___________________________________________________________ 

Knaagdiere (Rodentia)

 

Kuise muise
en knaende gespuise

 

Daar is meer knaagdier-spesies as in enige ander soogdier-orde -- meer as 400 genera en sowat 2000 spesies wat wyd en syd oor die aarde versprei is. Die bekendstes is natuurlik die rot en die skugter muis in jou huis. Maar dan is daar ook nog die 1,3 m lange hondagtige kapibara, die dambouer-bewer, die slapende relmuis, die vlieδnde eekhorinkie... 'n bonte menigte...

ò   In hierdie besonder omvattende artikel (omtrent 3700 woorde) word gekyk na knaagdiere en hul drie subordes: die eekhoringagtiges, die muisagtiges en die ystervarkagtiges.

___________________________________________________________

 

PRAAT van 'n respektabele "begrafnis"... en dit nogal vir 'n dier. Maar vir die woud-Indiane van Amerika was die bewer nie sommer so 'n dier nie. 'n Mens kan maar net lees wat ene Grey Owl geskryf het, die beroemde half-Indiaanse pelsjagter wat sy avonture in Kanada in die 1930's opgeteken het...

 

Nadat 'n bewer doodgemaak is vir sy pels, het hy vertel, is die "lyk" met groot agting uitgelΩ, 'n sonderlinge ritueel waarin die kadawer kwansuis gemaklik gemaak is.

 

Die voorpote, agterpote en stert, wat afgesny is toe die pels verwyder is, is langs die lyf neergelΩ, of miskien bo-op geplaas.

 

Waar moontlik, is die "ontsla¡pene" dan deur 'n gat in die ys laat sak. Bewers wat vir hul vleis doodgemaak is, se knieskywe is weer verwyder en die oorskot seremonieel verbrand.

 

En as enigiemand taktloos genoeg sou wees om te vra waarom doen hulle dit, sou die Indiane antwoord: "Ozaam tapskoche anicianabe, mahween -- omdat hulle so baie nes Indiane is..."

 

Baie net soos mense? Daar is diΘ wat vandag nog glo bewers is besonder intelligent en kan rede¡neer. Maar navorsing het getoon dat hierdie lede van die soogdier-orde Rodentia -- die knaagdiere -- geen groter verstandelike vermoδns het as hul knaagdier-neefs die rotte en muise nie.

 

Knaagdiere is die volopste van alle soogdiere, sowel wat hul getalle as hul verskeidenheid be¡tref. Tussen 'n derde en die helfte van alle lewende landsoogdiere behoort tot hierdie orde.

 

Hulle wissel van die 1,3 m lange hondagtige kapibara van Suid-Amerika tot die 10 cm korte noordelike dwergmuis van Ame¡rika, van die dambouer-bewer en die slapende relmuis tot die vlieδnde eekhorinkie en die lemming met sy rare selfmoordneigings.

 

Byna oral op aarde sal jy knaagdiere vind -- en nou praat ons nie net van rotte en muise nie. Laasgenoemdes trek wel natuurlik altyd die meeste aandag omdat hulle soveel gesaaides verniel en siektes dra. Maar die meeste knaagdiere lei interessante en onopvalllende lewens in die hoeke en skeure van bosstreke, digte oerwoude, ruwe woestyne en besneeude gramadoelas.

 

Dis ook nie verniet dat ons hulle KNAAG-diere noem nie. Daardie tande is immers hul opvallendste eienskap. Met twee bo- en twee onder-snytande wat soos beitels gevorm is, word kleingeld gemaak van harde voorwerpe soos neutdoppe en hout.

 

Hoewel die tande aan die punte wegslyt, bly hulle groei solank die dier leef en verslyt hulle net wanneer hy oud is. Daar is ook kiestande en voorkiestande waar¡mee gekou word.

 

Dierkundiges deel knaagdiere in drie subordes in, op grond van die struktuur en posisie van die kaakspiere:

 

1) die Sciuromorpha, of eekhoringagtige knaagdiere, waar die kaakspier met die wangbeen verbind is;

 

2) die Myomorpha, of muisagtige knaagdiere, waar die spier van die kaak af deur die oogkas beweeg en dan uit by 'n opening in die skedel aan die kant van die neus;

 

3) en die Hystricomorpha, of ystervarkagtige knaag¡diere, waar die kaakspiere deur 'n groot gat voor die oogkas en reguit na die kante van die gesig beweeg.

 

1. Eekhoringagtige knaagdiere

 

ANDERS as wat die naam te kenne gee, lyk baie eekhoringagtige knaagdiere glad nie soos eekhorings nie.

 

Eekhorings is natuurtik wel lede van die groep, maar ook bewers, bergbewers (wat nie regtig bewers is nie, maar graafdiere van Noord-Amerika), beursgofers, kangaroerotte en ons eie springhaas. Daar is 'n stuk of 365 spesies.

 

Drie lede van die groep, eekho¡rings, springhase en bewers, word hieronder bekyk.

 

Eekhorings

 

ò   EEKHORINGS word regoor die wΩreld gevind, buiten in Australiδ, en sluit die "chipmunk" of tjipmonk (Amerikaanse eekhorinkie), "woodchuck" (Virginiese marmot) en marmot in. Met sowat 250 spesies wΩreldwyd is hulle een van die grootste knaagdierfami¡lies. Ses spesies is inheems in Suidelike Afrika en een, die gryseekhoring, is ingevoer.

 

Die gryseekhoring se oorspronklike tuiste is Noord-Amerika, maar hy is in die negentiende eeu na Brittanje gebring en toe, met die eeuwisseling, deur Cecil John Rhodes na Suid-Afrika.

 

Soos die meeste eekhorings is hy bedags aktief. Hy soek dan vrugte, lote, sade, bas en swamme, en partykeer selfs voδleiers. Hy hiberneer nie (maak nie 'n winterslaap deur nie) en kan nie genoeg energie opgaar om lang rukke sonder kos te lewe nie. Ekstra kos word net onder die grondoppervlak weggesteek en uitgesnuffel wanneer hy dit nodig het.

 

Hy leef in bome, hoewel sekere eekhorings op die grond woon en gate grawe.

 

Afsonderlik van die eekhorings is daar die familie van die skubstert-eekhorings, waarvan daar nege spesies is. Hierdie eekho¡rings het 'n sweefvel of membraan tussen die ledemate, wat tot by die stert strek, en twee rye skubbe onderaan die stert wat keer dat die sewende dier gly wanneer hy op 'n boom¡stam land.

 

Springhaas

 

ò   MET die eerste kyk lyk die springhaas soos 'n dwergkangaroe. Om tot die verwarring by te dra, word hy boonop 'n haas genoem. Maar hierdie oulike eekhoringagtige knaagdier kan darem daarop roem dat hy uniek is. Daar is net een spesie.

 

Sy tuiste is die oop grasvlaktes van Suider- en Oos-Afrika, waar hy 'n ingewikkelde netwerk van gate in die grond grawe om vir sy vyande weg te kruip. Want vyande is daar baie: slange, uile, muishonde. Selfs vir koning leeu is die springhaas 'n smaaklike kitshappie, en die San-volk (Boesmans) ge¡niet hom ook.

 

Die spring in die naam spring¡haas is natuuriik nie om dowe neute daar nie. Daardie lang agterbene is omtrent vier keer so lank as die voorstes, en die balanserende stert help hom om blitsvinnig te beweeg.

 

Spring-spring op die agterpote lΩ hy oop met lae spronge van drie, vier meter lank. Die langste spronge wat al opgeteken is, was omtrent agt meter.

 

Bewers

 

ò   MIN Suid-Afrikaners het al ooit 'n bewer in lewende lywe gesien. Maar vra enige skrander skoolkind waarvoor bewers veral bekend is, en hy sal bes moontlik antwoord dis vir bome afknaag en waterstrome opdam daar in die noorderwΩrelde waarin hy voorkom.

 

Soos die mens benut die bewers groot dele van hul habitat om hulle van kos en 'n geskikte woonplek te voorsien.

 

Met hul snytande word merkwaar¡dige groot bome en takke afgekou. DiΘ word dan saam met modder, stokke en klippe gebruik om damwalle oor vinnig vloeiende strome in hul omgewing te bou.

 

Die gevolg is dat die gebied agter die wal oorstroom -- en 'n groot moeras geskep word wat ryk aan waterplante, insekte, voδls en visse is.

 

Daar is twee bewerspesies, die Noord-Amerikaanse en die Eu¡ropese bewer. Amerikaanse bewers maak 'n lΩplek in 'n eiegemaakte "eiland" agter die damwal, terwyl Europese bewers dit meestal verkies om gate in die oewers te grawe.

 

Altwee bewersoorte was een¡maal wyd verspreid in hul hougebiede, maar hulle is oor die eeue heen so meedoδnloos gejag dat hulle in die negentiende eeu op die rand van uitwissing was. Baie van Noord-Amerika se vroegste verkenners was in der waarheid bewerjagters.

 

Bewer is deels om hul waarde¡volle pelse en vleis gejag, maar veral vanweδ die sterk ruikende, olieagtige stof in die bewer-onderbuik, wat castoreum genoem word. Hierdie stof was in die sestiende en sewentiende eeu 'n gesogte parfuum en medisyne.

 

Gelukkig vir die bewer het bewaringsmense besef wat besig was om te gebeur en gesorg dat die owerhede streng beperkings op bewerjag plaas. Die Europese bewer kon weer in sekere van sy ou gebiede aanwas -- van 'n paar honderd in die begin van die twintigste eeu tot tienduisende kort voor die eeuwisseling.

 

òòòò

 

2. Muisagtige knaagdiere

 

KLEIN muisies kan wel grote ore hΩ, maar ook 'n oor vir musiek? Mos te laf woorde, sal die meeste mense sΩ! Maar dis wat die beroemde natuurkundige J.G. Woods bedoel het toe hy in die middel van die negentiende eeu te kenne gegee het dat ons bekende huismuis blykbaar "grootliks ontvanklik" vir skone tone is.

 

Woods het naamlik vertel van 'n man wat viool gespeel en 'n rnuis op die vloer sien rondspring het asof hy dol begeesterd is. Die nuuskierige man het aangehou speel en nie lank daarna nie het die malle muis dood neergeslaan. Dit was vermoedelik van al die uitputting weens sy musikale kaperjolle.

 

Wood se storie van die dansende muis is 'n hele eeu lank as onsin afgemaak. Maar latere navorsing oor muise se gedrag het getoon dat hulle uiters gevoelig vir hoδ klanke is. Trouens, hulle kommunikeer ook met mekaar deur middel van klanke ver buite die grens van die menslike gehoor

 

Party huismuise word so deur aanhoudende en baie hoδ klanke geaffekteer dat hulle stuipes kry wat hul dood kan beteken.

 

Dis nie net die skynbaar kunssinnige rnuis wat sulke toevalle kry nie. In Japan is daar 'n soort wat die walsende muis genoern word, vanweδ sy rare hebbelikheid om in kringe rond te hardloop. Hierdie gedrag word deur 'n gehoorgebrek veroorsaak.

 

Daar is tot muise wat sing. As jy so twintig meter van hulle staan en luister, is dit kompleet of jy voδls hul liedjies hoor aanhef. Die geluide word egter glo deur siek longe of 'n kwaal in die strottehoof veroorsaak.

 

Muise behoort tot die groep knaagdiere wat die Myomorpha, of muisagtige knaagdiere, genoem word. Hierdie groot groep wat uit meer as duisend spesies bestaan, sluit ook die relmuise, rotte, hamsters, woestynspringmuise, nagmuise, lemmings, vleirotte en sekere soorte molrotte in. Getrou aan hul naam lyk muisagtige knaaagdiere soos muise.

 

Ons kyk hieronder na muise en rotte, asook hamsters en 'n winterslaper, die Europese relmuis.

 

Muise en rotte

 

ò   STELLIG die heel bekendste knaagdier is die huismuis Mus musculus, wat feitlik oral ter wΩreld aangetref word. Sy oorspronklike tuiste was na alle waarskynlikheid Sentraal-Asiδ en die gebied om die Middellandse See.

 

Hiervandaan het hy van land tot land ver¡sprei, eers in die karavane wat die woestyne oorgesteek het en toe in skepe. Uiteindelik was hy ook in verre lande soos Suid-Afrika ingewortel en nou is hy hier ook so tuis soos... nou ja, 'n muis.

 

Hoewel party huismuise wel nog in die vrye natuur leef, is die meeste in of naby die mens se geboue ingeburger. Hier sak hulle toe op enigiets vreetbaars, van opgebergde kosse tot seep en kerse, ofskoon hulle graan en graankosse verkies.

 

Omdat hulle so klein, rats en wakker is -- en boonop nog nagdiertjies ook -- oorleef hulle des te makliker langs hul menslike bure. Hulle pas hulle trouens so geredelik by die mens se omgewing aan dat hulle selfs langer pelshare ontwikkel wanneer hulle in ongure plekke soos koelpakhuise moet bly leef.

 

Navorsing het getoon dat muise wat in koelkamers uitbroei, korter sterte het (wat nie so baie hitte uitstraal nie) en met groter harte bedeel is (wat op 'n hoδr metaboliese werking dui).

 

Die grootste probleem wat die mens met huismuise het, is dat hulle kos met hul urine en mis besoedel en siektes aan ons kan oordra. Baie ander soorte muise en rotte doen dit ook.

 

Die woord "muis" kan teruggevoer word tot by die ou Sanskrit-woord vir "dief". Reeds in antieke tye was diΘ diertjies al berug as kosstelers.

 

Die berugste rot is die swartrot, Rattus rattus, wat in die veertiende eeu onwetend die dodelike builepes aan 25 miljoen mense oorgedra het deur middel van die bloedsuier-vlooi Xenopsylla cheopsis.

 

Rotte en muise teel geweldig vinnig aan. Muise wat in geboue skuil, plant byvoorbeeld die hele jaar voort en kry van veertig tot tagtig kleintjies per jaar. Dit klink geweldig baie, maar hul oorstroom darem nie die wΩreld nie, want omtrent 99 persent van die rotte en muise vrek voordat hulle volwasse is.

 

Sowel muise as rotte maak hul neste van enige beskikbare stof soos strooi, sakgoed, papier, ou lappe en ander sagte materiale. Die kleintjies kom kaal, blind en hulpeloos in die wΩreld en ma moet sorg.

 

Hamsters

 

ò   BAIE kinders ken die goudhamster. As die kind self nie s≤ 'n diertjie as 'n troeteldier besit nie, ken hy moontlik iemand wat wel een het. Dog die goudhamster is maar net een van veertien soorte hamsters.

 

Soos hamster-eienaars weet, is hulle alleenlopers en die mannetjies en wyfies kom net bymekaar wanneer hulle paar. Sou troetel-goudhamsters bymekaar gelos word nadat hulle gepaar het, maak die wyfie gewoonlik die mannetjie dood.

 

Maar alle spesies is nie die¡selfde nie. By gryshamsters, byvoorbeeld, bly die mannetjie sowat tien dae nß die paring by die wyfie.

 

Hulle is meestal vegetaries en vreet graan, vrugte, plantwortels en blare. Die gewone hamster vul sy dieet met paddas en insekte-larwes aan.

 

Hamsters is wel winterslapers, maar anders as die ware hiberneerders bou hulle nie vetre¡serwes op vir energie nie. Pleks daarvan word hulle omtrent een maal per week wakker om kos te vreet wat hulle voor die winter opgegaar het.

 

Terwyl hulle slaap, daal hul liggaamshitte van sowat 32 grade C tot omtrent 4, hul polsslae van 400 per minuut tot 4, en hulle haal net so twee keer in 'n minuut asem.

 

Hamsters prop soveel kos as moontlik in hul kieste sodat hulle nie soveel lewensgevaarlike togte tussen die kosbron en hul nes hoef af te lΩ nie. Partykeer is die kieste so vol dat hulle eintlik potsierlik lyk. Die kop van 'n gryshamster wat volgens een waarnemer sojabone onder sy wange gebΩre het, het as gevolg daarvan tot 'n derde die grootte van sy lyf uitgepof.

 

In party dele van die wΩreld plunder mense hamstergate vir die kos wat die diertjies daarin opgegaar het. Arm Chinese landvolk verkoop selfs die graan wat hulle van gryshamsters gebuit het.

 

Hamsters het nog 'n nut vir hul kieste: daar word vertel dat gewone hamsters die kieste bol sodat hulle dit as lugkussings kan gebruik om bo te bly terwyl hulle swem. Die troetel-goudhamsters, daarenteen, kan nie water verduur nie en vrek wanneer hulle daaraan blootgestel word.

 

Europese relmuis, 'n winterslaper

 

ò   DIE bekende Europese relmuis (Engels "dormouse", na die Latynse woord dormire, wat slaap beteken) is 'n klassieke voorbeeld van 'n wintersla¡per.

 

Namate die winter nader kom, ondergaan sy liggaam belangrike fisiologiese veranderings wat hom elke dag ßl langer laat slaap. Terselfdertyd word die relmuis vreeslik vraatsig en vreet hy totdat hy byna sy gewig verdubbel het.

 

Eindelik vloei die daaglikse slape in een, lang winterslaap saam.

 

Opgekrul in 'n balletjie in sy knusse nes, vertraag sy hart- en polsslag, en sy lig¡gaamstemperatuur daal tot naby vries¡punt.

 

Terwyl hy slaap, word sy opgegaarde vet stadig verbrand om hom genoeg energie te gee om te bly leef. Af en toe word hy wakker en vreet kos wat hy vir hom in sy nes versamel het. Hoe langer die winter, des te langer hiberneer die relmuis. As dit vir 'n rukkie warm raak tydens die winter, kan die diertjie wakker word en sy vetreserwes opgebruik -- en dan doodgaan wanneer die koue terugkeer.

 

Ander knaagdiere wat ten volle hiberneer, is onder meer aardmarmotte, springmuise en grondeekhorings van Amerika.

 

Het jy geweet?

 

ò   Die vleis van die vet relmuis van Brittanje is in die Romeinse tye as 'n lekkerny beskou. Voor 'n fees is die knaagdiere in erdekruike geplaas en akkers en kastaiings gevoer. 'n Tyd gelede is berig dat drie vet relmuise binne slegs tien weke 272 kersies, 92 pere, 64 appels, 42 appelkose, 58 pruime, 25 druiwekorrels, 526 appelliefies en ontelbare pampoenpitte gevreet het.

ò   Die grootste rot op aarde is die 40 cm lange (kop en stert uitgesluit) dunstert-wolkrot van die Filippyne.

ò   Jong bosmuise van Europa en Asiδ is met klankalarms toegerus wat "afgaan " wanneer die temperatuur verander. Wanneer hulle te koud begin kry, maak hulle sogenaamde ultraklanke om hul ma daarvan te laat weet.

 

òòòò

 

3. Ystervarkagtige knaagdiere

 

DIS darem 'n Babelse naamsverwarring oor 'n alte klein diertjie. In Afrikaans noem ons hom 'n marmotjie en in Engels 'n guinea pig, maar in werklikheid is hierdie skepseltjie n≤g 'n marmot n≤g 'n vark.

 

Marmotte is eekhoringagtige knaagdiere en winterslapers, waarvan daar 'n stuk of agt spesies is wat oor groot dele van die Noordelike Halfrond voorkom. In Europa kry ons die Alpe-marmot, en "marmot" beteken dan ook heel waarskynlik "bergmuis". Die Latynse woord vir 'n muis en 'n berg is immers mus (genitief, muris) en mons (gen. montis) onderskeidelik.

 

Die marmotjie, daarenteen, is familie van die ystervark. Hy het stellig sy naam gekry omdat hy sy naamgewers so baie aan die marmotte herinner het, maar eintlik is hy 'n knaagdiertjie uit Suid-Amerika wat tot groot hoogte mak gemaak is. Hy is trouens 'n gewilde troeteldiertjie en daarby baie waardevol in biologiese navorsing.

 

Maar waar kom hy dan weer aan die Engelse naam guinea pig? Die woord kom, s≤ word vertel, van die Portugese guine, wat oorspronklik na 'n streek aan die Wes-Afrikaanse kus verwys het.

 

Toe Christopher Columbus die noordooskus van Suid-Amerika bereik het, het hy glo die land na die suide Guiana (vandag Guyana) genoem, en die betekenis van die woord uitgebrei tot enige verafgeleδ en onbekende land. Toe die Spanjaarde Suid-Amerika in die veertiende eeu verken het, het hulle gevind dat die Inkas 'n bra oulike klein diertjie getem het. Nederlandse handelaars het later van die diertjies Europa toe gebring... "guinea pigs", oftewel "varke" uit 'n verre en taamlik onbekende land!

 

Waar marmotte tot die Sciuromorpha behoort, behoort marmotjies tot die suborde Hystricomorpha.

 

In die natuur lewe die marmotjies in klein groepies van tussen vyf en tien, in gate wat ander diere verlaat of wat hulle self gegrawe het. Hulle is meestal nagdiertjies en vreet allerhande soorte plantkosse.

 

Wapens het hulle nie, hulle is baie mak en kan nie vinnig hardloop nie. Geen wonder hulle is sulke goeie troeteldiere nie.

 

Daar is 'n groot verskeidenheid van ystervarkagtige knaagdiere. Hulle wissel van bekendes soos die marmotjie en ystervark tot minder bekende en bra bisarre soorte soos kapibaras (watervarke), die molrotte van Afrika (sekere spesies), bewerrotte, chinchillas, agoeti's, pakas, chinchillarotte, stekelrotte, dassierotte en ander.

 

Die twee grootste soorte, ystervarke en kapibaras, word hieronder van naderby bekyk.

 

Ystervarke

 

ò   YSTERVARKE is veral bekend om daardie lang, skerp penne waarmee hulle hulle beskerm. (Kyk die passasie Doring in die vlees ondertoe in hierdie artikel.)

 

Daar is twee families: die ystervarke van die Ou WΩreld, met omtrent 20 spesies, wat in Afrika, dele van Europa, Indiδ en Suid-Asiδ aangetref word; en die Nuwe WΩreld se ystervarke (minstens 23 spesies) van Noord- en Suid-Amerika.

 

Die ystervarke van die Ou WΩreld is in die reδl groot en stewig, met kort bene en lang, skerp penne aan die lyf. Die lyf en stert is ook met hare bedek. Almal hou in ondergrondse tonnels en klim nie boom nie.

 

Die ystervarke van die Nuwe WΩreld het korter penne as hul Ou WΩreldse neefs en is kranige boomklimmers. Hulle het ook breδr sole en 'n breδ, beweeg¡bare kussing pleks van 'n eerste toon aan die agterpoot. Sekere Suid-Amerikaanse ystervarke kan selfs aan die stert hang.

 

Die Kaapse ystervark, Hystrix africaeaustralis, is die enigste ystervark wat in Suider-Afrika voorkom. Hy word tot 85 cm lank en is een van die grootste knaagdiere.

 

Die meeste ystervarke is naglopers, wat verskeie soorte plante en boombas vreet.

 

Doring in die vlees

 

ò   YSTERVARKPENNE word gevorm uit steekhare wat saamgegroei het. Die punte is so skerp dat stamme in Afrika hulle een¡maal as pylpunte of pyle gebruik het. Daar is ook lang borselhare wat van bo sy kop af na die skouers toe oorloop. Die stertpunt is met 'n "ratelaar" gewapen.

 

Die penne van die ratelaar verskil van spesie tot spesie, maar by die kuifystervark is hulle soos oop wynglase gevorm wat met slanke stele aan die lyf vas is. Wanneer die knaagdier sy stert skud, skud die penne teen me¡kaar en word die kenmerkende geratel gehoor.

 

Word 'n ystervark deur 'n aanvaller bedreig, probeer hy eers die vyand afskrik deur sy penne te laat regop staan en hulle woes te ratel. As dit geen uitwer¡king het nie, sal die knaagdier die teenstander agteruit tromp-op loop om hom met sy penne te deurboor.

 

Daar was vroeδr die geloof dat die ystervark sy penne kan uitskiet, maar dis 'n wolhaarstorie.

 

Ystervarkpenne is ware dorings in enige vlees. Die punte breek maklik af en die aanvaller sΩ behoorlik les op. By sekere spesies het die penne selfs weerhake, sodat dit byna onmoontlik is om hulle te verwyder as hulle eers sit.

 

Penwonde raak ook dikwels ontsteek sodat die aan¡valler naderhand doodgaan. Dit kan ook gebeur dat die penne 'n roofdier se bek s≤ deurboor dat hy dit nie kan oop- of toemaak nie en dus van die honger vrek.

 

Nuwe penne groei gou weer om diΘ te vervang wat die ystervark verloor het. Hoewel hierdie knaagdier hom nogal goed teen roofdiere kan verweer, kan hy nie veel uitrig teen die mens wat hom soms vir sy vleis jag nie.

 

Kapibara
[FOTO REGS]

 

ò   WATERVARK is sy ander naam, maar hy lyk vreeslik baie soos 'n klein, harige seekoeitjie met sy vaatjievormige lyf, groot, reghoekige kop en korterige bene. Dog as hy sy bek oopmaak en jy daardie beitelvormige tande sien, dan weet jy vir seker: dis g'n vark of seekoei diΘ nie.

 

Die kapibara is 'n knaagdier. Nogal die wΩreld se grootste ook. Party is tot 1,35 m lank. Dit was die vroeδ Europese ontdekkers in Suid-Amerika -- waar hy voorkom -- wat hom 'n watervark genoem het, maar die plaaslike Indiane het 'n gepaster naam vir hom gehad: kapibara, oftewel "meester van die grasse".

 

Kapibaras hou dan ook in die digte bosgasies om mere en riviere waar hulle waterplante vreet en dikwels pensdiep in die water staan terwyl hulle wei. Hulle woon gewoonlik in groepe onder 'n mannetjie wat sy gebied afbaken met die afskeiding van 'n reukklier op sy neus.

 

Water speel 'n wesenlike rol in hul lewe. Wan¡neer gevaar dreig, probeer hulle die roofdier ontwyk deur onder die water te swem met die neusgate wat bo die oppervlak uitsteek. Ofskoon hy 'n goeie swemmer is, is die kapibara se bou onge¡woon vir 'n waterdier: die tone is net deels met swemvliese toegerus en die Iyf is nie gestroomlyn nie.

 

Maar soos die seekoei het die kapibara baie opgegaarde vet in sy lyf, en die vetweefsel balan¡seer die gewig van sy beendere om hom 'n grasieuse swemmer te maak.

 

Dis nie net vir kos en skuiling dat die kapibara van water af hanklik is nie. Daarsonder word sy vel droog en ontwikkel hy spoedig oop sere. Dis diΘ dat hy op snikhete middae so graag in modder en watergate baai, byna verskuil tussen drywende plante, en nie weer sy verskyning maak totdat dit koeler is nie.

 

In landboustreke vreet die kapibaras gesaaides en ding hulle met die vee om weiding mee. Oor die jare heen is hy kwaai gejag en vandag is hierdie knaagdier skaars.

 

_________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

_________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan