..Kort begrip..

 

Op hierdie bladsy:

JAPAN,

JUDA╧SME,

JULIUS CAESAR

__________________________________________________________________

 

JAPAN

 

JAPAN, genoem Nippon Koku, d.w.s. Land van die Opgaande Son, is 'n ryk wat uit vier groot eilande en ongeveer 4200 kleiner eilandjies bestaan. Dit lΩ naby die ooskus van China en in die Noordelike Stille Oseaan.

 

Volgens die legende het Jimmu Tenno, 'n afstammeling van die songodin Amaterasu Omikami, die Japanse ryk in 660 vC gestig. Japan het in die sesde eeu nC sy betrekkinge met China versterk en sy imperiale beleid en die Boeddhistiese godsdiens aanvaar.

 

Die Japanse Middeleeue (1185 -- 1615) is gekenmerk deur baie gevegte en feodale skermutselinge tussen die shogun en bushi, wat verskillende kastes van krygsmanne was. Alle hawens buiten Nagasaki is in 1633 vir handel gesluit; hierdie tydperk van isolasie het tot 1854 geduur.

 

Shogun: Hierdie erftitel het aan die einde van die feodale tydperk verdwyn. Die shogun, of groot generaal, het uitgebreide militΩre en burgerlike magte gehad.

 

Klere: Die vroue van die hof het breδ broeke en verskeie kimono's gedra, die een bo-oor die ander.

 

Samurai: Hierdie krygsman van die feodale tye het trou gesweer aan sy heer, die daimyo. Samurai-krygsmanne het ligte wapenrustings gedra, gemaak van metaal- of leerplate, wat vir bewegingsvryheid met koorde geheg is.

__________________________________________________________________

 

JUDA╧SME

(godsdiensleer en instellinge van die Jodedom)

 

OMSTREEKS vierduisend jaar gelede, toe die mense van die ou tyd polite∩ste was (die aanbidders van verskeie gode), het die ΘΘn ware, onsigbare God hom geopenbaar aan Abraham, wat sy tuiste by Ur in die huidige Irak verlaat en na die land KanaΣn (die huidige staat Israel) getrek het.

 

Sowat ses eeue later, tydens hul omswerwinge in die woestyn nß hul slaweverblyf in Egipte, het Abraham se nakomelinge, die Israeliete, onder die leiding van Moses die Tora (die Wet) op die berg Sinai ontvang.

 

Juda∩sme is gegrond op die lees en uitlegging van heilige tekste onder leiding van rabbi's, ook genoem rabbyne, Joodse geestelikes wat die Wet bestudeer. Streng gesproke bestaan die sogenaamde Tora slegs uit die eerste vyf boeke van die Ou Testament, maar in die Joodse geloof het dit mettertyd 'n veel wyer betekenis ontvang en omvat dit alle gesaghebbende Joodse leringe.

 

Die sjofar (die ramshoringtrompet) word geblaas tydens godsdienstige plegtighede soos die Rosj Hasjana, die Joodse Nuwejaarsfees in September.

 

Die tempel in Jerusalem is omstreeks 1000 vC deur koning Salomo gebou en later deur die Babiloniese koning Nebukadnesar verwoes. Dit is herbou en in 515 vC ingewy, en deur Herodes die Grote vergroot. Die tempel is in 70 nC weer verwoes -- deur die Romeine -- en al wat vandag nog daarvan oorbly, is die sogenaamde Klaagmuur.

 

Die kandelaar met sewe arms wat die menora genoem word, is 'n simbool van die antieke Israelitiese staat. Sedert die tempel in Jerusalem verwoes is, is die heiligste voorwerp in die Joodse liturgie die rol wat die Heilige Skrifte bevat.

 

Volgens die Joodse geloof blyk die egtheid van 'n persoon se geloof uit sy handelinge. Daar is dus wette oor elke aspek van die lewe, wat die gelowige Jood stiptelik moet gehoorsaam. Joodse eredienste vind plaas in die sinagoge -- afgelei uit 'n samestelling van die Griekse woorde sin (saam) en agein (om te bring).

__________________________________________________________________

 

JULIUS CAESAR

 

JULIUS CAESAR (ca. 100 vC -- 44 vC) was 'n Romeinse staatsman en generaal. Hy het gebiede verower wat gestrek het van Egipte tot Galliδ. In 59 vC het hy lid van die Eerste Driemanskap geword en die Romeinse ryk saam met Pompejus en Crassus regeer. Toe Crassus sterf, het Pompejus, wat eers Caesar se vriend was, sy vyand geword.

 

Nß baie oorwinnings teen sy vyande het Julius Caesar diktator van Rome geword. Op 15 Maart 44 vC is hy deur 'n groep samesweerders doodgesteeká -- die bloedige einde van 'n streng maar verstandige regeerder.

 

Nß Caesar se dood het Cleopatra, koningin van Egipte, haar by die Romeinse veldheer Marcus Antonius geskaar om teen Rome op te trek. Marcus Antonius, verwant aan Julius Caesar, was 'n lid van die Tweede Driemanskap wat met die hulp van Octavianus en Lepidus oor die Romeinse ryk regeer het.

 

Onderwyl Marcus Antonius in Egipte was, het hy verlief geraak op Cleopatra, ofskoon hy met die suster van Octavianus getroud was. By die slag van Actium (31 vC) is hy verslaan, en hy en Cleopatra het saam voor die seδvierende Octavius (Augustus) gevlug. Cleopatra het glo selfmoord gepleeg deur toe te laat dat 'n giftige slang haar pik.

 

MilitΩre oorwinnings: Nadat die Eerste Driemanskap in die lewe geroep is, het Julius Caesar Rome verlaat om Galliδ te verower. In 55 en 54 vC het hy twee ekspedisies na Bretagne georganiseer, en toe in 52 vC 'n opstand onderdruk wat deur Vercingetorix in Galliδ gelei is. Hy het in 49 vC seδvierend na Rome teruggekeer, nadat hy uitdagend die rivier die Rubicon met sy leδr oorgesteek het -- strydig met die bevele van die Romeinse bestuursliggaam, die Senaat. In 48 vC het hy Pompejus by Pharsalus verslaan. Julius Caesar het ook vir Cleopatra gehelp om die troon van Egipte te herower.

 

In Rome het Caesar grootse projekte geloods, oor administratiewe sake toesig gehou en die jaarkalender hervorm. Hy was ook 'n uitmuntende skrywer, die outeur van Die Galliese Oorloδ (kommentaar op die gebeure van 58 tot 52 vC) en Die Burgeroorloδ (oor gebeure van 49 tot 48 vC).

 

_____________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

_____________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan