is drie lang tone voor, almal met sterk kloue, en 'n baie klein vierde toontjie wat aan die enkelbeen vas is. 'n Swemvlies verbind die voorste tone om doeltreffender roeispane daarvan te maak. Die snawel is lank en spits -- die ware Jakob om wriemelende visse mee beet te kry.

 

Kuilviper: vierhonderd ribbes

 

òáá SOWAT 200 paar ribbes! Vergelyk dit met die mens se skamele twaalf paar. Die kuilviper se geraamte bestaan meestal uit werwels, elk met 'n paar ribbes daaraan.

 

'n Slang se ligte skedeltjie bestaan meestal uit kakebene. Hierdie dier kan sy bek baie wyd oopmaak omdat die bo- en onderkaak net losserig verbind is. S≤ kan die slang groot prooidiere insluk.

 

Wanneer 'n kuilviper se bek toe is, is sy giftande agtertoe gevou. Maar sodra die slang wil pik, gaan die bek oop en die giftande swaai in posisie. Die giftande is hol. Gif word daarin gepomp uit kliere wat aan die kante van die slang se kop is. Die gif word dan in die slagoffer ingespuit.

 

Slange het nie heupbene, skouerblaaie of pootbene nie.

 

___________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

___________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan