.. Kort begrip. .

 

Op hierdie bladsy:

PADDASTOELE (en ander swamme),

PAMPOENE, WAATLEMOENE, ENS.

PANDAS,

PAPIER,

PERSI╦,

POTALA-PALEIS,

PTEROSOURUSSE

___________________________________________________________

PADDASTOELE (en ander swamme)

 

HULLE is 'n baie eienaardige groep lewende dinge, almal familie, of liewer: hulle word onder een sambreel saamgegroepeer. Tog sou 'n mens beswaarlik kon dink dat daar 'n verband tussen broodmuf of voetskimmel en paddastoele kan wees. Maar fungi en swamme is, net soos bakterieδ, die wΩreld vol.

 

Voor die ontdekking van die mikroskoop is hulle as niks anders as plante beskou nie, maar vandag glo die meeste wetenskaplikes dat swamme tot minstens drie ryke behoort, insluitende die protosoδ (die laagste klas van eensellige diertjies). Nagenoeg 100 000 swammespesies is bekend, maar daar is bes moontlik baie wat nog ontdek moet word.

 

Swamme gebruik organiese materiaal soos diere. Boonop gaar hulle ook glikogeen ('n soort stysel) soos diere op, terwyl hul selwande uit chitien bestaan. Dit is dieselfde stof wat in die uitwendige skelette van insekte voorkom.

 

Swamme bestaan meestal uit vertakkende drade wat soms in vakkies verdeel is. Soms is die drade enkel, en partymaal weer saamgevleg tot 'n groot, vaste liggaam soos ons in die paddastoel sien.

 

Eintlik is paddastoele en sampioene die voortplantingsorgane of vrugliggame wat party soorte swamme produseer. 'n Menigte van hulle kan oornag uit die klam grond opskiet -- fantastiese kolonietjies van sambreeltjies of ander vormpies met 'n kortstondige bestaan. Daar sal hulle sogenaamde spore vorm wat uiteindelik gaan ''afskilfer'' om nuwe kolonies op dieselfde plek of elders te vorm.

 

Die blote naam paddastoel suggereer ook iets van die sinistere. Tot sowat 'n eeu gelede nog het party mense hulle met elwe en feetjies en selfs heksery verbind. Vandag word sekere soorte op groot skaal geδet, maar 'n mens moet beslis 'n kenner wees, anders kan 'n giftige soort jou dalk in die hospitaal laat beland. Op humus, die verrottende oorblyfsels van dooie plante, verrys werklik 'n skouspel wat 'n mens steeds aan sprokies  -- goed of sleg --- kan herinner.

 

Die ontwikkeling en bou van 'n tipiese paddastoel: Die hoed en steel maak die grootste deel van die paddastoel uit. Die hoed se oppervlak kan vogtig en taai wees, of droog. Die steel steun die hoed. 'n Jong paddastoel het 'n membraan wat van die rande van die hoed na die stam strek en die kieue bedek. Namate die plant groei, skeur hierdie membraan oop en bly as 'n ring rondom die steel agter. Party soorte paddastoele het 'n tweede membraan, die sogenaamde volva, wat die jong paddastoeltjie heeltemal bedek. Namate die paddastoel groei, skeur dit ook naderhand stukkend.

___________________________________________________________

 

PANDAS


HY lyk soos Æn troetelbare soort teddiebeer, maar moet hom asseblief nie probeer streel nie. Dan het jy heel waarskynlik nie net met Æn panda te doen nie, dog met loutere panda-monium! 

Anders gestel: hierdie dier is geen beer wat jy sonder handskoene moet pak nie. As hy Æn sterk bamboes-loot kan byt dat die spigtige spaanders so waai, wat kan daardie kragtige tande nie nog met sagte mensvleis doen nie...

Die reuse panda is werklik Æn heel besondere soort beer. So min is egter oor hom bekend dat hy, vreemd genoeg, Æn lang tyd nie eens as Æn beer gereken is nie, dog as Æn lid van die wasbeer-familie (raccoons). 

Panda-embleem van WWFMaar veral sedert die WWF (Word Wildlife Fund) hom as hul embleem aanvaar het [LINKS], is hy Æn superster in die diereryk en word allerhande verbeeldindingryke projekte deurgevoer om hom van uitwissing te probeer red. 

Die reuse pandas, wat hoofsaaklik van bamboes-lote leef, se wΩreld is tans versplinter oor ses bergreekse in Suidwes-China. Daar kan so min as 1 000 tot 1 500 van hulle in die vrye natuur oor wees. DiΘ wat in Æn klompie dieretuine oor die wΩreld te sien is, is maar Æn druppel aan die emmer.

Aangesien die meeste van die valleie tussen die berge deur mense bewoon word, is verskillende panda-groepe boonop in smal stroke van bamboesbos ge∩soleer. Die stroke is niks breδr as sowat Æn kilometer nie. En terwyl die menslike nedersetters ßl hoδr teen die berghange opbeweeg, word die bere se hougebied  al hoe kleiner. 

Hoewel bamboes hul stapelkos is, kan hulle, as hulle honger raak, tuine of landerye plunder en selfs hoenders vreet. Gelukkig is hulle nie Æn groot bedreiging vir mense nie, buiten waar die twee spesies tromop teenoor mekaar te staan kom. Dan moet die mens maar liewer vinnig spore maak.

Klein pandaReuse pandas is beswaarlik "reuse'', soos hul naam te kenne wil gee. DiΘ benaming word bloot gebruik om hulle te onderskei van die klein panda, Æn bruin katbeertjie wat onder meer in die Himalaja leef [foto REGS]. Maar dit sal sowat veertig reuse pandas kos om die skaal met een olifant te balanseer. Die kop en lyf is hoogstens sowat 1,5 m lank en die massa tussen 70 en 125 kg.

___________________________________________________________

 

PAPIER

 

'N W╩RELD sonder papier is vandag ondenkbaar. As ons nie papier of dan wel iets soortgelyks gehad het om op te skryf nie, was daar geen boeke, geen skole, geen wafferse geleerdheid, geen Bybels, geen ontwikkeling en stellig geen gevorderde beskawing nie.

 

Die mens sou doodeenvoudig steeds in die Donker Eeue rondgeploeter het.

 

Die woord papier kom van papirus, skryfvelle gemaak van die papirusplant, waarvan die ou Egiptenare aanvanklik 'n oorvloed in die Nylvallei gehad het, maar wat later bra skaars geraak het.

 

Papirus-plant met deurgesnyde stingelsHierdie biesie-agtige plant het lang stingels wat aan die buitekant groen en binne wit is [REGS]. Die groen buitekant word afgestroop en die binneste wit vesels in dun stroke gesny. Die stroke word daarop sy aan sy langs mekaar geplaas met die rande wat oorvleuel. Nog 'n laag stroke word dan dwars oor die eerste laag geplaas. Die lae word s≤ saamgepers of saamgehamer dat hulle uiteindelik met die plant se eie vog aanmekaar sal kleef.

 

Nadat die velle in die son gedroog is, kan daarop geskryf word.

 

PerkamentNog 'n skryfmateriaal van die vroeδ tye was perkament [LINKS]. Soos leer was dit die vel van 'n dier, gewoonlik 'n skaap, bok of kalf, dog dit is s≤ behandel dat die oppervlak sag en glad moes wees sodat 'n mens daarop kon skryf.

 

Maar ons regte, egte papier se oorsprong lΩ in die Verre Ooste. Volgens oorlewering is dit omsteeks 105 nC in China uitgevind deur ene Ts'ai Lin, 'n eunug in die hof van keiser Ho Ti.

 

Die bas van die moerbeiboom is met bamboesvesels, hennep en vlas gekombineer. DiΘ is tot 'n pulp verbrysel en met water gemeng. Die mengsel is daarna deur 'n laag saamgeweefde gesplete bamboesstroke gefiltreer.

 

'n Lagie vesels het bo-op die bamboesstroke gevorm (die eintlike papier) en diΘ is dan daar gelaat om droog te word. Die Chinese het die kuns om papier te maak honderde jare lank geheim gehou, maar dit het mettertyd tog na die Weste deurgesypel waar dit perkament as die mees algemene skryfmateriaal vervang het. 

 

Aanvanklik is lappe deur meulens in die Weste vir die vervaardiging van papier gebruik, maar teen die sewentiende eeu is soveel papier gemaak dat dit moeilik geraak het om genoeg lap te bekom. DiΘ probleem is in 1840 te bowe gekom met die ontwikkeling van 'n nuwe verpulpingsproses waarin hout gebruik is.

 

Vandag word papier nog van hout gemaak en, ondanks die gesofistikeerde prosesse wat betrokke is, is dit steeds weinig meer as saamgeperste houtvesels.

 

Interessant om so daaraan te dink: al die papier wat jy op hierdie oomblik rondom jou rekenaar sien lΩ, is eintlik verwerkte bome!

_____________________________________________________________

PAMPOENE EN KIE.

 

PAMPOENE, komkommers, spanspekke, waatlemoene... die pampoenfamilie, of  Cucurbitaceae, is 'n tweesaadlobbige plantfamilie wat goed honderd genera (geslagte) met sowat agthonderd spesies (soorte) omvat.

 

Die meeste lede van diΘ familie is eenjarige rankplante wat baie vinnig groei --  ≤f al op die grond langs ≤f as klimplante met hegrankies teen stellasies op. Plantkundiges beskou die vrugte as bessies. Die meeste van die vrugte het 'n betreklik harde skil (epikarp) en 'n dik, eetbare vrugvlees (mesokarp), waarin die sade ingebed lΩ.

 

Die oerplant waaruit die huidige pampoenvariδteite ontwikkel is, is inheems in die tropiese dele van Amerika. Die variδteite van die spesie wat as komkommers geklassifiseer word, word meestal rou geδet in die vorm van komkommerslaai. Die oerplant kom uit Suid-Asiδ.

 

Die spanspek, met sy geurige, soet vrugte is waarskynlik inheems in Indiδ. Soos by pampoene is daar talle variδteite, maar alle spanspekke is lede van dieselfde spesie (Cucumis melo).

 

Die sappige waatlemoene met hul rooi vrugvlees waaraan die gesin in die somervakansie so lekker smul, se land van oorsprong is onbekend. Tog weet ons dat die ou Egiptenare reeds duisende jare gelede waatlemoene geplant het. Die waatlemoen is natuurlik ook 'n ou gunsteling in Suid-Afrika. Hy en die smaaklose makataan is albei variδteite van een spesie (Citrullus vulgaris).

 

Die vrugte van die pampoenfamilie wissel baie in grootte, vorm en kleur. Waatlemoene kan yslik groot word. Die wΩreldrekord, sover bekend, word gehou deur 'n waatlemoen wat in die Amerikaanse staat Tennessee gekweek is. Hy het die skaal op 'n verbysterende 118,84 kg getrek.

______________________________________________________________

 

PERSI╦

 

OMSTREEKS 1000 vC het stamme hulle gevestig in 'n deel van die wΩreld wat ons vandag as Iran ken. Dit was die ou Persiδ.

 

In 546 vC het Cyrus II, die koning van Persiδ, die heersende stam van die Mede verslaan en daarna ook buurgebiede, waaronder Babilon en Lidiδ, verower. Die ryk het sy hoogtepunt bereik onder Darius I (521-486 vC). Alexander die Grote het die laaste Persiese koning, Darius III, in 333 vC by Issus verslaan.

 

Die stad Persepolis was die hoofstad van die ryk sedert die heerskappy van Darius I. Sy paleis is op 'n verhewe terrras gebou, deur mure omring en met fonteine en bome verfraai. Die Persiese muntstuk, wat die daricus genoem is, is wyd gebruik.

 

Cyrus I het die ryk in satrapieδ, of provinsies, verdeel. Daar was twintig satrapieδ onder Darius I. Die provinsiale goewerneur aan die hoof van elk is 'n satraap genoem. Hy het volle burgerlike, regterlike en militΩre magte gehad.

_________________________________________________________________

 

POTALA-PALEIS

 

'n Sprokiestoneel uit 'n Walt Disney-rolprent? Iets uit Legoland? Nee, die luisterryke gebou bestaan werklik -- op 'n kliprif sowat anderhalf kilometer wes van Lhasa, die hoofstad van Tibetà

 

Potala-paleisDIE Potala-paleis is al beskryf as een van die mensgemaakte wonders van die wΩreld. Die paleis is in die sewentiende eeu gebou op die bouval van 'n antieke koninklike vesting en was 'n Boeddhistiese klooster en die winterwoning van die Dalai Lamas (Boeddhistiese opperpriesters van Tibet) totdat die Kommunistiese oorname van Tibet die Dalai Lama in 1959 gedwing het om na Indiδ te vlug. Vandag huisves dit 'n museum.

 

Die private woonvertrekke van die Dalai Lamas was doer bo, afgesonder van die massas. Potala -- wat ''Boeddha se berg'' beteken -- word partykeer die Rooi Paleis genoem, omdat hierdie gedeelte karmosynrooi is. Die res van die dertienverdieping-gebou is suikerwit, met goue dakke.

 

Daar is meer as 1000 kamers, waaronder meditasiesale, biblioteke, pakkamers, martelkamers, 'n onderaardse kerker met die onheilspellende naam Grot van Skerpioene, asook sowat 10 000 sogenaamd heilige voorwerpe en 20 000 standbeelde.

 

Soos verskeie ander plekke in die Verre Ooste en Midde-Ooste, was Lhasa en sy paleis vir buitelanders verbode. 'n Paar ontdekkingsreisigers het wel daar probeer insluip, maar hulle is betrap en teruggestuur. Vreemd genoeg het party buitelanders wat wel Potala te sien gekry het, heel onverwags daarop afgekom.

 

Heinrich Harrer en Peter Aufschnaiter, twee Oostenrykse bergklimmers, was in die begin van die Tweede WΩreldoorlog aan die bergklim in Indiδ. Hulle is in 'n Britse interneringskamp aangehou, maar het ontsnap en hul weg oor die verraderlike Himalaja-gebergte gevind totdat hulle in Lhasa aangekom het -- 'n buitengewone prestasie, veral omdat hulle nie die regte toerusting of klere vir s≤ 'n avontuur gehad het nie.

 

Die twee het op die ou end sewe jaar lank in Tibet gebly, vriende gemaak met die Dalai Lama en hom vergesel toe hy uit Potala gevlug het.

______________________________________________________________

 

PTEROSOURUSSE

 

Soos vlieδnde drake... dis moeilik om te glo dat hierdie reptiele eenmaal in hul menigtes in die lug daarbo gesweef het...

 

PterosourusJY staan op 'n verlate strand met die seeskuim wat oor jou voete spoel... kyk in die loom van die stil dag op na 'n ry getande kranse aan die een kant.

 

Dan sien jy dit: 'n klompie hangsweeftuie wat beurtelings koers kry die lug in om 'n rukkie later saam-saam oor die branding te sweef. Jy bewonder die grasie, die gemak waarmee hulle sweef.

 

Maar dan, meteens, pyl een van die hangsweeftuie soos blits op die water af, pluk 'n vis uit die see uit en vreet hom gulsig op terwyl hy weer opstyg. Ontnugtering! Dis geen hangsweeftuie nie, maar harige monsters wat daar vlieg. En hul vlerkspan is groter as diΘ van enige voδl wat jy al ooit gesien het.

 

Die monsters het groot, starende oδ en lang, onheilspellende "snawels". Party het 'n vreemde kam op die kop en sommige het 'n eienaardige, spiesagtige stert.

 

Dit klink miskien na 'n verdigsel, maar dit is presies wat jy dalk sou sien as jy deur die eeue kon teruggaan na die Tyd van die Reptiele. Want terwyl dinosourusse die land bewandel en seegedrogte die oseane deurkruis het, is die lug daarbo geregeer deur 'n tans uitgestorwe groep vlieδnde reptiele wat die pterosourusse genoem word...

 

ò   FOSSIELE dui daarop dat die pterosourusse meestal kusstreke oral op aarde bevolk het, behalwe in Antarktika.

 

Toe die eerste pterosourus-fossiele laat in die agttiende eeu gevind is, het paleontoloδ -- mense wat fossiele bestudeer -- gedink dat hulle tot 'n soort seedier behoort, moontlik 'n soogdier wat sowel op land as in die water gelewe het.

 

In die vroeδ negentiende eeu het 'n Franse wetenskaplike korrek aangeneem dat die fossiele eenmaal vlieδnde reptiele was, maar die gedagte was vir die mense destyds so vergesog dat sy teorie verwerp is. Vir die res van die eeu het navorsers gedink die fossiele was alles van uitgestorwe vlermuise tot vlieδnde buideldiere.

 

Vandag, met die oorvloed fossiele tot hul beskikking, stem die paleontoloδ saam dat die gevleuelde kreature wat ons pterosourusse noem 'n besonderse groep vlieδnde reptiele was.

 

ò   DAAR was twee hoofgroepe pterosourusse: rhamphorhinchoide en pterodaktilusse.

 

Die rhamphorhinchoide was klein en kompak, die kleinste omtrent so groot soos 'n mossie, die grootste soos 'n kraai. Die kop was lank en smal, en die bek het baie tande gehad. Die lang, grasieuse stert het hulle help stabiliseer terwyl hulle gevlieg het.

 

Die pterodaktilusse -- die naam beteken "vlerk-vingers" -- het van die rhamphorhinchoide verskil deurdat hulle 'n langer kop en 'n buigbare, voδlagtige nek gehad het. Daar was min van hulle wat tande gehad het. Die brein was verder gevorder en het diΘ reptiele in staat gestel om vinnige, kort bewegings met die vlerke te maak terwyl hulle gevlieg het. Die stert was ≤f veel korter ≤f afwesig, en die vlerke korter en breδr.

 

Sekere pterodaktilusse was enorm. Een van hulle, Quetzalcoatlus, het 'n vlerkspan van 11-12 m gehad -- dieselfde as diΘ van 'n klein vliegtuigje -- en hy was dus die grootste dier wat ooit gevlieg het.

 

'n Mens kan van die vorm van 'n pterodaktilus se kop aflei wat hy gevreet het: sekeres het byvoorbeeld 'n lepelvormige plat bek gehad waarmee hulle in die water heen en weer kon swiep op soek na klein skaaldiertjies of visse; ander se gesig was breed en padda-agtig om insekte sommerso uit die lug uit op te skep; party het kamme soos skeermesse aan die bek gehad om die water te klief en visse te ontbloot; en by die mannetjies van sommige soorte was daar 'n kam op die kop om die wyfies se aandag te trek.

 

ò   KENNERS het eenmaal gedink dat die pterosourusse swakkerige vlerke gehad het en hulle slegs gebruik het om op die lugstrome te sweef. Maar fossiele wat 'n tyd gelede ontdek is, dui daarop dat die vlerke met sterk vesels versterk kon gewees het, wat die reptiele in staat sou gestel het om met eie krag te vlieg.

 

Paleontoloδ het lank gewonder of die dinosourusse koud- of warmbloedig was. Die meeste stem saam dat hulle, vanweδ hul aktiewe leefwyse, waarskynlik warmbloedig was. Die pterosourusse was moontlik ook. Om warm te bly, sou hulle 'n haarbedekking moet gehad het.

 

In 1970 het paleontoloδ dan ook inderdaad 'n pterosourus-fossiel in Rusland gevind met die afdruk van 'n dik haarbedekking op die rots.

 

Baie geheimsinnighede omhul steeds die pterosourusse. Hoe het hulle hul kleintjies grootgemaak? Hoe het hulle hulself verdedig? Hoekom het hulle uitgesterf?

 

Wat ons wel weet, is dat hul betreklik goed ontwikkelde breine moet gehad het, veral in die breinkompartemente wat met sig, ko÷rdinasie en balans te doen gehad het. Hulle was dus vernuftige vlieδnde roofdiere soos, sΩ nou maar, die uile -- en spreekwoordelike dom uilskuikens was hulle na alle waarskynlikheid nie!

_________________________________________________________

Terug na inhoudsblad -- klik hier

_________________________________________________________

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan