____________________________________________________________
Klimmende
diere se koddige maniere
-- hoe boomdiere klou en
klouter
Trapsuutjiese, ook verkleurmannetjies genoem, leef in
bome en bosse. Daarvoor het hulle pote wat soos mensehande aan twygies en takke
klou -- en 'n grypstert vir ekstra veiligheid. Maar hulle is lank nie die
enigste boomklimmers in die diereryk nie. Hieronder word meer oor die
klouter-maniere van verskillende boomdiere vertel...
____________________________________________________________
AS jy dalk 'n boomgeitjie op 'n
vensterrruit sien rus, moenie in die versoeking kom om hom daar af te pluk nie.
Tien teen een sit jy met 'n gebarste ruit. Die rede? Die tone van 'n
boomgeitjie klou so stewig vas aan die bome en rotse waaroor hy klim dat
hierdie klein reptiel selfs onderstebo kan loop.
Alle diere wat in bome woon, moet die een of ander
manier hΩ om te kan beweeg terwyl hulle kos soek -- of van hul vyande wegkom --
sonder om grond toe te val.
Die meeste boomdiere het anderste vingers en tone,
wat ≤f in kragtige suiers eindig wat hulle aan loodregte oppervlakke help kleef
≤f in skerp kloue wat deur boombas kan dring.
By sekere boomdiere kom die vingers of tone ooreen
met diΘ in 'n mensehand, sodat hulle des te beter kan klou.
Vir baie lΩ die geheim in die stert, wat die dier nie
net help om sy ewewig te behou nie, maar in der waarheid 'n vyfde ledemaat is
wat hy vir ekstra steun om takke kan draai. Sterte wat s≤ kan gryp, word -- hoe
anders? -- grypsterte genoem.
Maar 'n dier soos die indri, 'n primaat van
Madagaskar, het weer feitlik geen stert waarmee hy hom kan balanseer nie -- en
tog is hy 'n uitstekende woud-akrobaat wat selde die bome verlaat. Sy vasvoetigheid
is meestal vanweδ vier kort tone en een ekstra lang groottoon, wat vir 'n
besonder kragtige greep sorg.
Die meeste boompaddas woon ook hoog bokant hul vyande
op die land. Ronde kussinkies aan die toonpunte het kliere wat gom afskei, wat
hulle aan gladde blare laat kleef soos konfyt aan 'n wolkombers!
Ander klimmers se tone is weer anders gerangskik.
Verkleurmannetjies het byvoorbeeld aan elke poot iets wat lyk na twee
teenoorgeleδ tone om 'n stingel styf vas te vat. Elke toon is in der waarheid
saamgegroeide tone -- drie aan die een en twee aan die ander.
En dan is daar klimmende voδls soos die houtkappers.
Baie van hulle kan die vierde toon sywaarts draai of al vier tone vorentoe hou
vir die beste vashouposisie teen 'n boomstam. Hulle beweeg in spronge teen die
stamme op. Die stert is ekstra versterk om die voδl te anker. Breδ vere en breδ
werwels wat aan kragtige spiere geheg is, help die houtkapper om sy stert af te
druk, wat kragte balanseer wat die voδl andersins agteroor sou laat tuimel het
terwyl hy aan 'n stam pik of teen 'n boom opspring.
Hoewel hulle nie ledemate het nie, is baie slange
eweneens ywerige boombewoners. Party soorte het groot skubbe aan die buik, wat
aan die bas vashaak namate die slang vorentoe beur. Ander klim weer boom met 'n
konsertina-agtige bewegings. Die slang kan byvoorbeeld sy stert anker deur dit
om 'n tak te draai en dan dele van sy lyf in stywe horisontale windinge
saamtrek. Dan reik hy uit met sy kop en anker sy nek om 'n stut wat hoδr op lΩ.
Die slang maak hierna sy stert los en trek die res van sy liggaam op. Die
proses word dan herhaal.
Byna al die primate van die dierewΩreld woon in
tropiese en subtropiese gebiede, die meeste van hulle in bome. Party swaai deur
die bome, ander beweeg deur te hardloop en te spring, nog ander loop op hul
agterpote en party reik stadig uit met hul voorste ledemate en gryp dan takke
vas. Soogdiere soos orangoetangs, sjimpansees, gorillas, bobbejane, bosape,
ens. is almal primate.
Die wolaap is nog een. Hy is een van die swaarste primate
van die Amasone-reδnwoud, maar tog is hy net so rats in die boomtoppe as sy
kleiner nefies. Die rede is dat die aap toegerus is met gespierde ledemate,
lang vingers en tone wat die takke kan vasgryp en 'n lang grypstert. Die
onderkant van die stertpunt is haarloos en het riffels wat 'n ''vingerafdruk''
vorm. Die wolaap vreet dikwels terwyl hy onderstebo hang, met sy stert wat
stewig om 'n stut gedraai is.
Orangoetangs is weer groot Indonesiese ape -- regte
kluisenaars wat hoog in die bome woon en selde afkom grond toe. Hulle is goed
aangepas by hul hoδ lewe, met langs arms wat hulle in staat stel om van boom
tot boom te swaai. Die hande en voete is krom -- om takke goed vas te vat -- en
die vingers en tone is teenoorgeleδ. Dit beteken dat die duim of groottoon aan
al die ander vingers of tone kan raak, iets wat die aap baie behendiger maak.
Selfs party soorte miervreters klim ook boom. Die
grypstert dien as 'n bykomende ledemaat om aan boomstamme en takke vas te klou.
Die stert is heeltemal haarloos aan die onderkant, wat wrywing met die boombas
verhoog en help keer dat die miervreter afgly. Miervreters het ook sterk, krom
kloue -- nie net om mierneste mee oop te breek nie, maar ook om aan takke vas
te hou.
Van al die boom-soogdiere is die luiaard die
stadigste. Maar al is hy ook so 'n trae harmansdrup, het hierdie
Suid-Amerikaanse soogdier mos darem 'n ystergreep op die takke waaraan hy hang.
Want die hande en voete van albei soorte luiaards eindig in lang, krom kloue,
wat om takke haak soos klerehangers aan 'n hangstaaf. Die luiaard kom selde af
aarde toe, want dan is hy 'n alte maklike prooi vir roofvyande soos die jaguar
of die oselot ('n soort tierkat).
Die koala, ook bekend as die Australiese teddiebeer,
bestee al sy tyd hoog in die takke van bloekombome. Hy klim boom deur die stam
met sy sterk voorste kloue beet te pak en dan sy agterpote met klein
sprongetjies op te trek. Die eerste twee tone van die voorste kloue lΩ teenoor
die ander drie, wat 'n ferm greep moontlik maak.
____________________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik hier
____________________________________________________________
Ons Wonderlike WΩreld op CD,
2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan