____________________________________________________________

 

Die spel van die liefde in die natuur

 

Ek min jou,

my dier

 

Dis 'n pik-soentjie van 'n ander aard wanneer twee budgies mekaar liefkoos. Eintlik is dit nie 'n pik nie, maar 'n bindende liefdesbetuiging waar hul tog so geluksalig hul snawels in mekaar sluit. S≤ tel die hofmakery en minnetale van diere -- elk na sy aard -- onder die fassinerendste wonders van die natuur...

____________________________________________________________

 

IN die ysige Noordpoolgebied speel twee ysbere warmpies neusie-neusie. In die snikhete Afrika bespuit twee olifante mekaar ewe koeltjies met modder en water. En in die Atlantiese Oseaan baljaar twee dolfyne in die golwe.

 

Jy sou miskien dink dat hierdie diere se doen en late niks gemeen het nie, maar eintlik is hulle almal met dieselfde ding besig. Dit is die spel van die liefde in die natuur.

 

Hofmakery onder diere is nie so eenvoudig soos dit dalk lyk nie. Nadat 'n mannetjie 'n moontlike wyfiemaat gevind het, moet die kΩrel boonop seker maak dat sy horn darem as waardig genoeg vir haar beskou. Verskillende diere het dan ook hul eie unieke liefdesblyke en minnetale om met paartyd die spel van die liefde te speel.

 

Om 'n geskikte maat te vind is nie altyd so eenvoudig nie, veral nie vir die alleenlopers in die diereryk nie. 'n Wesp het dalk in sy hele lewe nog nooit 'n ander wesp gesien nie. Sowel die mannetjie as die wyfie moet vrugbaar wees en gereed wees om te paar. Die wyfie is gewoonlik lugtig en die mannetjie aggressief.

 

Om hierdie probleme te bowe te kom het die onderskeie spesies verskillende maniere van doen om hul luime soos vrees te onderdruk en die paringsdrang te versterk. Dit kan wissel van ingewikkelde rituele en 'n pronkerige seksuele vertoon tot eenvoudige sintuiglike seine.

 

Die hofmakery van die voδls is die skouspelagtigste van diΘ van al die diere. Baie eendsoorte maak byvoorbeeld drinkgebare en stryk hul vere glad, alles dramaties beklemtoon deur hul kleurryke en elegante kopvere en opgehewe vlerke. Die volstruiswyfie sal met 'n teatrale hoogtrap-dans by die mannetjie kom vlerksleep.

 

Daarteenoor sal motwyfies bloot 'n sterk reuk genaamd feromoon afskei om motmannetjies binne 'n straal van drie tot vier kilometer aan te lok. Die mannetjies onder die vuurvliegies gebruik weer 'n reeks ligflitse om wyfies na hulle toe te trek.

 

Die mannetjies van die spinnekoppe en hottentotsgotte loop gedurig gevaar dat die wyfies hulle kan opvreet. Selfs gedurende die paring kan die wyfie die mannetjie bydam en sy kop summier afbyt. Daaromá gebeur dit dat die mannetjies soms die wyfies se aptyt probeer demp. Een soort spinnekop, Pisaura mirabilis, nader byvoorbeeld die wyfie met 'n geskenk: hy bied haar ewe romanties 'n vlieg aan wat in sy toegedraai is.

 

Baiekeer gaan die hofmakery met 'n magstryd gepaard. Die mannetjie, wat sy gebied opgeδis het, is vyandig teenoor indringers. Hy kan verwoed vir sy wyfie veg, maar die stryd duur nooit lank nie, omdat dit nle vir die sterkste dier moeilik is orn homself te bewys nie.

Die uiteinde is selde noodlottig omdat die geveg om die liefde 'n sportiewe ritueel eerder as 'n saak van lewe en dood is.

 

Baie dikwels, in 'n trop, sal die mannetjie wat gewen het met al die wyfies paar. 'n Leeu-gesin bestaan uit een mannetjie met 'n harem van leeuinne en hul welpies.

 

Die gompou-mannetjies op die grasvlaktes van Afrika voer 'n indrukwekkende dans met trillende krete uit wanneer hulle kom vry. Die wyfies staan by om te kyk en te beoordeel. Wanneer hulle die beste danser gekies het, gaan sit hulle voor hom. Net hy sal 'n pa wees.

 

Baie diere reδl instinktief hul paring s≤ dat die kleintjies vroeg in die lente in die wΩreld sal kom wanneer daar oorgenoeg kos is en hulle die beste kans het om te oorleef. 'n Verandering in die weer kan ook tot 'n hofmakery lei. Visse sal reageer as die water warmer word. Paddas lΩ hul eiers wanneer die reδn begin val.

 

S≤ sien ons in die groot verskeidenheid van die skepping 'n vervulling van byvoorbeeld die seδn in Genesis 1: "Wees vrugbaar, word baie en bewoon al die waters van die see. En laat die voδls baie word op die land..."

 

Die spel van die liefde verseker ook die voortbestaan van ons natuur.

 

____________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

____________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan