Op hierdie bladsy:
HALFVLERKIGES (insekte),
HILLARY (sir Edmund Percival)
__________________________________________________________________
HALFVLERKIGES (insekte)á [Engels: bugs]
PARTY mense noem hulle
besies, ander praat van wantse, nog ander verkies om hulle eenvoudig as luise
uit te kryt. Maar laasgenoemde term is misleidend. Die naam luis word immers
ook vir ander insekte gebruik.
Hoe ook al, die geleerdes ken hulle
as die Hemiptera, of Halfvlerkiges (die Engelse praat van bugs) -- een
van die grootste insekordes, met 'n ongehoorde sowat 67 500 soorte wat in die
jare negentig reeds ontdek was.
Trouens, geen ander insekorde
vertoon so 'n groot verskeidenheid vorms as die Hemiptera nie. En sommige sal
jy met die eerste kyk ook glad nie eens as insekte herken nie. 'n Goeie
voorbeeld is die dopluise, waarvan die wyfies sonder vlerke en dikwels ook
sonder bene of oδ is.
Blomluise, plantluise, wolluise,
weeluise, sonbesies, skuimbesies, boomspringers, blaarspringers, witvlieδ en
waterskerpioene... almal is lede van hierdie eindelose orde.
Baie van hulle lyk na kewers, maar
'n mens kan die Halfvlerkiges maklik uitken deur na hul monddele te kyk. Kewers
het kake wat horisontaal oor mekaar werk. Die Hemiptera het nie kake nie, maar
die mond is altyd in die vorm van 'n skerp, naaldagtige "snawel" --
'n lang snuit wat in staat is orn byvoorbeeld plantweefsels te deurboor en die
sap in te suig.
Nog 'n kenmerk by die meeste soorte
is stinkkliere wat aan elke kant van die borsstuk naby die agterpote open en 'n
onaangename vloeistof afskei.
Hul lewensgeskiedenis is 'n
onvolkome meta¡morfose. In die jong stadiums is daar 'n reeks nimfe wat slegs
in grootte en klein besonderhede van die volwasse insekte verskil. Hulle raak
volwasse deur 'n reeks vervellings.
Die woord Hemiptera kom van die
Griekse woorde hemi (half) en pteron (vlerk). Dit is omdat by
sommige lede van hierdie insekorde, hoewel nie by almal nie, elkeen van die
voorvlerke in twee helftes verdeel is: 'n membraanagtige punt en 'n dik, leeragtige
basis.
Onder die insekte met hierdie
kenmerk is die skildstinkbesies en die waterbesies. By die plantluise en die
sonbesies is al vier die vlerke baie dun en membraanagtig. En dan is daar
natuurlik diΘ sonder enige vlerke.
Afhangende van die struktuur van die
voorvlerke word die lede van hierdie orde in twee afsonderlike groepe ingedeel:
die Heteroptera en die Homoptera.
Net enkeles van die Halfvlerkiges is
mooi insekte, en 'n menigte tel miskien onder die mens se grootste vyande. Van
die skadelikste plae is diΘ wat van die sap van tuinplante, landbougewasse en
vrugtebome leef. Hulle saai nie net verwoesting deur hul vraatsugtigheid nie,
maar versprei ook verwoestende siektes onder plante.
Dan is daar ook die roofwantse --
die rowers onder die Halfvlerkiges. Die weeluis, byvoorbeeld, kom wyd en syd in
die wΩreld voor en versprei gevaarlike siektekieme onder mense.
Tog is daar ook die nuttiges en
onskadelikes. Van die Indiese lak-insek kom 'n stof met die naam skellak,
waarvan vernis gemaak word. En van die cochenille-dopluis van Mexiko, wat van
kaktusplante leef, word 'n skarlakenrooi kleurstof verkry.
Die sonbesies, daardie beroemde
sangers van die somer wat ook in Suid-Afrika voorkom, is onder die interessante
lede van die orde. Dis net die mannetjies wat skreeu, glo die hardste van alle
insekte. Die klank kom van 'n membraan aan die basis van die agterlyf wat in
een sekonde tot 4000 keer tril.
Die bootsmannetjies (waterinsekte
wat onderstebo swem) en waterlopers (wat op die oppervlakfilm van water
rondskarrel) is nog bekende Hemiptera-spesies.
__________________________________________________________________
HILLARY, SIR EDMUND PERCIVAL (1919-ááááá )
EVEREST is die wΩreld se hoogste
berg. Nadat die Noord- en Suidpool bereik is, het ontdekkingsreisigers hul oδ
opwaarts gehef -- na die formidabele kruin van die natuur se laaste vesting.
Een van hierdie avontuursoekers was Edmund Hillary.
Edmund Percival Hillary is op 20
Julie 1919 in Auckland, Nieu-Seeland, gebore. Nadat hy die skool verlaat het,
het hy 'n byeboer geword. In die Tweede WΩreldoorlog was hy 'n tyd lank in die
lugmag. Hy was 'n ywerige bergklimmer en het dikwels in die Nieu-Seelandse Alpe
geklim.
In 1951 is hy genooi om hom by 'n
Nieu-Seelande ekspedisie na die sentrale Himalaja aan te sluit. Hy het t≤Θ en
ook die volgende jaar Everest deels aan die suidekant bestyg.
Everest (8848 m) lΩ in die Himalaja tussen Nepal en Tibet. Baie klimmers het die berg
probeer uitklim sedert die Britte dit vir die eerste keer in die 1850's onder
oδ gekry het. Maar die hoogte, steilte, sneeu- en ysstortings, diep skeure,
kragtige winde en koue, dun lug het hulle erg gekortwiek.
By die Sjerpas staan Everest bekend
as Sagarmatha, of "Lugkop". Vir die Tibetane is dit Tsjomoloengma, of
"Godin-moeder van die WΩreld".
In 1953 het Hillary hom by die
Britse Everest-ekspedisie onder leiding van kol. John Hunt aangesluit as een
van die hoofklimmers.
Namate die groep bergklimmers teen
die berg opbeweeg het, het hulle plek-plek kampe opgerig (altesaam agt) waar
hulle voorrade en van die klimmers agtergelaat het. Die laaste kamp was op 'n
hoogte van 8504 m.
Op 29 Mei 1953, om
11.30 vm., het Hillary die spits van Everest alleen bereik, saam met
die Nepalese Sjerpa Tenzing Norkay. Tenzing
het agterna vertel dat hulle 'n kwartier daar gebly, foto's geneem en koek
geδet het.
Hillary sou sy
belewenis s≤ beskryf: "Terwyl ek daar gelΩ en
hyg het, het ek 'n gloed van triomf ervaar... Ons het voortbeweeg... Toe sien
ek hoe die bergrug voor my na die noorde wegval, en regs bokant my was 'n ronde
sneeukoepel. Nog 'n paar kappe met my ysbyl, en toe staan ek en Tenzing op die
spits van Everest ..."
Op 16 Julie het koningin Elizabeth
vir Hillary vanweδ sy prestasie tot ridder geslaan. In 1955 het hy High Adventure geskryf, 'n verslag oor die klimekspedisie van 1953.
Hillary is in 1955 as leier aangestel van die
Nieu-Seelandse geselskap van die Britse Statebond se Trans-Antaktiese
Ekspedisie onder leiding van Vivian E. Fuchs. Hy het Antartika per sneeutrekker
oorgesteek en die Suidpool op 4 Januarie 1958 bereik.
Hy het daarna verskeie ekspedisies na die Himalaja
gelei en tydens Æn ekspedisie in 1967 na Antartika was hy die eerste wat die
berg Herschel bestyg het.
Hillary se outobiografie, Nothing Venture,
Nothing Win, het in 1975 verskyn. Van 1984 tot 1988 was hy die
Nieu-Seelandse hoδ kommissaris in Indiδ.
_____________________________________________________
Terug na
inhoudsblad -- klik hier
_____________________________________________________
Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan