..Kort begrip..
Op hierdie
bladsy: EGIPTE: DIE OU EN
DIE NUWE EGIPTE EGIPTE
is al sedert omstreeks 3200 vC Æn duidelike politieke entiteit met
Æn opgetekende geskiedenis. Trouens, een van die eerste beskawings wat
leiwater-boerdery en ingewikkelde wiskundige begrippe verstaan het, het
in die Nylvallei ontstaan. Die land
se strategiese ligging tussen Asiδ en Afrika en op die roete tussen die
lande van Middellandse See en Indiδ en China het dit boonop Æn
belangrike spil in die internasionale handel gemaak. Ou Egipte
was eeue der eeue lank die land van die faraoÆs, maar van die vierde
eeu vC af het Æn reeks veroweraars nuwe godsdienste en tale na die
land gebring. Tog, al is
Egipte vandag oorweldigend Arabiessprekend en Islamities, het belangrike
aspekte van sy antieke inheemse erfenis behoue gebly. Moslemse
Arabiere het die land in 641 verower, en sedertdien is Egipte nog altyd
Æn deel van die Moslemse en Arabiese wΩreld. Die grondslag vir die
moderne staat is gelΩ deur Muhammad Ali, wat van 1805 tot 1809 die
onderkoning van Egipte was toe die land Æn provinsie van die
Ottomaanse (Turkse) Ryk was. Brittanje
het Egipte in 1882 beset. Nß veertig jaar van regstreekse koloniale
heerskappy, het Egipte in 1922 Æn onafhanklike koninkryk geword. Tog
het Britse belange daartoe gelei dat die Britte Egipte steeds militΩr
beset het, wat die land se onafhanklikheid beperk het. In 1952
het Æn groep militΩre offisiere onder Gamal Abdel Nasser die monargie
omvergewerp en Egipte as republiek gevestig. Nasser het onderhandel vir
die onttrekking teen 1956 van die laaste Britse troepe uit Egipte. Die mense
van ou Egipte
ò
VAN die vroegste nedersettings van die mens het in die vierde
millenium vC in die vrugbare valleie van die Nyl ontwikkel. Die Nyl, op
een na die langste rivier ter wΩreld, was die lewensaar van ou Egipte. Bo-aan die
hiδrargie van die Egiptiese samelewing was die koning of farao, wat
onbeperkte mag gehad het. Hy het oor priesters, staatsamptenare,
krygsmanne, vakarbeiders, die landvolk en slawe regeer. Die farao is as
die seun van die songod beskou. Die
Egiptenare was baie gevorderd op die terreine van die wiskunde,
meetkunde, sterrekunde, geneeskunde en chirurgie. Alexander die Grote
het Egipte in 332 vC binnegeval en die stad Alexandriδ gestig, wat die
grootste kulturele sentrum van die Hellenistiese tydperk geword het. Die
piramides was grafmonumente wat vir die farao's van Egipte (3de -- 17de dinastie) gebou is. Die farao se mummie het in die
grafkamer gelΩ. Die
gebruik om die oorskot van dooies te bewaar deur dit te balsem of
mummifiseer, het ontstaan uit die ou Egiptenare se geloof dat die
liggaam weer sou opstaan. Die lyk se binne-organe is verwyder, waarna
dit toegedraai is in linneverbande wat in mirre, heuning en mum geweek
is. (Laasgenoemde was nie 'n reukweermiddel nie, maar 'n mengsel van was
-- die naam mummie is daarvan afgelei!) Die lyk is in 'n
sarkofaag of lykkis geplaas, waarop 'n portret van die oorledene
geskilder is. Dit het
dekades geduur om elke piramide te bou en 'n groot deel van die
bevolking het daaraan gewerk. Werkers het houtstompe en sterk toue
gebruik om blokke van tot twee ton elk na boontoe teen die piramides uit
te sleep. Die beroemdste piramides is diΘ van Choefoe, Chafre en
Menkaoera by Giza. 'n
Beroemde vonds was die herontdekking van die seun-farao Toetankamen
(18de dinastie) se grafkelder. Dit is in 1922 ongeskonde gevind deur ene
Howard Carter en lord Carnarvon. Dit was feitlik die enigste graf van
die konings wat nie in die oudheid deur rowers oopgebreek is nie. Bekende
farao's was Toetmos III, Amenhotep II en III en Ramses I en II (18de --
20ste dinastie) wat Egipte se grense teen Hetitiese invallers verdedig
het. Akenaton IV het weer monote∩sme (die geloof in een god) probeer
invoer (die kultus van Aton). Nefertiti, sy vrou, was beroemd vanweδ
haar skoonheid. Haar borsbeeld is in die Egiptiese Museum in Berlyn. Die
laaste farao was Nektanebo II. Anoebis
was vir die ou Egiptenare die god van mummifikasie, Osiris was die god
van die dooies en Isis was sy vrou. Horus was die god van die lewendes
en Ra die songod. Hator het vreugde en liefde verheerlik en Aton sou die
skepper van die heelal wees. Die ou
Egiptenare het in hiδrogliewe geskryf. Hierdie soort skrif word nie as
'n ware alfabet beskou nie, want dit bestaan uit ideogramme (simbole wat
konsepte voorstel). Die Franse Egiptoloog J.F. Champollion het in 1922
die eerste moderne mens geword wat hierdie geskrewe taal kon verstaan
toe hy daarin geslaag het om die hiδrogliewe op die sogenaamde
Rosetta-steen te ontsyfer. Rosetta is 'n stad aan die delta van die Nyl
en die steen met die inskripsies is in 1799 daar gevind. Dit is in 1802
na die Britse Museum gebring. EKOLOGIE DIE term
ekologie is die eerste keer in 1868 deur 'n Duitse geleerde, Ernst
Heinrich Haeckel, gebruik. Ekologie, of lewenstoestandsleer, is die
verhouding van lewende organismes tot hul omgewing. Ekologiese studies
is vandag baie belangrik weens verslegtende omgewingsprobleme soos
besoedeling en die oorbenutting van natuurlike hulpbronne. Hier is 'n
aantal terme wat met ekologie verband hou: ò
Besoedeling -- Die besmetting van die omgewing deur die
vrystelling van chemiese of sintetiese stowwe. ò
Biosfeer -- Daardie dele van die aarde waar lewende wesens
aangetref word; dit sluit die atmosfeer (dampkring), die litosfeer
(vaste aardkors) en die hidrosfeer (die waters op die aarde se oppervlak)
in. ò
CFK's (chlorofluorokoolstowwe) -- Kunsmatige stowwe wat
volgens baie ò
Demografiese groei -- 'n Vermeerdering in die wΩreldbevolking
(die woord demografie beteken ''statistiese volksbeskrywing''). Daar is
op die oomblik sowat 5 000 000 000 mense op aarde. Omdat ons planeet se
hulpbronne beperk is, stel baie wetenskaplikes voor dat die
geboortesyfer so beperk word dat daar geen verdere toename sal wees nie
(dit word zero-groei genoem). ò
Energie -- Die woord beteken ''werkkrag'', ''arbeidsvermoδ''.
Daar is baie soorte energie: party soorte, wat deur die verbranding van
byvoorbeeld olie verkry word, lei tot die besoedeling van die omgewing;
ander soorte, soos son- of windkrag, is natuurlik en nie besoedelend nie. ò
Eutrofikasie -- Wanbalans veroorsaak deur 'n uitermatige
hoeveelheid plantvoedingstowwe (soos stikstof en fosfor) in mere en
riviere. Hierdie voedingstowwe veroorsaak dat alge hopeloos te geil
groei, wat waterdiere doodmaak deur hulle van suurstof te beroof.
Omgewingsbewustes wyt dit aan die onoordeelkundige gebruik van
wasmiddels en kunsmisstowwe. ò
Ekosisteem -- Dit verwys na al die bestaande verhoudings
tussen lewende organismes en hul omgewing. Daar is 'n spesiale ewewig in
die natuur wat behels dat elke lewende ding (plant sowel as dier) in 'n
wisselwerking met sy omgewing betrokke is. In elke ekosisteem is daar 'n
voortdurende ruiling van energie en materie. Daarom is elke komponent 'n
onmisbare stukkie in die legkaart wat vir oorlewing van die ekologiese
gemeenskap nodig is. ò
Greenpeace -- 'n Organisasie van omgewingsaktiviste wat in 1970 gestig
is. ò
Herwinning -- Die verandering van vullis in stowwe wat
weer gebruik kan word. ò
Kern -- 'n Voorvoegsel wat met atoomkrag te doen het. ò
Kweekhuis-effek -- 'n Geleidelike toename in die aarde se
temperatuur weens probleme en wanbalanse in die omgewing. In 'n
kweekhuis word sonlig binnegelaat, maar uitstraling word deur die glas
van die kweekhuis gekeer, met die gevolg dat die temperatuur daarbinne
konstant warmer is as die buitetemperatuur. Wetenskaplikes sΩ die
toename in koolstofdioksied in die atmosfeer veroorsaak dat die hitte
wat die aarde van die son ontvang, soos in 'n kweekhuis stadiger na
buitentoe ontsnap. Vanweδ die warmer aarde kan klimaatstoestande op verskillende plekke
drasties verander -- met katastrofale gevolge. ò
Natuur -- Die geskape plante- en dierewΩreld.
Omgewingsbewustes dink graag aan die natuur as diere en plante in hul
oorspronklike staat, ongerep deur die mens of kunsmatige stowwe. ò
Omgewing -- Die fisieke en biologiese sisteem waarin
plante- en dierelewe ontwikkel. ò
Omgewingsverval -- Die ontaarding of verslegting van
omgewingstoestande op die aarde. ò
Oorkonsumpsie -- Die uitermatige gebruik van produkte wat
tot die uitputting van natuurlike hulpbronne lei. ò
Organiese akkerbou -- 'n Natuurlike bewerking van die
grond waarin kunsmis of plaagdoders nie gebruik word nie. ò
Osoon -- 'n Gas wat ook bekend staan as verdigte suurstof,
omdat dit drie suurstofatome in sy molekule het pleks van die twee van
gewone suurstof. Maar, anders as die lewegewende suurstof, is die
bleekblou osoongas giftig. Tog vorm osoon 'n lewensbelangrike laag in
die bo-atmosfeer, wat die aarde teen die son se gevaarlike ultraviolet
strale beskut. Besoedeling deur fabrieke en CFK's is volgens baie
geleerdes besig om daardie laag te vernietig. ò
Plaagdoder -- 'n Chemiese stof wat gebruik word om insekte
of ander plae te vernietig wat skadelik vir vrugtebome, groente, graan
en ander gewasse is. ò
Suurreδn -- Reδn wat suur word weens 'n besoedelde
atmosfeer. Suurreδn het al regom die wΩreld woude laat verwelk en die
lewe in mere laat vrek. ò
Tsjernobil -- Die ontploffing in 1986 van die kernreaktor
by 'n kragsentrale op hierdie plek in die Oekra∩ene het daartoe gelei
dat radioaktiewe stowwe in die atmosfeer vrygelaat is. Dit het ernstige
kernbesoedeling tot gevolg gehad. ò
Uitsterwing -- Die verdwyning van 'n lewensvorm (plant of
dier). 'n Voorbeeld van uitgestorwe diere is die dinosourusse, wat
volgens wetenskaplikes 65 miljoen jaar gelede uitgesterf het. ò
Vegetariδr -- Iemand wat nie rooi vleis, die vleis van
pluimvee of vis eet nie. Party vegetariδrs eet tog wel dierlike
produkte soos melk, kaas, eiers en heuning. Ander eet of gebruik weer
glad geen diereprodukte nie. ò
Vergaanbaar -- Dit word gesΩ van 'n stof wat deur lewende
organismes (soos bakterieδ en swamme) afgebreek en opgelos kan word.
Baie chemiese produkte soos plastiek is nie vergaanbaar nie en besoedel
gevolglik die omgewing. ò
Vullissortering -- Glas, papier, aluminium, batteryselle
en afvalkos behoort verdeel en in afsonderlike houers geplaas te word
sodat dit herwin kan word of sodat op die mees omgewingsvriendelike
manier moontlik daarvan ontslae geraak kan word. ò
WWF -- Afkorting vir die World Wildlife Fund, 'n
internasionale organisasie vir omgewingsbewaring wat in 1961 gestig is.
Die WWF het reeds talle projekte in baie lande geborg. Sy embleem [REGS]
is die groot panda. Benewens pogings om die groot panda, tier en renoster van
uitwissing te red, help hy ook om wΩreldwyd wildtuine te stig en te
bestuur. EL ESCORIAL
Vir
party mense is die klooster-paleis El Escorial in Spanje darem te stroef
en somber. Maar as 'n mens nader kyk, is dit maklik om te sien waarom
baie dit as die agtste wonder van die wΩreld beskou... AAN die
voet van die barre Guadarrama-berge, iets meer as 40 km noordwes van die
Spaanse hoofstad, Madrid, staan 'n reusagtige granietstruktuur wat sowel
'n kerk as 'n klooster, 'n koninklike paleis en 'n begraafplaas is. Dit is
opgerig deur koning Filips II, wat van 1556 af tot met sy dood in 1598
oor Spanje geheers het. Die geskiedenis van El Escorial [LINKS] gaan terug tot
in 1557. In daardie jaar, op 10 Augustus, het Filips se soldate die
Franse in die slag by St. Quentin verslaan. Die datum is betekenisvol --
10 Augustus is die feesdag van die Katolieke heilige St. Laurens. Boonop
is die plaaslike kerk, wat aan St. Laurens opgedra is, in die geveg
verwoes. Filips, 'n
godsdienstige man, het 'n gelofte gedoen om die Spaanse oorwinning te
gedenk deur 'n kerk en klooster te bou wat aan die heilige opgedra sou
word. Die argitekte het, s≤ word vertel, die gebou in die vorm van 'n
braairooster uitgelΩ -- omdat die heilige op een gebraai is. Benewens
'n kerk en klooster wou Filips ook 'n paleis hΩ van waar hy altyd die
hoδ altaar van die kerk kon sien. En dan het Filips se pa, Karel I, ook
nog 'n koninklike panteon begeer waar die konings van Spanje begrawe kon
word. Werk het in 1563 begin en tot 1584 voortgeduur. (Die panteon is
egter nß Filips se dood gebou.) El
Escorial is 'n enorme reghoekige bouwerk (sowat 150 m by 200 m) van grys
graniet. In die middel is die koepelkerk en panteon, suid en suidoos lΩ
die koninklike paleis en kantore, en noord is die woonbuurt van die
monnike. Die gebou
het 'n menigte vensters en deure -- minstens 2600 en 1200
respektiewelik. Baie mense het hulle al probeer tel, maar min stem saam
oor presies hoeveel daar is. Die enorme kompleks se gange strek na
bewering altesaam 160 km ver. Die gebou
is dikwels gekritiseer dat dit so baie soos 'n gevangenis sou lyk. En
dit kom inderdaad somber voor -- Filips wou dit immers so hΩ. Maar wat
dit buite kortkom, word aan die binnekant vergoed. Om vandag
El Escorial te besoek is om 'n kunsmuseum binne te loop, want sy mure is
ryklik versier met gipspleisterwerk, voortreflike muurtapyte en
skilderye deur beroemde kunstenaars. Daar is ook uitstallings van
pragtige meubels, brons- en marmerfigure en ander artefakte. Ondanks
Filips se welslae by St. Quentin is die res van sy bewind deur nederlae
gekenmerk. Eers het Nederland, 'n onskatbare besitting, hom onafhanklik
van Spanje verklaar. Toe verloor Spanje baie van sy besittings in Suid-
en Sentraal-Amerika. Uiteindelik is die kwansuis ''onoorwinklike''
Spaanse vloot vernederend deur die Britte verslaan. Die gebou
wat Spanje moes verheerlik, het pleks daarvan die begin van die einde
van die groot wΩreldmoondheid ingelui. EURO
DIE euro
is Europa se nuwe gemeenskaplike geldstelsel. DiΘ geldeenheid is in die
begin van 2002 in verskeie Europese lande in gebruik geneem om twaalf
lidlande van die Europese Unie (EU) se onderskeie geldstelsels te
vervang. Die omskakeling is as een van die belangrikste gebeurtenisse in
die hele ekonomiese geskiedenis van die wΩreld bestempel. Die 12
EU-lande wat besluit het om van 2002 af uitsluitlik die euro te gebruik
(met elkeen se ou geld tussen hakies) is in alfabetiese volgorde: ò
Belgiδ (Belgiese frank) Die
EU-lande wat met die oorskakeling in 2002 (nog) nee gesΩ het vir die
euro is Brittanje, Denemarke en Swede. Daar is
agt euro-muntstukke: die 2-euro-munt, 1-euro-munt en muntstukke met die
waardes 50, 20, 10, 5, 2 en 1 sent. Die een kant van elke muntstuk in
die euro-reeks is oral dieselfde, maar die verskillende lidlande bring
elk hul eie motiewe op die keersy aan. Die verskillende munte is egter
oral geldige betaalmiddels in die euro-sone (of "Euro-land",
soos dit ook genoem word). So kan Æn Franse burger byvoorbeeld Æn
worsbroodjie in Berlyn koop met Æn euro-munt waarop die afbeelding van
die koning van Spanje verskyn. Sewe
euro-note is beskikbaar -- in verskillende
kleure en groottes. Hulle is onderskeidelik
500, 200, 100, 50, 20, 10 en 5 euro's werd. Hoe die euro
ontstaan het
ò
DIE droom om Europa een te maak is baie oud. Maar hoe verder Æn
mens in die geskiedenis teruggaan, hoe onmoontliker was dit eintlik om
daardie droom te verwesenlik. Die
haakplek was -- en is steeds -- Æn verskeidenheid van volkere met Æn
eeue-oue geskiedenis van afsonderlike nasionalismes. Tog het nuwe
ekonomiese realiteite baie van die Europese lande met verloop van jare
steeds nader aan mekaar gedwing. En moderne
voorstanders van die idee maak geen geheim meer van hul doelwit nie.
Æn Verenigde State van Europa sou immers sy stem met Æn magtige
dreuning kon verhef. Hy sou ten minste ook kon streef na Æn
leiersposisie in die wΩreldpolitiek naas die dominante Amerika. Dog
voordat daar staatkundige eenheid kan wees, moet die lande Æn
ekonomiese geheel vorm. En dis waar die euro so Æn kardinale rol te
speel het. Die
oorsprong van die euro lΩ in die Verdrag vir Europese Vereniging
(Treaty on European Union) of Maastricht-verdrag, wat in 1992 deur die
lidlande van die Europese Gemeenskap -- tans die Europese Unie --
onderteken is. Die
Europese Unie (EU) is Æn supranasionale organisasie wat uit Æn
aantal Europese lande bestaan wat besluit het om oor Æn verskeidenheid
van sake saam te werk (ekonomies, monetΩr, op veiligheidsgebied, ens.)
en eenvormige wette te aanvaar. Die vyftien volle lede van die EU is
Oostenryk, Belgiδ, Denmarke, Finland, Frankryk, Duitsland, Brittanje,
Griekeland, Ierland, Italiδ, Luxemburg, Nederland, Portugal, Spanje en
Swede. Hierdie
organisasie het self Æn lang geskiedenis en die naam is verskeie kere
verander. In 1994 is
die Europese MonetΩre Instituut (European Monetary Institute) in die
lewe geroep as Æn oorgangsmeganisme tot die stigting van die Europese
Sentrale Bank en Æn gemeenskaplike geldeenheid. Die Europese Sentrale
Bank het in 1998 tot stand gekom. In die
begin van 1999 het die meeste lede van die Europese Unie die enkele
eenheid, die euro, vir wisselkoers- en elektroniese betalings aanvaar.
Brittanje is een van die drie lande wat nog water trap oor die saak. Die
aanvaarding van die euro deur twaalf lande is egter as Æn uiters
betekenisvolle stap in die rigting van Europese staatkundige eenheid
beskou. Deurdat
die verskillende lande Æn gemeenskaplike ekonomiese beleid aangeneem
het, kon hulle ook saamspan om Æn demper te plaas op buitensporige
openbare besteding, om skuld te verminder en om Æn kragtige poging aan
te wend om inflasie aan bande te lΩ. En in die begin van 2002 het miljoene Europeδrs toe die nuwe jaar binnegegaan met totaal veranderde munte en note in hul beursies. Suid-Afrikaners wat oud genoeg is om "Daan Desimaal" te onthou (toe ons die pond vir die rand verruil het) sal kan vertel watter geweldige aanpassings so iets ook van die gewone mens kan verg. Terug na inhoudsblad -- klik hier Ons
Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan |