| |
ELKE eksamentyd gebeur dit -- baie leerders se mae trek sommerso op 'n knop van die eksamenkoors en senuwees. Hulle weet nie reg hoe hulle moet leer nie en die tyd begin hulle inhaal. Wie weet, dalk klink sekere van die tien aanhalings hieronder ook vir jou uiters bekend. Maar die goeie nuus is dat alles
waarskynlik nie vir jou verlore is nie. Lees gerus ons
samevatting van wat die kenners oor die valstrikke vir studeer te sΩ het .
. . en hul onontbeerlike raad
oor presies hoe Æn mens die nodige kennis in jou kop kan kry . .
. 1. ''Ek weet nie waar om te
begin nie''
ò KRY beheer oor die situasie. Kry jou
prioriteite reg! Maak Æn lys van al die dinge wat jy moet doen en breek
jou werklas in hanteerbare brokke op. 2. ''Ek het so baie om te leer
. . . en die tyd is so min''
ò KYK na die betrokke vak se leerplan, handboeke
en notas. Bepaal wat die belangrikste onderwerpe is en watter dele van die
werk jy steeds nie begryp nie. S≤ Æn vooruitskouing bespaar tyd, deurdat
dit jou help om te organiseer en op die hoofonderwerpe te fokus. Pas
hierdie metode by jou eie styl en leerwerk aan -- en spring weg! 3. ''Hierdie goed is so droog,
ek kan nie eens wakker bly terwyl ek dit lees nie''
ò VAL AAN! Raak aktief betrokke by die teks
terwyl jy dit lees. Vra jouself af: ''Wat is belangrik om te onthou van
hierdie gedeelte?'' Maak notas of onderstreep sleutelkonsepte. Bespreek
die stof met ander leerders in jou klas. Bly aanvallend ingestel, veral
met stof wat jy nie interessant vind nie. As jy dit bloot passief sit en
lees, kan jy sekere belangrike punte miskyk. Baie kenners reken
die beste manier om te onthou wat jy lees, is die VV-LHOH-metode.
Dit behels eers 'n Voorskou en be-Vraagtekening van jou
leerwerk gevolg deur Lees, Herkou, OpsΩ en
Hersien. (In Engels word dit kortweg die PQ4R-metode genoem
-- vir Preview, Question en vier woorde wat almal met Æn ''r'' begin: Read, Reflect, Recite,
Review.) As
jy byvoorbeeld Æn hoofstuk in jou bibliogieboek lees, begin jy deur
vlugtig die hele hoofstuk te lees sodat jy Æn oorsigtelike beeld daarvan
kan kry. Stel dan vir jouself sekere vrae waarop jy gaan konsentreer
terwyl jy studeer, byvoorbeeld: ''Hoe werk fotosintese?'' Lees nou weer die
hoofstuk aandagtig. Wanneer jy klaar is, dink wat jy gelees het en ''herkou'' dit. Dink hoe die hoofstuk jou vrae beantwoord het. SΩ die
antwoorde vir jouself op en verduidelik die inligting in jou eie woorde.
Uiteindelik gaan jy
terug na die boek toe en blaailees jy weer deur die hoofstuk om die
hoofpunte te bepaal. Klink dit alles na
harde werk? Dit gaan beslis langer duur as Æn vinnige deurlees, maar dis
ook Æn baie goeie manier om te sorg dat jou jy leerwerk onthou. Jy gaan
nie veel baat daarby vind om net voor die boek te sit en die bladsye om te
blaai nie. 4. ''Ek lees dit oor en oor,
maar kan dit om die dood nie in my kop kry nie''
ò BEPROEF gerus wat die kenners geheuebr√e of
geheuekrukke noem. Een manier om lang lyste inligting te onthou is
om die eerste letters van die belangrike woorde op die lys te neem en Æn
sin daarvan te maak -- hoe snaakser of absurder die sin hoe beter! As jy
byvoorbeeld die volgorde moet onthou waarin die nege planete van ons
sonnestelsel van die son af lΩ, kan jy die volgende sin saamflans:
My Vreeslike Agtelosige Ma Jol
Soos Æn Uiters
Na∩ewe Pop-ster! Die M in My staan dan vir Mercurius, die V in Vreeslik vir Venus, die A
in Agtelosige vir Aarde, gevolg deur die ander woorde wat onderskeidelik
begin met die beginletters van Mars, Jupiter, Saturnus, Uranus, Neptunus
en Pluto. (Vir Engelssprekendes sal hierdie sin ewe goed deug: My
Very Earthly Mother Just Served
Us Nine Pizzas.) Jy kan ook leer om geheuekaarte saam te stel.
Skryf die naam van Æn onderwerp in Æn vierkant in die middel van Æn bladsy
en teken takke wat daaruit spruit waarin jy dan die besonderhede van jou
leerwerk skryf. Hierdie metode stem ooreen met die manier waarop die brein
inligting verwerk, en die stof word makliker onthou omdat dit baie visueel
is. Trouens, jy kan vind dat diagramme of tekeninge
van jou leerwerk makliker in jou geheue bly steek as bladsy en bladsye vol
notas. Nog Æn visuele metode is om jou te verbeel dat
jy byvoorbeeld in jou tuin rondstap waar jy die verskillende voorwerpe op
jou roete verbind met die feite in jou leerwerk. Gestel jy moet leer van
die lewe van koning Tsjaka van die Zoeloes -- en die voorwerpe op jou
tuinroete is agteenvolgens Æn appelkoosboom, Æn tuinhuisie,Æn
tuinstoeltjie, Æn blom-akker, Æn hekkie en dan jou huis se stoep. Onder die appelkoosboom visualiseer jy vir jou
alles omtrent Tsjaka se geboorte. Selfs Æn tor wat onder die boom
rondskarrel, kan in verband gebring word met, sΩ, die ''torre''
(gevoellose mense) wat Tsjaka weens sy buite-egtelikheid uit die
gemeenskap verdryf het. In die tuinhuisie stel die paar doringrige
rankrose die toordokters voor aan wie se sorg Tsjaka se ma hom toevertrou
het. So gaan jy voort en rekonstrueer jy die hele
Tsjaka-verhaal deur dit aan bekende dinge in jou tuin te koppel -- en
eindig jy op die stoep waar Æn potplant (Dingaan) bo-op Tsjaka omval.
(Tsjaka is deur sy halfbroer Dingaan vermoor). Vir Æn volgende afdeling in die leerwerk gebruik jy Æn heeltemal ander
geografiese roete, byvoorbeeld die pad van jou huis af na die naaste
kafee, met al die bakens tussenin, wat dan weer ''kapstokke'' word waaraan
jy nuwe feite hang. In die eksamensaal loop jy eenvoudig in jou
gedagte terug op jou roete en onthou jy alles wat onder elke boom, langs
elke struik en, sΩ, onderaan die lelie met die verlepte blare ''gebeur''
het. Jy kan selfs verskillende leermetodes vir
verskillende afdelings van jou leerwerk aanwend. DiΘ soort afwisseling kan
help om die eenselwigheid -- wat jy dalk as eentonigheid kan ervaar -- te
verbreek. 5. ''Ek skat ek ken dit"
ò MOENIE bloot
''skat'' nie -- toets
jouself. SΩ elke afdeling van
die werk wat jy geleer het, hardop vir jouself op -- en wanneer jy oor
enigiets twyfel, raadpleeg net weer vlugtig jou diagram of handboek. Doen
dit oor en oor en oor totdat jy dit vlot ken en glad nie meer nodig het na
die papiere te kyk nie. En kom later, byvoorbeeld die volgende dag, terug
na die betrokke afdeling en ''resiteer'' dit nog Æn keer vir jouself. Probeer onthou wat die onderwyser te sΩ gehad
het oor sleutelafdelings in jou leerwerk en wat hy of sy daarin benadruk
het.
6. ''Daar's hopeloos te veel
wat ek moet onthou''
ò ORGANISEER. Onthou weer: inligting word des te
beter in jou geheue bewaar as dit in georganiseerde raamwerk aangebied
word waaruit jy dit stelselmatig met jou brein kan onttrek. Maak opsommings van die hoofstukke en lΩ klem
op die verband tussen die verskillende afdelings in jou leerwerk. Groepeer
inligting waar moontlik in kategorieδ of hiδragieδ. Om terug kom tot die beproefde
geheuekaart-metode: gestel jy probeer die oorsake van die Eerste
Wδreldoorlog leer. Horisontaal oor die boonste deel van jou kaart kan jy
die name skryf van die vernaamste lande wat by die oorlog betrokke
was. Aan die linkerkant skryf jy nou belangrike
kwessies en gebeurtenisse onder mekaar neer. Daarnaas, in vierkantjies onder
die verskillende lande, kan jy vervolgens die impak beskryf wat elke
kwessie op elke land gehad het. Op diΘ manier kan jy die ingewikkelde
geskiedkundige ontwikkelings soveel makliker in jou geheue vaslΩ. 7. ''Ek het dit Æn minuut
gelede nog geken''
ò ÆN MENS kan dit nie genoeg beklemtoon nie:
hersien, hersien en hou aan om te hersien. Selfs as jy by die punt kom
waar jy alles kan onthou, sal verdere studie verseker dat jy nie m⌠re,
oorm⌠re sekere dele van jou leerwerk vergeet nie. Met ander woorde, Æn
mens kan ≤≤rstudeer nie. 8. ''Maar ek hou daarvan om te
leer terwyl ek op my bed lΩ''
ò O, JA? Een kenner sΩ dit sit hom sowaar in die
kooi -- om die woordspeling te gebruik -- dat leerders vandag nog s≤ kan
redeneer! Dis nie net Æn lui manier van studeer nie, dis
boonop gevaarlik. SΩ nou jy raak die aand voor die eksamen op jou bed aan
die slaap, met belangrike werk wat nog geleer moet word, en niemand maak
jou wakker voor die volgende m⌠re nie? Maar dis nie al nie. Navorsers het ook
vasgestel dat die plek voor jou tuislessenaar (of Æn tafel dan) strate
beter is as enige ander studieplek. Inligting word naamlik makliker onthou wanneer
die omstandighede waarin Æn mens dit ingeneem het (dit geld die fisiese
plek asook jou verstandelike, emosionele en fisieke gesteldheid)
soortgelyk is aan diΘ in die eksamenlokaal. Hoe meer die omstandighede
ooreenstem des te groter is die moontlikheid dat jy die leerwerk tydens
die eksamen uit jou geheue sal kan oproep. 9. ''Ek leer die heel beste in
die uur of twee voordat ek eksamen moet gaan skryf''
ò NOOIT
gesien nie! Om dan nog te wil leer, kan beteken jy dat bang is oor werk
wat jy steeds nie ken nie -- en die kans is eintlik goed dat jy jouself
nou verder deurmekaar kan maak. Boonop beteken dit dat jy jou brein twee
uur lank sal inspan plus nog miskien drie uur in die eksamenlokaal -- vyf
uur lank ononderbroke. Pleks dat jy uitgerus met die vraestel begin, is jy
klaar suwwerig wanneer jy die eksamensaal binneloop.
Æn Mens
leer die heel beste wanneer jy, om dit so te stel, met verdrag
studeer. Daarom is dit so belangrik om eintlik die hele jaar deur daagliks
hersiening te doen van dit wat jy in die klas geleer het.
Kortom,
Æn mens onthou die beste wanneer jou leertyd oor Æn tydperk versprei
is.
Maar
natuurlik is studeer vir die eksamen meer intensief as in die res van die
jaar. Begin dus met Æn uur of twee per dag sowat Æn week voor die eksamen
en vermeerder jou studietyd namate die eksamen nader kom.
| |
Terug na inhoudsblad -- klik hier |
Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan