Op hierdie bladsy:
CASSINI (spioentuig onderweg na die planeet Saturnus)
CHINESE,
CHRISTENDOM,
CHURCHILL (sir Winston),
COLUMBUS (Christophorus)
__________________________________________________________________
CASSINI (spioentuig onderweg na die planeet Saturnus)
CASSINI is 'n groot, onbemande snuffeltuig, wat op 10
Oktober 1997 deur die Amerikaanse ruimte-agentskap NASA gelanseer is op 'n
sending na die planeet Saturnus. Die verwagting is dat dit in Julie 2004 by die
geringde planeet sal aankom.
Die massiewe tuig reis met 'n groot ompad na Saturnus.
Die rede is dat geen bestaande lanseerder soveel krag kon opwek om s≤ 'n groot
vaartuig reguit na die afgeleδ Saturnus te skiet nie. Daar moes toe gebruik
gemaak word van die sogenaamde slingervel-effek -- 'n trajek wat hom twee keer
om die planeet Venus en een keer om die aarde sou neem ten einde genoeg
momentum te versamel om uit die binnedeel van die Sonnestelsel na die buitewyke
te kon reis.
Cassini moet in 'n wentelbaan om Saturnus gaan, waarna
dit in November 2004 'n landingstuig genaamd Huygens moet vrylaat wat op die
oppervlak van Saturnus se grootste maan, Titan, moet land.
Titan is die naasgrootste maan in die Sonnestelsel nß
Jupiter se maan Ganymedes. Dit is ook groter as die planete Mercurius en Pluto.
Wetenskaplikes reken dat dit moontlik 'n rotsagtige kern kan hΩ wat deur ys
omring is. Titan se oppervlak word deur digte oranje wolke bedek, en navorsers
skat dat daar mere of selfs seδ van vloeibare etaan kan wees. Titan is die
enigste maan in die Sonnestelsel met 'n wesenlike atmosfeer -- sestig persent
digter as diΘ van die aarde. Die oppervlaktemperatuur is 'n vrieskoue sowat -180
grade C.
Titan is in 1655 deur die Nederlandse sterrekundige
Christiaan Huygens ontdek, na wie die Huygens-landingstuig genoem is. Die
Cassini-omwentelingstuig om Saturnus is genoem na die Italiaans-Franse
sterrekundige Giovanni Cassini.
Nog take van die ruimtesending is onder meer die
bestudering van Saturnus se ringstelsel, die planeet se ander mane en sy
magneetveld.
__________________________________________________________________
CHINESE
DIE Chinese beskawing het omstreeks 2000 vC in die
Geel Rivier-vallei begin ontwikkel. Shi-Huangdi het China vir die eerste keer
in 221 vC onder die Ch'ing-dinastie verenig. In hierdie tyd is met die
oprigting van die Groot Chinese Muur begin om die noordelike grense te
verdedig.
Nß 'n lang beleg in 1215 het Gengis Khan die
plek Beijing verower. Die Ch'ing-dinastie, die laaste dinastie in China, het in
1911 tot 'n val gekom en die land is tot 'n republiek verklaar.
'n Burgeroorlog en vyandelikhede met Japan het
uitgebreek en in 1949 geδindig toe die Kommuniste onder voorsitter Mao Zedong
die oorwinning behaal het.
Toe die Venesiese koopman en ontdekkingsreisiger
Marco Polo (1254-1324) sewentien jaar oud was, het hy sy pa en oom op 'n
landsreis van Venesiδ na Beijing vergesel. Hulle is gestuur om 'n boodskap van
pous Gregorius X aan die Chinese keiser Kublai Khan te oorhandig. Marco Polo
het in die boek Il Milione van sy avonture vertel.
Die Chinese filosoof Confucius het in die vyfde eeu
vC gelewe. Sy leerstelling was op etiek, harmonie en matigheid gegrond.
Die Chinese het die kompas uitgevind. Hulle was voorts die eerste mense wat papier uit boombas gemaak het en hulle het ook 'n soort drukkerstelsel ontwerp. Boonop het die Chinese buskruit uitgevind, wat hulle in vuurwerk gebruik het.
__________________________________________________________________
CHRISTENDOM
DIE Bybel bestaan uit die Ou Testament en die Nuwe
Testament. Die Nuwe Testament is eie aan die Christendom en bestaan onder meer
uit die vier Evangelies, waarin vertel word van die lewe van Jesus Christus,
wat in Betlehem in Palestina gebore is, aan die kruis vir die sondes van die
mensdom gesterf het, opgestaan het uit die dood, na die hemel opgevaar het en
sal terugkeer om die mens te oordeel.
Nß sy hemelvaart het sy twaalf apostels, gelei deur
Petrus, die leer van Christus verkondig, en deur die eeue heen het dit regoor
die wΩreld versprei.
Romeinse keisers soos Nero en Diocletianus het die
vroeδ Christene wreed vervolg. Hulle is gedwing om ondergronds in katakombes te
skuil om hul godsdiensplegtighede te beoefen. Keiser Konstantyn het eers in 313
nC in die Edik van Milaan verdraagsaamheid teenoor die Christendom gelas.
Die lam is 'n ou Christelike simbool. Dit
versinnebeeld die onskuldige Jesus wat geoffer is vir die sondes van die mens.
Evangelie beteken die blye boodskap. Die vier
Evangelies in die Nuwe Testament is deur die evangeliste Matteus, Markus, Lukas
en Johannes geskryf.
Christus se geboorte word tradisioneel op Kersdag, 25
Desember, gevier, dog dis feitlik seker dat hy nie in daardie tyd van die jaar
gebore kon gewees het nie. Die Gregoriaanse kalender het die berekende
geboortejaar van Christus as beginpunt, maar sekere kenners reken dat die
Christelike jaartelling eintlik ses jaar vroeδr moes begin het.
Met Kersfees word geskenke gegee en Kersliedere
gesing. Rooms-Katolieke en ander kerke vertoon dikwels 'n voorstelling van die
Kind Jesus in die stal, iets wat by St. Franciscus van Assisi begin het. Die
versiering van Kersbome is 'n gebruik wat uit Europa na Suid-Afrika ingevoer
is.
__________________________________________________________________
CHURCHILL, SIR WINSTON
SIR WINSTON CHURCHILL (1874-1965) [LINKS]
was Brittanje se grootste moderne staatsman. Hy het sy loopbaan in die leδr en
as oorlogskorrespondent begin en is in Suid-Afrika deur die Boere gevang, maar
het in Pretoria uit sy gevangenskap ontsnap. Daarna het hy dekades lank sy land
gedien as parlementslid, minister van finansies en minister van oorlog, onder
meer.
Churchill het in 1940 die premier van 'n
koalisieregering geword. In die Tweede WΩreldoorlog het hy 'n simbool geword
van Brittanje se wil om die Duitse aanslag af te weer en hy het nooit getwyfel
dat die Britte die oorlog sou wen nie. Churchill se V- teken (vir ''victory'')
was beroemd.
Hy het op 'n kritieke tydstip eerste minister geword
en daarna sy land nuwe hoop en krag gegee. Die Duitse aanvalle is afgeslaan.
Hy was ook die skrywer van etlike geskiedkundige
werke, waaronder 'n versameling essays onder die titel The Second World War,
waarvoor hy in 1953 die Nobelprys vir letterkunde ontvang het.
Nß die Tweede WΩreldoorlog het Churchill die leier
van die opposisie in die Britse parlement geword. In 'n toespraak in 'n stad
genaamd Fulton in Amerika het hy sy teorieδ uitgespel oor hoekom die
ekspansionisme van die Sowjet-Unie gestuit moes word. Dit het bygedra tot die
begin van die sogenaamde Koue Oorlog, 'n lang tydperk van groot spanning tussen
die Sowjet-Unie en Amerika.
Churchill het weer Britse premier geword en van 1951
tot 1995 in diΘ amp gedien. Nß sy uittrede was hy weer 'n gewone parlementslid.
__________________________________________________________________
COLUMBUS, CHRISTOPHORUS
CHRISTOPHORUS COLUMBUS (1451-1506) het toestemming
ontvang van Isabella van Kastiliδ, die koningin van Spanje, om 'n vloot van
drie karvele saam te stel om 'n westelike seeweg na Indiδ te soek. Hy het die hawe
van Palos op 3 Augustus 1492 verlaat en geland op een van die Bahama-eilande,
wat hy San Salvador genoem het. Hy het na Kuba en Ha∩ti voortgevaar.
Columbus was oortuig daarvan dat hy Indiδ bereik het;
hy het voor sy sterfte nog drie ander reise onderneem en nooit besef hy het 'n
heeltemal nuwe wΩrelddeel ontdek nie. Hierdie nuwe wΩrelddeel is Amerika
genoem, ter ere van Amerigo Vespucci, die Italiaanse ontdekkingsreisiger wat in
1501 'n nuwe vaart na Suid-Amerika onderneem het.
Nuwe
produkte soos kakao, aartappels, mielies, tabak, tamaties en pynappels is van
die Amerikas na Europa gebring. Ontdekkers het ook diere soos papegaaie
ingevoer, wat die Europeδrs nooit vantevore gesien het nie.
Columbus
se drie karvele was die Nina, die Pinta en die Santa Maria. Daar word gemeen
dat hy in 1451 in Genua, Italiδ, gebore is.
__________________________________________________________________
Terug na
inhoudsblad -- klik hier
_____________________________________________________
Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan