___________________________________________________________

 

Kannibalisme in

die diereryk

 

Die blote gedagte vervul 'n mens met weersin: mense wat ander mense eet. Tog is kannibalisme by baie diere niks vreemds nie. Hoe paradoksaal dit ook al klink, is dit juis die vreet van hul eie soort wat soms die oorlewing van die spesie verseker...

___________________________________________________________

 

JANE GOODALL se geesdrif het skielik in skok verander. DiΘ beroemde Engelse dierkundige was baie opgewonde oor die geboorte van 'n baba-sjimpansee in die Gombe-wildtuin in Tanzaniδ. Toe hoor sy tot haar ontsteltenis dat 'n volwasse sjimpansee die kleintjie doodgemaak en verslind het.

 

Gilka, die ma, was besig om haar bondeltjie vreugde te soog toe Passion, 'n ander ma, haar bestorm. Gilka het al gillende op die vlug geslaan, maar Passion het haar ingehaal, aangevat, die kleintjie gegryp en doodgemaak.

 

Mense het met afgryse staan en kyk hoe Passion in die klein lyfie ingebyt en die bloederige vleisies met haar eie twee kinders gedeel het.

 

Jane Goodall se navorsing oor sjimpanseegedrag geniet wΩreldwye erkenning, en haar beskrywing van die kannibalisme het reeds destyds in 1975 opslae gemaak. Maar hierdie besondere verskynsel is natuurlik lank nie net eie aan diΘ primate nie. Die artikel wat hier volg, uit die boek Animalwatching *, werp 'n merkwaardige blik op kannibalisme in 'n groot deel van die diereryk....

 

KANNIBALISME kom dikwels by baie spesies voor. By sommige is dit die gevolg van verhoog¡de stres, by ander vind dit gereeld plaas, of daar nou spanning is of nie.

 

Die grusaamste voorbeeld van hierdie soort gedrag vind ons by sand- en haringhaaie. In die begin van haar dragtigheid bevat die wyfiehaai se liggaam Æn dosyn of wat klein fetussies wat, namate hulle groei, sommer binne-in haar op mekaar begin jag maak.

 

Reeds met skerp tande toegerus, word die jonger embrioÆs deur die groteres en sterkeres verskeur en verslind. Ander eiers wat ontwik¡kel, word ook verorber totdat daar uiteindelik slegs een goed ge¡voerde embrio oorbly, vol gevreet van sy ongebore boeties en sussies.

 

Omdat daar nie meer van sy familie oor is om te vreet nie, verander die langslewende van posisie binne-in die ma en sorg hy self dat hy gebore word.

 

Die kleintjies van ander diersoorte draai teen hul hardwer¡kende ouers. Sodra die volwassenes hul rol as lewegewers en beskermers volvoer het, is hulle nog net goed genoeg om opgevreet te word.

 

Die wyfie van een soort spinnekop vrek voordat haar kleintjies hul kokon-nes verlaat. Wanneer hulle eindelik te voorskyn kom, vreet hulle haar op. S≤ kry hulle hul eerste ontbyt as Æt ware op Æn skinkbord voordat hulle padgee om die wΩreld te gaan verken.

 

Die omgekeerde -- waar ouers hul kleintjies vreet -- kom baie meer dikwels voor. Dit gebeur veral wanneer die volwasse diere aan oormatige spanning onder¡werp word, soos in ongunstige toestande of wanneer die een of ander dier naby die nes of lΩplek kom.

 

Die verskynsel van volwasse diere wat die kleintjies van hul eie spesie doodmaak, is al waargeneem by 'n aantal roofvoδls, meeue, kraaie en ooievaars. Dit is iets algemeens by soogdiere, veral karnivore en knaagdiere.

 

Die sogenaamde "tree shrew", 'n eekhoringagtige familielid van die apies, sorg in diΘ opsig vir 'n interessante verskynsel. Die ma het 'n spesiale klier aan die bors wat 'n "beskermende geur" afskei. Die geur wat sy aan haar babas oordra, verkondig die boodskap: "Ek is 'n baba en ek smaak nie lekker nie." Maar as die ma nalaat om haar kinders met hierdie geur te merk, stuur hulle die volgende inligting uit: "Ek is net 'n stuk vleis." Sonder om te huiwer verorber sy hulle.

 

Indien toestande spanningsvol raak, skei haar borsklier niks meer af nie en sy kan nie langer haar kleintjies met haar geur merk nie. Hulle ruik dus nie na kleintjies nie en word binne 'n paar uur opgevreet.

 

In een spesiale geval kan kleintjies deur hul ouers gevreet word selfs wanneer diΘ nie oormatige spanning ervaar nie. Dit gebeur wanneer die kleintjies se pa sy heerserstatus verloor en deur 'n nuwe mannetjie vervang word.

 

Die nuwe heersers verslind die kleintjies van die ander mannetjies. Die doel is om die wyfies weer bronstig te maak. Hulle kan dan deur die nuwe mannetjies bevrug word sodat die volgende werpsels die nuwe mannetjies se gene sal dra. Dit gebeur dikwels by leeus, waar 'n jonger en sterker mannetjie die trop van 'n ouer mannetjie oorneem.

 

Benewens kleintjies wat klein¡tjies, kleintjies wat volwassenes en volwassenes wat kleintjies vreet, is daar ook 'n paar skouspelagtige gevalle van volwassenes wat vol¡wassenes verslind. Die berug¡ste voorbeeld is die dodelike paringsdaad van die hottentotsgot.

 

Die wyfie probeer die mannetjie opvreet wanneer hy met haar paar. Die mannetjie bekruip haar stilletjies van agter af, so behoedsaam dat dit tot 'n uur kan duur voordat hy naby haar is.

 

Nou kan hy dit dalk regkry om te paar en veilig weg te spring, maar die kans is goed dat sy sy kop gaan afbyt en dit opvreet terwyl hulle nog bymekaar is.

 

Pleks van die paringsdaad te belemmer, sorg hierdie kopafbytery eintlik dat dit goed uitgevoer word deurdat dit verseker dat die mannetjie aanhou om sperma in haar liggaam in te laat. Die wyfie is nou nie net goed bevrug nie, maar ook vol gevreet en kan 'n goed gevoede broeisel eiers lΩ.

 

Ander insekte geniet soortgelyke huweliksfeeste, maar die wyfie wag gewoonlik dat die paringsdaad voltooi is voordat sy die mannetjie opvreet. Hierdie patroon van kannibalisme is al waargeneem by sekere krieke, sprinkane, mierleeus en grondkewers.

 

By sekere soorte vlieδ is daar 'n ekstra verfyning. Die mannetjies draai 'n klein kospakkie toe en gee dit as trougeskenk vir die wyfie. Die verpakking is belangrik, want dit duur 'n hele tydjie voordat sy dit kan oopkry en intussen kan die mannetjie met haar paar sonder om opgevreet te word.

 

By sekere spesies is die man¡netjie se geskenk nie so gul nie, omdat hy die prooi droog suig voordat hy dit vir sy bruid gee. Wanneer die omhulsels af is, moet hierdie meneer dus rΩrig spore maak.

 

By nog 'n spesie is die mannetjie se present selfs nog kariger. Hy draai niks toe nie en gee sy wyfie 'n leδ kokon om oop te maak. Node¡loos om te sΩ moet diΘ karnallie baie vinnig te werk gaan.

 

Ofskoon kannibalisme al by minstens 130 verskillende soorte diere aangeteken is -- en dit sluit nie diere in wat in spanning verkeer of in toestande waar hulle mekaar verdring nie -- sal dit verkeerd wees om die verskynsel se belangrikheid in die dierewΩreld te oordryf.

 

Veel belangriker is die merk¡waardige feit dat diere juis nie graag 'n kwesbare lid van hul eie spesie vreet nie. Honger ouers moet in die versoeking wees om hul eie eiers of kleintjies te verorber, maar hul ouerdrange keer dat dit gebeur.

 

'n Pragtige voorbeeld van hierdie sorgsaamheid is waargeneem by 'n juweelvis-mannetjie wat sy kleintjies haastig bymekaargemaak en hulle in sy bek na die veiligheid van sy nes gedra het. Hy het pas nog een van sy rondloper-kleingoed opgeskep of hy sien 'n sappige wurm in die water neer¡daal.

 

Die versoeking was darem net te sterk, toe skep hy dit ook maar op en nou was hy in 'n verskriklike dilemma. In sy vleisvreter-bek was een van sy kosbare kleintjies sowel as 'n gesogte prooi. As hy sou sluk, sou dit die laaste sien van sy eie vleis en bloed wees.

 

'n Oomblik lank het hy geaarsel. Toe spoeg hy sagkens altwee uit. Terwyl hulle 'n kort rukkie lank voor hom in die water gedryf het, het hy die wurm opgeraap en haastig ingesluk.

 

Toe skep hy weer sy kleintjie op, swem terug na sy nes toe en spoeg die klein vissie tot in veiligheid.

 

_________________

 

* Animalwatching deur Desmond Morris. Uitgegee deur Crown Publishers.

 

_________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

_________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan