..Kort begrip..

 

Op hierdie bladsy:

KAMEELPERDE,

KOMETE,

KOOLSTOF-KRINGLOOP,

KORAAL,

KORING (die baie gebruike van koring),

KOSSE IN DIE BYBELSE TYD,

KRATER (Ngoronogoro-krater, Tanzaniδ),

KREMETART,

KURK

_________________________________________________________________

 

KAMEELPERDE

 

GIRAFS of kameelperde (wat natuurlik n≤g kamele n≤g perde is) hou op die grasvlaktes van Midde- en Suider-Afrika. Hulle het lang nekke en hul voorpote is langer as hul agterpote, met die gevolg dat hul r√e afdraand loop.

 

Kameelperde het ook 'n lomp manier van galop omdat die voorpote hoδr is en die nek die gewig moet balanseer. Wanneer hulle gras vreet of water suip, staan hulle wydsbeen en buig die lang nek af om onder by te kom.

 

Op die bruinrooi pels is kolle wat groter op die lyf is en kleiner aan die pote. Die kameelperd het kort, donker maanhare en 'n lang stert met 'n dik, donker kwas.

 

Kameelperde is die langste van al die diere. 'n Volwasse dier kan tot 5 m lank word. Hulle verdedig hulself met hul voorhoewe en leeus sal slegs 'n kameelperd aanval wat van die res van die trop afgesonder is.

 

'n Kameelperd se kop is klein in verhouding tot die res van sy liggaam. Die twee horingagtige uitsteeksels tussen die kort, gepunte ore is met vel en hare bedek. Die groot oδ is vol uitdrukking en hy kan goed sien -- is in staat om byna elke kleur uit te ken.

 

Die kameelperd is 'n herkouende soogdier (Giraffa camelopardalis) en beweeg eienaardig deur die voor- en agterpote van dieselfde kant gelyktydig vorentoe te beweeg. Hierdie diere vreet blare wat hulle met hul besonder lang tonge (tot 45 cm lank) van bome afskeur. Hulle vreet ook gras.

 

Die bulle baklei om te bepaal wie die sterkste is. Hulle swaai hul lang nekke en slaan mekaar met hul koppe. Die koeie en hul kalwers hou die geveg van 'n afstand af dop.

 

Die koeie baar so staan-staan en die kalfie val byna 2 m ver grond toe. Hy kan reeds 'n paar uur later staan en loop. Die ma lek haar pasgebore kleinding skoon onderwyl hy aan haar suip.

_________________________________________________________________

 

KOMETE:

 

'VUIL SNEEUBALLE' MET STERTE

 

In die hemelruim verskyn dalk 'n komeet wat laas in die Bronstyd op die aarde gesien is. En meteens is hy terug -- 'n ligtende skouspel in die naghemel wat die kykers verstom. Maar waar was hy dan al die tyd en wat se ding is hy werklik?

 

BY hul primitiewe smeltkroes swoeg 'n groepie Midde-Oosterse baardmanne tot in die skemeraand oor die vuur. Hulle het klonte tin-erts en koper in fyn stukkies opgebreek -- dit laat saamsmelt deur die kole met 'n blaasbalk tot 'n witwarm gloring aan te jaag. Die gesmelte brons wat hulle verkry, word in 'n gietvorm gegiet.

 

Dis toe een van die ruwe werkers 'n slag sy moeδ spiere rek en hemelwaarts kyk dat hy die skouspel sien. Skuins bokant die westerkim, in al sy kosmiese glorie, hang 'n ligtende ''ster'' met 'n stert in die stille skemering van die vroegaand.

 

'n Teken? 'n Voorbode? 'n Seker bewys van 'n komende onheil? Bedug gooi die bronssmelters hul gereedskap neer en slaan voet in die wind na hul naaste toordokter om te hoor wat aan die gang is.

 

'n Stuk of vier millenniums later is dieselfde komeetá 'n sterrekundige sensasie in ons tyd. Dis hoe groot die omwentelingsbaan kan wees van komete, wat as die swerwers van die sonnestelsel beskryf kan word. In teenstelling met die planete, wat min of meer in sirkels om die son wentel, beweeg die komete in enorme elliptiese bane.

 

N≤· is hulle digby die son, dßn weer vort die ruimte in om hul draai tientalle, honderde of duisende jare later in die donker ongenaakbaarheid anderkant die buiteplaneet Pluto te gaan maak.

 

Komete is konglomerate van puin en ys, ''vuil sneeuballe'' as 't ware, met kerne wat eintlik verrassend klein is. S≤ was die deursnee van Hale-Bopp, wat 80 persent water was, en in die laat twintigste eeu hier by ons gekuier het, maar omtrent 40 km. Vergelyk dit met die aarde se ekwatoriale deursnee van 12 756 km en die ontsaglike 1 392 000 km van die son. (Die kern van geroemde komeet Halley, wat ons met sy laaste besoek bra teleurgestel het, was slegs 'n petieterige 20 km breed.)

 

Komete ontwikkel ook slegs sterte wanneer hulle naby die son kom. Dit is dan wanneer die sonlig die gasse in die komeet begin verwarm. Die sonstrale tref die komeet met 'n duiselingwekkende snelheid, waardeur die gasdeeltjies in geleerde taal ge∩oniseer en as 'n reguit stert uitgeskiet word -- weg van die son af.

 

Die stert is dus, om dit so te stel, eintlik 'n groot bohaai oor niks. Want as 'n mens jou iets wil voorstel wat byna nie eens bestaan nie, is dit s≤ 'n skimagtige maar veel geprese stert. 'n Mens kan sΩ die stert se gasdeeltjies is omtrent so yl versprei soos 'n handjievol mielies op 'n hele hektaar grond, 'n dun sweempie dampe in 'n onmeetlike uitgestrektheid, miljoene kilometers lank.

 

Kan 'n komeet teen die aarde bots?

 

òáá PARTY mense raak paniekbevange wanneer 'n komeet in die hemelruim verskyn. Pleks van dit te aanvaar as 'n blote sterrekundige fenomeen, lees hulle allerhande vreemde ''boodskappe'' in die verskynsel -- partykeer met noodlottige gevolge.

 

Die wΩreld was trouens geruk toe 39 sektelede in Kaliforniδ saam selfmoord gepleeg het met die koms van die komeet Hale-Bopp 'n klompie jare gelede. Hulle het naamlik geglo daar is 'n ruimteskip in die komeet se stert, wat hulle nß hul dood sou wegvoer na 'n hoδr evolusionΩre vlak.

 

En in 1910, toe die aarde ongeskonde deur die stert van die komeet Halley beweeg het, het baie vreesbevange mense gedink dit is die einde van die wΩreld en ook selfmoord gepleeg.

 

Daar is wel wetenskaplikes wat vermoed dat die aarde elke 22 miljoen jaar 'n hoogs rampspoedige ontmoeting met die een of ander hemelliggaam het. Die skielike verdwyning van die dinosourusse, sΩ hulle, kan aan een s≤ 'n botsing toegeskryf word. Die volgende skermutseling verwag hulle oor so elf miljoen jaar.

 

Soos 'n grapjas gesΩ het toe hy dit hoor: "Sjoe, dan het ek darem nog tyd!"

_____________________________________________________________

 

KOOLSTOF-KRINGLOOP

 

MENSE en diere maak die gas koolstofdioksied as gevolg van die chemiese reaksies in hul liggame. Hulle asem die gas suurstof in en die suurstof word letterlik binne-in hulle verbrand, al is dit so 'n stadige verbranding dat daar geen vlamme ontstaan nie.

 

Die suurstof verbind met die koolstof in hul liggame en koolstofdioksied word in diΘ proses gevorm. Die koolstofdioksied word dan deur hulle uitgeasem. Hierdie koolstofdioksied word weer deur die plante benut, wat op hul beurt sorg vir genoeg suurstof in die lug.

 

In die blare van plante word die son se energie gebruik om glukose te maak deur water uit die grond en koolstofdioksied uit die lug te laat verbind. In hierdie proses, wat fotosintese genoem word, word suurstof as 'n neweproduk in die lug vrygelaat.

 

Jy kan self 'n bietjie van die suurstof opvang wat deur fotosintese vrygelaat word. Plaas die blare van 'n waterplant (soos Kanadese fonteinkruid) in 'n bak water en rangskik drie garingtolletjies daar rondom. Stut nou 'n glas met die bek na onder bo-op die tolletjies.

 

Laat die bak vervolgens 'n paar uur lank in die son staan. Mettertyd vorm suurstofborrels op die blare en dryf hulle boontoe om in die glas te versamel. As jy genoeg suurstof versamel het en jy sou die glas uithaal en 'n gloeiende houtspaander daarin druk, sal die spaander aan die brand slaan. Dinge verbrand baie vinniger in suiwer suurstof as in die lug, wat natuurlik ook ander gasse, veral stikstof, bevat.

_________________________________________________________________

 

KORAAL

 

IETS wat werklik in die see geniet kan word -- dikwels 'n lus om te aanskou -- is koraal. In die warmer waters van die wΩreld floreer die koraalpoliepe. Hulle is piepklein seediertjies wat kalsium uit die water kan onttrek en dit in hardeskuilplekkies kan omskep waarin hulle lewe.

 

'n Stuk koraal bestaan gewoonlik uit die gewese huisies van baie koraalpoliepe. Sodra een poliep vrek, bou 'n ander een sy tuiste bo-op diΘ van die dooie een. Uiteindelik kan selfs groot riwwe in die see op hierdie manier opgebou word -- al groei sulke riwwe miskien net met 'n paar sentimeters per jaar.

 

Maar die voortbestaan van ons koraalriwwe is in die weegskaal. Seewetenskaplikes het al op 'n konferensie in Londen onthul dat daar nie minder nie as dertien verskillende siektes is wat die koraal aantas. Dit het egter op die konferensie geblyk dat net drie van daardie siektes se oorsake toe bekend was.

 

Een siekte, wat die koraalpoliepe se buitenste lewende weefsel laat afsterf en die skelet laat verkrummel, versprei byvoorbeeld baie sentimeters ver op een dag -- terwyl die riwwe self. soos gesΩ, met slegs enkele sentimeters per jaar toeneem. Geleerdes reken die mens, wat allerhande dinge in die see gooi, moet 'n groot deel van die blaam dra vir dit wat met die koraal gebeur.

_________________________________________________________________

 

KORING:ááááááááááááááááá

 

DIE BAIE GEBRUIKE VAN KORING

 

Gedink koring word net geoes om tot ontbytpap, pasta, brood en koek verwerk te word? Lees 'n bietjie hier...

 

KORING is een van die oudste verboude gewasse op aarde. Dis een van die vyf mees gebruikte graangewasse ter wΩreld en 'n bestanddeel van die meeste van ons stapelkosse.

 

Die klein koringkorreltjie bevat al die verbindings wat nodig is om te lewe: onder meer koolhidrate, prote∩ene, vitamiene, mineraalsoute, ensieme en... water. Dit is dus 'n baie omgewingsvriendelike produk. Dit verduidelik waarom dit ßl meer in ander produkte buiten kos gebruik word.

 

Strydig met wat algemeen geglo word, is koring se vernaamste benutting, ten minste in ontwikkelde lande, nie as 'n bestanddeel van voedselsoorte soos brood en pasta en dies meer nie, waarvoor slegs 'n mindere persentasie van die geoeste koring aangewend word. Koring word hoofsaaklik vir derivaat-produkte soos glukosestroop, voedselprote∩ene en stysel gebruik. Hierdie drie stowwe word op hul beurt in voedselprodukte benut.

 

Maar hulle word ook in baie ander produkte gebruik. Glukosestroop word in talle soorte medisyne gevind. Stysel word gebruik om papier, gom, tekstielstowwe, ens. te vervaardig.

 

Koring is dus te vinde in veel meer alledaagse produkte as wat ons dink. In onlangse jare is baie gebruike van koring ontwikkel wat weinig of niks met kos te make het nie. S≤ is daar 'n tyd gelede in Frankryk 'n skuurmiddel met 'n koringbasis ontwikkel waarmee die roes van vliegtuie verwyder word. Dit is nie so grof soos sand nie en beskadig nie brose oppervlakke nie. Dit kan ook gebruik word om graffiti van treinwaens te verwyder.

 

Koring word voorts in kosmetiekware gebruik, onder meer vir die maak van velbevogtigers en vir velskuring. Daar word selfs gesΩ dat dit positiewe uitwerkings op beskadigde hare het.

 

Daar is ook plekke waar koring saam met beet al 'n klompie jare gebruik word om bio-etanol te maak, 'n brandstof met 85 persent petrol en 15 persent alkohol in sy samestelling.

 

Daar is selfs proefnemings gedoen om houers vir vleis van vergaanbare koringstysel te maak, om plastiekhouers te vervang wat nie maklik vergaan wanneer dit weggegooi word nie. Daar is egter een nadeel: die koste. Hierdie verpakking sal die verbruiker meer geld kos.

 

òáá Klik hier vir Æn ander, omvattende artikel oor koring.

_________________________________________________________________

 

KOSSE IN DIE BYBELSE TYD

 

IN die Heilige Land, in die laaste fase van die Steentyd etlike duisende jare gelede, het die landbou ontwikkeld begin raak. Plante en diere is gevind wat gekweek en geteel kon word, en toe is hierdie spesies oor honderde jare geleidelik en selektief vir die mens se behoeftes 'getem'. Hieronder word vertel van party van die soorte kos te sien wat in Bybelse tye geδet is ...

 

Bittersoet granaat

DiΘ soort vrug met sy bittersoet sap was oorspronklik van Klein-Asiδ, die Kaukasus, Armeniδ en Persiδ, maar dit was bepaald teen die Middel-Bronstyd reeds in die Heilige Land gevestig. Voorbeelde van verkoolde vrugte is gevind in 'n graf¡kelder by Jerigo wat van diΘ tyd dateer.

 

Vissers van mense

Die belangrikheid van visse vir die mense aan die oewers van die See van Galilea in die Romeinse tyd blyk uit verhale in die Nuwe Testament. Visse was een van die vroegste bronne van kos, en daar is steeds visse gevang om die voeding aan te vul nadat die landbou begin ontwikkel het.

 

Die maak van wyn

Namate stede in die derde millennium vC ontwikkel het, het die destyds reeds groot en gevestigde gemeenskappe van die Levant (die kuste van Klein-Asiδ, Siriδ en Egipte) bykomende gewasse begin kweek. Een van die belangrikste was die druif. Wingerdstokke is waarskynlik in die vorige millennium (duisend jaar) uit Anatoliδ soontoe gebring. Nou was daar baie wingerde, waarvan die druiwe nie net vars geδet is nie, maar ook gebruik is om wyn te maak. Palestina het beroemd geraak om sy wyne.

 

Vermoδnde KanaΣniete van die laat Bronstyd het brons-wynstelle gehad wat bestaan het uit 'n beker om water uit 'n kruik te skep, 'n sif om enige onsuiwerhede te verwyder en 'n delikate drinkbeker.

 

Knoffel en kie.

In die Bybelboek Numeri word vertel hoe die trekkende Israeliete met 'n ontevrede "nou wurg ons" terugverlang het na die kosse wat hulle in Egipte agtergelaat het -- onder meer preie, uie en knoffel. Daar is genoeg rede om te veronderstel dat hulle sou gevind het dat hierdie kossoorte ook volop in KanaΣn gegroei het. Selfs vandag nog is knoffel en kie. noodsaaklik in die Arabiese kookkuns en word hul kenmerkende geure hoog aangeslaan.

 

Dan was Moses se KanaΣn inderdaad ook 'n land van "melk en heuning", 'n ryklik vrugbare plek met 'n lang geskiedenis van land- en tuinbou.

 

Vrug van Jerigo

Die dadelpalm was volop oor die hele Vrugbare Halfmaan, soos die gebied in die Midde-Ooste genoem word waar die wieg van die beskawing was. Die dadel was die stapelvoedsel van die gebied se vroeδ bewoners. In Deuteronomium word verwys na die "Jerigolaagte met sy palms". Die Jerigodadel was 'n bekende variδteit, geroem om sy sappigheid.

 

Speserye vir die smaak

In die Ou Testament is daar baie verwysings na speserye en harse. Josef is byvoorbeeid deur sy broers verkoop aan Ismaelitiese handelaars wat met hul kamele gelaai met gom, balsem en hars na Egipte op pad was. Kaneel, om kos en wyn te geur, is uit Indiδ ingevoer.

 

Beter koring

Die korrels van die vroegste soorte gekweekte koring, emmer en einkorn, het 'n harde dop gehad. Dit was maar moeilik om die doppe te verwyder deur die koring te dors. Vroeg in die Bybelse tye was hierdie soorte graan reeds deur durum-koring as die vernaamste saaigewas vervang. Hierdie soort, met sy kaal korrels ryk aan gluten, kon maklik gedors word en het 'n uitstekende meel vir brood gelewer.

 

Olie van olywe

Die olyfboom, inheems aan die Siries-Palestynse gebied, is blykbaar minstens sesduisend jaar gelede reeds aangeplant. Olyfolie is in kos, medisyne, as 'n basis vir parfuums en as brandstof in lampe gebruik. Dit het 'n vername uitvoerproduk geword en teen die Bronstyd was die maak daarvan 'n hele bedryf.

 

Die veelsydige lensie

Lensies word al duisende jare gekweek. Dit kon in soppe, pappe en purees gebruik word, of saam met graan tot meel gemaal word om koeke te maak.

_____________________________________________________________

 

KRATER:

 

NGORONOGORO-KRATER, TANZANI╦

 

DIS 'n wonder, het die hoogleraar gesΩ. 'n Wonder van die natuurwΩreld. Met soveel ontroering het wyle prof. Bernhard Grzimek, 'n bewaringspionier in die gebied, gereageer toe hy Ngorongoro die eerste keer gesien het. En 'n unieke plek is dit beslis.

 

Die Ngorongoro-krater, in Noord-Tanzaniδ aan die wesgrens van die Groot Skeurvallei, is 'n ontsaglike natuurlike amfiteater met nog iets van die eertydse glorie van Afrika. In geleerde taal is hy 'n kaldera, wat gevorm is toe 'n reuse vulkaan met soveel geweld ontplof het dat hy sy eie spits weggeblaas het.

 

Met 'n deursnee van tussen 15 en 30 km en 'n totale oppervlak van 264 vk. km, is hy een van die grootste kalderas op aarde. Steil hange daal 600 m van die rand van die krater na die plat vlakte daaronder.

 

Die krater is 'n deel van 'n groter gebied wat die Ngorongoro-bewaringsgebied genoem word (6 475 vk. km groot). DiΘ word sedert die jare vyftig beskerm en is deur die Verenigde Nasies se opvoedkundige, wetenskaplike en kulturele organisasie Unesco as 'n WΩreld-erfenisterrein gelys.

 

Dit is die krater se groot verskeidenheid van habitats wat hom so 'n besondere toevlugsoord vir wilde diere maak: grasvlaktes met verspreide akasiabome, skaduryke boslande, varswaterstrome, moerasse en mere. Sowat 30 000 diere woon in die kom. Hiervan is 12 000 wildebeeste, 4 000 grant- en Thomson-gaselle, 3 500 sebras en 3 000 buffels.

 

Waar daar prooi is, is daar natuurlik ook roofdiere soos leeus, jagluiperde en arende, en aasdiere soos jakkalse, hiδnas en aasvoδls. Seekoeie rol in die modderige moerasse; olifante en renosters dool in dieboslande -- hoewel die vloek van wilddiewery ook steeds hier voorkom.

 

Al die diere van Ngorongoro is nie permanente inwoners van die gebied nie. Verskeie soorte voδls gebruik die krater as broeiplek of as 'n ''verversingspos'' wanneer hulle trek. Witsprinkaanvoδls, geelkwikstertjies en swaeltjies vlieg hierheen om aan die koue Europese winter te ontsnap. En flaminke word aangelok deur die kos wat die mere bied.

 

Die Ngorongoro-krater is as't ware 'n Noag se ark vol Afrika-diere.

_________________________________________________________________

 

KREMETART:

 

DIE ONDERSTEBO-BOOM

 

KYK na die bome rondom jou. Wat merk jy omtrent hul vorm? Die meeste, sal jy oplet, het 'n tipiese stokkielekker-fatsoen: 'n lang, smal stam met uitgespreide takke vol blare bo-op. Maar op plekke waar die groeitoestande moeilik is, byvoorbeeld weens periodieke droogtes, het party soorte bome 'n heeltemal ander vorm sodat hulle 'n beter kans kan hΩ om te oorleef.

 

S≤ is daar die beroemde baobabbome van Afrika, Australiδ en Madagaskar (plaaslik kremetartbome genoem) wat hul waterprobleem te bowe kom met een van die verbasendste soorte stamme van alle bome. Trouens, die boom se fatsoen is so eienaardig dat 'n Arabiese legende dit wil hΩ dat ''die duiwel die baobab uitgepluk, sy takke in die aarde gedruk en sy wortels in die lug gelos het''.

 

Die stam is monsteragtig groot, met 'n deursnee heeltemal buite verhouding met sy hoogte. Met 'n rolronde vorm wat boontoe afdun soos 'n bottelnek, dien dit as 'n reuse-waterreservoir vir die dorre tye.

 

Daar is trouens al bereken dat party van die grootste bome byna duisend vate water kan bevat. Die water vir hierdie yslike reservoir kom van die wortels af, wat 'n enorme horisontale stelsel onder die grond vorm om elke druppel oppervlakvog op te raap.

 

Die takke van die baobab, wat bo-aan die stam uitsprei, lyk meer na wortels, wat dan ook die boom onderstebo laat lyk.

 

Verdeelde blare sit aan takkies aan die takke, en groot, wit blomme met perserige meeldrade hang aan lang, touagtige stingels soos sprokieslanterns. Die blomme, wat snags oopgaan, ontwikkel tot houterige vrugte bedek met geelgroen, wollerige hare, wat 'n smaaklike, wit pulp omhul, waarin die sade lΩ.

 

Bobbejane is baie lief vir die pulp, wat apebrood genoem word. Maar die kese is nie die enigste apebrood-genieters nie. Ook mense eet dit as versnapering of gebruik dit om kos te kruie, koeldrank te geur en melk te laat dik word. Boonop word die pulp, sade en blare soms aangewend om disenterie, koors en nierkwale te behandel. Die bas is ook al as plaasvervanger vir die geneesmiddel kinien gebruik.

 

Die boom het baie ander gebruike. Die vrugte en sade kan in seep en kunsmis gebruik word. Papier, verpakkingsmateriaal, doek en tou kan van die basvesels gemaak word.

 

Hoewel die hout te sponsagtig is om as timmerhout te dien, word dit dikwels uitgehol om kano's, vlotte vir vissersnette en waterhouers te maak. Party mense beskou die boom as 'n gerieflike onderdak en hol hom van binne uit.

 

Op die koop toe is die baobab ook die ''Metusalem'' van die bomeryk. Met die radiokoolstofmetode is vasgestel dat baie bome ouer as duisend jaar is. Hy lyk maar so onderstebo, maar as dit by oorlewing kom, is die kremetart stewig in Moeder Aarde geplant.

_________________________________________________________________

 

KURK

 

KURK word verkry van die bas van lewende kurk-eikebome (Quercus suber), wat elke nege of tien jaar van die bome afgestroop word. Die wΩreld se vernaamste kurkproduserende land is Portugal, gevolg deur ander lande aan die Middellandse See soos Spanje, Algeriδ, Tunisiδ, Marokko en Italiδ.

 

Kurk word in die somer van kurk-eike geoes. 'n Spesiale byl word gebruik om die bas in groot repe van die boom af te stroop. Sowat 'n derde van die eik se kurkbas kan op 'n slag verwyder word. Hierna word die boom sowat nege jaar met rus gelaat om 'n nuwe baslaag te ontwikkel. 'n Mens kan ook sΩ dit word gedoen sodat hy letterlik ''sy eie bas kan red''... tot die volgende oes! Kurk-eike lewe omtrent 150 jaar.

 

Die geoeste stukke bas word versigtig opmekaargestapel om 'n paar maande lank in die eikewoud te verouder sodat die voginhoud kan stabiliseer.

 

By die kurkfabriek word die bas volgens gehalte sorteer en onsuiwerhede verwyder. Uit die goeie kurk word bottelproppe gepons -- wat 'n bottel deeglik sal verseδl en sal sorg dat daar nie suurstof inkom om die inhoud te bederf nie. Van party van die afvalstukke kurk word isolasiemateriaal gemaak -- selfs vir NASA se pendeltuie.

 

In die fabriek word die kurkproppe aan verskillende behandelings en toetse onderwerp. Hulle word ook meganies volgens grootte sorteer en vir moontlike foute ondersoek. Oplaas -- goeie verseδlaars vir bottels. Dis mos waarvoor kurkproppe daar is.

 

_____________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

_____________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan