..Kort begrip..

 

Op hierdie bladsy:

VARKE,

VISAREND,

VISSE (visse wat vlieg)

VLAG VAN SUID-AFRIKA

VOORTPLANTING,

VULKANE (hoe vulkane eilande skep)

_______________________________________________________________

 

VARKE

 

Party noem hulle morsige otte en ander praat van vieslike swyne, maar moenie die varke op hul gewoonte takseer om in die modder rond te ploeter nieà

 

VARKE behoort tot die familie Suidae, waarvan die genus Sus die belangrikste is. Ons moderne rasse, Sus domesticus, stam van minstens twee wilde tipes af. Omdat die vark 'n omnivoor is, vreet hy voer van plantaardige sowel as dierlike oorsprong.

 

Die wyfievark word 'n sog (meervoud s⌠e) genoem en die mannetjievark 'n beer. Die sog is sowat 114 dae dragtig, waarna gemiddeld nege varkies lewend gebore word.

 

VarkBy 'n kommersiδle varkboerdery is die hoofoogmerk dat die vark vinnig moet groei, sy voer so doeltreffend moontlik in spier omgesit en baie min vet neergelΩ moet word. Die vark is nie 'n herkouer nie, maar het 'n enkele maag. Hy kan dus nie veselagtige voer, byvoorbeeld hooi en weidings, baie goed benut nie.

 

Varke met 'n massa van minder as 20 kg word speenvarkies genoem. Hulle is ideeal geskik vir spitbraai. Varke met 'n massa van meer as 21 kg word vir vars vleis gebruik. Ons koop die vleis by die vleismark.

 

Die swaarder varke word spekvleisvarke genoem. Die vleis word gebruik vir die maak van spekvleis (''bacon''), ham, ens. Worsvleisvarke weeg swaarder as 90 kg en die vleis word

 vir die maak van wors en geprosesseerde vleis gebruik.

 

Die gewildste rasse vir vleisproduksie is die Groot Wit en die Landras.

 

Maar varke word ook nie net vir hul vleis geteel nie. Ofskoon 'n groot deel van die varkkarkas eetbaar is, word ook die oneetbare gedeeltes ten volle benut. Die bloed word vir die maak van bloedwors en bloedmeel (veevoer) gebruik. Oortollige vet word as varkvet verkoop of in sommige nywerhede gebruik. Dinge soos borsels en stoffers word van die varkhare gemaak, en bene en ander liggaamsdele word fyngemaal tot been- en karkasmeel (veevoer). En dan is varkmis ook nog 'n belangrike bemesting.

_________________________________________________________________

 

VISAREND

 

Een van die mooiste roofvoδls onder die son... s≤ is die visarend al genoem, die valkagtige visvreter van ons eie wΩrelddeel. Maar dis daardie wilde, sinistere kreet wat hom eintlik beroemd gemaak -- en die benaming "die roepstem van Afrika" besorg het...

 

DAARDIE wilde kreet moet 'n mens oral herken... kou, kou, koukoukou... die roep van die visarend, met sy kop ver teruggetrek oor sy skouers. Selfs terwyl hy vlieg, neem hierdie roofvoδl s≤ 'n houding aan terwyl hy skreeu.

 

Die visarend (Haliaδtus vocifer) woon langs mere, riviere en damme regoor Afrika suid van die Sahara. Hy word ook dikwels langs die oop kus aangetref waar hy besig is om te jag, veral by beskutte riviermondings en lagunes.

 

Anders as die meeste ander arende wat hul prooi soek terwyl hulle deur die lug sweef, betrag die visarend dikwels visse wat vlak by die wateroppervlak swem vanuit 'n verhewe sitplek soos 'n boomtak.

 

Sodra hy 'n moontlike happie raaksien, vlieg hy vinnig ondertoe, gryp sy slagoffer met sy kragtige kloue uit die water uit en keer terug na sy sitplek. As die vis swaar is, kan die arend laag vlieg en dit op die oppervlak saamsleep voordat hy opstyg en weer sy sit kry.

 

'n Mens sien dit selde, maar af en toe jag die visarend ook terwyl hy sweef. Dan draal hy oor mere en damme en skiet ondertoe wanneer hy 'n prooidier gewaar. Hoewel hy meestal visse vreet, sal hy ook rotte, jong krokodille en waterskilpaaie, ander voδls en hul eiers en aas verorber.

 

Hy het ook die onhebbelikheid om die prooi van ander visvretende voδls te steel. Visarende sak op visvangers, reiers, pelikane, bleshoenders en selfs ander visarende toe en, wanneer hulle hul prooi in die proses laat val, gryp hulle dit en vlieg daarmee weg.

 

Daar is stellig baie mense wat die visarend sy ''luilekker'' lewe sal beny. 'n Volgroeide voδl het net sowat 1,3 kg vis nodig om aan die gang te bly -- en diΘ kan hy dikwels met 'n enkele vangs kry. Hy jag baiemaal slegs 'n kwartier per dag.

 

Hy bly 'n bietjie besig deur ander voδls van hul prooi te beroof -- maar die res van die tyd sit hy eenvoudig op 'n tak of iewers in die son...

 

Het jy geweet?

 

ò   Die visarend van Afrika is familie van die witkoparend  (''bald eagle'') -- die nasionale voδl van die Verenigde State van Amerika. Baie mense reken hy is Afrika se mooiste voδl.

ò   Visarende gebruik dieselfde neste oor en oor, en met die gedurige byvoegings word die neste naderhand taamlik diep en groot. Twee of drie eiers word gewoonlik per keer gelΩ. Die oudste kuikens maak baiemaal die jongstes dood, maar af en toe sal twee van hulle darem bly lewe.

_______________________________________________________________

 

VISSE:

 

VISSE WAT VLIEG

 

Met die vinne styf langs die sye soos vliegtuie se vlerke, ontduik twee vlieδnde visse 'n agtervolgende roofvyand deur in die lug te sweef. Ironies genoeg laat hierdie tegniek, wat vlieδnde visse van roofdiere in die water red, hulle dikwels in die kloue of snawels van jagters in die lug beland...

 

''VLINDERVISSE'', noem 'n beroemde Amerikaanse natuurkenner en skrywer hulle -- jong vlieδnde visse met die pragtige patrone op hul "vlerke". In sy boek  Beneath Tropic Seas (1928) beskryf William Beebe diΘ besondere verskynsel.

 

Jong vlieδnde visse is baie anders as die volwassenes. Die jongspan se vinne is byvoorbeeld helder gekleur. Maar een noodsaaklike ding doen hulle net soos hul ouers: hulle vlug van roofvyande af weg deur met oopgespreide vinne oor die water te swewe.

 

Vlieδnde visse lewe van plankton op die helder, boonste lae van tropiese oseane en is dus hoogs sigbare teikens vir skole hongerige visse soos tunas en haaie. DiΘ dat hulle met so 'n volmaakte ontsnappingsmeganisme bedeel is.

 

Wanneer hy gejaag word, gooi die vis homself uit die water uit deur sy stertvin vinnig te wapper om momentum te kry. Sodra hy bokant die water verskyn, sprei hy sy vinne en sweef etlike meter ver oor die water voordat hy weer terugplons. Dikwels raak die vis met sy stert aan die wateroppervlak vir ekstra dryfkrag om sy vlug na vryheid te verleng.

 

Ironies genoeg kan vlieδnde visse met hul ylingse spronge deur die lug om van roofvisse weg te kom, partykeer juis daardeur van die wal in die sloot beland: reg in die snawels van honger seevoδls. Meeue, pelikane, albatrosse en fregatvoδls swem dikwels agter skole tunas en bonito's aan.

 

Die oomblik wanneer die vlieδnde visse uit die water spring, duik die voδls af en vang hulle. Dolfyne neem ook aan die spronge-fees deel deur agter tunas aan te swem

 

Die lengte en tyd van vlieδnde visse se spronge is wisselvallig en hang byvoorbeeld saam met dinge soos seestrome en die windrigting. Die gemiddelde lengte van 'n enkele sprong is egter twee tot drie meter, hoewel spronge van selfs tien meter nie skaars is nie.

 

'n Sprong duur gewoonlik van twee tot tien sekondes. 'n Rekordsprong van 'n verbysterende sestig meter wat 42 sekondes geduur het, is egter al aangeteken. Samegestelde ''vlugte'' ('n reeks opeenvolgende spronge) oortref dit ver en is gewoonlik van sestig tot negentig meter ver. Die rekord- samegestelde sprong is 300 meter. Die vis het altesaam elf keer gespring voordat hy tevrede was dat hy veilig buite bereik van sy vyand was.

 

Vlieδnde visse behoort tot die familie Exocoetidae. Daar is sowat vyftig soorte. By party is die borsvin vergroot, by ander word sowel die bors- as die buikvinne vir sweef gebruik.

_______________________________________________________________

 

VLAG VAN SUID-AFRIKA

SA landsvlag ò     ONS landsvlag (die vlag van die "Reδnboognasie") word as volg omskryf in Bylae 1 van die Suid-Afrikaanse Grondwet:

  (1)    Die nasionale vlag is reghoekig, en is een en Æn half maal langer as die wydte daarvan.

(2)    Dit is swart, goud, groen, wit, rissierooi en blou.

(3)    Dit het Æn groen Y-vormige baan wat een vyfde van die wydte van die vlag is. Die middellyne van die baan strek vanaf die boonste en onderste hoeke naas die vlagpaal, sluit in die middel van die vlag by mekaar aan, en strek daarvandaan horisontaal na die middel van die wapperrand.

(4)    Die groen baan is bo en onder wit gesoom en na die vlagpaal goud gesoom. Elke soom is een vyftiende van die wydte van die vlag.

(5)    Die driehoek naas die vlagpaal is swart.

(6)    Die boonste horisontale baan is rissierooi en die onderste horisontale baan is blou. Hierdie bane is elk een derde van die wydte van die vlag.

 

ò     Ons nasionale vlag is die eerste keer op 27 April 1994 gehys. Die ontwerper was F. Brownell, staatsheraldikus. 'n Vroeδre poging om 'n nuwe vlag te skep deur die publiek om voorstelle te vra, het nie vrugte afgewerp nie.

 

ò     Die kleure of kleurkombinasies is 'n samevatting van ons vlaggeskiedenis. Maar kleure kan vir verskillende mense verskillende dinge beteken en daar is al gesΩ dat ons nie enige universele simboliek aan enige van die kleure in ons landsvlag moet heg nie.

ò     Tog kan die >-vorm in die sentrale ontwerp -- wat na regs oorgaan in 'n enkele horisontale band -- ge∩nterpreteer word as 'n samevloeiing van die uiteenlopende elemente in die Suid-Afrikaanse samelewing. As sodanig sluit dit aan by die leuse op die landswapen (!ke e: /xarra //ke) wat, sover as wat dit moontlik is om dit te vertaal, iets soos "eenheid in verskeidenheid" beteken.

 

ò     Spesifieke instruksies oor die gebruik van die nasionale vlag word in die Staatskoerant, vol. 346, no. 15694, van 26 April 1994 gegee. Indien ons vlag byvoorbeeld saam met enige ander vlae vertoon word, moet dit eerste gehys en laaste gestryk (neergehaal) word.

_______________________________________________________________

VOORTPLANTING VAN DIE MENS

 

VOORTPLANTING of reproduksie vind plaas wanneer 'n ovum (eiersel) van 'n vrou met 'n spermatoso÷n (spermsel) van 'n man verenig. Elke sel het  23 chromosome wat erflike genetiese inligting bevat.

 

Die spermsel ontmoet die eiersel in die vrou se buis van Fallopius en bevrug dit. Uit hierdie vereniging word die eerste sel van die nuwe baba -- die sigoot -- gevorm, wat homself aan die uteruswand heg.

 

Die fetus leef nege maande lank in die moeder se uterus. Hy swem in amniotiese vloeistof (vrugwater) in die amniotiese holte, waar hy beskerming geniet. Die fetus neem sy voeding uit die moeder se bloed deur die naelstring.

_______________________________________________________________

 

VULKANE:

 

HOE VULKANE EILANDE SKEP

 

PARADYSEILANDE op verskillende plekke op aarde (soos Mauritius) het hul ontstaan aan vulkaniese werkinge te danke. En het jy geweet dat ook al die mense van Hawaii eintlik bo-op vulkane woon?

 

Die Amerikaanse staat Hawaii is 'n eilandketting in die middel van die Stille Oseaan. Daar is agt groot eilande en talle kleineres, met vulkane wat steeds aktief bly, soos die Kilauea met sy sintels en kokende lawa.

 

Om te begryp hoe hierdie eilande gevorm is, stel jou die see voor soos dit baie, baie lank gelede gelyk het. Hier is nog geen eilande nie en diep onder die see begin die aardkors kraak. Gesmelte gesteentes van die binnekant van die aarde dwing buitentoe. Die gesmelte gesteentes, wat lawa genoem word, stroom deur die bars tot op die seebedding. Namate dit van die bars af wegvloei, koel die lawa vinnig af en verhard dit.

 

Weer en weer spuit lawa deur die bars, sodat laag op laag van die verharde gesteentes neergelΩ word. Stadig maar seker word 'n berg opgebou, wat mettertyd bokant die see uittroon. 'n Eiland is gebore.

 

Geleidelik breek die seewater rondom die eiland die harde oppervlak af om ryk grond te vorm. Saad wat deur die wind hierheen gewaai en deur voδls hiernatoe gebring is, skiet wortel en groei. Die eiland raak groen en welig.

 

Al het hierdie dinge lank gelede gebeur, is die eilande steeds aan die groei. Vulkane het in die afgelope jare honderde hektare tot die oppervlak van Hawaii toegevoeg.

 

ò   Klik hier vir omvattende artikel oor die geboorte van 'n eiland.

 

_______________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

_______________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan